Waarna is jy opsoek?


Omsendbrief 3/2026

Omsendbrief 3/2026


Administratief
February 02, 2026


OB: 3 / 2026

Geagte ouers

Swem: Liga 1: Prestige College, 29 Januarie 2026

Baie geluk aan die volgende swemmers:

1ste Plekke:

Marnus Havenga (Junior IM), Ziané Brits (o/14 50m Vryslag), Moya van der Walt (o/14 50m Borsslag), Rohan Louw (o/19 50m Vryslag), Morné Hartmann, MC Swanepoel, Jadon Smith, Ivander Coetzee (o/19 Vryslag Aflos).

2de Plekke:

Marlene Jansen van Rensburg (Senior IM), Jason du Plessis (o/14 50m Vryslag), Stuart Botes (o/14 50m Borsslag), Iany Mcmillan, Ziané Brits, Leoné Engelbrecht, Taylor-Ann Herbst (o/14 Medley Aflos), Moya Van der Walt, TaylorAnn Herbst, Iany Mcmillan, Ziané Brits (o/14 Vryslag Aflos), Janco Schoonraad (o/15 50m Borsslag), Heino Schuster (o/16 50m Vryslag), Marnic Ferreira, Helé Lottering, Nicola Du Plessis, Carlé Pieterse (o/16 Medly Aflos), Nicola Du Plessis, Marnic Ferreira, Helé Lottering, Carlé Pieterse (o/16 Vryslag Aflos), Heino Schuster, Jean-Ré Pienaar, Henrü Smith, Marinus Jansen v Rensburg (o/16 Vryslag Aflos), Marlene Jansen van Rensburg (o/19 50m Borsslag), Malan Bezuidenhout (o/19 50m Borsslag), Marlene Jansen van Rensburg, Corlia Du Plooy, Mikayla Smith, Larissa Ellis (o/19 Vryslag Aflos).

3de Plekke:

Paul-Franco Botha, Stuart Botes, Caleb de Lange, Jason du Plessis (o/14 Medley Aflos), Jason Du Plessis, Stuart Botes, Paul-Franco Botha, Caleb de Lange (o/14 Vryslag Aflos), Taylor-Ann Herbst (o/15 50m Vryslag), Jay Brandon, Janco Schoonraad, Marnus Havenga, Xian Boshoff (o/15 Medley Aflos), Carlé Pieterse (o/16 50m Vryslag), Nicola Du Plessis (o/16 50m Borsslag), Jean-Ré Pienaar, Christopher Runnalls, Deerik Ellis, Heino Schuster (o/16 Medley Aflos), Jaundré Du Raan, Ian van der Zel, Ruan Schoonraad, Janus Smith (o/17 Medley Aflos), Janus Smith, Ruan Schoonraad, Ian van der Zel, Juandré Du Raan (o/17 Vryslag Aflos), Marlene Jansen van Rensburg (o/19 50m Vryslag), Lariss Ellis, Corlia Du Plooy, Marlene Jansen van Rensburg, Mikayla Smith (o/19 Medley Aflos), Keeegan Trewin, Ivander Coetzee, Malan Bezuidenhout, Ruan Louw (o/19 Medley Aflos), Jason Du Plessis, Jay Brandon, JeanRé Pienaar, Ruan Schoonraad, Malan Bezuidenhout (Ladder Aflos).

(Regstelling Omsendbrief 2/2026: 1ste Plek: Malan Bezuidenhout (o/19 Borsslag)

Atletiek: Liga 2: Seshoekige Byeenkoms, 30 Januarie 2026

Uitslae:

  1. H/S Frikkie Meyer (573)
  2. H/S Pretoria-Noord (560⅟₂)
  3. H/S Akasia (490⅟₂)
  4. H/S Overkruin(471⅟₂))
  5. H/S Brits (408⅟)
  6. H/S Wonderboom (404)

Baie geluk aan ons atlete wat eerste plekke verower het:

Jeanique Huygen (100M & 400M), Neil Botha (100M), Leana Bezuidenhout (100M & 200M), Jadon Robbertson (200M & 300M Hekkies), Jordan Anderson (400M), Shon-dré Scheun (400M & 800M), Kaylie van Jaarsveld (800M & 1500M), Jamila Buff (800M), Simoné de Koker (1500M), Jaydon van Wyngaardt (Hs & Ds), Michael Schult (Vs), Tyler Neveling (Vs), Fortune Mongongoa (Vs), Divan Deysel (Gs), Divan Botha (Sw & Gs), Jayden Schoeman (Sg), Janus Smith (Sg), Seuns o/15 aflos.

Baie geluk aan ons atlete wat 2de plekke verower het:

Anca Jansen van Vuuren (100M), Jeanique Huygen (200M & 300M Hekkies), Shon-dré Scheun (200M), Jamilla Buff (400M & 1500M), Heino Schuster (400M), Henrico van Tonder (400M), Jordan Anderson (800M), Mathew Roselt (800M & 1500M & Vs), Jadon Robbertson (100M Hekkies), Leana Bezuidenhout (Hs), Junior Bokwa (400M Hekkies), Dominique Gerritzen (Vs), Divan Deyzel (Sw), Lize Meiring (Sw), Janus Smith (Sw), Dehan Joubert (Sw), Colten Schoeman (Sg), MC Swanepoel (Sg), Dogters 0/15 aflos en Seuns o/16 aflos.

Baie geluk aan ons atlete wat 3de plekke verwower het:

Miandri Yssel (100M & 400M), Jadon Robertson (100M & Vs), Eduard du Plessis (100M), Miané du Plessis (200M), Rhulani Khoza (400M), Matthys Benecke (200M & Vs), Lianie Potgieter (800M), Heino Schuster (800M), Matthew Roselt (800M & 3000M), Simoné de Koker (800M), Henrico van Tonder (800M & 1500M), Aiden Helberg (1500M), Caleb Jooste (1500M), Juhané du Plessis (1500M), Tshefo Molope (300M Hekkies), George Greeff (Hs), Jadon Smith (Hs), Fortune Mangongoa (Ds), Colten Schoeman (Gs), Jandré Vermeulen (Gs), Wiandri Viviers (Gs), Inge van Eeden (Gs), Marinda Fraser (Gs), MC Swanepoel (Gs), Elmari Fourie (Sw), Michael Schult (Sg), Danté Bosch (Sg) en Dogters o/17aflos).

(Regstelling Omsendbrief 2 / 2026: Zivan Bezuidenhout 1ste plek Verspring).

Volgende byeenkoms is die Maroela Byeenkoms by PNHS eerskomende Vrydag. Deelnemende skole: PNHS, H/S Warmbad, H/S Centurion, H/S Brandwag en HTS Hans Moore. PNHS sal sluit om 13H00.

Verteenwoordigende Leerder Raad verkiesing 2026

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is:

8A: Francois Bezuidenhout / Lené Bezuidenhout
8B: Riando Niemand / Luané Patterson
8C: Huyser Fourie / Miandri Yssel
8D: Cilliers Janse van Rensburg / Mieke Muller
8E: Léru Snyman / Chandri du Plessis
8F: Caleb de Lange / Lianie Potgieter
9A: Janco Schoonraad / Ayisha Kritzinger
9B: Pheto Molokomme / Donay Nagel
9C: Johan Myburgh / Caitlyn Patterson
9D: Kevin du Preez / Ansonette Dearlove
9E: Bonolo Malatse / Simoné van der Walt
9F: Dario van Deventer / Zené Swart
10A: Tyler Nebeling / Levern Zaal
10B: Zivan Bezuidenhout / Jamilla Buff
10C: Divan Botha / Helé Lottering
10D: Christopher Runnals / Liani Swanepoel
10E: Zaine Koekemoer / Jazlyn Roux
11A: Matthew Roselt / Amé van der Westhuizen
11B: Jayden Neethling / Kiara Weber
11C: Ruan Schoonraad / René Jacobs
11D: Raynard Bosman / Refeloe Mahamba
11E: Michael de Villiers / Mia Rynners
12A: Donovan Vermaak / Marlia Botha
12B: Kgosi Rammutla / Anneke Le Roux
12C: Jadon Smith / Karli Nel
12D: Ewan Rynners / Liané Schutte
12E: Paul Benade / Kayla Opperman
12F: Kaleb Snyman / Annabelle van Wyk

Skoolfonds 2026

Ons skoolfonds vir 2026 beloop R 28 985-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 635-00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2026.

Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.

Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u ontvang het en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.

Gedragskode

Gaan asseblief die gedragskode van die skool saam met u kind deur; wat in die huiswerkboekie verskyn. Voltooi dan asseblief die skeurstrokie voor in die huiswerkboek dat u wel kennis geneem het en stuur terug aan u kind se voogonderwyser.

Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om die skool te ondersteun in die nakoming van die skool se gedragskode sodat ons ‘n hoë vlak van dissipline kan bly handhaaf by ons skool.

Beheerliggaam Tussenverkiesing

Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Ons het 5 vakante poste op ons Beheerliggaam met ouers wie se kinders afgestudeer het in 2025. Der halwe moet ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesing uitgeroep word om hierdie vakatures te vul. Hierdie Beheerliggaam Tussenverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026 en indien ons nie die vereiste kworum op genoemde dag bereik nie sal die opvolgverkiesing plaasvind op 15 April 2026.

‘n Voldagverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026. Ons voldagverkiesing sal reeds om 06H15 open met personeel wat in Eeufeestraat en Berglaan diens doen om werkende ouers wat leerders aflaai te help om te stem. U sal ook op die betrokke dag ‘n “drive through” kan doen in by Berglaan en by Emiley Hobhouse uit, met tien stempunte waar u kan stem terwyl u, u kind aflaai. Daar sal deur die dag ook stempunte by die saal beskikbaar wees met toegang deur die Eeufeestraathekkie. Hierdie stempunte sal oop bly tot 19H00, wanneer die voldag-verkiesing sluit.

Nominasies vir die verkiesing sal plaasvind nie meer as 7 dae en nie minder as 3 dae voor die verkiesing nie, dit wil sê nominasies open vanaf Woensdag 11 Maart 2026 om 08H00 en sluit op Vrydag 13 Maart 2026 om 14H00. Ouers kan nominasievorms by ons navraetoonbank afhaal vanaf Woensdag, 11 Maart 2026. Dit word weer ingedien by ons navraetoonbank saam met ‘n geheue stokkie met ‘n video op waarin die nominant hom / haarself voorstel en ‘n kort voorlegging maak oor die bydrae wat hulle tot die skool kan lewer (30sekondes). Hou asb. ons “facebook” – en webblad dop vir ons nominante vanaf 11Maart 2026.

Akademie vir Leerder Ondersteuning: Noorderlig

  • 13 Februarie is weer “Saaidag.
  • Laat Die Noorderlig helder skyn deur ‘n bydrae te lewer en om te sien na die basiese behoeftes van dié wat dit die nodigste het!
  • Graad bydraes vir die dag:
    Graad 8 – Ontbytgraan, pasta & rys.
    Graad 9 – Koffie, tee, suiker & langlewe melk.
    Graad 10 – Toiletware (onderarmrol, spuitgoed & lyfseep vir seuns en dogters).
    Graad 11 – Grondboontjiebotter, koeldrank & konfyt.
    Graad 12 – Blikkieskos, soppoeier & langlewe melk.
  • Kom help om ‘n verskil te maak. Produkte kan deurgaans by die kantoor of restaurant afgelaai word.
  • Enige navrae kontak gerus vir Mev. Corné Labuschagne by 071 334 1211.

Program vir die week

Maandag, 2 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Krieket: PNHS Ontwikkelling v/s Hartebeespoort, 14H30, tuis.
Dinsdag, 3 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Toetsdag.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel (4), 14H15 – 15H15.
  • Verteenwoordigende Leerder Raad inhuldiging, 18H00, saal.
Woensdag, 4 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Atletiek: Noordheuwel Top 15. Vertrek reeds om 05H30.
  • Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
Donderdag, 5 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Toetsdag.
  • Swem: Liga 2: Sutherland, vertrek om 13H30.
Vrydag, 6 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Skool sluit om 13H00, Maroela Tuisbyeenkoms.
  • Atletiek Liga 3: Maroela Tuisbyeenkoms, 15H00, tuis.
Saterdag, 7 Februarie:
  • Krieket: Uitspeelwedstryd, 09H00, tuis.
Maandag, 9 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • VLR-vergadering, 14H15, K76.
  • Leier Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug