Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 26/2026


Administratief
August 10, 2026


OB: 26 / 2026

Geagte ouers

1. Lief en Leed

  • Dit is met leedwese dat ons kennis gekry het van die afsterwe van een van ons ouers, Mev. M. Putter. Ons dra haar gesin op aan ons Hemelse Vader en bid dat hulle vertroosting sal vind met hul groot verlies.

2. Tennis

28 Julie: PNHS dogters 0/15A v/s Montana. PNHS verloor met 8 potte teenoor 59. Geluk aan Ziané Brits (6-5) wat haar wedstryd wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.

PNHS dogters 0/15B v/s Pretoria Girls High. PNHS verloor met 14 potte teenoor 53. Dit was ons eerste ligawedstryd.

4 Augustus: PNHS dogters 0/15A v/s Woodhill College. PNHS verloor met 3 potte teenoor 64. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide verloor.

PNHS dogters 0/15B v/s H/S Tuine. PNHS wen met 41 potte teenoor 10. Geluk aan Leorica Joubert (7-0), Tsegofatso Molope (6-1), Taylor Ann Herbst (6-1) en Luané Paterson (4-3) wat hul wedstryde wen. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons 1 wen en 1 verloor.

6 Augustus: PNHS Seuns 1ste v/s Waterkloof. PNHS verloor met 28 potte teenoor 39. Baie geluk aan Raynard Bosman (6-5) en Janco Schoonraad (6-5) wat hul wedstryde wen. Dit was ons agtste ligawedstryd, waarvan ons 6 wen en 2 verloor.

PNHS Seuns 2de v/s Waterkloof. PNHS verloor met 12 potte teenoor 55. Geluk aan Remi van Kleef (8-3) wat sy wedstryd wen. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons 4 verloor.

3. Gholf

3 Augustus: PNHS 1 v/s Brits 1. PNHS 1 wen met 48 – 38. Baie geluk aan Neil Botha (14-12) en Johan Myburg (20-11) wat hul wedstryde wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.

PNHS 2 v/s Brits 2. PNHS 2 verloor met 40 – 51. Dit was ons eerste ligawedstryd.

4 Augustus: PNHS 1 v/s Menlopark 7. PNHS 1 wen met 61 – 43. Baie geluk aan Johan Myburg (23-12), Neil Botha (14-9) en Charl Otto (24-12) wat hul wedstryde wen. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons 2 wen.

4. Sagtebal

4.1 Seuns Sagtebal: Liga 2: PNHS v/s HTS John Vorster, 7 Augustus 2026, tuis
Uitslae (groep 1)
Span PN JV Gewen Verloor Gelyk
0/15 A 17 1 1 1 0
0/16 A 15 0 2 0 0
0/19 A 13 2 2 0 0
0/19 A/B 24 0 3 0 0
Uitslae (groep 2)
Span PN JV Gewen Verloor Gelyk
0/15 B/A 8 18 0 1 0
0/19 B 6 5 1 0 0
0/19 B/A 2 11 1 1 0
4.2 Dogters Sagtebal Liga 2: PNHS v/s Montana, 5 – 8 Augustus 2026, weg / tuis
Uitslae (A-spanne)
Span PN Mon Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 3 12 0 2 0
0/15 A 12 8 1 1 0
0/19 A 13 2 2 0 0
Uitslae (B-spanne)
Span PN Mon Gewen Verloor Gelyk
0/14 B 7 12 0 2 0
0/15 B 12 9 1 0 0
0/16 B 12 7 1 0 0
0/19 B 6 2 2 0 0

5. Rugby: Noord-Vaal Beker: Kwart-Finaal, 8 Augustus 2026, PNHS

Span PN teen Gewen Verloor Gelyk
0/15 A 5 28 (Wag) 9 2 0
0/16 A 8 33 (Rand) 8 3 0
1ste 40 32 (Wag) 9 1 0

Wag = Wagpos / Rand = Randburg

Hiermee is ons 0/15 en 0/16 spanne uitgeskakel uit die Noord-Vaal Beker Kompetisie. Ons wil egter beide spanne gelukwens met skitterende prestasies. Veral ons 0/15 span wat met rasse skrede verbeter het teenoor verlede jaar en hierdie jaar spog met ‘n Blou Bulle trofee asook naaswenners van die NWU 16 reeks. Ons is voorwaar trots op julle!

Ons Swart Leeus sit die stryd voort eerskomende naweek, waar hulle in die Semi-Finaal van die Noord-Vaal Beker gaan kragte meet teen Limpopo se nommer 1 span, Ellisras. Blou Bulle kry weer die tuis voordeel en der halwe sal die wedstryd plaasvind op PNHS se veld.

11H00: PNHS 1 (Blou Bulle 2) v/s H/S Ellisras 1 (Limpopo 1)

6. Krieket

8 Augustus: PNHS 1 v/s Overkruin 1. Overkruin kolf eerste en behaal 165/10. Goeie boulwerk van Ruan Schoonraad met 3 paaltjies vir 13 lopies in 4 beurte en Colten Schoeman met 2 paaltjies vir 26 lopies in 5 beurte. Colten Schoeman neem ook twee mooi vangskote. PNHS volg op met 169/3. Goeie kolfwerk van Mark Gorman met 65 lopies van 22 balle en Charl Otto met 69* van 63 balle. PNHS wen met 7 paaltjies. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons drie wen.

7. Akademie

7.1 Senior Afrikaanse Olimpiade

Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die Senior Afrikaanse Olimpiade deelgeneem het en deelname sertifikate ontvang:

Nimrie Beyleveld, Lienka Beytell, Isabella Campbell, Anke Fernandez, Zaine Koekemoer, Ziané Nel, Jessica Potgieter, Liani Swanepoel, Desirae van Staden, Raynard Bosman, Jayden de Villiers, Nicole Guelpa, Allan Ribeiro, Mia Rynners, Larissa Ellis en Leandré Koekemoer (Top 100 nasionaal)

Ook besonder geluk aan Raynard Bosman wat in die Top 20 in Gauteng geëindig het en nasionaal 42ste geëindig het.

7.2 Akademie: Eksterne Vasvra Kompetisie

Ons juniorspan: Janco Schoonraad, Dario van Deventer, Anje-Lika Coetzee en Cara van Wyk is wenners van die kompetisie.

Ons Seniorspan: Dehan Joubert, Patrick van Staden, Michael de Villiers en Raynard Bosman eindig 4de.

7.3 Akademie: Tshwane Wes Distrik Top Graad 12 Kandidate

Baie geluk aan die volgende graad 12 leerders wat ‘n sertifikaat van erkenning van die distrik direkteur van Tshwane Wes ontvang as deel van die top 10 presteerders in distrik Tshwane Wes, na afloop van die Junie eksamen:

  • Leila van Rensburg (9de met ‘n gemiddeld van 90%)
  • Leandré Koekemoer (5de met ‘n gemiddeld van 91%)
  • Larissa Ellis (3de met ‘n gemiddeld van 92%)

8. Dissipline: Waardebalkies

Baie geluk aan die volgende graad 9 leerders wat waardebalkies ontvang:

Johnny Hough (respek), Jeanique Huygen (respek) en Angelique Jonker (verantwoordelikheid en lojaliteit).

9. Inskrywings Graad 8 vir 2027

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf Woensdag, 5 Augustus 2026 tot Vrydag, 4 September 2026 sal wees. Daar sal slegs 1 fase wees.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf Woensdag, 5 Augustus 2026 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ‘n waglys-/verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nadat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:

  • GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
  • GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres:
    • Huiseienaars – Munisipale rekening van nie ouer as 3 maande nie in die naam van die ouer met die volle residensiële adres.
    • Huurders – moet al die volgende dokumente nie ouer as 3 maande nie voorlê:
      1. Munisipale rekening in die naam van die verhuurder met die volle residensiële adres.
      2. Geldige huurkontrak (kan ouer as 3 maande wees) geteken deur huurder en verhuurder met die volle residensiële adres. (Belangrik: die huur periode op die huurkontrak moet nog steeds geldig wees op die datum wanneer u aanlyn aansoek doen.)
      3. ‘n Kwitansie vir betaling van huurgeld met volle residensiële adres.
      4. Staat van enige rekening in die naam van die aansoeker met die volle residensiële adres op.
  • GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
  • GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:

  1. 1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
  2. 2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
  3. 3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
  4. 4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
  5. 5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres

Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames ook Woensdag, 5 Augustus 2026 en Donderdag, 6 Augustus 2026 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].

Baie sterkte met die inskrywingsproses.


10. Program vir die week

Maandag, 10 Augustus
  • Publieke Vakansiedag.
Dinsdag, 11 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Interne Vasvra (14:00, K18 – K24).
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 Restaurantaand (14:15, restaurant).
  • Atletiek & Landloop Akademie vergadering (18:00, personeelkamer).
Woensdag, 12 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Toetsperiode.
  • Addissionele Akademiese uur graad 8-12 (14:15 – 15:15).
  • Landloop: Liga 4 (14:30, Waterkloof).
  • Krieket: 1ste span bekendstellingsfunksie (restaurant, 18:00).
Donderdag, 13 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Toetsperiode.
  • PN-Raad verkiesing: Terugvoer op appélle. Opstel van stembriewe.
  • Graad 11: Y2K Loopbaanuitstalling (09:00 – 10:00, saal).
  • Graad 12 sleutel 6 addissionele akademiese uur (14:00 – 15:00).
  • Gasvryheidstudies: Olimpiade (14:00 – 16:00, K66).
  • Krieket: PNHS 0/15A v/s Laudium (14:30, tuis).
  • Sagtebal: Dogters 0/14A en 0/15B v/s Montana (weg).
  • Graad 9 en 11 Loopbaan Inligtingsaand (18:00, saal).
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 Restaurantaand (18:00, restaurant).
Vrydag, 14 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 10 & 11: Kunsuitstappie, vertrek om 08:00.
  • Sagtebal: Seuns v/s Homespan (14:30, tuis).
  • Redenaars: “Podium Pret”, rondte 2 sluit.
Saterdag, 15 Augustus
  • Gasvryheidstudies: Uitstappie “The Roots”, Potchefstroom. Vertrek om 05:30.
  • Dogters Sagtebal Liga 3: PNHS v/s Wonderboom (08:00, tuis).
  • Jukskei: Liga 1 (08:00, Gauteng-Noord Jukskeibane).
  • Toneel: Kleedrepetisie (08:00 – 16:00, mediasentrum).
  • Landloop AGN Kampioenskappe.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Laudium (tuis).
  • PNHS Wintertee (10:30 vir 11:00, saal).
  • Rugby: Noord-Vaalbeker Semi-Finaal (11:00, tuis).
Maandag, 17 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Detensie (14:15 – 16:15).
  • Krieket: PNHS 2 v/s Overkruin 2 (14:30, tuis).
  • Gholf: PNHS 1 v/s Oos Moot (14:30, Akasia gholfklub).
  • Gholf: PNHS 2 v/s Montana (14:30, Akasia gholfklub).

Vriendelike Groete CJC Driescher, Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug