Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 29/2026


Administratief
August 31, 2026


OB: 29 / 2026

Geagte ouers

1. Krieket

29 Augustus: PNHS 1 v/s Sutherland. Sutherland kolf eerste en behaal 173/9. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 6 paaltjies vir 14 lopies in 6 beurte (goue balkie) en JP Thomas met 2 paaltjies vir 14 lopies in 3 beurte (brons balkie). Charl Otto neem ook twee mooi vangskote (brons balkie). PNHS volg op met 174/5 in 28 beurte. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 28 lopies van 17 balle, Mark Gorman met 19 lopies van 24 balle en JP Thomas met 46 lopies van 38 balle (silwer balkie). PNHS wen met 5 paaltjies.

2. Sagtebal

2.1 Dogters Sagtebal: Liga 6: PNHS v/s Midstream, 28 Augustus 2026, weg
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 9 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/14 B MS 7  
0/15 B PN 8 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 B MS 12  
0/16 B PN 12 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 B MS 6  
0/19 B PN 5 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 B MS 6  
2.2 Dogters Sagtebal Liga 5: PNHS v/s Wilgers, 29 Augustus 2026, tuis
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 A PN 10 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 A WL 3  
0/16 A PN 10 Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 1
0/16 A WL 3  
0/19 A PN 13 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/19 A WL 0  
0/19 B PN 1 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/19 B WL 13  

3. Rugby

3.1 Rugby: Sewes Wilgers Toernooi, 28 & 29 Augustus 2026
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15A PN 34 Gewen: 4, Gelykop: 1, Verloor: 1
0/15A FH 0  
0/15A PN 26 Gewen: 5, Gelykop: 1, Verloor: 1
0/15A WB 14  
0/15A PN 5 Gewen: 5, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/15A CS 14  
0/15A (Bowl Semi-Finaal) PN 38 Gewen: 6, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/15A (Bowl Semi-Finaal) CS 5  
0/15A (Bowl Finaal) PN 33 Gewen: 7, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/15A (Bowl Finaal) Er 7  

FH = FH Odendaal / WB = Wonderboom / Er = Erasmus / CS = Centurion Secondary

Baie geluk aan ons 0/15’s wat die Bowl wenners was!

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/17A PN 45 Gewen: 4, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/17A CS 5  
0/17A PN 21 Gewen: 5, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/17A JV 7  
0/17A PN 43 Gewen: 6, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/17A RH 0  
0/17A PN 42 Gewen: 7, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/17A CH 0  
0/17A (Beker Semi-Finaal) PN 14 Gewen: 8, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/17A (Beker Semi-Finaal) WB 10  

JV = HTS John Vorster / Wilg = Wilgers / WB = Wonderboom / CS = Centurion Secondary / CH = Curro Hazeldean / RH = Radfort House

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/17A (Beker Finaal) PN 41 Gewen: 9, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/17A (Beker Finaal) Wilg 7  

Baie geluk aan ons 0/17 wat Toernooi wenners was!

4. FAK Internasionale Geskiedenis-olimpiade

Ons PNHS-leerders vier nie net hul kultuur en erfenis nie, maar dra ook met trots die naam van Hoërskool Pretoria-Noord uit. Ons is besonder trots op drie van ons leerders wat tot die tweede rondte deurgedring het en uitstekende prestasies behaal het:

  • Nicola du Plessis – 2de plek behaal in Graad 10
  • Allan Ribeiro – 3de plek behaal in Graad 11

‘n Besondere gelukwensing aan Raynard Bosman wat aangewys is as die provinsiale wenner vir Graad 11!

5. Inskrywings Graad 8 vir 2027

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf Woensdag, 5 Augustus 2026 tot Vrydag, 4 September 2026 sal wees. Daar sal slegs 1 fase wees.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf Woensdag, 5 Augustus 2026 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ‘n waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:

  • GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
  • GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres:
    • Huiseienaars – Munisipale rekening van nie ouer as 3 maande nie in die naam van die ouer met die volle residensiële adres.
    • Huurders – moet al die volgende dokumente nie ouer as 3 maande nie voorlê:
      1. Munisipale rekening in die naam van die verhuurder met die volle residensiële adres.
      2. Huurkontrak (kan ouer as 3 maande wees) geteken deur huurder en verhuurder met die volle residensiële adres. (Belangrik: die huur periode op die huurkontrak moet nog steeds geldig wees op die datum wanneer u aanlyn aansoek doen.)
      3. ‘n Kwitansie vir betaling van huurgeld met volle residensiële adres.
      4. Staat van enige rekening in die naam van die aansoeker met die volle residensiële adres op.
  • GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
  • GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:

  1. 1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
  2. 2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
  3. 3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
  4. 4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
  5. 5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres

Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

6. Merietefunksie 2026

Alle leerders wat trofee verower het gedurende die 2025 Merietefunksie word versoek om hierdie trofee voor of op 22 September 2026 by Mev. Du Plessis in K73 in te handig.

7. Program vir die week

Maandag, 31 Augustus
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Detensie (14:15 – 16:15).
  • Krieket: PNHS 2 v/s Wagpos (14:30, tuis).
  • Gholf: PNHS 1 v/s Afrikaans Hoër Seuns (14:30, tuis).
  • Gholf: PNHS 2 en 3 v/s Hartbeespoort (14:30, tuis).
  • Netbal: Fast Five Oos-Moot (13:15, weg).
Dinsdag, 1 September
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Toetsperiode
  • Krieket: PNHS 0/14A v/s HS Wagpos 0/14A (14:30, tuis).
  • Tennis: Dogters A v/s Eduplex (14:00, weg).
  • Tennis: Dogters B v/s Akasia (14:00, tuis).
Woensdag, 2 September
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Toetsperiode
  • Addisionele Akademiese uur graad 8-11 (14:15 – 15:15).
  • Sagtebal proewe rondte 2: seuns (14:30, tuis).
  • Finansiële Komitee vergadering (17:00, Konferensiekamer).
  • Uitvoerende Komitee vergadering (19:00, Konferensiekamer).
Donderdag, 3 September
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • PN-Raadkamp vertrek (14:00).
  • Krieket: PNHS 0/15 v/s H/S Hammanskraal (tuis).
Vrydag, 4 September
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Revue: 8 Beats (Gold Reef City) (12:00).
  • PN-Raadkamp
  • Rugby: 7’s, 0/15 v/s Sutherland (14:30).
  • Rugby: 7’s, 0/17 v/s Eldoraigne (14:30).
  • Sagtebal: Dogters 0/14A v/s Wilgers (weg).
Saterdag, 5 September
  • PN-Raadkamp
  • Rugby: 7’s, 0/15 v/s Sutherland (09:00).
  • Rugby: 7’s, 0/17 v/s Eldoraigne (09:00).
  • Gasvryheidstudies: Gr. 10 Restaurantoggend (10:30).
Maandag, 7 September
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Detensie (14:15 – 16:15).
  • Krieket: PNHS 2 v/s John Vorster 2 (14:30, weg).
  • Krieket: PNHS 0/14 v/s Wonderboom (14:30, tuis).
  • Sagtebal: Dogters 0/16 + 0/19 A & B-spanne v/s Zwartkop (14:30, tuis).

Vriendelike Groete

CB Erasmus, Adjunkhoof

Aflaai aanhangsel

Terug