Omsendbrief 29/2021

Omsendbrief 29/2021


Administratief
September 06, 2021


OB: 29 / 2021

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Me. Magret Links. Ons dra haar gesin op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle in hierdie moeilike tyd.
  • Ons verwelkom Mej. C. Coetzer in ons Engelse departement, sy sal as plaasvervanger vir Mev. C. Bruyns instaan tydens haar kraamverlof.
Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die tydperk 26 Augustus – 2 September: graad 8: 95%, graad 9: 94%, graad 10: 93%, graad 11: 94% en graad 12: 98%.

COVID 19

Ons is baie dankbaar om te rapporteer dat daar geen COVID positiewe gevalle is onder ons leerders nie en slegs 4 leerders is wat in isolasie is vanweë kontak. Een PS personeellid het positief getoets.

Landloop: Liga 1, Peach Tree Farm Centurion, 7 Augustus 2021

Junior seuns 4km:
0/14: Heinrich Buitendag (13)
Rubin Nel (20)

0/15: Stephan van Wyk (6)
Schalk Fourie (14)
Crusharne Links (29)
Leonardo Pretorius (42)

Junior meisies 4km:
0/14: Elisma van Wyk (23)

0/15: Cindy de Koker (24)
Zelda Niemand (25)

Senior seuns 6km:
0/18: Corné Kruger (30)
0/19: Coenie Kruger (25)

Senior meisies 4km:
0/17: Danica Grobler (25)

0/18: Kaylee de Kock (17)

0/19: Natasha Sekisi (12)
Megan Oosthuizen (13)

Baie geluk aan Stephan van Wyk wat kwalifiseer om vir Gauteng-Noord aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem op 18 September 2021 in Durban.

Sagtebal
Liga 1: Dogters v/s Gerrit Maritz, weg, 28 Augustus 2020
Skool PN GM PN GM PN GM PN GM    
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A    
Dogters 13 0 17 1 11 2 20 0    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 1 - 1 - - -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 - - -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - - -
Seuns v/s Eduplex, tuis, 31 Augustus 2020
Skool PN   PN   PN   PN Edu    
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A    
Seuns             10 1    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 0 - 0 - 1 - - -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 - - -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - - -
Krieket

30 Aug:

PNHS 2 v/s Curro Roodeplaat, weg. Curro Roodeplaat kolf eerste en behaal 167 / 4 in hul toegelate 30 beurte. PNHS volg op met 60 /10. Ulrich Breytenbach vaar die beste met die kolf met 17 n.u.n. PNHS verloor met 107 lopies. Dit was ons 2de span se eerste ligawedstryd.

31 Aug:

PNHS 0/14 A v/s HTS John Vorster 0/14 A, tuis. PNHS 0/14 A kolf eerste en behaal 189 / 3 in hul toegelate 30 beurte. Goeie kolfwerk van Ulrich Breytenbach met 94 lopies. HTS John Vorster volg op met 151 / 6 in hul toegelate beurte. Goeie boulwerk van Heinrich Buitendag met 3 paaltjies vir 1 lopie in 1 beurt. Dit was ons 0/14 A span se eerste ligawedstryd.

Top 10 presteerders, Tweede Kwartaal

Baie geluk aan die volgende wenners:

GRAAD 8
  1. LOUW, SHENE 96,39
  2. LOUW, ELRIE 93,80
  3. NIEUWOUDT, CHRISHELLE 90,83
  4. DE WET, JUANE 90,42
  5. HAARHOFF, BEATE 89,13
  6. MOLLENTZE, ALEXIS 88,31
  7. JOUBERT, ZANTHE 88,23
  8. JOSLING, DELINDA 86,91
  9. MALAN, DONOVAN 86,80
  10. BOTHA, ETIENNE 86,60
GRAAD 9
  1. PRETORIUS, JUANE 94,81
  2. LOMBARD, BEA-MAE 94,08
  3. DE BEER, FIONA 93,26
  4. VD WESTHUIZEN, NIKA 92,44
  5. BOSMAN, ARMAND 90,88
  6. VAN STADEN, CAITLIN 89,08
  7. NEL, BIANCA 88,82
  8. DEETLEFS, DOROTHY 88,79
  9. SMIT, TIANE 88,13
  10. DE KOKER, CINDY 87,77
GRAAD 10
  1. ELS, JEMMA 89,69
  2. BRAND, ISTELLE 89,36
  3. ESTERHUIZEN, DEVON 87,63
  4. NAUDE, SUNELE 87,14
  5. LANGLEY, LISA 86,22
  6. J V RENSBURG, MARCO 85,80
  7. HAYES, TARYN 84,76
  8. KUHN, OWEN 83,85
  9. KILFOIL, MATTHEW 83,59
  10. JOSLING, LEONIE 83,15
GRAAD 11
  1. SCHOLTZ, HESMARI 94,76
  2. VAN LILLE, KAITLIN 87,48
  3. VAN NIEKERK, NICOLA 86,72
  4. VAN DER WALT, KEANA 85,14
  5. VAN ROOYEN, SIMONE 81,82
  6. VAN WYK, ZUANE 80,81
  7. VOS, MONIKA 80,75
  8. JANSEN, CHARNE 80,27
  9. BRONKHORST, XANDER 79,69
  10. BOTHA, BUNITA 79,20
GRAAD 12
  1. GROBBELAAR, LEANDRI 90,62
  2. HORN, LINDIE 89,35
  3. WILKINS, ALISHA 89,32
  4. FARRELL, ALEXA 88,73
  5. HUMAN, MARIZET 86,96
  6. VAN WYK, ELKAN 86,37
  7. GREYLING, JOELIEN 85,55
  8. LOUW, ANRI 84,48
  9. MAREE, EDUAN 84,25
  10. SAMONS, CHRISTELLE 83,95
Graad 12 rekordeksamen

Neem asseblief kennis dat ons kennis gekry het van die Gauteng Onderwys Departement dat die provinsiale Geografie vraestel 1 geskeduleer vir 31 Augustus 2021 geskuif is na 1 Oktober 2021 vanweë “onvoorsiene omstandighede”. Vraestel 2 geskeduleer vir 15 September 2021 bly onveranderd.

Gasvryheidstudies

Neem kennis dat ons graad 10 leerders se eerste “drive thru” restaurantaande sal plaasvind op 4, 11 en 18 September. Ondersteun hulle asseblief.

Graad 8 inskrywings vir 2022

Indien u ‘n kind in graad 7 het of iemand ken wat ‘n kind in graad 7 het neem asseblief kennis van hierdie belangrike kennisgewing.

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys die amptelike datums vir inskrywing vir 2022 vrygestel het. Graad 8 inskrywings vir 2022 sal amptelik open op Maandag, 10 Augustus 2021 om 08H00 vir Fase 1 inskrywings. Fase 1 verwys na graad 7 leerders wat in Publieke Laerskole is en wie se name reeds deur hulle skole op die SASAMS-stelsel oorgedra is.

Sodanige ouers sal ‘n skakel vanaf die Gauteng Departement van Onderwys ontvang waarop hulle kan ingaan en hul inskrywing doen. Fase 1 sal sluit op 3 September 2021.

Hierna sal Fase 2 op 13 September 2021 begin met geleentheid vir alle graad 7 leerders in privaatskole en van ander provinsies om in te skryf. Fase 2 sal sluit op 8 Oktober 2021.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U sal met inskrywing ʼn toelatingsnommer ontvang. Leerders word streng volgens die volgorde van hierdie toelatingsnommers geplaas. Hierna moet die ouer binne ʼn week inskrywingsdokumente by die skool van keuse inhandig om die aanlynaansoek te bevestig, anders verval die aanlynaansoek. Geliewe te let dat hoe vinniger hierdie dokumente ingehandig word, hoe vinniger kan ons administratiewe personeel die dokumentasie op die stelsel bevestig.

Neem asseblief kennis dat H/S Pretoria-Noord oor die afgelope paar jaar ʼn geweldige toename in die aanvraag na plek by die skool beleef. Verlede jaar was die skool reeds vol 29 minute nadat inskrywings geopen het. Die skool is die afgelope paar jaar oor sy kapasiteit en na ‘n kapasiteits audit sal ons vir 2022 slegs 200 graad 8 leerders kan aanvaar. Ons wil u daarom sterk aanbeveel om so vinnig as moontlik aansoek te doen om u plek te verseker indien H/S Pretoria-Noord u skool van keuse is. Indien PNHS nie u skool van keuse is nie, moet asseblief nie by ons aansoek doen nie, dit veroorsaak dat ouers van leerders wat graag by ons wil wees onder geweldige druk geplaas word terwyl hulle moet wag vir plek om oop te gaan.

U is welkom om vanaf 10 Augustus 2021 gedurende skoolure (vanaf 06h30 tot 15h00) u inskrywing af te handel.

Maak seker dat u die volgende dokumentasie saam met u inskrywingsvorms inhandig:

  • Geboortesertifikaat van leerder
  • Bewys van u fisiese woonadres (water en ligterekening)
  • Laaste laerskoolrapport van u kind
  • Afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Enige verdere navrae kan gerig word by 012 546 6950 of by [email protected] .

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Merietefunksie 2021
  • Alle leerders wat trofee ontvang het by die 2020 merietefunksie moet dit asseblief inhandig by Mev. Du Plessis.
  • Alle leerders wat presteer het in aktiwiteite buite skoolverband moet asseblief bewyse van hierdie prestasies by Mev. Swanepoel inhandig. Leerders wat in gebreke bly om bewyse in te handig sal geen meriete-erkenning van die skool ontvang nie. Geen laat inhandigings sal ongelukkig aanvaar kan word nie omdat die merieteprogram vasgestel moet word.
Graad 12 afskeid, 1 Oktober

Geagte graad 12 ouers neem asseblief kennis dat ons sperdatum vir die bevestiging van ons graad 12 afskeid vir 1 Oktober hierdie week verstryk het. Gegewe die COVID 19 regulasies tans kon ons der halwe nie ons bespreking bevestig vir 1 Oktober nie en is ons geforseer om te skuif na ons tweede geboekte datum en dit is 2 Desember 2021.

Vanweë die onseker tye waarin ons leef wil ons, ons ouers versoek om nie onnodig geld te spandeer op hierdie geleentheid nie. Ons het geen waarborge dat dit wel sal kan plaasvind nie en poog om ter wille van ons kinders ‘n geleentheid daarvoor te forseer. Ons beginsel vir 2020 van “‘n ou skaflike nommertjie in die klerekas sal net so goed werk!” geld nog steeds. Kom ons sien die geleentheid vir wat dit is en nie ‘n geleentheid vir uitstal nie.

Bemarking: Vuuraansteker-Fondsinsamelingsprojek 2021

Ons kondig met trots die 2021 – fondsinsamelingsprojek aan in samewerking met SA Braaibroers, Vuur en Vlam Slaghuis en Wildog Accessories.

Wat is dan nou meer sinoniem met ons gemeenskap as ‘n heerlike braaivleisvuur of ‘n knetterende kaggelvuur in die koue wintermaande. Waar daar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie en waar daar ‘n vuurtjie is, is daar verseker ‘n vuuraansteker.

Elke leerder van die skool gaan geleentheid kry om kaartjies te verkoop teen R20-00 elk. Elke kaartjie sluit ‘n pakkie vuuraanstekers in. Hierdie kaartjies gaan dan in die gelukkige trekking in waar daar baie groot pryse te wen is. Vir net R20-00 staan u dus ‘n kans om fantastiese pryse te wen en u kry ‘n pakkie vuuraanstekers.

GELUKKIGE TREKKING PRYSE:

Eerste prys: 1/2 bees by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R8000-00
Tweede prys: heel lam by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R2500-00
Derde prys: 1/2 vark by Vuur en Vlam Slahhhghuis, verwerk ter waarde van R1500
Vierde prys: 1/2 vark by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R1500
Vyfde prys: Wildog vuurkonka, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers. Sesde prys: 20 x sakke charcoal, 20 x sakke brikette, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Sewende prys: 20 x sakke charcoal, 20 x sakke brikette, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Agtste prys: 10 x sakke charcoal, 1 x boks vuuraanstekers.

Die leerders het elkeen ‘n kompetisieboekie met 20 kaartjies in en 5 pakkies vuuraanstekers ontvang. Sodra die leerder die eerste 5 kaartjies en vuuraanstekers verkoop het, kan hulle die volgende 5 pakkies by hul voogonderwyser aanvra. Ons doelwit is dat elke leerder 20 kaartjies of meer sal verkoop. Daar is ook lekker kontantpryse vir die leerders in elke graad en in die skool wat die meeste kaartjies verkoop het.

Vanweë groot belangstelling en verskeie versoeke het ons die sluitingsdatum vir hierdie kompetisie geskuif na 3 September 2021.

Snoepie tenders

Hoërskool Pretoria-Noord se Snoepwinkel funskioneer op ‘n gekommersialiseerde basis.

Voornemende tenderaars word uitgenooi om te tender om die skoolsnoepwinkel vir die skooljare 2022 tot 2024 te bedryf, asook om verkope van verversings tydens naskoolse byeenkomste te hanteer.

Tenderdokumente kan vanaf Maandag, 16 Augustus 2021 afgehaal word by die Navraetoonbank van Hoërskool Pretoria-Noord vanaf 08:00 – 15:00. Tenders moet voor of op Vrydag, 3 September 2021 om 12:00 in ‘n verseëlde koevert per hand afgelewer word by die navrae toonbank van Hoërskool Pretoria-Noord, Eeufeesstraat, Pretoria-Noord, vir aandag: Die Voorsitter van die Beheerliggaam: Hoërskool Pretoria-Noord.


Program vir die week
Maandag, 30 Augustus:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12: dag 5.
  • PN-Raad hoofleiersverkiesing.
  • Detensie 14H00 – 16H00.
  • Krieket liga 1: PN 2 v/s Curro Roodeplaat, 14H30, weg.
  • Netbal akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
Dinsdag, 31 Augustus:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12: dag 6.
  • Graad 11 akademiese uur: Wiskunde (S1 & S3), 14H15 – 15H15.
  • Krieket liga 1: PNHS 0/14 v/s John Vorster, 14H30, tuis.
  • Sagtebal: Seuns 0/19 v/s Eduplex, 14H30, tuis.
Woensdag, 1 September:
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12, dag 1.
Donderdag, 2 September:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 11 akademiese uur: Wiskunde (S6), 14H15 – 15H15.
  • Krieket liga 1: PNHS 0/15 v/s Eldoraigne, 14H30, tuis.
  • Leerlingraad inhuldiging, 18H00, binneplein.
Vrydag, 3 September:
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Sagtebal liga 2: Seuns 0/14 – 0/19 v/s Hartebeespoort, 14H30, weg.
Saterdag, 4 September
  • Sagtebal liga 2: dogters 0/14 – 0/19 v/s Hartebeespoort, 10H00, tuis.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Sutherland 1, 09H00, weg
Maandag, 6 September
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12: dag 4.
  • Detensie 14H00 – 16H00.
  • PN-Raad vergadering, 14H00, K 81.
  • Krieket: PN 2 v/s Wilgers, 14H30, tuis.
Dinsdag, 7 September
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12: dag 5.
  • Junior Afrikaanse Olimpiade, 14H15, K 19.
  • Graad 10 akademiese uur: Wiskunde (S4)
  • Krieket 0/14 v/s Overkruin, 14H30, weg.
  • Akademie vir Leierskap vergadering, 18H00, personeelkamer.
Woensdag, 8 September
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 8 – 11 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Finansiele Komitee: begrotingsvergadering, 17H15, personeelkamer
Donderdag, 9 September
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Graad 10 akademiese uur: Wiskunde (S5), 14H15 – 15H15.
  • Krieket: PNHS 0/15 v/s Wonderboom, 14H30, weg.
Vrydag, 10 September
  • Graad 12 rekordeksamen
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Sagtebal liga: Seuns v/s Tuine, tuis, 14H30.
Saterdag, 11 September
  • Sagtebal liga: dogters v/s John Vorster / Tuine, 10H00, tuis.
  • Krieket liga 2: PN 1 v/s Eldoraigne 1, 09H00, tuis.
  • Jukskei pretdag, 09H00, PNHS jukskeibane.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug