Omsendbrief 29/2025

Omsendbrief 29/2025


Administratief
September 15, 2025


OB: 29 / 2025

Geagte ouers

Krieket

8 September:

PNHS 2 v/s Prestige College. PNHS kolf eerste en behaal 179 / 4. Goeie kolfwerk van Nathan Oosthuizen met 107 lopies van 62 balle (Goue balkie). Prestige College volg op met 99 / 10. Goeie boulwerk van Nathan Oosthuizen met 3 paaltjies vir 12 lopies in 3 beurte (Brons balkie). PNHS wen met 80 lopies. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons een wen en twee verloor.

9 September:

PNHS 0/14 A v/s Sutherland 0/14 A. PNHS kolf eerste en behaal 173 / 5 in hul toegelate boulbeurte. Goeie kolfwerk van Jordan Anderson met 42 lopies van 34 balle (Brons balkie), Philip Beukes met 35 lopies van 22 balle en Shawn Gorman met 22 lopies van 21 balle. H/S Sutherland volg op met 73 / 10. Goeie boulwerk van Neil Botha met 3 paaltjies vir 18 lopies in 3 beurte (Brons balkie), Phillip Beukes met 2 paaltjies vir 8 lopies in 2 beurte en Marnus Havenga met 2 paaltjies vir 18 lopies in 3 beurte. PNHS wen met 100 lopies. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons drie wen en twee verloor.

9 September:

PNHS 0/15 A v/s H/S Sutherland 0/15 A. PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 206 / 4. Goeie kolfwerk van JP Thomas met 54 lopies van 33 balle (Silwer balkie), Jayden Schoeman met 39 lopies van 16 balle (Brons balkie), Heino Schuster met 33 lopies van 24 balle (Brons balkie) en Divan Botha met 31 lopies van 22 balle (Brons balkie). H/S Sutherland volg op met 50 / 10. Goeie boulwerk van Jaydon Schoeman met 6 paaltjies vir 19 lopies in 3 beurte (Goue balkie). PNHS wen met 156 lopies. Dit was ons vierde ligawedstryd, waarvan ons 3 wen en 1 verloor.

11 September:

PNHS 0/15 A v/s HTS John Vorster 0/15 A. PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 160 / 8. Goeie kolfwerk van Christopher Runnals met 50 lopies van 49 balle (Silwer balkie) en Divan Botha met 34 lopies van 16 balle (Brons balkie). HTS John Vorster volg op met 101 / 10. Goeie boulwerk van Christopher Runnals met 5 paaltjies vir 20 lopies in 4 beurte wat insluit ‘n drie-kuns (Goue balkie). PNHS wen met 59 lopies. Dit was ons vyfde ligawedstryd, waarvan ons 4 wen en 1 verloor.

September:

PNHS 1 v/s Hammanskraal Hub. PNHS kolf eerste en behaal 312 / 10 in 43 beurte. Goeie kolfwerk van Rohan Louw met 109 lopies van 93 balle (Goue balkie), Ettiene du Bruyn met 62 lopies van 30 balle (Silwer balkie) en Mark Gorman met 32 lopies van 39 balle (Brons balkie). Hammanskraal Hub volg op met 193 / 10 in 34 beurte. Goeie boulwerk van Michael Flanagan met 3 paaltjies vir 51 lopies in 10 beurte (Brons balkie). Ettiene de Bruyn neem ook 2 vangskote (Brons balkie). PNHS 1 wen met 119 lopies. Dit was ons 5de ligawedstryd, waarvan ons 5 wen.

Tennis

9 September: PNHS Dogters 0/15 A v/s Loreto Convent 0/15 A. PNHS 0/15 A wen met 55 potte teenoor 10. Geluk aan Miané du Plessis (11-0) en Isabel Vos (10-1) wat hulle wedstryde wen. Miané du Plessis en Isabel Vos wen ook hul dubbelswedstryd (11-1). Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons twee wen en twee verloor.

Atletiek: TUT Top 12, Pilditch, 12 September 2025

Baie geluk aan die volgende atlete wat mooi presteer: Leana Bezuidenhout 100M (7de met 787) en 200M (8ste met 836), Simoné de Koker 3000M (3de met 852) en 1500M (4de met 743), Jamila Buff 800M (8ste met 778), Divan Botha SW (2de met 890), Shon-dré Scheun 800M (6de met 726), Dehan Joubert SW (7de met 741), Henrico van Tonder 800M (10de met 666) en Junior Bokwa 800M (2de met 758).

Sagtebal:

Seuns Liga 6: PNHS v/s Sonitus, 12 September

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN   Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 A      
0/15 A PN 19 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Son 2  
0/16 A PN   Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 A      
0/19 A PN   Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 A      

0/15 A: Beste kolwer: Christopher Runnals.
Speler van die wedstryd: Jean-Ré Pienaar.

Dogters Liga 6: PNHS v/s Afrikaans Hoër Meisies, 13 September 2025, tuis

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 3 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 A AHMP 9  
0/15 A PN 6 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A AHMP 9  
0/16 A PN 0 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/16 A AHMP 2  
0/19 A PN 2 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/19 A AHMP 9  

0/14 A: Beste Kolwer: Ansonette Dearlove.
Speler van wedstryd: Larochelle van der Merwe.
0/15 A: Beste kolwer: Janica Roodt.
Speler van die wedstryd: Cady Meyer.
0/16 A: Beste kolwer: Ané Reis.
Speler van die wedstryd: Amorey Wallendorf.
0/19 A: Beste kolwer: Chanté-Lee Nel.
Speler van die wedstryd: Chané de Lange.

Dogters B Liga 5 PNHS v/s Afrikaans Hoër Meisies, 13 September 2025, tuis

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 1 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 B AHMP 17  
0/15 B PN 2 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/15 B AHMP 17  
0/16 B PN   Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/16 B      
0/19 B PN 6 Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 1
0/19 B AHMP 11  

0/14 B:Beste Kolwer: Lizay Wessels.
Speler van die Wedstryd: Milan Moller.
0/15 B:Beste Kolwer: Ankia Smal.
Speler van die Wedstryd: Bianca van der Merwe.
0/19 B:Beste Kolwer: Monique Vinson.
Speler van die Wedstryd: Karli Nel.

Baie sterkte vir die volgende spelers wat deurgedring het na die finale rondte van die Tshwane proewe:

Seuns 0/15: Zander Pieterse, Jaydrian Brandon, Janco Schoonraad, Santiago Bezuidenhout, Divan Botha, Dylan du Plessis, Jean-Ré Pienaar, Deerik Ellis, Jayden Schoeman, Johan Veldhuysen, Christopher Snyman, Jandré Gerber, Jayden Joubert, Zivan Bezuidenhout en Luvani Nkwinika.

Dogters 0/15: Wiandri Viviers en Cady Meyer.

Seuns 0/19: Etienne Botha, Jaco Jansen van Vuuren, Jayden Neethling, Arno Schreuder, JG van Niekerk, Nathan Oosthuizen, Donovan Wallendorf, Malan Bezuidenhout, Richard van Schalkwyk, Wian van Heerden, Edowhann Schwartz, Herco Venter en Raynard Bosman.

Dogters 0/19: Anelska van Dyk, Chantelee Nel, Amorey Wallendorf en Marinda Fraser.

Sewes Rugby: Eldoreigne Toernooi, 12 & 13 September, Hoërskool Eldoreigne

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 A PN 5 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A Zwart 57  
0/15 A PN 26 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A Kemp 15  
0/15 A PN 19 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A Suther 5  
0/15 A Uitspeel 1 PN 12 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 A Kemp 29  
0/15 A Uitspeel 2 PN 10 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A Mont 38  

Zwart = Zwartkop / Kemp = Kemptonpark / Suther = Sutherland / Mont = Montana

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/17 A PN 5 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/17 A Mon 38  
0/17 A PN 7 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/17 A Wilg 12  
0/17 A PN 5 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/17 A Zwart 26  
0/17 A PN 14 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/17 A Suth 12  
0/17 A Semi-Finaal PN 28 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/17 A Tuin 0  
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/17 A Finaal PN 21 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/17 A JV 7  

Mon = H/S Monument / Wilg = Wilgers / Zwart = Zwartkop / Suth = Sutherland / Tuin = Tuine / JV = HTS John Vorster
Ons 0/17 is wenners van die Brons Finaal

Kultuur: Kunswedstryde

Noorderkruin Kunstefees

Baie geluk aan die volgende leerders:
Beate Haarhoff A++ vir voordrag, Lara van Schalkwyk 1 X A en 2 X A++ vir voordrag, Leandré Koekemoer 1 X A+ en 2 X A++ vir voordrag, Lian van der Westhuizen 3 X A+ en 5 X A++ vir voordrag, Mia Rynners 7 X A++ vir voordrag, Pierre Rynners 2 X A++ vir voordrag, Zené Swart 1 X A vir voordrag en Marique Bam, Kimberley Chatadza, Petreen Mathibela en MC Kritzinger ontvang 1 X A vir groep voordrag.

BOLD Internasionale Eisteddfod

Baie geluk aan die volgende leerders:

  • Leandré Koekemoer: 2 X A++ vir gedramatiseerde Poësie en Prosa in Engels asook A+ vir Engelse redenaars.
  • Tristan Booyens: 1 X A vir stilstaande poësie, 2 X A vir kunsweke en 1 X A+ vir Engelse Monoloog.
  • Zené Swart 1 X A vir stilstaande poësie.

Afrikaanse Kunsvereniging

Zené Swart: 1 X A++ vir redenaars.

PN-Raad verkiesing: Hoofleiers

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot hoofleiers vir 2025 / 2026:
Onderhoofseun: Dehan Joubert.
Onderhoofdogter: Cheyenne Pieterse.
Onderhoofseun: Malan Bezuidenhout.
Onderhoofdogter: Larissa Ellis.
Hoofseun: Rohan Louw.
Hoofdogter: Leandré Koekemoer.

Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies verower:
Graad 8: Marnus Havenga - Verantwoordelikheid.
Graad 11: Annabelle van Wyk - Lojaliteit.
Graad 11: Marinda Fraser - Respek en Verantwoordelikheid.
Graad 11: Kaleb Snyman - Lojaliteit.

Tyremart Pretoria-Noord

Ons is opgewonde om aan te kondig dat Tyremart Pretoria-Noord hande vat met Hoërskool PretoriaNoord as ‘n borg. As deel van die borgskap bied Tyremart Pretoria-Noord ‘n spesiale afslag vir Hoërskool Pretoria-Noord ouers aan op dienste en produkte, neem net u bewys van inskrywing saam (afskrif van skoolfondsrekening). Ons nooi elke ouer uit om van hierdie aanbod gebruik te maak en so ‘n onderneming te ondersteun wat ons skool met soveel welwillendheid ondersteun.

Dissiplinêre Komitee: Verandering in die gedragskode

Geagte ouers weens ‘n beduidende toename in rookverwante oortredings by die skool, asook die ernstige en kriminele aard van hierdie gedrag, het die Dissiplinêre Komitee en die Beheerliggaam besluit om die sanksies vir hierdie oortredings te verskerp. Met onmiddellike ingang sal die volgende geld en vervang die strafprosedure vir rook soos uiteengesit in die huiswerkboek op bladsye 33 en 57:

  • Besit van rookprodukte (bv. Sigarette, elektroniese sigarette, vapes, nikotien-sakkies ens.) of
  • Die daad van rook op die skoolterrein of in skoolklere

Sal lei tot ‘n onmiddellike dissiplinêre verhoor. ‘n Skuldigbevinding in hierdie verband sal tot ‘n 5-dag skorsing lei.

Enige verdere herhaling van ‘n soortgelyke oortreding sal kan verder lei tot aanbeveling vir uitsetting.

Ons versoek u samewerking om hierdie ernstige probleem die hoof te bied en ons kinders aan te moedig om gesonde en verantwoordelike keuses te maak.


Program vir die week

Maandag, 15 September:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Krieket: PNHS 2 v/s FH Odendaal, 14H30, weg.
Dinsdag, 16 September:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Toetsperiode 8 – 11.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Tennis: dogters 0/15 v/s H/S Wilgers, 14H30, weg.
  • Krieket: PNHS 0/14 A v/s Waterkloof, 14H30, tuis.
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s Sutherland, 14H30, weg. Vertrek 13H15.
  • Sagtebal: Seuns 0/16 v/s Silverton, 16H00, weg.
Woensdag, 17 September:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Addisionele akademiese uur 8 - 11, 14H00 – 15H00.
  • Sagtebal: Seuns & Dogters Tshwane proewe, 14H30, Crafford Park.
Donderdag, 18 September:
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: 0/15A v/s Overkruin, 14H30, weg.
Vrydag, 19 September:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Sagtebal seuns 0/15 & 0/19 v/s Wagpos, 14H30, weg.
  • Rugby Sewes: Montana Toernooi, 14H30, Montana.
Saterdag, 20 September:
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 restaurantoggend, 06H30, restaurant.
  • Rugby Sewes: Montana Toernooi, 08H00, Montana.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Wonderboom, 09H00, tuis.
  • Sagtebal Dogters A en B v/s Montana, 08H00, tuis.
Maandag, 22 September:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Krieket: PNHS 2 v/s Montana, 14H30, weg.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug