Omsendbrief 31/2022

Omsendbrief 31/2022


Administratief
September 26, 2022


OB: 31 / 2022

Geagte ouers
Krieket

19 September:

PNHS 2 v/s Hartebeespoort 2 tuis. PNHS 2 kolf eerste en behaal 157 / 6 in hul 20 beurte. Skitterende kolfwerk deur Ulrich Gouws met 62 lopies van 56 balle (verower ‘n silwer balkie). Hartebeespoort word beperk tot 113 / 10. Goeie boulwerk van Ulrich Gouws met 3 paaltjies vir 17 lopies in 4 beurte (verower ‘n brons balkie) en Melvin Swart met 3 paaltjie vir 31 lopies in 4 beurte. PNHS 2 wen met 42 lopies. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons 4 wen.

20 September:

PNHS 2 v/s Eldoraigne 2 weg. PNHS 2 kolf eerste en behaal 85 /10 in 16 beurte. Goeie kolfwerk deur Stefan Botha met 17 lopies n.u.n. van 23 balle. Eldoraigne behaal 86 / 6 in 19 beurte. Goeie boulwerk van Dean du Toit met 3 paaltjies vir 22 lopies in 4 beurte (verower ‘n brons balkie). Eldoraigne 2 wen met 4 paaltjies. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons 4 wen en 1 verloor.

22 September:

PNHS 0/15 A v/s Eldoraigne 0/15 A (weg). Eldoraigne 0/15 A kolf eerste en behaal 159 / 5 in hul 20 beurte. Goeie boulwerk Keaan van Wyk met 2 paaltjies vir 24 lopies in 3 beurte. PNHS volg op met 79 / 10 in 18 beurte. Goeie kolfwerk van Ulrich Breytenbach met 16 lopies van 33 balle en Mark Gorman met 19 lopies van 23 balle. Eldoraigne wen met 80 lopies. Dit was ons 0/15 A se vyfde ligawedstryd waarvan hulle een wen en vier verloor.

Sagtebal: Seuns Liga 9: PNHS v/s Hartebeespoort, 20 September 2022, tuis
Skool PN Hpt PN Hpt PN Hpt PN Hpt PN Hpt
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 15 0 13 3 0 13 0 15 13 1
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 5 - 1 - 3 - 8 -
Gelykop 0 - 0 - 1 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 0 - 2 - 3 - 0 -

Beste veldwerker: Divan Niemand / Beste kolwer: Eben Schreuder / Speler van die wedstryd: Owen Kűhn

Geluk aan die volgende 0/15 seuns wat deurdring na die finale rondte Gauteng-Noord proewe: Keaan van Wyk, Anthony Smith, Donovan Wallendorf, Jaco Jansen van Vuuren, Tristan Tingtinger, James Ashby, Jayden Neethling, Wian van Heerden, Nathan Oosthuizen, Arno Schreuder.

Geluk aan die volgende 0/19 seuns wat deurdring na die finale rondte Gauteng-Noord proewe: Schalk Fourie, Owen Kűhn, Divan Niemand, Zain Vorster, Tinashe Chikari, Andrew Durdle, Paul Köhls, Lourens du Plessis en Eben Schreuder.

Geluk aan die volgende 0/15 dogters wat deur is na die finale rondte Gauteng-Noord proewe: Anneke Le Roux, Bianca Erasmus, Chane de Lange, Mirelda Erasmus en Marianne Lottering. Geluk aan die volgende 0/19 dogters wat deur is na die finale rondte Gauteng-Noord proewe: Cherise van Staden, Mia Cloete, Charlene Pretorius en Anmari Malan.

Gholf

20 September:

PNHS 1 v/s Zwartkop 1 op Wingate Park. PNHS 1 verloor in hierdie finaal met 73 – 92. Geluk aan Leigh Loots, Mathew Killfoil, Jean Swart en Regardt du Preez wat as naaswenners van die liga uit die stryd tree.

Atletiek: TUT Top Twaalf, 23 September, Pulditch

Baie dankie aan al ons atlete wat deelgeneem het aan die A-Afdeling van hierdie kompetisie. Baie geluk aan die volgende atlete wat skitterend presteer het en meer as 700 ASA-punte behaal het:

  • Simoné de Koker 3000 M (4de plek) met 849 ASA punte en 1500M (5de plek) met 741 ASA punte,
  • Carel Greyling 110MH (5de plek) met 777 ASA punte,
  • Junior Bokwa 3000M met 785 ASA punte,
  • Ezmarelda Vivier 3000M met 762 ASA punte,
  • Jacques Benson 100M met 755 ASA punte,
  • Deonné Meintjies GS met 728 ASA punte,
  • Henrico van Tonder 3000M met 717 ASA punte,
  • Wilné Kriel GS met 713 ASA punte.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2023 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 25 Oktober 2022 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van kworum. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 11 Oktober 2022.

Merietefunksie 2022
  • Alle leerders wat gedurende 2021 trofee ontvang het by die Merietefunksie moet dit asseblief terugbesorg by Me. Du Plessis.
  • Alle leerders wat provinsiale of nasionale kleure ontvang het vir aktiwiteite buite skoolverband moet asb. bewyse daarvan inhandig by Mev. Swanepoel.
Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat waarde balkies verower het:

  • Jeaneli de Villiers (graad 9) vir respek.
  • Delanic Nel (graad 9) vir respek.
  • Angelique Potgieter (graad 11) vir respek.

Program vir die week
Maandag, 26 September:
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Graad 12: Rekordeksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Krieket: PNHS 2 v/s HTS John Vorster, 14H30, tuis.
Dinsdag, 27 September:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12: Rekordeksamen.
  • Krieket: PNHS 0/14 v/s Waterkloof, 14H30, tuis.
  • Gasvryheidstudies graad 10: Restaurantaand, 18H15, restaurant.
Woensdag, 28 September:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12: Rekordeksamen.
  • Sagtebal: Seuns en dogters 0/19 proewe, 14H30, Crafford Park.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam UK vergadering, 19h00, Konferensiekamer.
Donderdag, 29 September:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12: Rekordeksamen.
  • Krieket: 0/15 A v/s HTS John Vorster, 14H30, weg.
Vrydag, 30 September:
  • Skool sluit om 11H00.
  • Graad 8 -11 Toets
Saterdag, 1 Oktober:
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 Interne Koekbak Kompetisie.
Dinsdag, 11 Oktober:
  • Skool heropen: Graad 8 – 12, dag 4.
  • Beheerliggaam: Begrotingsvergadering, 18H00, restaurant.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug