Omsendbrief 27/2025

Omsendbrief 27/2025


Administratief
September 01, 2025


OB: 27 / 2025

Geagte ouers

Lief en Leed

  • Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Mev. Marina Bell. Ons harte gaan uit na haar gesin en ons bid vir vertroosting vir hulle.
  • Ons verwelkom mnr. Tiaan van der Merwe by PNHS, wat ná onderhoude amptelik aangestel is as Departementshoof Wiskunde.

Krieket

18 Augustus:

PNHS 1 v/s Sutherland 1. Sutherland 1 kolf eerste en behaal 252/10. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 3 paaltjies vir 38 lopies in 10 beurte (silwer balkie) asook Ulrich Breytenbach met 2 paaltjies vir 31 lopies in 7 beurte (brons balkie) . Charl Otto en Michael Flanagan neem elkeen 2 vangskote (elkeen ontvang brons balkie). PNHS volg op en behaal 255/5 in 40.1 beurte. Goeie kolfwerk van Ettiene de Bruyn (nie uit) met 100 lopies van 70 balle (goue balkie) en Michael Flanagan met 59 lopies van 88 balle (silwer balkie). PNHS 1 wen met 5 paaltjies. Dit was ons 3de ligawedstryd, waarvan ons al 3 wen.

Prestasies:

Ons is baie trots op 4 van ons leerders wat verkies is tot die AVS Noord-Transvaal Krieketspanne. Baie geluk aan: Ulrich Brytenbach (0/19 Noord-Span), Mark Gorman (0/19 Noord-Span), Michael Flanagan (0/19 Wes-span) en Charl Otto (0/19 Wes-span). Hierdie seuns sal tydens die Oktober skoolvakansie op toer wees in Meyerton.

Netbal: Fast Five, H/S Montana, 29 Augustus 2025

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 A PN 4 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A BB 36  
0/15 A PN 8 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A WB 60  
0/15 A PN 17 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A Pres 7  
0/15 A PN 8 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 A Hill 20  
0/15 A PN 7 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A OM 24  

BB = Baby Beez / WB = Worker Beez / Pres = Prestige / Hill = Hilview / OM = Oos Moot

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/18 A PN 6 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/18 A OM 46  
0/18 A PN 7 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/18 A Pres 24  
0/18 A PN 21 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/18 A Hill 7  
0/18 A PN 11 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/18 A QBwit 24  
0/18 A PN 9 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/18 A QBgroen 28  

OM = Oos Moot / Pres = Prestige / Hill = Hilview / QBwit = Queen Beez wit / QBgr = Queen Beez groen
Beide spanne eindig 5de.

Sagtebal:

Dogters B Liga 3: PNHS v/s Garsfontein, 29 Augustus 2025, weg

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 18 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 B Gars 3  
0/15 B PN 6 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/15 B Gars 9  
0/19 B PN 10 Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/19 B Gars 7  

0/14 B: Beste Kolwer: Bontle Mashego.
Speler van die Wedstryd: Tshegofatso Oliphant.
0/15 B: Beste Kolwer: Christal Fouché.
Speler van die Wedstryd: Yvonne Moeketsi.
0/19 B: Beste Kolwer: Larissa Ellis.
Speler van die Wedstryd: Karli Nell.

Dogters A Liga 3: PNHS v/s HS Centurion, 30 Augustus 2025, weg

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 11 Gewen: 0, Gelykop: 2, Verloor: 2
0/14 A Cent 11  
0/15 A PN 14 Gewen: 2, Gelykop: 1, Verloor: 1
0/15 A Cent 7  
0/16 A PN 7 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 A Cent 0  
0/19 A PN 1 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/19 A Cent 8  

0/14 A: Beste Kolwer: Anuske van Dyk.
Speler van wedstryd: Larochelle van der Merwe.
0/15 A: Beste kolwer: Janica Roodt.
Speler van die wedstryd: Marnic Ferreira.
0/16 A: Beste kolwer: Lizé Meiring.
Speler van die wedstryd: Amorey Wallendorf.
0/19 A: Beste kolwer: Chantelee Nel.
Speler van die wedstryd: Anneke le Roux.

Dogters B Liga 4: PNHS v/s HS Centurion, 30 Augustus 2025, weg

Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 12 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 B Cent 8  
0/15 B     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/15 B      
0/16 B     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/16 B      
0/19 B PN 11 Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/19 B Cent 10  

0/14 B: Beste Kolwer: Kyla Wheeler.
Speler van die Wedstryd: Carmen Zengel.
0/19 B: Beste Kolwer: Monique Vinson.
Speler van die Wedstryd: Chrileze de Beer.

Spesiale Toekenning:

Hoërskool Pretoria-Noord het op 29 Augustus 2025 ’n spesiale toekenning van die Universiteit van Pretoria ontvang tydens die Sertifikaat-oorhandigingsseremonie vir Top Skole. Die skool is met ’n sertifikaat van erkenning vereer vir sy uitstaande bydrae as een van die skole met die grootste aantal leerders wat hul studies aan die Universiteit van Pretoria voortsit.

Donkey Derby: 13 September 2025

Dis DONKEY DERBY-tyd by PNHS!
Het jy al ooit gewonder wat ’n Donkey Derby is? Gedink jy gaan op ’n houtstok tussen die stoepe rondgejaag word? Dink weer! Dis baie minder sweet en baie meer skaterlag! By ons is ’n Donkey Derby die tipe aand waar jy jou vriende uitdaag, jou lagspiere oefen en sommer vergeet jy’s ’n grootmens. Kom ervaar dit self – jy wil dit nie misloop nie!
Besonderhede:
Datum: Saterdag, 13 September 2025
Tyd: 18:00
Koste: R150 per persoon (sluit ’n heerlike vingerete in – bring asseblief jou eie drinkgoed)
Besprekings sluit: Woensdag, 10 September 2025
E-pos vir besprekings: [email protected]
Tafels van 10 is kan ook bespreek word – bring jou familie, kollegas en vriende saam vir ’n aand van pure gees en geselligheid.

Skoolfonds

Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool instaat te stel om kwaliteit onderrig aan te bied en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal. Betaal asseblief u skoolfonds, dit is die regte ding om te doen!

Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode

Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.


Program vir die week

Maandag, 1 September:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Krieket: PNHS 2de vs Afrikaans Hoër Seuns, tuis.
Dinsdag, 2 September:
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Toetsperiode 8 – 11.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Tennis: junior dogters v/s HS Hatfield, weg.
  • Krieket: PNHS 0/14 A v/s Curro Hazeldean, weg.
Woensdag, 3 September:
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Toetsperiode 8 – 11.
  • Addisionele akademiese uur 8 - 11, 14H00 – 15H00.
  • Sagtebal: Dogters Tshwane proewe 0/14 & 0/15, 14H30, Oos Moot.
  • Sagtebal: Seuns Liga 5: PNHS vs Akasia, 14H30, tuis.
  • Revue: 8 Beats, Gold Reef City, 09:00.
Donderdag, 4 September:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Krieket: 0/15A v/s Mamelodi, 14H30, tuis.
  • PN Raad-kamp, 15H00.
Vrydag, 5 September:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • PN Raad-kamp.
  • Rugby Sewes vs HS Die Wilgers (weg).
  • Kuns uitstapppie, Pretoria Kunsmuseum en Javett Art Centre, 07H00.
Saterdag, 6 September:
  • PN Raad-kamp.
  • Rugby Sewes vs HS Die Wilgers (weg).
  • Krieket: PNHS 1 v/s HTS John Vorster 1, weg.
Maandag, 8 September:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Krieket: PNHS 2 v/s Prestige College, weg.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug