Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 27/2026


Administratief
August 17, 2026


OB: 27 / 2026

Geagte ouers

1. Lief en Leed

  • Ons neem hierdie week afskeid van ons AROS en APK studente: Mej. J Schutte, Mej. A Paulsen, Mej. K Pretorius, Mej. Z Joubert, Mej. J. Johnson, Mej. A McIntyre, Mej. A Louw en Mej. C Dugand. Baie dankie vir hulle insette oor die afgelope weke en baie sterkte vir hulle verdere studies.

2. Krieket

13 Augustus: PNHS 0/15 A v/s Laudium 0/15 A. PNHS kolf eerste en behaal 140/7. Goeie kolfwerk van Phillip Beukes 37 lopies van 39 balle, Janco Schoonraad 36 lopies van 44 balle en Joshua de Klerk 20* lopies van 18 balle. Laudium volg op met 91/10. Goeie boulwerk van Shawn Gorman met 3 paaltjies vir 9 lopies in 3 beurte, Joshua de Klerk met 3 paaltjies vir 14 lopies in 2 beurte en Jordan Anderson neem 1 paaltjie vir 14 lopies in 2 beurte. Mooi vangskote deur Joshua de Klerk, Neil Botha, Janco Schoonraad, Shawn Gorman, Dario van Deventer en Jordan Anderson. PNHS wen die wedstryd met 49 lopies. Dit was ons eerste ligawedstryd.

15 Augustus: PNHS 1 v/s Laudium 1. Laudium kolf eerste en behaal 291/9. Goeie boulwerk van Phillip Beukes met 3 paaltjies vir 25 lopies in 5 beurte (brons balkie) en Mark Gorman met 2 paaltjies vir 55 lopies in 8 beurte. Mark Gorman en Phillip Beukes neem ook elkeen twee mooi vangskote (brons balkies). PNHS volg op met 172/10. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 54 lopies van 71 balle (silwer balkie) en Jayden Schoeman met 37 lopies van 19 balle (brons balkie). PNHS verloor met 119 lopies. Dit was ons eerste ligawedstryd.

3. Sagtebal

3.1 Seuns Sagtebal: Liga 3: PNHS v/s Homespun, 14 Augustus 2026, tuis
Span 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15B 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A 0/19A 0/19B
Skool PN   PN Hs     PN Hs PN Hs PN Hs
Uitslag     11 1     6 5 7 1 15 0

Uitslae tot dusver

  Gewen Gelykop Verloor
0/14A 0 0 1
0/15A 2 0 1
0/16A 3 0 0
0/19A 3 0 0
0/19B 4 0 0
Span 0/14B 0/14 0/15B 0/15A 0/15A 0/15B 0/16B 0/16B 0/19B 0/19B 0/19B 0/19A
Skool PN   PN Hs     PN   PN Hs PN Hs
Uitslag     1 18         17 0 0 19

Uitslae tot dusver

  Gewen Gelykop Verloor
0/14B 0 0 0
0/15B 0 0 2
0/19B 1 0 1
0/19A 1 0 2
3.2 Dogters Sagtebal Liga 3: PNHS v/s Wonderboom, 14 Augustus 2026, tuis
Span 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A
Skool PN Won PN Won PN Won PN Won
Uitslag 4 3 2 9 9 5 3 1

Uitslae tot dusver

  Gewen Gelykop Verloor
0/14A 1 0 2
0/15A 1 0 2
0/16A 1 1 0
0/19A 3 0 0
Span 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16A 0/19B 0/19B
Skool PN   PN   PN Won PN Gars
Uitslag         9 7 13 11

Uitslae tot dusver

  Gewen Gelykop Verloor
0/14B 0 0 2
0/15B 1 0 0
0/16B 2 0 0
0/19B 3 0 0

Gars = Garsfontein

4. Rugby: Noord-Vaal Beker: Semi-Finaal, 15 Augustus 2026, PNHS

Span PN teen (Ellis) Gewen Verloor Gelyk
0/14A     3 3 1
0/14A     9 2 0
0/15A     8 3 0
0/15A     5 2 0
0/16A     10 1 0
0/16A          
2de          
2de          
1ste 42 38 (Ellis)      

Ellis = Ellisras

Ons Swart Leeus maak geskiedenis deur die Semi-Finaal van die Noord-Vaal Beker te wen en so deur te dring na die Finaal van die Noord-Vaal Kompetisie. Die enigste ander geleentheid waar ‘n 1ste span van ons kon deurdring na ‘n finaal van hierdie formaat was in 1973 toe ons 1ste span deurgedring het na die finaal van die Administrateurs Beker.

Ons Swart Leeus sal eerskomende Saterdag teen Hoërskool Standerton kragte meet wanneer die Noord-Vaal Beker se Finale op PNHS se velde aangebied word. Ons nooi almal uit om ons Swart Leeus te kom ondersteun en hierdie geskiedkundige gebeurtenis te kom aanskou!

13H20: PNHS 1 (Blou Bulle 2) v/s H/S Standerton 1 (Pumas 1)

5. Jukskei: Liga 1: Jukskeipark, 15 Augustus 2026

Span PN teen Gewen Verloor Gelyk
0/16A Seuns 2 13 (Won) 0 1 0
0/16A Seuns 7 8 (Gars) 0 2 0
0/16A Seuns 7½ (Tuine) 0 2 1
0/16A Seuns 10½ (Mon) 0 3 1

Won = Wonderboom / Gars = Garsfontein / Mon = Montana

Span PN teen Gewen Verloor Gelyk
0/16B Seuns 8 7 (JV) 1 0 0
0/16B Dogters 10½ 8 (Tuine) 2 0 0
0/16B Seuns 8 7 (JV) 3 0 0
0/16B Gemeng 8 7 (Gars) 4 0 0

JV = HTS John Vorster / Gars = Garsfontein

Span PN teen Gewen Verloor Gelyk
0/16A Dogters 10½ 4½ (JV) 1 0 0
0/16A Dogters 5½ (Won) 2 0 0
0/16A Dogters 10½ (Gars) 2 1 0
0/16A Dogters 4½ (Zwar) 3 1 0
0/16A Dogters 9½ (Hpt) 3 2 0

JV = HTS John Vorster / Won = Wonderboom / Gars = Garsfontein / Zwar = Zwartkop / Hpt = Hartebeespoort

Span PN teen Gewen Verloor Gelyk
0/19A Seuns 10½ 4½ (Wilg) 1 0 0
0/19A Seuns 7 8 (Zwar) 1 1 0
0/19A Seuns 10½ 4½ (Cen) 2 1 0
0/19A Seuns 10 5 (Won) 3 1 0

Wilg = Wilgers / Zwar = Zwartkop / Cen = Centurion / Won = Wonderboom

Span PN teen Gewen Verloor Gelyk
0/19A Dogters 8 7 (Wilg) 1 0 0
0/19A Dogters 12½ 2½ (Cen) 2 0 0
0/19A Dogters 7 8 (Won) 2 1 0
0/19A Dogters 10 5 (MC) 3 1 0

Wilg = Wilgers / Cen = Centurion / Won = Wonderboom / MC = Midstream College

6. Kultuur: Kunstefeeste

Baie geluk aan:

  • Lené Bezuidenhout, Caitlyn Paterson en Zené Swart wat elkeen ‘n A simbool ontvang vir Stilstaande Poësie by die Bold Kunstefees.
  • Zené Swart ontvang ook ‘n A simbool vir Voorbereide Redenaars by die Bold Kunstefees.
  • Willow Robinson ontvang ‘n A++ simbool vir Visuele Kunste by die Bold Kunstefees.
  • Anke-Lika Coetzee ontvang ‘n A simbool vir Stilstaande Poësie by die AKV Kunstefees.
  • Lené Bezuidenhout en Zené Swart ontvang elkeen A++ simbole vir Stilstaande Poësie, Gedramatiseerde Poësie asook Redenaars by die Noordekruin Kunstefees.
  • Anje-Lika Coetzee ontvang ‘n A+ simbool vir Stilstaande Poësie by die Noordekruin Kunstefees.
  • Mia Rynners ontvang ses A++ simbole by die Pierneefteater Kunstefees vir Stilstaande Poësie, Gedramatiseerde Poësie, Stilstaande Prosa, Karakteruitbeelding, Onvoorbereide Lees en Stilstaande Poësie Engels. Sy is ook kategoriewenner in elke afdeling.
  • Mia Rynners ontvang vier A++ simbole en ‘n A+ simbool by die Pretoria Drama Eisteddfod vir Stilstaande Poësie, Gedramatiseerde Poësie, Stilstaande Prosa, Karakteruitbeelding en Onvoorbereide Lees Prosa.

7. Inskrywings Graad 8 vir 2027

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf Woensdag, 5 Augustus 2026 tot Vrydag, 4 September 2026 sal wees. Daar sal slegs 1 fase wees.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf Woensdag, 5 Augustus 2026 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ‘n waglys-/verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nadat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:

  • GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
  • GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres:
    • Huiseienaars – Munisipale rekening van nie ouer as 3 maande nie in die naam van die ouer met die volle residensiële adres.
    • Huurders – moet al die volgende dokumente nie ouer as 3 maande nie voorlê:
      1. Munisipale rekening in die naam van die verhuurder met die volle residensiële adres.
      2. Huurkontrak (kan ouer as 3 maande wees) geteken deur huurder en verhuurder met die volle residensiële adres. (Belangrik: die huur periode op die huurkontrak moet nog steeds geldig wees op die datum wanneer u aanlyn aansoek doen.)
      3. ‘n Kwitansie vir betaling van huurgeld met volle residensiële adres.
      4. Staat van enige rekening in die naam van die aansoeker met die volle residensiële adres op.
  • GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
  • GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:

  1. 1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
  2. 2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
  3. 3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
  4. 4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
  5. 5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres

Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames ook Woensdag, 5 Augustus 2026 en Donderdag, 6 Augustus 2026 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

8. Kultuur: ATKV-Uitklopspel: Provinsiale rondte, 3 Augustus, Akademia Leriba Kampus

Baie geluk aan die volgende leerders wat deelname sertifikate ontvang:

Seniors: Liani Swanepoel, Ziané Nel, Mia Viljoen, Helé Lottering, Jayden de Villiers, Leandré Koekemoer en Annabelle van Wyk.

Juniors: Moya van der Walt, Anje-Lika Coetzee, Cara van Wyk, Alexis Meyer, Caitlyn Paterson, Jessicah Plaatjies, Franco Nieuwoudt, Zanté Marx en Lara Basson.

Spesiale gelukwensing aan:

  • Cara van Wyk en Helé Lottering wat ‘n Tweede plek behaal het.
  • Lara Basson word aangewys as die idioom-wenner.
  • Cara van Wyk, Moya van der Walt, Zanté Marx, Lara Basson, Helé Lottering, Annabelle van Wyk en Mia Viljoen het deurgedring na die nasionale rondte wat op 15 Oktober plaasvind.

9. Program vir die week

Maandag, 17 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Detensie (14:15 – 16:15).
  • Krieket: PNHS 2 v/s Overkruin 2 (14:30, tuis).
  • Gholf: PNHS 1 v/s Oos Moot (14:30, Akasia gholfklub).
  • Gholf: PNHS 2 v/s Montana (14:30, Akasia gholfklub).
Dinsdag, 18 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Toetsperiode.
  • PN-Raadverkiesing.
  • Krieket: PNHS 0/14A v/s HTS John Vorster 0/14A (14:30, tuis).
  • Tennis: Seuns 2de v/s HTS John Vorster (14:30, weg).
  • Tennis: Dogters 0/15A v/s Centurion (14:30, tuis).
  • Tennis: Dogters 0/15B v/s Crawford (14:30, weg).
  • English Evening (17:30, personeelkamer).
Woensdag, 19 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Addissionele Akademiese uur graad 8-12 (14:15 – 15:15).
  • Sagtebal: Seuns v/s Gerrit Maritz (14:30, weg).
  • Sagtebal: Dogters 0/16A v/s Montana (14:30, weg).
  • Kultuurweek: Toneelaand (18:00, saal).
Donderdag, 20 Augustus
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 12 rekordeksamen neem in aanvang.
  • PN-Raad verkiesing: Bekendstelling van die PN-Raad.
  • Kultuurweek: Grafiti Kompetisie (14:00 – 16:00, binneplein).
  • Krieket: 0/15A v/s Wagpos (14:30, weg).
  • Kultuurweek: PNNK Talentaand (18:00, saal).
Vrydag, 21 Augustus
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Brugbou: Nasionale rondte (09:00, Birchwood Konferensiesentrum).
  • Sagtebal: Dogters B-spanne v/s Eldoraigne (14:30, weg). Vertrek 13:00 vanaf PNHS.
  • Rugby: Rietondale 7’s (14:30, Rietondale High).
  • Netbal: PNHS Fast Five Kompetisie (17 skole en 52 spanne) (14:00, PNHS netbalbane).
  • Krieket: AVS proewe (14:00, PNHS nette).
Saterdag, 22 Augustus
  • Sagtebal: Dogters A- en B-spanne v/s Oos Moot (09:00, Oos Moot).
  • Rugby: Noord-Vaal Beker Finale (08:00, tuis).
  • Rugby: Rietondale 7’s (08:00, Rietondale).
  • Netbal: PNHS Fast Five Kompetisie (17 skole en 52 spanne) (08:00, PNHS netbalbane).
  • Krieket: PNHS 1 v/s Wagpos (09:00, weg).
  • Jukskei: Liga 2 (08:00, Gauteng-Noord Jukskeibane).
Maandag, 24 Augustus
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Graad 12 rekordeksamen.
  • Detensie (14:15 – 16:15).
  • PN-Raadopleiding (14:00 – 16:00, K14).
  • Krieket: PNHS 2 v/s Waterkloof (14:30, tuis).
  • Gholf: PNHS 1 v/s Waterkloof (14:30, weg).
  • Gholf: PNHS 2 v/s Waterkloof (14:30, weg).

Vriendelike Groete

CJC Driescher, Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug