Omsendbrief 28/2024

Omsendbrief 28/2024


Administratief
September 09, 2024


OB: 28 / 2024

Geagte ouers

Lief en Leed

Ons groet vandag ons twee studente van die Universiteit van Pretoria. Mej. B Venter en C. Carstens se waarnemingstydperk eindig vandag. Ons wens hulle alle voorspoed toe met hulle verdere studies.

Landloop

Uitslae Skole Landloop Liga

Geluk aan Simoné de Koker wat algeheel 5de eindig en Junior Bokwa wat algeheel 10de eindig.

Gauteng-Noord Kampioenskappe, 17 Augustus 2024, Lavender kontreimark

Ouderdom Atleet Plek
Dogters 0/14 Jamilla Buff 17
  Jessica Potgieter 59
Seuns 0/14 Heino Schuster 25
  Caleb Jooste 38
Seuns 0/15 Matthew Roselt 22
Dogters 0/16 Simoné de Koker 6
Seuns 0/16 Shon-dré Scheun 21
  Mikyle Willemse 32
Dogters 0/17 Ezmerelda Vivier 23
  Ashlee Jordaan 26
Seuns 0/17 Junior Bokwa 19
  Henrico van Tonder 32
  Maurice Munro 34

Baie geluk aan Jamilla Buff en Simoné de Koker wat kwalifiseer om Gauteng-Noord te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe op 7 September 2024 in Vanderbijlpark.

Noord-Vaal Kampioenskappe, 24 Augustus 2024, Curro Hazeldean

Geluk aan ons 4 X 2KM aflos-spanne wat skitterend vaar:

A-Span, 4de plek: Junior Bokwa, Shondré Scheun, Simoné de Koker en Cindy de Koker.
B-Span, 10de plek: Mathew Roselt, Heino Schuster, Jamilla Buff en Ezmerelda Vivier.
C-Span, 12de plek: Maurice Munro, Henrico van Tonder, Lianka Wurth en Charney Badenhorst.
D-Span, 16de plek: Henru Smith, Matthys Benecke, Jessica Potgieter en Rhulani Khoza.
E-Span, 17de plek: Mikyle Willemse, Caleb Jooste, Ashlee Jordaan en Dané Greeff.

Krieket

2 September:

PNHS 2 v/s H/S Sutherland. PNHS kolf eerste en behaal 99 / 4. Goeie kolfwerk van Marx du Plessis met 54 lopies van 54 balle (silwer balkie) en Jordan Booyjens met 18 lopies van 27 balle. H/S Sutherland volg op met 100 / 5. Goeie boulwerk van Marx du Plessis met 3 paaltjies vir 20 lopies in 4 beurte (silwer balkie). H/S Sutherland wen met 5 paaltjies. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide verloor.

3 & 4 September:

PNHS 0/14 A v/s H/S Zwartkop 0/14 A (tuis). PNHS 0/14 A kolf eerste en behaal 217 / 10. Goeie kolfwerk van Christopher Runnals met 69 lopies van 61 balle (silwer balkie) en JP Thomas met 49 lopies van 42 balle (brons balkie). Heino Schuster dra ook ‘n goeie 29 lopies van 28 balle by met die kolf. Zwartkop antwoord met 218/7. Goeie boulwerk van JP Thomas met 5 paaltjies vir 44 lopies in 8 beurte (goue balkie). Zwartkop wen met 3 paaltjies. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons beide verloor.

4 & 5 September:

PNHS 0/15 A v/s H/S Zwartkop 0/15 A. PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 82 / 10. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 31 lopies van 64 balle (brons balkie). Zwartkop volg op met 83 / 5. Goeie boulwerk van Ruan Schoonraad met 2 paaltjies vir 22 lopies in 6 beurte (brons balkie). H/S Zwartkop wen met 3 paaltjies. Dit was ons vierde ligawedstryd, waarvan ons vier verloor.

7 September:

PNHS 1 v/s H/S Zwartkop 1. PNHS kbehaal 134 / 10. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 29 lopies van 32 balle en Nathan Oosthuizen met 26 lopies van 20 balle. H/S Zwartkop volg op met 135 / 2. Goeie boulwerk van Jean Swart met 1 paaltjie vir 25 lopies in 6 beurte. H/S Zwartkop wen met 8 Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons 1 gelykop speel en drie verloor.

Rugby: Montana Sewes

0/15 Toernooi, Montana, 6 & 7 september 2024

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 A PN 0 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 6
0/15 A Menlo 40  
0/15 A PN 33 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 6
0/15 A ZA 0  
0/15 A PN 0 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 7
0/15 A PBH 49  
0/15 A PN 5 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 8
0/15 A Eldo 33  
0/15 A PN 21 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 9
0/15 A CH 26  

Menlo = Menlopark / ZA = Zayo Academy / PBH = Pretoria Boys High / Eldo = Eldoraigne / CH = Curro Hazeldea

0/17 Toernooi, Montana, 6 & 7 September 2024

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/17 A PN 12 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/17 A AHS 32  
0/17 A PN 12 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 6
0/17 A Menlo 41  
0/17 A PN 17 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 6
0/17 A PBH 14  
0/17 A PN 24 Gewen: 6, Gelykop: 1, Verloor: 6
0/17 A Wb 24  
0/17 A PN 14 Gewen: 6, Gelykop: 1, Verloor: 6
0/17 A Eras 19  

AHS = Afrikaans Hoër Seuns / Menlo = Menlopark / PBH = Pretoria Boys High / Wb = Wonderboom / Eras = Erasmus

Netbal: Fast Five, Tshwane Uitspele, Menlopark, 6 September 2024

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/18 A PN 16 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/18 A Gars 46  
0/18 A PN 15 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/18 B OM 34  
0/18 A PN 23 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 6
0/18 B Mon 32  

Gars = Garsfontein / OM = Oos Moot / Mon = Montana
PNHS eindig 8ste in die Tshwane Uitspele

Sagtebal

Seuns Liga 6 & 7: PNHS 0/16 v/s HTS John Vorster & Wagpos, 5 September 2024, tuis

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN   Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 A      
0/15 A PN   Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A      
0/16 A PN 16 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A Wp 0  
0/19 B PN   Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 3
0/19 A      
0/19 A PN   Gewen: 7, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/19 A      

Wp = Wagpos
0/16 A: Beste kolwer: Rohan Louw
Speler van die wedstryd: Jayden Neethling

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN   Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 A      
0/15 A PN   Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A      
0/16 A PN 18 Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A JV 0  
0/19 B PN   Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 3
0/19 A      
0/19 A PN   Gewen: 7, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/19 A      

JV = HTS John Vorster
0/16 A: Beste kolwer: Nathan Oosthuizen
Speler van die wedstryd: Arno Schreuder

Seuns Liga 7: PNHS v/s HTS John Vorster, 6 September 2024, tuis

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN   Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 A      
0/15 A PN 21 Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A JV 0  
0/16 A PN 14 Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A   0  
0/19 B PN 7 Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 4
0/19 A JV 10  
0/19 A PN 13 Gewen: 8, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/19 A JV 5  
Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN   Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 A      
0/15 A PN   Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A      
0/16 A PN 14 Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A   0  
0/19 B PN 7 Gewen: 4, Gelykop: 1, Verloor: 4
0/19 B JV 0  
0/19 A PN 9 Gewen: 9, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/19 B JV 3  

0/15 A: Beste kolwer: Fourie Brandon
Speler van die wedstryd: Fourie Brandon
0/19 B: Beste kolwer: Clayton van der Colff
Speler van die wedstryd: Duncan Paulsen
0/19 A: Wedstryd 1 v/s HTS John Vorster B:
Beste kolwer: Donovan Wallendorf
Speler van die wedstryd: Donovan Wallendorf
0/19 A: Wedstryd 2 v/s HTS John Vorster A:
Beste kolwer: Davie Pieterse
Speler van die wedstryd: Donovan Wallendorf

Dogters Liga 5: PNHS v/s Garsfontein, 7 September 2024, tuis

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 15 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 B Gars 12  
0/15 B     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/15 B      
0/16 B     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/16 B      
0/19 B PN 7 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 B Gars 4  

0/14 B: Beste kolwer: Gabby Prinsloo
Speler van die wedstryd: Marilé Delport
0/19 B: Beste kolwer: Hantoné du Plessis
Speler van die wedstryd: Antonay van der Westhuizen

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 14 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/14 A Gars 8  
0/15 A PN 18 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 A Gars 3  
0/16 A PN 10 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/16 A Gars 1  
0/19 A PN 12 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 A Gars 6  

0/14 A: Beste Kolwer: Marnic Ferreira
Speler van wedstryd: Johané Heyneke
0/15 A: Beste kolwer: Anelsskha van Dyk
Speler van die wedstryd: Amorey Wallendorf
0/16 A: Beste kolwer: Chantelee Nel
Speler van die wedstryd: Chanté Zeelie
0/19 A: Beste kolwer: Mirelda Erasmus
Speler van die wedstryd: Louraine du Plessis

Jukskei:

Baie geluk aan die volgende spelers wat uitgenooi is vir die Gauteng-Noord proewe: Tyler Neveling, Brandon Venter, Duncan Nelson en Wendy Hattingh.

Interne Vasvrae Kwartaal 3

Dankie vir almal wat deelgeneem het en geluk aan die volgende wenners:

Graad 8:

Ziané Nel (1ste)

Graad 9:

Barco Lombard (1ste)
Mia Rynners (2de)
Michael de Villiers en Allan Ribeiro (3de)

Graad 10:

Annabelle van Wyk (1ste)
Ewan Rynners (2de)
Marx du Plessis, Dehan Joubert, Leandré Koekemoer en Rohan Louw (3de)

Graad 11:

Michael Flanagan, Francois Freemantle en Dané Louw (1ste)
Famke du Toit (2de)
Davie Pieterse en Tristan Tingtinger (3de)

Graad 12:

Nadia Prinsloo (1ste)
Ofentse Selahla (2de)
Schalk Fourie (3de)

Algeheel:

1ste: Barco Lombard en Annabelle van Wyk.
2de: Mia Rynners.
3de: Michael de Villiers, Allan Ribeiro, Michael Flanagan, Francois Freemantle en Dané Louw

Waardebalkies:

Baie geluk aan die volgende leerders wat waardebalkies verower:

Lidia Botha (verantwoordelikheid)
Inge van Eeden (verantwoordelikheid)
Matthew Roselt (verantwoordelikheid)
Carel Candiotes (verantwoordelikheid)
Anina Smith (Respek)
Rianell Louw (respek)
Menishia Heyneke (respek)

Finansiële Sake

Geagte ouers neem asseblief kennis dat die skool se bankbesonderhede gaan verander omdat dit vir die skool verskeie voordele sal inhou. Ons nuwe rekening skuif na FNB: takkode: 210554 en nuwe rekeningnommer 63096257738.

Projek: SPAR Ninapark

SPAR Ninapark gee aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 1 September tot 30 November 2024 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8 000 en 3de meeste R 5 000. Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 1 September 2024!

Graad 12: Geleentheid

Solidariteit se Onderwyser- en Ambag Netwerk stel ‘n rentevrye studielening vir ‘n welverdiende behoeftige leerder by PNHS om vir ‘n ambag te studier by Soltech. Vereistes:

  • Moet vir die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat geregistreer wees.
  • Moet gereed wees om in 2025 te begin studeer.
  • Moet in Pretoria woonagtig wees.
  • Moet aan die studievereistes voldoen. Hierdie vereistes kan besigtig word by https://soltech.co.za/inligting/toelataingsvereistes.

‘n CV kan gestuur word aan [email protected].

Naskoolsentrum by PNHS

‘n Privaat instansie beoog om vanaf die vierde kwartaal ‘n naskoolsentrum by Hoërskool PretoriaNoord te vestig. Monique en Belinda Povey van JV Studiesentrum bied ‘n veilige en beheerde omgewing met streng toesig na skool, ligte middagetes vir leerders, gekontroleerde studiesessies vir leerders om huiswerk te voltooi onder toesig van fasiliteerders asook ekstra hulp in alle vakke. Sou u belangstel, kan u skakel met Monique by 081 772 3506 of by [email protected] met hulle per e-pos kontak maak.

Snoepietenders

Neem asseblief kennis dat ons snoepietender vir 2025 – 2027 weer oopgemaak word. Tenderdokumente kan by ons navraetoonbank afgehaal word vanaf, Maandag, 9 September 2024 tussen 07H30 en 15H00. Tenders word gerig aan die Voorsitter van die Beheerliggaam en word in ‘n gesëelde koevert by ons navraetoonbank ingehandig. Tenders sluit op Vrydag, 4 Oktober 2024 om 14H00.


Program vir die week

Maandag, 9 September:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Gasvryheidstudies: Vasvrae, 14H15, K 66.
  • Krieket Liga 3: PNHS 2 v/s H/S Uitsig 2, 14H30, tuis.
  • Gholf: Gauteng-Noord uitspele, 14H00, Pretoria-Wes gholfklub.
Dinsdag, 10 September:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 8 – 11 Toetsdag.
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Krieket: PNHS 0/14A v/s Oos-Moot 0/14A, dag 1, 14H30, tuis.
Woensdag, 11 September:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Krieket: PNHS 0/14A v/s Oos-Moot 0/14A, dag 2, 14H30, tuis.
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s Oos Moot 0/15A, dag 1, 14H30, weg.
  • Sagtebal: Dogters & Seuns Gauteng-Noord Uitnodigingspan proewe, 14H30, Crawford Park.
  • Finansiële Komitee: Begroting 2025 vergadering, 15H00, Konferensiekamer
Donderdag, 12 September:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 8 – 11, Toetsdag.
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s Oos-Moot 0/15A, dag 2, 14H30, weg.
  • Sagtebal: 0/14 Seuns v/s Wagpos, 14H30, tuis.
  • Inhuldiging: Jukskeibane, 16H00, Jukskeibane.
Vrydag, 13 September:
  • Graad 8 – 11, dag 5
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Sagtebal Seuns: PNHS v/s Hartegeespoort, 14H30, weg.
Saterdag, 14 September:
  • Krieket: PNHS 1 v/s Oos Moot, 09H00, tuis.
  • Sagtebal Dogters: PNHS v/s Afrikaans Hoër Meisies, 09H00, weg.
  • Donkey Derby, 18H00, saal.
Maandag, 16 September:
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Krieket Liga 4: PNHS 2 v/s H/S Wagpos 2, 14H30, weg.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug