Omsendbrief 27/2024

Omsendbrief 27/2024


Administratief
September 02, 2024


OB: 27 / 2024

Geagte ouers

Krieket

28 & 29 Augustus:

PNHS 0/15 A v/s H/S Wonderboom 0/15 A. H/S Wonderboom kolf eerste en behaal 253 / 10. Goeie boulwerk van Keagan Joubert wat 3 paaltjies vir 70 lopies neem in 8 beurte (silwer balkie). Aiden Gerber neem 2 paaltjies vir 31 lopies in 6 beurte (brons balkie) en Ruan Schoonraad neem 2 paaltjies vir 59 lopies in 7 beurte (brons balkie). PNHS volg op met 165/10. Goeie kolfwerk van Ethan Wilkinshaw met 40 lopies van 66 balle (brons balkie) en Brandon Fourie met 20 lopies van 37 balle. H/S Wonderboom wen met 88 lopies. Dit was ons derde ligawedstryd, waarvan ons drie verloor.

31 Augustus:

PNHS 0/14 A v/s Eldoraigne 0/14 A (tuis). Eldoraigne 0/14 A kolf eerste en behaal 444 / 5. Goeie boulwerk van JP Thomas met 2 paaltjies vir 70 lopies in 10 beurte (brons balkie). Christopher Runnals neem 2 vangskote in die veld (brons balkie). PNHS volg op met 33 / 10. Eldoraigne wen met 411 lopies. Dit was ons eerste ligawedstryd.

31 Augustus:

PNHS 1 v/s H/S Wonderboom 1. H/S Wonderboom kolf eerste en behaal 85 / 10. Goeie boulwerk van Nathan Oosthuizen met 4 paaltjies vir 23 lopies in 5 beurte (silwer balkie), Jean Swart met 3 paaltjies vir 25 lopies in 6 beurte (silwer balkie) en Rohan Louw met 2 paaltjies vir 10 lopies in 2 beurte (brons balkie). PNHS 1 volg op met 85 /10. Beste kolwer was Ulrich Breytenbach met 26 lopies van 39 balle. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons 1 gelykop speel en twee verloor.

Rugby: Wilgers / Eldoraigne Sewes

0/15 Toernooi, Eldoraigne, 30 & 31 Augustus 2024

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 A PN 28 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A JVp 7  
0/15 A PN 12 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 A Cen 24  
0/15 A PN 7 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A Eldo 21  
0/15 A PN 29 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A Eras 0  
0/15 A PN 5 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/15 A Eldo 57  

JV = John Vorster / Cen = Centurion / Eldo = Eldoraigne / Eras = Erasmus

0/17 Toernooi, Eldoraigne, 30 & 31 Augustus 2024

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/17 A PN 33 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/17 A PBH 20  
0/17 A PN 12 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/17 A Zwart 36  
0/17 A PN 28 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/17 A JV 14  
0/17 A PN 19 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/17 A JV 14  
0/17 A PN 14 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/17 A Eldo 32  

PBH = Pretoria Boys High / Zwart = Zwartkop / JV = John Vorster / Eldo = Eldoraigne

Netbal: Fast Five, Montana, 30 Augustus

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 A PN 11 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Mon 44  
0/15 A PN 12 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 B OM 20  
0/15 A PN 3 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 B Mon 35  
0/15 A PN 19 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 B PN 0  
0/15 A PN 9 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A OM 19  

Mon = Montana / OM = Oos Moot

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 B PN 5 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 B OM 31  
0/15 B PN 2 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A OM 44  
0/15 B PN 3 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 A Mon 53  
0/15 B PN 0 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 A PN 19  
0/15 B PN 1 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/15 B Mon 41  

Mon = Montana / OM =Oos Moot

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/18 A PN 7 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/18 A Mon 36  
0/18 A PN 16 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/18 A OM 36  
0/18 A PN 13 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/18 B Mon 31  

Mon = Montana / OM = Oos Moot

Sagtebal

Seuns Liga 7: PNHS v/s Gerrit Maritz, 30 Augustus 2024, tuis

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 21 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 A GM 0  
0/15 A PN 22 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/15 A GM 0  
0/16 A PN 14 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 A GM 0  
0/19 B PN   Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 3
0/19 A      
0/19 A PN 9 Gewen: 7, Gelykop: 1, Verloor: 0
0/19 A GM 8  

0/14 A: Beste kolwer: Zivan Bezuidenhout
Speler van die wedstryd: Divan Botha
0/15 A: Beste kolwer: Rouxnando Marx
Speler van die wedstryd: Edowhan Schwartz
0/16 A: Beste kolwer: JG van Niekerk
Speler van die wedstryd: Arno Schreuder
0/19 A: Beste kolwer: Donovan Wallendorf
Speler van die wedstryd: Jaco Jansen van Vuuren

Dogters Liga 4: PNHS v/s Eldoraigne, 30 Augustus 2024, weg

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 B PN 11 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 B Eldo 12  
0/15 B     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/15 B      
0/16 B     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/16 B      
0/19 B PN 19 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 B Eldo 6  

0/14 B: Beste kolwer: Dané Greeff
Speler van die wedstryd: Amoray Yssel
0/19 B: Beste kolwer: Antonay van der Westhuizen
Speler van die wedstryd: Mariska van Oordt

Dogters Liga 5: PNHS v/s Wonderboom, 31 Augustus 2024, tuis

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 11 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/14 A Won 4  
0/15 A PN 9 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 A Won 8  
0/16 A PN 7 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/16 A Won 3  
0/19 A PN 8 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 A Won 2  

0/14 A: Beste Kolwer: Mckayla Schoeman
Speler van wedstryd: Wiandri Viviers
0/15 A: Beste kolwer: Amorey Wallendorf
Speler van die wedstryd: Ané Reis
0/16 A: Beste kolwer: Chané Wurth
Speler van die wedstryd: Elmari Delport
0/19 A: Beste kolwer: Ashlee Jordaan
Speler van die wedstryd: Annele le Roux

Jukskei: Liga 3: Jukskeipark, 31 Augustus 2024

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/16 A PN 9 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/16 A Won 4  
0/16 A     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/16 A s    
0/16     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/16      
0/16     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/16      

Won = Wonderboom

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/19 A PN 9 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 A HTS T 5  
0/19 A     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/19 A      
0/19 A     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/19 A      
0/19 A     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/19 A      

HTS T = Hoër Tegniese Skool Tuine

Ons 0/19 A Seuns is naaswenners in die liga.

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/19 B PN 5 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/19 B Ak 9  
0/19 B     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/19 B      
0/19 B     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/19 B      
0/19 B     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/19 B      

Ak = Akasia

Gemeng Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/19 A PN 7 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/19 A Cen 8  
0/19 A PN 7 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/19 A Zwart 8  
0/19 A     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/19 A      
0/19 A     Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: -
0/19 A      

Cen = Centurion / Zwart = Zwartkop

Sport buite skoolverband

  • Baie geluk aan Rubin Nel wat opgeneem is in die 0/19 AVS: Noord-Transvaal Wes Sewes rugbyspan wat gedurende die September skoolvakansie aan die Bokkie week gaan deelneem.

Kultuur

Kunswedstryde

Baie geluk aan:

  • Lara van Schalkwyk neem deel aan die Noorderkruin Kunstefees en Afrikaanse Kunsvereniging en verwerf in beide kompetisies ‘n A+ vir Voorbereide Poësie.
  • Mia Rynners neem deel aan die Noorderkruin Kunstefees en verwerf ‘n A++ vir Redenaars, Karakteruitbeelding, Monoloog, Poësie en Gedramatiseerde Poësie. Mia neem ook deel aan die Pierneefteater Kunstefees waar sy ‘n A vir Voorbereide Monoloog en Onvoorbereide lees behaal, ‘n A+ vir Voorbereide Redevoering, A++ vir Voorbereide Poësie, Gedramatiseerde Poësie en Voorbereide Karakteruitbeelding. Sy word ook aangewys as itemwenner vir laasgenoemde twee afdelings.

Redenaars

Baie geluk aan die volgende leerders wat deurgedring het na die finale rondte van die Kansvatter-Redenaars Kompetisie wat op 4 en 5 Oktober by Laerskool Constantiapark plaasvind: Helé Lottering (gr. 8), Ziané Nel (gr. 8), Michael de Villiers (gr. 9), Cheyenne Pieterse (gr. 10), Beate Haarhoff (gr. 11), Marique Bam (gr. 11) en Jason Fourie (gr. 11).

ATKV Toneel

Baie geluk aan ons toneelgroep wat die volgende toekennings ingeruig het by die ATKV-Tienertoneel: Produksie (Silwer), Dramaturg (Silwer), Regie (Silwer), Kostuums (Goud), Stelontwerp en –inkleding (Silwer), Klankbaanontwerp en samestelling (Silwer), Beligtingontwerp (Brons), Verhoogbestuur: Riana Bezuidenhout (Brons), Klankoperateur: Christoff Fourie (Brons), Mia Rynners vir haar spel as Barbie, Marique Bam vir haar spel as Barbie-Lee, Tristan Booyens vir sy spel as Kenny en Ewan van Zyl vir sy spel as Jaap Geldenhuys.

Finansiële Sake

Geagte ouers neem asseblief kennis dat die skool se bankbesonderhede gaan verander omdat dit vir die skool verskeie voordele sal inhou. Ons nuwe rekening skuif na FNB: takkode: 210554 en nuwe rekeningnommer 63096257738.

Projek: SPAR Ninapark

SPAR Ninapark gee aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 1 September tot 30 November 2024 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8 000 en 3de meeste R 5 000. Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 1 September 2024!

Graad 12: Geleentheid

Solidariteit se Onderwyser- en Ambag Netwerk stel ‘n rentevrye studielening vir ‘n welverdiende behoeftige leerder by PNHS om vir ‘n ambag te studier by Soltech. Vereistes:

  • Moet vir die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat geregistreer wees.
  • Moet gereed wees om in 2025 te begin studeer.
  • Moet in Pretoria woonagtig wees.
  • Moet aan die studievereistes voldoen. Hierdie vereistes kan besigtig word by https://soltech.co.za/inligting/toelataingsvereistes.

‘n CV kan gestuur word aan [email protected].


Program vir die week

Maandag, 2 September:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Krieket Liga 2: PNHS 2 v/s Sutherland 2, 14H30, weg.
Dinsdag, 3 September:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 8 – 11 Toetsdag.
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Afrikaanse Aanlyn Junior Olimpiade
  • Krieket: PNHS 0/14A v/s Zwartkop 0/14A, dag 1, 14H30, tuis.
Woensdag, 4 September:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Akademiese periode 8-11, 14H15 – 15H15.
  • Afrikaanse Aanlyn Junior Olimpiade.
  • Krieket: PNHS 0/14A v/s Zwartkop 0/14A, dag 2, 14H30, tuis.
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s Zwartkop 0/15A, dag 1, 14H30, tuis.
  • Sagtebal: Dogters Gauteng-Noord proewe, 14H30:
    0/14 en 0/15 Centurion.
    0/16 en 0/19 Montana
  • Beheerliggaam: Finansiële Komitee vergadering, 17H00, Konferensiekamer.
  • Beheerliggaam Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 5 September:
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Graad 8 – 11, Toetsdag.
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Afrikaanse Aanlyn Junior Olimpiade
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s Zwartkop 0/15A, dag 2, 14H30, weg.
Vrydag, 6 September:
  • Graad 8 – 11, dag 6
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Revue: Champs, vertrek 11H00, Morlettapark.
  • Rugby:0/15 Sewe’s Toernooi, 14H30, Montana.
    0/17 Sewe’s Toernooi, 14H30, Montana.
  • Sagtebal Seuns: PNHS v/s John Vorster, 14H30, tuis.
Saterdag, 7 September:
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 “High Tea” 06H30 – 14H00.
  • Rugby:0/15 Sewe’s Toernooi, 09H00, Montana.
    0/17 Sewe’s Toernooi, 09H00, Montana.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Zwartkop, 09H00, tuis.
  • Sagtebal Dogters: PNHS v/s Garsfontein, 09H00, tuis.
  • Revue: Champs Finaal, Morlettapark.
Maandag, 9 September:
  • Graad 8 – 11, dag 1.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Gasvryheidstudies: Vasvra, 14H15, K 66.
  • Krieket Liga 3: PNHS 2 v/s H/S Uitsig 2, 14H30, tuis.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug