Omsendbrief 28/2025

Omsendbrief 28/2025


Administratief
September 08, 2025


OB: 28 / 2025

Geagte ouers

Lief en Leed

Dit is met groot leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van Nihan Grobler (graad 8 Hoërskool Montana en oud-Danie Malanner). Ons dra sy gesin en familie op aan ons Hemelse Vader en bid vir vertroosting vir hulle. Nihan se gedenkdiens sal plaasvind op Donderdag, 11 September 2025 by NG kerk Wonderpark om 15H00. Daar is ‘n versoek van sy ouers dat sy maats asseblief in skooldrag die gedenkdiens sal bywoon sodat ‘n laaste erewag vir hom gevorm sal word deur sy skoolmaats.

Gholf

25 Augustus:

PNHS 1 v/s Garsfontein 5 by Akasia gholfbaan. PNHS verloor 49 teenoor 50. Geluk aan Jayden Neethling (18-10) en Charl Otto (15 -9) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons vier verloor.

Krieket

26 Augustus:

PNHS 0/14 A v/s Afrikaans Hoër Seuns 0/14 B. PNHS kolf eerste en behaal 97 / 6 in hul toegelate beurte. Goeie kolfwerk van Janco Schoonraad met 30 lopiesvan 37 balle (Brons balkie). AHS antwoord met 99/1. AHS wen met 9 paaltjies. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons een wen en twee verloor.

1 September:

PNHS 2 v/s Afrikaans Hoër Seuns 7. PNHS kolf eerste en behaal 180 / 5. Goeie kolfwerk van Nathan Oosthuizen met 57 lopies van 40 balle (Silwer balkie) en Marx du Plessis met 21 lopies van 33 balle (Brons balkie). AHS volg op met 181 / 8. Goeie boulwerk van Rohan Louw met 3 paaltjies vir 30 lopies in 4 beurte (Brons balkie) en Marx du Plessis met 3 paaltjies vir 41 lopies in 4 beurte (Brons balkie). AHS wen met 2 paaltjies. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons twee verloor.

2 September:

PNHS 0/14 A v/s Curro Hazeldean 0/14 A. PNHS kolf eerste en behaal 264 / 6 in hul toegelate boulbeurte. Goeie kolfwerk van Neil Botha met 153 van 77 balle (Goue balkie) en mooi ondersteun deur Janco Schoonraad met 22 lopies van 22 balle. Curro antwoord met 35 / 10. Goeie boulwerk van Neil Botha met 3 paaltjies vir 13 lopies in 2 beurte (Brons balkie) en Phillip Beukes met 3 paaltjies vir 8 lopies in 4 beurte (Brons balkie). PNHS wen met 229 lopies. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons twee wen en twee verloor.

4 September:

PNHS 0/15 A v/s Mamelodi Hub 0/15 A. PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 169 / 10. Goeie kolfwerk van Heino Schuster met 29 lopies van 21 balle, Christopher Runnals met 25 lopies van 17 balle, Jayden Schoeman met 23 lopies van 11 balle, Marinus Jansen van Rensburg met 22 lopies van 11 balle en Divan Botha met 21 lopies van 11 balle. Mamelodi Hub volg op met 162 / 9 in 20 beurte. Goeie boulwerk van Christopher Runnals met 3 paaltjies vir 28 lopies in 4 beurte (Brons balkie). PNHS wen met 7 lopies. Dit was ons derde ligawedstryd, waarvan ons 2 wen en 1 verloor.

6 September:

PNHS 1 v/s HTS John Vorster 1. PNHS kolf eerste en behaal 219/10 in 42 beurte. Goeie kolfwerk van Mark Gorman met 99 lopies van 111 balle (Silver balkie). HTS John Vorster volg op met 158 / 10 in 28 beurte. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 4 paaltjies vir 48 lopies in 10 beurte (silwer balkie) asook Ulrich Breytenbach met 3 paaltjies vir 25 lopies in 8 beurte (brons balkie). Mark Gorman, Hanno Bennemeer, Gute von Steen en Michael Flanagan neem almal vangskote. PNHS 1 wen met 61 lopies. Dit was ons 4de ligawedstryd, waarvan ons 4 wen.

Tennis

2 September:

PNHS Dogters 0/15 A v/s Hatfield Christian School 0/15 A. PNHS 0/15 A verloor met 21 potte teenoor 45. Geluk aan Miané du Plessis (8-2) wat haar wedstryd wen. Miané du Plessis en Isabel Vos wen ook hul dubbelswedstryd (10-1). Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons een wen en twee verloor.

Landloop: Noord-Vaal Afloskampioenskappe

23 Spanne neem deel aan die Noord-Vaal Kampioenskappe.

4de - Simoné de Koker, Jamilla Buff, Junior Bokwa en Matthew Roselt.
12de - Juhane du Plessis, Jazlyn Roux, Caleb Jooste en Heino Schuster.
14de - Ezmarelda Viviers, Sandra Viviers, Mikyle Willemse en Maurice Munro.
18de - Charney Badenhorst, Rhulani Khoza, Jordan Anderson en Henrico van Tonder.
20ste - Jessica Potgieter, Kaylee van Jaarsveld, Darren Lombard en Zuhandré Theron.
21ste - Danika Potgieter, Mienka Pretorius, Dario van Deventer en Logan Pretorius.

  • Baie geluk aan Simoné de Koker wat ‘n 1ste plek behaal in die Atletiek Gauteng-Noord 10 km padwedloop op 30 Augustus 2025.
  • Simoné de Koker word ook aangewys as Gauteng-Noord se 3de beste dogters 0/17 landloopatleet.
  • Simoné de Koker en Ezmarelda Viviers word ook uitgenooi na die Suid-Afrikaanse Landloop kampioenskappe in Middelburg.

Sagtebal:

Seuns Liga 6: PNHS v/s Akasia, 3 September, tuis

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN   Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/14 A      
0/15 A PN   Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A      
0/16 A PN 18 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/16 A Ak 0  
0/19 A PN 20 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 A Ak 0  
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B     Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/14 B      
0/15 B PN   Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 B      
0/16 B PN   Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 B   0  
0/19 B PN 15 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 6
0/19 A Ak 5  

0/16 A: Beste kolwer: Alejandro Gouws.
Speler van die wedstryd: Raynhard Bosman.
0/19 B: Beste kolwer: Egin van der Watt.
Speler van die wedstryd: Caleb Plaatjies.
0/19 A: Beste kolwer: Rohan Louw.
Speler van die wedstryd: Jayden Neethling.

Sewes Rugby: Wilgers Toernooi, 5 & 6 September, Hoërskool Wilgers

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 A PN 19 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A MC 17  
0/15 A PN 34 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A Suth 7  
0/15 A PN 26 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A Over 0  
0/15 A Semi-Finaal PN 12 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A Wilg 5  
0/15 A Beker Finaal PN 19 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Won 20  

MC = Midstream College / Suth = Sutherland / Over = Overkruin / Wilg = Wilgers / Won = Wonderboom
Baie geluk aan ons 0/15 wat as naaswenners van die toernooi eindig!

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/17 A PN 7 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/17 A MC 40  
0/17 A PN 31 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/17 A Suth 0  
0/17 A PN 15 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/17 A Over 19  
0/17 A Uitspele PN   Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/17 A      
0/17 A Finaal     Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/17 A      

MC = Midstream College / Suth = Sutherland / Over = Overkruin

Hokkie

Baie geluk aan die volgende dogters wat opgeneem is in die AVS Noord-Transvaal Somerweek: Ankia Smal, Charney Badenhorst, Liamay Botha en Klara Strydom.

Kultuur: ATKV en FAK toneel

Baie geluk aan ons toneelgroepe wat die volgende toekennings ontvang het:
ATKV:
Engele in en om ons (Mej. M Basson)
Algehele produksie (brons), Liané Schutte verhoogbestuur (silwer), Monique Vinson verhoogbestuur (silwer), MC Kritzinger beligtingsoperateur (brons), Kimberley Chatadza spel (brons) en Henco van der Merwe spel (brons).

FAK:
Dis nie wat jy dink nie (Mej. C Williamson)
Kaylee du Plooy verhoogbestuur (brons), Beligtingsoperateur (silwer), beligtingsontwerp (brons), klankoperateur (goud), kostuums (brons), dekor (brons), Cheyenne Pieterse spel (brons), Larissa Ellis spel (brons), grimering (brons) en plakkaat (brons).
Engele in en om ons (Mej. M Basson)
Liané Schutte verhoogbestuur (brons), Monique Vinson verhoogbestuur (brons), MC Kritzinger beligtingsoperateur (silwer), klankoperateur (silwer), klanksamestel (brons), beligtingsontwerp (brons), kostuums (brons), grimering (brons), Mia Rynners spel (silwer), Ewan van Zyl spel (brons), Kimberley Chatadza spel (brons), Henco van der Merwe spel (brons), Tristan Booyens spel (brons), Ensemble (brons), tegniese aspekte (brons), regie (brons) en algehele produksie (brons).

Kultuur: Redenaars buite skoolverband

Gelukwensing aan Zené Swart wat aan Talent Africa deelneem en goud wen in redenaars. Sy kwalifiseer vir nasionale kleure tydens die streeksrondte en word uitgenooi om op 6 Oktober 2025 deel te neem aan die nasionale rondte.

Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies verower:
Graad 8D: Mia Smit - Verantwoordelikheid.
Graad 8D: Cara Potgieter - Verantwoordelikheid.
Graad 9A: Ansunette Schoeman - Respek.
Graad 9D: Annelisa Schultz - Verantwoordelikheid.
Graad 9D: Bonolo Maluleka - Verantwoordelikheid.

Donkey Derby: 13 September 2025

Dis DONKEY DERBY-tyd by PNHS!
Het jy al ooit gewonder wat ’n Donkey Derby is? Gedink jy gaan op ’n houtstok tussen die stoepe rondgejaag word? Dink weer! Dis baie minder sweet en baie meer skaterlag! By ons is ’n Donkey Derby die tipe aand waar jy jou vriende uitdaag, jou lagspiere oefen en sommer vergeet jy’s ’n grootmens. Kom ervaar dit self – jy wil dit nie misloop nie!
Besonderhede:
Datum: Saterdag, 13 September 2025
Tyd: 18:00
Koste: R150 per persoon (sluit ’n heerlike vingerete in – bring asseblief jou eie drinkgoed)
Besprekings sluit: Woensdag, 10 September 2025
E-pos vir besprekings: [email protected]
Tafels van 10 is kan ook bespreek word – bring jou familie, kollegas en vriende saam vir ’n aand van pure gees en geselligheid.

Skoolfonds

Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool instaat te stel om kwaliteit onderrig aan te bied en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal. Betaal asseblief u skoolfonds, dit is die regte ding om te doen!

Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode

Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.

Dissiplinêre Komitee: Verandering in die gedragskode

Geagte ouers weens ‘n beduidende toename in rookverwante oortredings by die skool, asook die ernstige en kriminele aard van hierdie gedrag, het die Dissiplinêre Komitee en die Beheerliggaam besluit om die sanksies vir hierdie oortredings te verskerp. Met onmiddellike ingang sal die volgende geld en vervang die strafprosedure vir rook soos uiteengesit in die huiswerkboek op bladsye 33 en 57:

  • Besit van rookprodukte (bv. Sigarette, elektroniese sigarette, vapes, nikotien-sakkies ens.) of
  • Die daad van rook op die skoolterrein of in skoolklere

Sal lei tot ‘n onmiddellike dissiplinêre verhoor. ‘n Skuldigbevinding in hierdie verband sal tot ‘n 5-dag skorsing lei.

Enige verdere herhaling van ‘n soortgelyke oortreding sal kan verder lei tot aanbeveling vir uitsetting.

Ons versoek u samewerking om hierdie ernstige probleem die hoof te bied en ons kinders aan te moedig om gesonde en verantwoordelike keuses te maak.


Program vir die week

Maandag, 8 September:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • PN-Raad verkiesing: Hoofleier verkiesing.
  • Krieket: PN 2 v/s Prestige College, 14H30, weg. Vertrek 13H15.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 kelneropleiding, 14H00-16H00, restaurant.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
Dinsdag, 9 September:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Toetsperiode 8 – 11.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Tennis: dogters 0/15 v/s Loreto Convent, 14H30, tuis.
  • Krieket: PNHS 0/14 A v/s Sutherland, 14H30, tuis.
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s Sutherland, 14H30, weg. Vertrek 13H15.
  • PN-Raad inhuldiging, 18H00, binneplein.
Woensdag, 10 September:
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Addisionele akademiese uur 8 - 11, 14H00 – 15H00.
  • Sagtebal: Seuns & Dogters Tshwane proewe, 14H30, Crafford Park.
  • Sagtebal: Seuns Liga 5: PNHS vs Akasia, 14H30, tuis.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H00, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 11 September:
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Toetsperiode graad 8 – 11.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: 0/15A v/s HTS John Vorster, 14H30, tuis.
  • VLR vergadering, 14H00, K 76.
  • Gasvryheidstudies: Graad 10 kelneropleiding, 14H00-16H00, restaurant.
Vrydag, 12 September:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Sagtebal seuns v/s Sonitus & Silverton, 14H30, Sonitus. Vertrek 13H15.
  • Rugby Sewes: Eldoraigne Toernooi, 14H30, Eldoraigne. Vertrek 13H15.
  • Revue: revue champs, 18H30, Morletta Auditorium. Vertrek 2de periode.
  • Atletiek: TUT Top 12, 07H30, Pulditch. Vertrek om 06H00 by PNHS.
Saterdag, 13 September:
  • Rugby Sewes: Eldoraigne Toernooi, 09H00, Eldoraigne.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Hammanskraal 1, 09H00, tuis.
  • Sagtebal Dogters A en B v/s AHMP, 08H00, tuis.
  • PNHS Ondersteuners: “Donkey Derby”, 18H00, saal.
Maandag, 15 September:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Krieket: PNHS 2 v/s FH Odendaal, 14H30, weg.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug