Omsendbrief 29/2024

Omsendbrief 29/2024


Administratief
September 16, 2024


OB: 29 / 2024

Geagte ouers

Lief en Leed

Dit is met leedwese dat ons kennis gekry het van die afsterwe van een van ons ouers, Mev. S de Klerk. Ons dra hierdie gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd.

Gholf: Gauteng-Noord Semi-Finaal, 9 September 2024, Pretoria-Wes gholfklub

Geluk aan Regardt du Preez, Jean Swart, Schalk Fourie en Arthur Dobson wat derde eindig: Uitslag: Menlopark (45), Garsfontein (43), PNHS (39), Oos Moot (37) en Montana (34)

Landloop: Suid-Afrikaanse Kampioenskappe, 7 September 2024, Vanderbijlpark

Geluk aan Simoné de Koker (13de uit 96 atlete) en Jamilla Buff (44ste uit 94 atlete) wat baie mooi presteer op die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Krieket

2 September:

PNHS 2 v/s H/S Uitsig. PNHS kolf eerste en behaal 177 / 2. Goeie kolfwerk van Marx du Plessis met 66 lopies van 65 balle (silwer balkie) en Jordan Booyjens met 33 lopies van 28 balle (brons balkie). H/S Uitsig volg op met 81 / 10. Goeie boulwerk van Marx du Plessis met 4 paaltjies vir 11 lopies in 3 beurte (silwer balkie) en Ewan Rynners met 2 paaltjies vir 4 lopies in 4 beurte. PNHS wen met 96 lopies. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons een wen en twee verloor.

10 & 11 September:

PNHS 0/14 A v/s H/S Oos Moot 0/14 A (tuis). H/S Oos Moot 0/14 A kolf eerste en behaal 261 /10. Goeie boulwerk van Jayden Schoeman met 4 paaltjies vir 49 lopies in 10 beurte (silwer balkie) en Christopher Runnals met 3 paaltjies vir 91 lopies in 10 beurte (silwer balkie). Jaydin van Wyngaard neem ook twee mooi vangskote in die veld (brons balkie). PNHS 0/14 A volg op met 71 lopies. Goeie kolfwerk van JP Thomas met 21 lopies van 31 balle, Jayden Schoeman met 14 van 12 balle en Heino Schuster met 12 van 15 balle. Oos Moot wen met 190 lopies.Dit was ons derde ligawedstryd, waarvan ons drie verloor.

11 & 12 September:

PNHS 0/15 A v/s Oos Moot 0/15 A. PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 74 / 9. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 42 lopies van 50 balle (brons balkie). Oos Moot volg op met 76 / 1. H/S Oos Moot wen met 9 paaltjies. Dit was ons vyfde ligawedstryd, waarvan ons vyf verloor.

14 September:

PNHS 1 v/s Oos Moot 1. Oos Moot kolf eerste en behaal 197 / 10. Goeie boulwerk van Ulrich Breytenbach met 3 paaltjies vir 33 lopies in 7 beurte (silwer balkie), Nathan Oosthuizen met 2 paaltjies vir 21 lopies in 6 beurte (brons balkie), Heinrich Buitendag met 2 paaltjies vir 25 lopies in 6 beurte (brons balkie) en Rohan Louw met 2 paaltjies vir 47 lopies in 6 beurte (brons balkie). Mooi veldwerk van Jacques Runnals met 3 vangskote (silwer balkie), Ettiene de Bruyn met 2 vangskote (brons balkie) en Nathan Oosthuizen met 2 vangskote (brons balkie). PNHS behaal 137 / 10. Goeie kolfwerk van Ettienne de Bruyn met 60* van 75 balle (silwer balkie) en Jean Swart met 26 lopies van 29 balle. H/S Oos Moot wen met 60 lopies. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons 1 gelykop speel en vier verloor.

Atletiek: TUT Top 30, Pulditch, 12 & 13 September 2024

0/14:

Matthys Benecke 400M (9de) en 800M (8ste), Divan Joubert Sw (8ste), Caleb Jooste 1500M (14de) en 3000M (17de), Marinus Janse van Rensburg Gs (10de) en Sg (11de), Jayden Schoeman Sg (7de), Henru Smith 3000M (18de) en Miané du Plessis 90MH (10de).

0/15:

Jamilla Buff 800M (16de), en 1500M (19de), Jadon Smith Hs (6de), Coenie Taljaard 100M (19de) en Vs (9de), Liamay Botha Vs (10de), en Lucille Zengel Gs (12de).

0/16:

Jody Els Sw (18de), Dehan Joubert Gs (7de), Shon-dré Scheun 800 M (1ste) (804 ASA punte) en 1500M (5de) (844 ASA punte), Mikyle Willemse 1500M (23ste) en 3000M (20ste) en Simoné de Koker 800M (8ste) en 1500M (7de).

0/17:

Michael Flanagan Sg (9de), Henrico van Tonder 800M (19de), Ezmerelda Vivier 800M (13de) en Junior Bokwa 800M (2de).

Sagtebal

Seuns Liga: PNHS 0/14 v/s Wagpos, 12 September 2024, tuis

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 5 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 A Wp 7  
0/15 A PN   Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A      
0/16 A PN 16 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A Wp 0  
0/19 B PN   Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 3
0/19 A      
0/19 A PN   Gewen: 7, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/19 A      

Wp = Wagpos
0/14 A: Beste kolwer: Divan Botha
Speler van die wedstryd: Zivan Bezuidenhout

Seuns Liga 11: PNHS v/s Hartebeespoort, 13 September 2024, weg

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 8 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 A Hpt 3  
0/15 A PN 3 Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Hpt 15  
0/16 A PN 11 Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A Hpt 0  
0/19 B PN   Gewen: 4, Gelykop: 1, Verloor: 4
0/19 B      
0/19 A PN 3 Gewen: 9, Gelykop: 1, Verloor: 1
0/19 B Hpt 5  

0/14 A Beste kolwer: Zivan Bezuidenhout
Speler van die wedstryd: Dylan du Plessis
0/16 A: Beste kolwer: Rohan Louw
Speler van die wedstryd: Wian van Heerden.
0/19 A: Beste kolwer: Donovan Wallendorf
Speler van die wedstryd: Donovan Wallendorf

Dogters Liga 7: PNHS v/s Afrikaans Hoër Meisies, 14 September 2024, weg

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 4 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/14 B AHMP 12  
0/15 B     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/15 B      
0/16 B     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/16 B      
0/19 B PN   Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 B      

0/14 B: Beste kolwer: Gabby Prinsloo
Speler van die wedstryd: Gabby Prinsloo

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 5 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 A AHMP 11  
0/15 A PN 3 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A AHMP 9  
0/16 A PN 1 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/16 A AHMP 10  
0/19 A PN 0 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/19 A AHMP 15  

0/14 A: Beste Kolwer: Cady Meyer
Speler van wedstryd: Cady Meyer
0/15 A: Beste kolwer: Mia Rynners
Speler van die wedstryd: Amorey Wallendorf
0/16 A: Beste kolwer: Elmaré Delport
Speler van die wedstryd: Elmaré Delport
0/19 A: Beste kolwer: Nakita Horn
Speler van die wedstryd: Jesica du Plessis

Sport buite skoolverband (Hokkie)

Baie geluk aan Charney Badenhorst wat opgeneem is in die 0/14 AVS se nasionale Duikerspan wat van 17 – 23 September in die Oos Kaap deelneem

Kunswedstryde

Baie geluk aan die volgende leerders wat baie mooi presteer:

  • Luan O’Callaghan neem deel aan die Bold Internasionale Eisteddfod en verower 5 X B + simbole vir rock lied, populêre lied, country lied, gewyde lied en tradisionele Afrikaanse lied.
  • Luan O’Callaghan neem ook deel aan die Afrikaanse Kunsvereniging se Kreatiewe Skryfkuns Kompetisie waar hy ‘n A+ simbool verwerf vir kreatiewe skryfkuns asook A-simbole vir kreatiewe waarneming en voorgeskrewe poësie.
  • Mia Rynners neem deel aan die Afrikaanse Kunsvereniging Kompetisie en verower ‘n A+ simbool vir voorbereide gedramatiseerde poësie, ‘n A++ vir voorbereide poësie, monoloog en redevoering. Sy verdien ook ‘n A++ en is aangewys as kategoriewenner in voorbereide karakteruitbeelding en onvoorbereide lees.

Finansiële Sake

  • Geagte ouers neem asseblief kennis dat die skool se bankbesonderhede gaan verander omdat dit vir die skool verskeie voordele sal inhou. Ons nuwe rekening skuif na FNB: takkode: 210554 en nuwe rekeningnommer 63096257738.
  • Geagte ouers neem asseblief kennis dat ons Algemene Jaarvergadering vir ouers, waar die begroting vir 2025 voorgelê, bespreek en goedgekeur sal word, word geskeduleer vir Woensdag, 23 Oktober 2023 om 18H00 in die saal. Ons nooi al ons ouers uit om deel te wees van hierdie baie belangrike vergadering om u insette te lewer. Volgens regulasies moet daar ‘n kworum wees, indien daar nie ‘n kworum op Woensdag, 23 Oktober 2023 is nie sal die opvolgvergadering op Woensdag, 13 November 2024 om 18H00 in die saal plaasvind en voortgaan al is daar nie ‘n kworum nie. Die voorlopige begroting sal beskikbaar wees vir insae by ons finansiële kantoor per afspraak vanaf Woensdag, 9 Oktober 2024
Projek: SPAR Ninapark

SPAR Ninapark gee aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 1 September tot 30 November 2024 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8 000 en 3de meeste R 5 000. Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 1 September 2024!

Graad 12: Geleentheid

Solidariteit se Onderwyser- en Ambag Netwerk stel ‘n rentevrye studielening vir ‘n welverdiende behoeftige leerder by PNHS om vir ‘n ambag te studier by Soltech. Vereistes:

  • Moet vir die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat geregistreer wees.
  • Moet gereed wees om in 2025 te begin studeer.
  • Moet in Pretoria woonagtig wees.
  • Moet aan die studievereistes voldoen. Hierdie vereistes kan besigtig word by https://soltech.co.za/inligting/toelataingsvereistes.

‘n CV kan gestuur word aan [email protected].

Naskoolsentrum by PNHS

‘n Privaat instansie beoog om vanaf die vierde kwartaal ‘n naskoolsentrum by Hoërskool PretoriaNoord te vestig. Monique en Belinda Povey van JV Studiesentrum bied ‘n veilige en beheerde omgewing met streng toesig na skool, ligte middagetes vir leerders, gekontroleerde studiesessies vir leerders om huiswerk te voltooi onder toesig van fasiliteerders asook ekstra hulp in alle vakke. Sou u belangstel, kan u skakel met Monique by 081 772 3506 of by [email protected] met hulle per e-pos kontak maak.

Snoepietenders

Neem asseblief kennis dat ons snoepietender vir 2025 – 2027 weer oopgemaak word. Tenderdokumente kan by ons navraetoonbank afgehaal word vanaf, Maandag, 9 September 2024 tussen 07H30 en 15H00. Tenders word gerig aan die Voorsitter van die Beheerliggaam en word in ‘n gesëelde koevert by ons navraetoonbank ingehandig. Tenders sluit op Vrydag, 4 Oktober 2024 om 14H00.


Program vir die week

Maandag, 16 September:
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: PNHS 2 v/s H/S Wagpos 2, 14H30, weg.
  • Krieket: PNHS 0/15 v/s Midstream College, 14H30, Midstream.
Dinsdag, 17 September:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Krieket: PNHS 0/14A v/s Wonderboom 0/14A, 14H30, weg.
  • Erfenisdag: Braai en Sokkie, 17H00, aantreeblad.
Woensdag, 18 September:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Sagtebal: Gauteng-Noord finale proewe, 14H30, Crafford Park.
Donderdag, 19 September:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
Vrydag, 20 September:
  • Skool sluit om 11H00:
    Saal: 07H20-09H10
    Pouse: 09H10 -09H30
    Toetsperiode: 09H55 – 10H55
Dinsdag, 1 Oktober:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Personeelvergadering, 14H15, saal.
  • Krieket: PNHS 1 v/s H/S Eldoraigne 1, 14H30, weg.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug