Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 30/2026


Administratief
September 07, 2026


OB: 30 / 2026

Geagte ouers

1. Krieket

24 Augustus: PNHS 2 v/s Waterkloof 5. Waterkloof kolf eerste en behaal 152/9 in hul 20 beurte. Goeie boulwerk van Ethan Bluminthal met 3 paaltjies vir 11 lopies in 3 beurte (brons balkie). Drie vangskote van JP Thomas (silwer balkie) en twee vangskote van Jayden Schoeman (brons balkie). PNHS volg op met 153/7 in 18 beurte. Goeie kolfwerk van Jayden Schoeman met 100 lopies van 58 balle (goue balkie). PNHS wen met 3 paaltjies. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide wen.

25 Augustus: PNHS 0/14 A v/s H/S Wilgers 0/14 A. PNHS kolf eerste en behaal 110/8. Goeie kolfwerk van Colten Schoeman met 27 lopies van 28 balle en Diwan Vermaak met 25 lopies van 17 balle. H/S Wilgers antwoord met 112/5. Goeie boulwerk van Colten Schoeman met 2 paaltjies vir 15 lopies in 4 beurte (brons balkie) en Raynard Badenhorst met 2 paaltjies vir 22 lopies in 4 beurte (brons balkie). PNHS verloor met 5 paaltjies. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons een wen en een verloor.

27 Augustus: PNHS 0/15 A v/s Mamelodi 0/15 A. PNHS kolf eerste en behaal 142/3 in 20 beurte. Goeie kolfwerk van Jaydrian Brandon met 64* lopies van 58 balle, Phillip Beukes met 34 lopies van 29 balle en Neil Botha met 26* van 20 balle. Mamelodi volg op met 99/8 in hul 20 beurte. Goeie boulwerk van Logan Pretorius met 3 paaltjies vir 14 lopies in 4 beurte en Jordan Anderson neem 2 paaltjies vir 8 lopies in 2 beurte. Mooi vangskote deur Neil Botha en Jordan Anderson. PNHS wen die wedstryd met 43 lopies. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide wen.

31 Augustus: PNHS 2 v/s Wagpos 2. Wagpos kolf eerste en behaal 195/9 in hul 20 beurte. Goeie boulwerk van JP Thomas met 3 paaltjies vir 44 lopies in 4 beurte (brons balkie). PNHS volg op met 97/10. Goeie kolfwerk van Nathan Oosthuizen met 63 lopies van 29 balle (silwer balkie). PNHS verloor met 98 lopies. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons twee wen en een verloor.

1 September: PNHS 0/14 A v/s Wagpos 0/14 A. Wagpos kolf eerste en behaal 214/6. Goeie boulwerk van Raynard du Plessis met 2 paaltjies vir 15 lopies in 2 beurte (brons balkie). PNHS volg op met 113/6. Goeie kolfwerk van Colten Schoeman met 39 lopies van 39 balle (silwer balkie). PNHS verloor met 101 lopies. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons een wen en twee verloor.

3 September: PNHS 0/15 A v/s Hammanskraal 0/15 A. Hammanskraal kolf eerste en behaal 140/5 in 20 beurte. Goeie boulwerk van Joshua de Klerk met 2 paaltjies vir 27 lopies in 4 beurte (brons balkie). Mooi vangskote deur Janco Schoonraad, Neil Botha en Joshua de Klerk. PNHS volg op met 141/6 in 18 beurte. Goeie kolfwerk van Janco Schoonraad met 42 lopies van 62 balle (brons balkie). PNHS wen die wedstryd met 43 lopies. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons drie wen.

2. Gholf

24 Augustus: PNHS 1 v/s Waterkloof 8. PNHS 1 wen met 56 – 40. Baie geluk aan Johan Myburg (23-7) en Jaydon Neethling (11-5) wat hul wedstryde wen. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons vier wen.

PNHS 2 v/s Waterkloof 10. PNHS verloor met 33 – 52. Geluk aan Divan Botha (16-9) wat sy wedstryd wen. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons drie verloor.

27 Augustus: PNHS 2 v/s Wagpos 1. PNHS 2 verloor met 38 – 43. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons vier verloor.

PNHS 3 v/s Wagpos 2. PNHS 3 speel gelykop teen Wagpos 2 met 2 wedstryde elk. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons een verloor en een gelykop speel.

31 Augustus: PNHS 1 v/s Afrikaans Hoër Seuns 8. PNHS 1 wen met 65 – 41. Baie geluk aan Neil Botha (23-14), Johan Myburg (26-7) en Charl Otto (16-10) wat hul wedstryde wen. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons vyf wen.

PNHS 2 v/s H/S Hartebeespoort 1. PNHS 2 wen met 53 – 23. Geluk aan Ruan Schoonraad (15-8), Jayden Meyer (14-11), LJ Janse van Vuuren (10-4) en Shondré Schön (24-0) wat almal hulle wedstryde wen. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons een wen en vier verloor.

PNHS 3 v/s Hartebeespoort 2. PNHS 3 wen met 4 wedstryde teenoor 0. Geluk aan Janco Schoonraad, Jay Brandon, Marnus Havenga en JP van Rensburg wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons een wen, een verloor en een gelykop speel.

3. Tennis

26 Augustus: PNHS dogters 0/15B v/s Loreto Convent 0/15A. PNHS verloor met 16 potte teenoor 51. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons 1 wen en 3 verloor.

1 September: PNHS dogters 0/15A v/s Eduplex 0/15A. PNHS verloor met 27 potte teenoor 40. Geluk aan Lesedi Rantheti (10-1) wat haar wedstryd wen. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons een wen en drie verloor.

PNHS dogters 0/15B v/s H/S Akasia 1. PNHS wen met 67 potte teenoor 0. Geluk aan Luané Paterson (11-0), Leorica Joubert (11-0), Tshegofatso Oliphant (11-0) en Taylor Ann Herbst (11-0) wat hul wedstryde wen. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons 2 wen en 3 verloor.

4. Sagtebal

4.1 Dogters Sagtebal Liga 6: PNHS v/s Midstream, 28 Augustus 2026, weg
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 9 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 B Ms 7  
0/15 B PN 8 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 B Ms 12  
0/16 B PN 12 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/16 B Ms 6  
0/19 B PN 5 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 B Ms 6  
4.2 Dogters Sagtebal Liga 5: PNHS v/s Wilgers, 29 Augustus 2026, tuis

A-spanne

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 A PN 10 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 A Wil 3  
0/16 A PN 13 Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 1
0/16 A Wilg 3  
0/19 A PN 13 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/19 A Won 0  

B-spanne

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/19 B PN 1 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/19 B Wil 13  

5. Rugby: Sewes Eldoraign Toernooi, 4 & 5 September 2026

0/15A

Wedstryd Uitslag Uitslae tot dusver
PN v/s Boys High (BH) 5 – 26 Gewen: 7, Gelykop: 1, Verloor: 3
PN v/s Waterkloof (Wk) 0 – 39 Gewen: 7, Gelykop: 1, Verloor: 4
PN v/s Witbank (Wit) 0 – 15 Gewen: 7, Gelykop: 1, Verloor: 5
PN v/s HTS John Vorster (JV) 5 – 0 Gewen: 8, Gelykop: 1, Verloor: 5
PN v/s Wonderboom (Wb) 19 – 17 Gewen: 9, Gelykop: 1, Verloor: 5

0/17A

Wedstryd Uitslag Uitslae tot dusver
PN v/s Waterkloof (Wk) 0 – 22 Gewen: 9, Gelykop: 1, Verloor: 3
PN v/s ZYO Akademie (ZA) 38 – 10 Gewen: 10, Gelykop: 1, Verloor: 3
PN v/s Montana (Mon) 7 – 27 Gewen: 10, Gelykop: 1, Verloor: 4
PN v/s Wagpos (Skild Semifinaal) 22 – 17 Gewen: 11, Gelykop: 1, Verloor: 4
PN v/s Wonderboom (Skild Finaal) 26 – 7 Gewen: 12, Gelykop: 1, Verloor: 4

Baie geluk aan ons 0/17 wat skildwenners is by hierdie toernooi!

6. Netbal: Fast Five Inter-Distrik Kampioenskappe

6.1 Rondte 1, 27 Augustus 2026, H/S Montana

Welpies

Span Wedstryde Uitslae tot dusver
0/14A PN v/s 0/15A Oos Moot 19 – 19 Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/14A PN v/s 0/15A Railway 27 – 0 Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/14A PN v/s 0/15A Acudeo College 15 – 3 Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 0

Rooi Katte

Span Wedstryde Uitslae tot dusver
0/15A PN v/s 0/15A Montana 8 – 44 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15A PN v/s 0/15A Oos Moot 8 – 32 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15A PN v/s 0/15A Prestige College 18 – 28 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3

Luiperds

Span Wedstryde Uitslae tot dusver
0/16A PN v/s 0/18A Oos Moot 8 – 44 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16A PN v/s 0/18A Langenhoven 22 – 8 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1

Pumas 0/18A

Span Wedstryde Uitslae tot dusver
PN v/s Oos Moot 24 – 15 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
PN v/s Prestige College 14 – 27 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1
PN v/s Acudeo College 30 – 5 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1
6.2 Rondte 2, 31 Augustus 2026, H/S Oos Moot
0/14A PN v/s 0/15A Montana 13 – 18 Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/15A PN v/s 0/15A Railway High 19 – 12 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/16A PN v/s 0/18A Montana 6 – 39 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/18A PN v/s 0/18A Montana 18 – 28 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 2

7. Jukskei

Geluk aan die volgende spelers wat uitgenooi is na die Gauteng-Noord proewe op 19 September:

Anuske van Dyk-Stroebel, Kylie Steyn, Hlolo Raophala, Corneli Lingenfelder, Ingrid De Kock, JP van der Westhuizen, Gerrie Henning, Michael Schult, Marco van Zyl, Remi van Kleef, Divan Deyzel, Jayden de Villiers, Michael de Villiers en MP O’Grady.

8. Kultuur: Revue

Baie geluk aan ons Revue-groep wat ‘n 2de plek verower in die Kaleidoskoop Kompetisie in die Staatsteater met ‘n gemiddeld van 85%.

9. Akademie: FAK Internasionale Afrikaanse Geskiedenis-olimpiade

Baie geluk aan Raynard Bosman wat die Graad 11 provinsiale wenner in Gauteng is.

10. Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies ontvang:

Graad 8: Keagan Kurten (verantwoordelikheid), Leanke Vosloo (verantwoordelikheid) en Kirsten Robinson (verantwoordelikheid).

Graad 11: Allan Ribeiro (lojaliteit)

11. Merietefunksie 2026

Alle leerders wat trofee verower het gedurende die 2025 Merietefunksie word versoek om hierdie trofee voor of op 22 September 2026 by Mev. Du Plessis in K73 in te handig.

12. Program vir die week

Maandag, 7 September
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • PN-Raad Hoofleierverkiesing.
  • Detensie (14:15 – 16:15).
  • Krieket: PNHS 2 v/s John Vorster 2 (14:30, weg).
  • Sagtebal: Dogters 0/16 + 0/19 A & B-spanne v/s Zwartkop (14:30, tuis).
Dinsdag, 8 September
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Toetsperiode
  • Sagtebal: Dogters 0/14B, 0/15A en B, en 0/16B v/s Zwartkop (14:30, tuis).
  • Sagtebal: Dogters 0/14A v/s Wilgers (14:30, weg).
  • PN-Raad Inhuldigingsfunksie (18:00, binneplein).
Woensdag, 9 September
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Addisionele Akademiese uur Graad 8-11 (14:15 – 15:15).
  • Sagtebal proewe: seuns en dogters (14:30, Crafford Park).
Donderdag, 10 September
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Toetsperiode
  • Krieket: PNHS 0/15 v/s H/S Wonderboom (weg).
  • Sagtebal: Seuns 0/19 A & B v/s H/S Akasia (14:30, weg).
Vrydag, 11 September
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Revue: Revue Champs, NG Morlettapark (vertrek 12:00).
  • Rugby 7’s: Montana Toernooi (14:30, Montana).
  • Atletiek: Top 12, Pulditch (vertrek 06:15).
  • Sagtebal: Seuns 0/15 v/s Overkruin (14:30, tuis).
Saterdag, 12 September
  • Revue: Revue Champs, NG Morlettapark.
  • Rugby: 7’s, 0/15 & 0/17 (09:00, Montana).
  • Krieket: PNHS 1 v/s Wonderboom (09:00, weg).
  • Sagtebal: Dogters A & B-spanne v/s AHMP (09:00, weg).
  • Gasvryheidstudies: Gr. 10 Restaurantoggend (10:30).
Maandag, 14 September
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Detensie (14:15 – 16:15).
  • Gasvryheidstudies: Interne Vasvra (14:15, restaurant).
  • Krieket: PNHS 2 v/s Wonderboom 2 (14:30, tuis).

Vriendelike Groete

CJC Driescher, Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug