Omsendbrief 30/2023

Omsendbrief 30/2023

Administratief
September 04, 2023


OB: 30 / 2023

Geagte ouers
Krieket

28 Augustus:

PNHS 2 v/s Silverton 2 (tuis). PNHS 2 kolf eerste en behaal 218 / 2. Silverton 2 volg op met 119 / 7. PNHS 2 wen met 99 lopies. Goeie kolfwerk deur Jacques Runnals met 84 lopies van 50 balle (silwer balkie) en Euan du Plessis met 68 lopies van 56 balle (silwer balkie). Goeie boulwerk van DF du Plessis met 3 paaltjies vir 22 lopies in 4 beurte (silwer balkie) en Heinrich Buitendag met 2 paaltjies vir 24 lopies in 4 beurte (brons balkie). Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons drie wen.

29 & 30 Augustus:

PNHS 0/14 v/s John Vorster 0/14 (weg). John Vorster 0/14 kolf eerste en behaal 362 / 9. PNHS volg op met 118 / 10. John Vorster wen met 236 lopies. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 25 lopies van 44 balle. Goeie boulwerk van Charl Otto met 4 paaltjies vir 28 lopies (silwer balkie) en Keagan Joubert met 2 paaltjies vir 61 lopies (brons balkie). Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons drie verloor.

30 & 31 Augustus:

PNHS 0/15 A v/s Wonderboom 0/15 A (tuis). Wonderboom 0/15 A kolf eerste en behaal 283 / 10. PNHS 0/15 A volg op met 285 / 5 PNHS 0/15 A wen met 5 paaltjies. Goeie kolfwerk van Rohan Louw met 104 lopies van 64 balle (goue balkie), Mark Gorman met 54 lopies van 43 balle (silwer balkie) en MC Swanepoel 35 lopies van 23 balle (brons balkie). Goeie boulwerk van Ewan Rynners met 3 paaltjies in 7 beurte (silwer balkie), Monique Vinson met 3 paaltjies in 7 beurte (silwer balkie) en Nathan Oosthuizen met 2 paaltjies in 7 beurte (brons balkie). Dit was ons 0/15 A span se derde ligawedstryd waarvan hulle twee verloor en een wen.

2 September:

PNHS 1 v/s Wonderboom 1 (tuis). PNHS 1 kolf eerste en behaal 211 / 10. Wonderboom 1 volg op met 163 / 10. PNHS 1 wen met 48 lopies. Goeie kolfwerk van Ulrich Breytenbach met 40 lopies van 36 balle (brons balkie). Goeie boulwerk van Michael Flanagan met 5 paaltjies vir 22 lopies in 6 beurte (goue balkie), Ulrich Gouws met 2 paaltjies vir 33 lopies in 5 beurte (brons balkie) en Wian Rynners met 2 paaltjies vir 44 lopies in 8 beurte (brons balkie). Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons twee verloor en een wen.

Netbal
Fast Five, Montana, 29 Augustus 2023
Skool PN Mon PN Menlo PN menlo PN LM    
  0/15(1) 0/15 0/15(2) 0/15 0/15(1) 0/15 0/15(2) 0/15    
Uitslag                    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 1 - 1 - - -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - - -
Verloor 1 - 2 - 2 - 2 - - -
Skool PN RS PN Mon            
  0/17(1) 0/17 0/17(2) 0/17            
Uitslag 18 27 15 39            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - - - - - - -
Gelykop 0 - 0 - - - - - - -
Verloor 4 - 2 - - - - - - -

RS = Rosina Sedibane / Mon = Montana

Fast Five, Menlopark, 31 Augustus 2023
Skool PN RS PN Gars            
  0/15(1) 0/15 0/15(2) 0/15 0/15(1) 0/15 0/15(2) 0/15    
Uitslag 13 23 9 40            
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - - - - - - -
Gelykop 0 - 0 - - - - - - -
Verloor 3 - 3 - - - - - - -
Skool PN AC                
  0/17(1) 0/17                
Uitslag 21 20                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - - - - - - - - -
Gelykop 0 - - - - - - - - -
Verloor 4 - - - - - - - - -

RS = Rosina Sedibane / Gars = Garsfontein / AC = Amberfield College

Sagtebal
Seuns Liga 6: PNHS v/s Wagpos, 1 September 2023, tuis
Skool PN Ws PN Ws PN Ws PN Ws PN Ws
  0/14A 0/14A 0/15A 0/16A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Uitslag 18 3 15 0 16 1 8 13 12 3
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 5 - 4 - 2 - 7 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 1 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 5 - 0 -
Skool             PN Suth    
              2de 1ste    
Uitslag             13 10    
Uitslae tot dusver                    
Gewen - - - - - - 4 - - -
Gelykop - - - - - - 0 - - -
Verloor - - - - - - 2 - - -
Dogters Liga 6: PNHS v/s Hartebeespoort, 2 September 2023, weg
Skool PN   PN   PN   PN   PN Hpt
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19B 0/19B 0/19A 0/19A
Uitslag                 13 1
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 2 - 1 - 3 - 2 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 3 - 3 - 4 - 2 - 4 -

Baie geluk aan die volgende spelers van PNHS wat provinsiale kleure ontvang:

Dogters 0/15: Chante’ Zeelie
Dogters 0/19: Mia Cloete, Anneke Le Roux, Annika Jacobs en Cherise van Staden.
Seuns 0/15: Raynhard Bosman, Arno Schreuder, Nathan Oosthuizen, Wian van Heerden, Malan Bezuidenhout, Jayden Neethling en Johan Gerhard v Niekerk.
Seuns 0/19: Divan Niemand, Owen Kuhn, Zain Vorster, Andrew Durdle, Schalk Fourie, Tinashe Chikari en Eben Schreuder

Rugby 7’s, Eldoraigne Toernooi, 1 & 2 September
Skool PN Gars PN Cen PN Mon PN Mids PN Gars
  0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A
Uitslag 7 24 17 5 17 5 12 21 5 22
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 4 - 5 - 5 - 5 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 2 - 2 - 2 - 3 - 3 -

Gars = Garsfontein / Cen = Centurion / Mon = Montana / Mids = Midstream College

Skool PN AC PN Mon PN AHS PN AHS PN Menlo
  0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A 0/17A
Uitslag 33 7 21 10 10 22 10 26 0 53
Uitslae tot dusver                    
Gewen 5 - 6 - 6 - 6 - 6 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 1 - 2 - 3 - 4 -
Leierskap

Baie geluk aan die volgende PN-Raadslede wat verkies is tot hoofleiers van PNHS vir 2023 / 2024:

Hoofseun:
André Haarhoff

Hoofdogter:
Juané Pretorius

Onderhoofseun:
Leonardo Pretorius

Onderhoofdogter:
Anja Brooks

Onderhoofseun:
Dillan Harmse

Onderhoofdogter:
Nika vd Westhuizen

Waardebalkies

Baie geluk aan:

  • Schalk Fourie wat waardebalkies ontvang vir lojaliteit en integriteit.
  • Dillan Harmse wat waardebalkies ontvang vir lojaliteit en integriteit.
Algemene Ouervergadering

Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons algemene jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2024 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Dinsdag, 24 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Dinsdag, 24 Oktober 2023 is nie sal die vergadering op Dinsdag, 14 November 2023 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Dinsdag, 10 Oktober 2023.

Merietefunksie 2023
  • Alle leerders wat gedurende 2022 trofee ontvang het by die Merietefunksie moet dit asseblief terugbesorg by Me. Du Plessis.
  • Alle leerders wat provinsiale of nasionale kleure ontvang het vir aktiwiteite buite skoolverband moet asb. bewyse daarvan inhandig by Mev. Swanepoel.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
  • ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
  • ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
  • Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
  • ‘n Spesiale glans 80 jaar gedenkblad teen R 200-00 per eksemplaar. Leerders kan in hule voogklasse bestel.
PNHS Ondersteuners: Fondsinsameling, 24 September 2023

Hiermee word u hartlik uitgenooi om kaartjies te bespreek vir ‘n onvergeetlike middag van musiek. Die Barnyard Teater in Menlyn bied op Sondag 24 September 2023 om 14:00 ‘n ABBA en QUEEN vertoning aan. Bring sommer die hele gesin of vriendekring en kom kuier heerlik saam.

Die kaartjies beloop R180-00 per persoon. Indien u egter voor of op 15 Augustus 2023 u kaartjies bespreek en betaal sal u slegs R150-00 per kaartjie hoef te betaal.

Ondersteun gerus hierdie fondsinsamelingsprojek en bespreek vroegtydig u kaartjie by [email protected] om teleurstelling te voorkom.

Klagtes oor parkering in Burgerstraat

Geagte ouers ons versoek dat u nie in burgerstraat sal parkeer wanneer u, u kind in die middae oplaai nie, dit skep ‘n uiters gevaarlike situasie en ons het verskeie klagtes van inwoners en die metropolisie ontvang oor die situasie. Ons versoek dat u aan die kant van die Berglaan grens van PNHS sal parkeer. Ook dat u met u voertuig se neus na die grens sal parker en nie parallel nie, sodat meer voertuie daar kan parkeer.

Skoolfonds

Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool in staat te stel om kwaliteit onderrig en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal.

Betaal asseblief u skoolfonds, dit is die regte ding om te doen!


Program vir die week
Maandag, 4 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Krieket liga 4: 2de span v/s Cullinan Secondary, 14H30, tuis.
Dinsdag, 5 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Toetsperiode graad 8 – 11.
  • Graad 11 Addisionele Wiskunde uur, sleutel 1 en 6, 14H15 – 15H15.
  • Afrikaanse Olimpiade graad 8 en 9, 14H15.
  • Krieket: Liga 4 dag 1: PNHS 0/14A v/s Midstream College 0/14A, 14H30, tuis.
  • Netbal; Fast Five, 14H30, Garsfontein.
Woensdag, 6 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Akademiese uur graad 8 – 11, 14H15 – 15H00.
  • Afrikaanse Olimpiade graad 8 en 9, 14H15.
  • Krieket: Liga 4 dag 2: PNHS 0/14A v/s Midstream College 0/14A, 14H30, weg.
  • Krieket: Liga 4 dag 1: PNHS 0/15A v/s Midstream College 0/15A, 14H30, weg.
  • Akademie vir Leierskap vergadering, 18H00, personeelkamer.
Donderdag, 7 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Toetsperiode 8 - 11.
  • Graad 11 Addisionele Wiskunde uur, sleutel 2 en 5, 14H15 – 15H15.
  • Afrikaanse Olimpiade graad 8 en 9, 14H15.
  • Krieket: Liga 4 dag 2: PNHS 0/15A v/s Midstream College 0/15A, 14H30, tuis.
  • Kansvatter redenaars finaal.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 restaurantaand, 18H00, restaurant.
Vrydag, 8 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Lentedag (Gewone kleredrag).
  • Toerisme uitstappie.
  • Kansvatter redenaars finaal.
  • Sagtebal: Seuns 0/15 en 0/19 v/s Rietondale High, 14H30, tuis.
  • Sagtebal: Seuns 0/15 en 0/16 v/s Crawford College, 14H30, tuis.
  • Sagtebal: Dogters 0/19 B v/s John Vorster, 14H30, tuis.
Saterdag, 9 September:
  • Krieket: Liga 4: PNHS 1 v/s Midstream College 1, 09H00, weg.
  • Kansvatter redenaars finaal.
  • Sagtebal: Dogters v/s Montana, 09H00, tuis.
  • Gasvryheidstudies: Graad 11, High Tea, 10H00, restaurant.
Maandag, 11 September:
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Gasvryheidstudies Vasvra, 14H15, restaurant.
  • Krieket liga 5: 2de span v/s Overkruin, 14H30, weg.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug