Omsendbrief 3/2023

Omsendbrief 3/2023


Administratief
January 23, 2023


OB: 3 / 2023

Geagte ouers
Atletiek: Wonderboom byeenkoms, 20 Januarie 2023

Ons atlete vaar skitterend by die byeenkoms. Dankie vir almal se deelname en ondersteuning!

Uitslae:

Skool Punte Totaal 1ste plekke 2de plekke 3de plekke
H/S Wonderboom 1790 43 41 43
H/S Pretoria-Noord 1610 72 52 37
H/S Tuine 1077 20 29 23

Geluk aan die volgende atlete met hulle individuele prestasies:

1e Plekke: (72 1e Plekke)
Leana Bezuidenhout: 100m, 200m, Hoogspring, Verspring: Rohan Louw: 100m, 300mH; Zanthé Joubert: 100m; Rina Mamabolo: 100m, Verspring; Guillaume du Toit: 100m, 200m; Troy Bester: 200m; Rubin Nel: 200m, 400m; Shon-dre Scheun: 400m, 800m, 1500m; Cindy de Koker: 400m, 800m; Schalk Fourie: 400m, 800m, 1500m; Matthew Roselt: 800m, 1500m; Simoné de Koker: 800m, 1500m, 3000m; Ezmarelda Vivier: 800m, 1500m, 3000m; Junior Bokwa: 800m, 1500m, 3000m; Carla Ackerman: 800m, 1500m, 3000m; Lianka Wurth: 1500m; Rohan Horn: 3000m; Anelska van Dyk: 90mH; Kiara Jonker: 100m Hekkies; Lenardia Wesson: 100mH; Marnique; Breytenbach: 100mH; Renaldo Joseph: 400mH; John de Klerk: Hoogspring, Gewigstoot; Dané Louw: Hoogspring, Verspring; Jaco Janse van Rensburg: Hoogspring Jemma Els: Hoogspring; Kyle Engelbrecht: Hoogspring; Jacinda de Lange: Verspring, Driesprong; Lucille Zengel: Gewigstoot; Rudie Conradie: Gewigstoot; Keaan van Wyk: Gewigstoot, Skyfwerp, Spiesgooi; Elmari Fourie: Skyfwerp; Dehan Joubert: Skyfwerp Wilné Kriel: Gewigstoot, Skyfwerp; Salomé Venter: Skyfwerp; Kristy Fowler: Spiesgooi; MC Swanepoel: Spiesgooi; Jasmine Riley: Spiesgooi; Deoné Meintjes: Spiesgooi; Taryn Hayes: Spiesgooi; Aflosse: 0/14 Dogters; 0/14 Seuns; 0/15 Seuns; 0/16 Dogters; 0/16 Seuns

2e Plekke: (52 2e Plekke)
Anelska van Dyk: 100m, Verspring; Troy Bester: 100m, Verspring; Chantalee Nel: 100m, 90mH; Rubin Nel: 100m; Jacinda de Lange: 100m; Rudi Candiotes: 200m Rina Mamabolo: 200m; Elisma van Wyk: 400m, 800m; Nelmari Driescher: 400m Andrew Durdle: 400m, 800m; Henrico van Tonder: 800m; Zelda Niemand: 800m Leonardo Pretorius: 800m, 1500m; Amorey Wallendorf: 1500m; Heinrich Buitendag: 1500m; Cindy de Koker: 1500m; Crusharne Links: 1500m, 3000m; Lianka Wurth: 3000m; Arthur Dobson: 110mH;Carel Greyling: 110mH; Meagen Mylonas: 300mH; Dyllen Prinsloo: 400mH; Erika Jonker: Hoogspring; Adriaan Coetzee: Hoogspring; Rudi Candiotes: Hoogspring; Chanel Labuschagne: Hoogspring; John de Klerk: Verspring; Janine de Lange: Verspring; Gehard Conradie: Verspring; Kiara Jonker: Verspring; Davie Pieterse: Verspring; Dewald Grobler: Driesprong; Dehan Joubert: Gewigstoot; Henco van der Merwe: Gewigstoot, Skyfwerp;Salomé Venter: Gewigstoot Lucille Zengel: Skyfwerp; Taryn Hayes: Skyfwerp; Zain Vorster: Gewigstoot, Skyfwerp; Chrishelle Nieuwoudt: Spiesgooi; Antoné van der Westhuizen: Spiesgooi Schalk Fourie: Spiesgooi; Aflosse: 0/17 Dogters; 0/17 Seuns.

3e Plekke: (37 3e Plekke)
John de Klerk: 100m; Anelska van Dyk: 200m; Neolien Lesch: 200m; Annika Strydom: 200m; Coenie Taljaard: 400m, 800m; Marlene Jansen van Rensburg: 400m Ashlee Jordaan: 400m; Henrico van Tonder: 400m; Amorey Wallendorf: 800m Brenden Fourie: 800m; Elmari Fourie: 1500m; Elisma van Wyk: 1500m Henrico van Tonder: 1500m; Zelda Niemand: 1500m; Jadon Smith: 100mH, Hoogspring; Kiara Jonker: 400mH; Jaco Jansen van Vuuren: Hoogspring; Ruvan Louw: Verspring; Marlene Brits: Driesprong; Dylan Harmse: Driesprong; Inge van Eeden: Gewigstoot; Rudi Candiotes: Gewigstoot; Donovan Wallendorf: Gewigstoot Deoné Meintjes: Gewigstoot; Anelska Ries: Skyfwerp; Adriaan Coetzee: Skyfwerp Loraine du Plessis: Skyfwerp; Dillan van Rooyen: Skyfwerp; Angelique Venter: Skyfwerp; Marinda Fraser: Spiesgooi; Rohan Louw: Spiesgooi; Ashlee Jordaan: Spiesgooi; Michael Flanagan: Spiesgooi; Aflosse: 0/15 Dogters; 0/19 Seuns

Akademie: Graad 12 uitslae

Baie geluk aan ons klas van 2022 met skitterende uitslae. Ons het ‘n slaagsyfer van 98,83% met 2 druipelinge. 79% van ons kandidate het met universiteitsvrystelling geslaag. Ons het ‘n totaal van 135 onderskeidings. Ons top kandidate was:

  1. Hesmari Scholtz (7 onderskeidings, 100% vir Bedryfstudies en 90% gemiddeld)
  2. Kaitline van Lille (6 onderskeidings en 82% gemiddeld)
  3. Charizé Pisano (4 onderskeidings en 81% gemiddeld) Nicola van Niekerk (4 onderskeidings en 81% gemiddeld)
  4. Janeco Coetzee (4 onderskeidings en 80% gemiddeld) Keana van der Walt (4 onderskeidings en 80% gemiddeld)
  5. Marellee Maree (4 onderskeidings en 79% gemiddeld.) Caylee Wallace (4onderskeidings en 79% gemiddeld)
  6. Brian Felgate (4 onderskeidings en 77% gemiddeld)
  • Leerders wat wil inskryf vir die aanvullende Junie-eksamen, kry registrasievorms by die skool se navraetoonbank. Hierdie vorms moet teen 8 Februarie op die laatste weer by die skool ingehandig word.
  • Leerders wat vakke wil hermerk, moet by die distrik se eksamenafdeling daarvoor registreer en betaal. Die laaste datum hiervoor is 3 Februarie 2023.
SOS Wolkskool

Ons beheerliggaam het tydens die begroting fondse geallokeer ten einde elke leerder van H/S Pretoria- Noord hiervoor te registreer. H/S Pretoria-Noord sal vir 2023 weer deel van SOS se Wolkskool wees. Wolkskool het reeds 25 vakgebiede oor al die grade om hand aan hand met die departementele sillabus ondersteunende aanlyn- onderrig te voorsien. Vind asseblief volledige inligting hoe om gebruik te maak van die Wolkskool op die aanhangsel.

Skoolfonds 2023

Ons skoolfonds vir 2023 beloop R 21 670-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 1 970 - 00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2021.

Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.

Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u vandag sal ontvang en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.

Gedragskode

Gaan asseblief die gedragskode van die skool saam met u kind deur; wat in die huiswerkboekie verskyn. Voltooi dan asseblief die skeurstrokie voor in die huiswerkboek dat u wel kennis geneem het en stuur terug aan u kind se voogonderwyser. Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om die skool te ondersteun in die nakoming van die skool se gedragskode sodat ons ‘n hoë vlak van dissipline kan bly handhaaf by ons skool.

H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
19 Januarie 2023 Boeresportdag

Dankie vir ons leerders wat almal voluit aan ons boeresportdag deelgeneem het om ons Tagtigste verjaarsdag te vier. Ook aan ons borge SPAR Ninapark en Coke wat gesorg het vir ‘n “verassingtjie” vir elkeen van ons 1005 leerders. Dankie ook aan elkeen wat ‘n item /s vir ons Noorderlig gebring het as ‘n “geskenkie vir die skool”, dit word opreg waardeer en het ons Noorderlig weer ‘n goeie hupstoot gegee.

Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig

Baie dankie aan elke PNHS leerder wat ‘n bydrae gelewer het in die vorm van nie-bederfbare produkte vir Noorderlig se koskas. Dit word opreg waardeer.

Ouers wat graag wil deel word van ons Akademie vir leerder Ondersteuning / Noorderlig, word vriendelik uitgenooi na ons vergadering op Maandag, 30 Januarie 2023 om 18H00 in die restaurant.

-Mev. T Breytenbach (Voorsitster Noorderlig)


Program vir die week
Maandag, 23 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Tennis: Oefening juniors & seniors, 15H00 – 16H30, PNHS tennisbane.
  • Debat werkswinkel, 15H00 – 17H00, K7.
  • Gasvryheidstudie Akademie vergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 24 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12: Sleutel 1, Akademiese uur , 14H15 – 15H15.
  • Tennis: 0/14 en 0/15 proewe, PNHS tennisbane, 14H30.
  • Graad 12: Ouerinligtingsaand, saal, 18H00.
Woensdag, 25 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • NWU-16 reeks: werksvergadering, 11H00, Leeuwenhof Akademie.
  • Fotografieklubvergadering, K62, 15H00.
  • Beheerliggaam: Finansiële Komiteevergadering, Konferensiekamer, 17H15.
  • Beheerliggaam: Uitvoerende Komiteevergadering, Konferensiekamer, 19H15.
Donderdag, 26 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 12: Sleutel 2, Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Swem: Liga 2, Sutherland, 14H30.
Vrydag, 27 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Skool sluit om 13H00.
  • Atletiek: Liga 2, 14H30, H/S Eldoraigne.
Saterdag, 28 Januarie:
  • Netbalproewe, PNHS Netbalbane, 08H00 – 13H00.
Maandag, 30 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Graad 12: Sleutel 3, Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Debat: Intern Juniors, K7, 14H30.
  • Tennis: Oefening juniors & seniors, 15H00 – 16H30, PNHS tennisbane.
  • Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig vergadering, 18H00, restaurant.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug