Omsendbrief 30/2024

Omsendbrief 30/2024


Administratief
October 01, 2024


OB: 30 / 2024

Geagte ouers

Lief en Leed

Ons verwelkom Mev. K Avenant terug na haar kraamverlof.

Krieket

16 September: PNHS 2 v/s Wagpos. PNHS kolf eerste en behaal 119 / 10. Goeie kolfwerk van Jacques Runnals met 24 lopies van 17 balle en Ewan Rynners met 23 lopies van 26 balle. Wagpos volg op met 120 / 5. Goeie boulwerk van Ewan Rynners met 2 paaltjies vir 11 lopies in 4 beurte (brons balkie) en Marx du Plessis met 1 paaltjies vir 17 lopies in 3 beurte. PNHS verloor met 5 paaltjies. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons een wen en drie verloor.

16 September: PNHS 0/15 A v/s Midstream College 0/15 A. Midstream College 0/15 A kolf eerste en behaal 388 / 9. Goeie boulwerk van Ethan Walkinshaw met 2 paaltjies vir 59 lopies in 9 beurte (brons balkie), Ruan Schoonraad met 2 paaltjies vir 80 lopies in 9 beurte (brons balkie) en Keagan Joubert met 2 paaltjies vir 94 lopies in 9 beurte (brons balkie). Vangskote is geneem deur: Hanno Bennemeer, Aiden Gerber, Brandon Fourie en Jan Enslin. PNHS 0/15 A volg op met 77 / 10. Goeie kolfwerk van Ruan Schoonraad met 19 lopies van 27 balle. Midstream College 0/15A wen met 311 lopies. Dit was ons sesde ligawedstryd, waarvan ons ses verloor.

17 September: PNHS 0/14 A v/s H/S Wonderboom 0/14 A (weg). H/S Wonderboom 0/14 A kolf eerste en behaal 79 /10. Goeie boulwerk van JP Thomas met 5 paaltjies vir 17 lopies in 7 beurte (goue balkie), Jaydin van Wyngaard met 3 paaltjies vir 23 lopies in 6 beurte (silwer balkie) en Christopher Runnals met 2 paaltjies vir 24 lopies in 4 beurte (brons balkie). PNHS 0/14 A volg op met 79 /10. Goeie kolfwerk van Divan Botha met 14 lopies van 15 balle en Jayden Schoeman met 12 lopies van 19 balle. Die wedstryd eindig gelykop.

Sagtebal

Baie geluk aan die volgende 29 spelers van PNHS wat opgeneem is in die Gauteng-Noord spanne:

0/15 dogters: Amorey Wallendorf, Anelska van Dyk en Cady Meyer.

0/15 seuns: Jayden de Villiers, Brandon Fourie, Michael de Villiers, Edowhan Schwartz, Ethan

Walkinshaw, Herco Venter, Divan Botha, Zivan Bezuidenhout, Rouxnando Marx, Jean-Ré Pienaar, Rynard Bosman en Dylan du Plessis.

Sang

Baie geluk aan Marioné Engelbrecht wat by PACISA platinum verower vir gospel en daarvoor nasionaal tweede op die ranglys geplaas word. Sy verower ook goud vir jazz, country en ope. Sy ontvang ook SA kleure vir sang. By Talent Africa verower Marioné ook twee silwer medaljes vir gospel en musical en twee brons medaljes vir jazz en pop.

Gasvryheidstudie Vasvra, Kwartaal 3

Baie geluk aan die volgende wenners:

Michael de Villiers (1ste)

Chané Barnard (2de)

Leandra Anderson (3de)

Finansiële Sake

Geagte ouers neem asseblief kennis dat die skool se bankbesonderhede gaan verander omdat dit vir die skool verskeie voordele sal inhou. Ons nuwe rekening skuif na FNB: takkode: 210554 en nuwe rekeningnommer 63096257738.

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2025 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Woensdag, 23 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 23 Oktober 2023 is nie sal die opvolgvergadering op Woensdag, 13 November 2024 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 9 Oktober 2024.

Projek: SPAR Ninapark

SPAR Ninapark gee aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 1 September tot 30 November 2024 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word.

Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000.Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 1 September 2024!

Dankie vir ons ouers se ondersteuning teen Dinsdag, 1 Oktober 2024 was Hoërskool Pretoria-Noord nog die voorloper met R 44 954-40 se strokies.

Graad 12: Geleentheid

Solidariteit se Onderwyser- en Ambag Netwerk stel ‘n rentevrye studielening vir ‘n welverdiende behoeftige leerder by PNHS om vir ‘n ambag te studier by Soltech. Vereistes:

  • Moet vir die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat geregistreer wees.
  • Moet gereed wees om in 2025 te begin studeer.
  • Moet in Pretoria woonagtig wees.
  • Moet aan die studievereistes voldoen. Hierdie vereistes kan besigtig word by https://sol- tech.co.za/inligting/toelataingsvereistes.

‘n CV kan gestuur word aan [email protected].

Snoepietenders

Neem asseblief kennis dat ons snoepietender vir 2025 – 2027 weer oopgemaak word. Tenderdokumente kan by ons navraetoonbank afgehaal word vanaf, Maandag, 9 September 2024 tussen 07H30 en 15H00. Tenders word gerig aan die Voorsitter van die Beheerliggaam en word in ‘n gesëelde koevert by ons navraetoonbank ingehandig. Tenders sluit op Vrydag, 4 Oktober 2024 om 14H00.

Akademie vir Leerder Ondersteuning “Noorderlig

  • Ouers word herhinner aan ons vergadering op 9 Oktober om 18H00 in die restaurant. Alle ouers wat belangstel om deel te word van Noorderlig word uitgenooi. Die Kersprojek vir 2024 en graad 8 sakkies vir dogters vir 2025 word bespreek.

  • Indien u ons behulpsaam kan wees met die herstel van skoolklere vir die Noorderhoekie en maak van broodjies vir omgeeleerders vir pouses kan u asseblief skakel met Mev. Tanya Breytenbach by 082 601 6878.

  • U word ook herhinner aan ons “Saaidag” vir 18 Oktober 2024.

Program vir die week

Dinsdag, 1 Oktober:

  • Skole heropen.
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Krieket: PNHS 1 v/s H/S Eldoraigne 1, 14H30, weg.

Woensdag, 2 Oktober:

  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Revue afsluiting, 17H00, Barnyard.
  • Beheerliggaam vergadering, 17H00, restaurant.

Donderdag, 3 Oktober:

  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Kansvatter Redenaars, 08H00, Laerskool Constantiapark.
  • Krieket Akademie vergadering, 17H00, personeelkamer.
  • Sagtebal Akademievergadering, 17H00, K. 61.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H00, konferensiekamer.
  • Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, konferensiekamer.

Vrydag, 4 Oktober:

  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Graad 12: Visuele Kuns, Finale Praktiese Eksamen, 07H00 – 14H00.
  • Kansvatter Redenaars, 08H00, Laerskool Constantiapark.
  • PN Raad en VLR afsluiting, 16H00, klubhuis.
  • Atletiek: Jakaranda Byeenkoms, 14H30, Brits.

Saterdag, 5 Oktober:

  • Kansvatter Redenaars, 08H00, Laerskool Constantiapark.
  • Sagtebal : Tshwane Kampioenskappe, Semi- Finales, 08H00, Crafford Park.

Maandag, 7 Oktober:

  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 12: Visuele Kuns, Finale Praktiese Eksamen, 08H30 – 14H30.
  • Graad 12: Laaste Saalopening.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Krieket: PNHS 2 v/s HTS John Vorster, 14H30, weg.
  • Netbal Akademievergadering, 17H30, K. 22.
  • Rugby Akademievergadering, 17H30, konferensiekamer.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Kussings

Aflaai aanhangsel

Terug