
Omsendbrief 26/2025
Administratief
August 25, 2025
OB: 26 / 2025
Geagte ouers
Landloop: Gauteng-Noord Kampioenskappe, 16 Augustus 2025, Lavender Kontrei Mark
Geluk aan al ons atlete wat gekwalifiseer het:
0/14 dogters (59 atlete): Sandra Viviers (39) en Kaylie van Jaarsveld (44).
0/15 seuns (72 atlete): Heino Schuster (40), Caleb Jooste (41) en Henru Smith (50).
0/15 dogters (56 atlete): Jamilla Buff (23).
0/16 seuns (60 atlete): Matthew Roselt (50).
0/16 dogters (56 atlete): Juhane du Plessis (33), Jazlyn Roux (34) en Rhulani Khoza (39).
0/17 seuns (57 atlete): Mikyle Willemse (25).
0/17 dogters (30 atlete): Simoné de Koker (8).
0/20 mans 8km (46): Henrico van Tonder (32) en Maurice Munro (37).
Mans 0/20 2km (20): Henrico van Tonder (15).
0/23 mans 4km (46 atlete): Junior Bokwa (31).
0/23 vroue 4km (22 atlete): Ezmarelda Viviers (15).
Gholf
18 Augustus:
PNHS 2 v/s Montana 3 by Akasia gholfbaan. PNHS wen met 3 wedstryde teenoor 1. Geluk aan Neill Botha, Ruan Schoonraad en Marinus Janse van Rensburg wat hul wedstryde wen. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons twee wen, een verloor en een gelykop speel.
Krieket
18 Augustus:
PNHS 2 v/s Wagpos 2. Wagpos 2 kolf eerste en behaal 168 / 6. Goeie boulwerk van Euan du Plessis met 3 paaltjies vir 21 lopies in 4 beurte (brons balkie). Nathan Oosthuizen neem 2 vangskote (brons balkie). PNHS 2 volg op met 151 / 3. Goeie kolfwerk van Nathan Oosthuizen met 78 lopies van 47 balle (silwer balkie) en Junior Bokwa met 44 lopies van 37 balle (brons balkie). Wagpos 2 wen met 17 lopies. Dit was ons eerste ligawedstryd.
19 Augustus:
PNHS 0/14 A v/s Wonderboom 0/14 A. PNHS kolf eerste en behaal 110 /10. Wonderboom 0/14 A volg op met 88/10. Goeie boulwerk van Neil Botha met 3 paaltjies vir 7 lopies in 4 beurte (brons balkie). PNHS 0/14 A wen met 22 lopies. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons 1 wen en 1 verloor.
21 Augustus:
PNHS 0/15 A v/s Wonderboom 0/15 A. PNHS 0/15 A kolf eerste en behaal 264/3. Goeie kolfwerk van Jayden Schoeman met 119 lopies van 55 balle (goue balkie), Divan Botha met 52 lopies van 28 balle (silwer balkie) en Christopher Runnals met 40 lopies van 27 balle (brons balkie). Wonderboom 015 A.volg op met 100/10. Goeie boulwerk van Christopher Runnals met 3 paaltjies vir 9 lopies in 4 beurte (brons balkie) en Roan wright met 3 paaltjies vir 30 lopies in 3 beurte (brons balkie). PNHS wen met 164 lopies. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons 1 wen en 1 verloor.
23 Augustus:
PNHS 1 v/s Mamelodi 1, weg. Mamelodi wen die loot en kolf eerste, behaal 184 / 10 in 48 beurte. Goeie boulwerk van Ulrich Breytenbach met 2 paaltjies vir 13 lopies in 8 beurte en Mark Gorman met 2 paaltjies vir 17 lopies in 7 beurte. Goeie vangskote deur Ruan Schoonraad (1), Ulrich Breytenbach (1), Charl Otto (1) en Rohan Louw (1). PNHS volg op en behaal 188 / 1 in 24 beurte. Goeie kolfwerk van Mark Gorman met 76* lopies van 83 balle (silwer balkie) en Ulrich Breytenbach 73* van 52 balle (silwer balkie). PNHS wen met 9 paaltjies. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons beide wen.
Sagtebal:
Seuns Liga 5: PNHS v/s Homespun, 22 Augustus 2025, weg
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 7 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/14 A | Hs | 0 | |
0/15 A | PN | 5 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/15 A | Hs | 4 | |
0/16 A | PN | 2 | Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/16 A | Hs | 5 | |
0/19 A | PN | 2 | Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/19 A | Hs | 3 |
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 | ||
0/14 B | |||
0/15 B | PN | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 | |
0/15 B | |||
0/16 B | PN | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 | |
0/16 B | 0 | ||
0/19 B | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 6 |
0/19 A | Hs | 13 |
0/14 A: Beste kolwer: Zander Pieterse.
Speler van die wedstryd: Christopher Snyman.
0/15 A: Beste kolwer: Divan Botha.
Speler van die wedstryd: Dylan du Plessis.
0/16 A: Beste kolwer: Jayden de Villiers.
Speler van die wedstryd: Eduwahn Schwartz.
0/19 B: Beste kolwer: Migael Snyman.
Speler van die wedstryd: Dawid Briel.
0/19 A: Beste kolwer: Rohan Louw.
Speler van die wedstryd: Rohan louw.
Dogters B Liga 3: PNHS v/s Eldoraigne, 22 Augustus 2025, tuis
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | PN | 4 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/14 B | Eldo | 10 | |
0/15 B | PN | 6 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
0/15 B | Eldo | 10 | |
0/16 B | PN | Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: - | |
0/16 B | |||
0/19 B | PN | 11 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/19 B | Eldo | 0 |
0/14 B:Beste Kolwer: Kyla Wheeler.
Speler van die Wedstryd: Siska Sampson.
0/15 B:Beste Kolwer: Ankia Smal.
Speler van die Wedstryd: Yvonne Moeketsi.
0/19 B:Beste Kolwer: Karli Nel.
Speler van die Wedstryd: Chrilize de Beer.
Dogters A Liga 3: PNHS v/s Oos Moot, 23 Augustus 2025, tuis
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 6 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 2 |
0/14 A | OM | 20 | |
0/15 A | PN | 0 | Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 1 |
0/15 A | OM | 15 | |
0/16 A | PN | 2 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/19 A | OM | 11 | |
0/19 A | PN | 6 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/19 A | OM | 11 |
0/14 A: Beste Kolwer: Mickayla Luck.
Speler van wedstryd: Anuske van Dyk.
0/15 A: Beste kolwer: Marnic Ferreira.
Speler van die wedstryd: Juhané Heyneke.
0/16 A: Beste kolwer: Lize Meiring.
Speler van die wedstryd: anelskha van Dyk.
0/19 A: Beste kolwer: Ashley Jordaan.
Speler van die wedstryd: Mirelda Erasmus.
Dogters B Liga 4: PNHS v/s Oos Moot, 23 Augustus 2025, tuis
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | PN | 1 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
0/14 B | OM | 16 | |
0/15 B | PN | 2 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 4 |
0/15 B | OM | 14 | |
0/16 B | PN | Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: - | |
0/16 B | |||
0/19 B | PN | 6 | Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 0 |
0/19 B | OM | 6 |
0/14 B:Beste Kolwer: Mia van Wyk.
Speler van die Wedstryd: Kyla Wheeler.
0/15 B:Beste Kolwer: Bianca van der Merwe.
Speler van die Wedstryd: Mia Viljoen.
0/19 B:Beste Kolwer: Monique Vinson.
Speler van die Wedstryd: Anika van der Westhuizen.
Jukskei:
Baie geluk aan die volgende spelers van PNHS wat uitgenooi is vir die Gauteng-Noord proewe:
Kylie Steyn, Anuske van Dyk Stroebel, Nicole Guelpa, Jean-Pierre van der Westhuizen, Jayden de Villiers, Michael de Villiers, MP O’Grady en Regardt van Tonder.
Kultuur: PNNK 2025
Baie dankie aan al ons leerders wat deelgeneem het en so verseker het dat ons weer ‘n talentaand van hoogstaande gehalte kon aanbied. Geluk aan die volgende wenners:
Beste Dansgroep: “Aqua Groove”.
Beste dans Solo: Jukeila Landsberg.
Beste Voordrag: Tristan Booyens.
Beste Instrumentaal: Ewan van Zyl en Xander Walkinshaw.
Beste Sanggroep: Henco van der Merwe en Jaco Jansen van Vuuren.
Beste Sang Solo: Anru Moolman.
Graad 12 Uitdaging: “As jy Sing”.
Kultuur: Sang
Baie geluk aan Marioné Engelbrecht wat tydens die Allegreto Eisteddfod ‘n A++ (itemwenner met 93%) vir “country”, A+++ (afdelingswenner met 95%) vir “Pop”, ‘n A+++ (afdelingswenner met 95%) vir “Gospel” en ‘n A +++ (Afdelingswenner met 97%) vir “Musical” wen.
Met die Noorderkruin Kunstefees verower Marioné ook A++ vir “Musical”, A+ vir “Pop”, A+ vir “Gospel” en A+ vir “Country”.
Kultuur: Con Spirito Debat, 8 Augustus 2025, Hoërskool Garsfontein
Juniors:
Isabel Vos en Elon Govindasamy verwerf ‘n gemiddeld van 60%.
Mia Viljoen en Aiden Harold verwerf ‘n gemiddeld van 66% en is wenners van hul debat.
Angelique Jonker en Jolizna Steyn verwerf ‘n gemiddeld van 60% en is wenners van hulle debat.
Seniors:
Leilah Fourie en Kaelo Muhammed verwerf ‘n gemiddeld van 58%.
Kiara Jonker en Heinrich Buitendag verwerf ‘n gemiddeld van 65%.
Duncan Paulsen en Jaco Jansen van Vuuren verwerf ‘n gemiddeld van 70%.
Leierskap: PN Raad
Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die PN-Raad 2025 - 2026:
Graad 10 dogters:
Leana Bezuidenhout, Mishca Breytenbach, Fortune Magongoa, Mia Rynners, Amorey Wallendorf en Jessica Watt.
Graad 10 seuns:
Raynhard Bosman, Michael de Villiers, Jayden de Villiers, Barco Lombard en Ruan Schoonraad.
Graad 11 dogters:
Marlia Botha, Simoné de Koker, Mikayla de Wet, Elmaré Delport, Larissa Ellis, Elmari Fourie, Marinda Fraser, Anchen Gerber, Leandré Koekemoer, Luzaan Nortjé, Cheyenne Pieterse, Liané Schutte, Klara Strydom, Leila van Rensburg, Annabelle van Wyk, Lodique Velthuysen en Chanté Zeelie.
Graad 11 seuns:
Malan Bezuidenhout, Junior Bokwa, Ivander Coetzee, Henry Dearlove, GP Engelbrecht, Dehan Joubert, Rohan Louw, Caleb Plaatjies, Ewan rynners, Kaleb Snyman, MC Swanepoel en Wian van Heerden.
Leierskap: VLR
Baie geluk aan Thati Rakale wat aangewys is as die dogters VLR-lid van graad 8F in die plek van MilaClaire Jansen van Vuuren wat die skool verlaat het.
Akademie
Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis dat die toetsperiode van Donderdag, 28 Augustus 2025 skuif na Vrydag, 29 Augustus 2025, as gevolg van ons Revue-groep wat deurgedring het na die finaal van die Kaleidoskoop Kompetisie op 27 Augustus 2025.
Ons het die aanstelling van ons nuwe Departementshoof vir Wiskunde vanaf die Gauteng Onderwys Departement ontvang. Mnr. T. van der Merwe sal vanaf 1 September 2025 die pos vul. Baie dankie vir Me. A van Niekerk wat vir ons waargeneem het in die pos terwyl dit vakant was. Die implikasie is dat Mnr. van der Merwe vanaf 1 September 2025 die leisels by graad 10 en 11 Wiskunde sal oorneem en Me. Van Niekerk vanaf 1 September 2025 by ons graad 8’s gaan inval saam met Mev. Davidson en Mej. Scheepers.
Inskrywings Graad 8 vir 2026
Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf Donderdag, 24 Julie 2025 tot Maandag, 29 Augustus 2025 sal wees. Daar sal slegs 1 fase wees.
Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf Donderdag, 24 Julie 2025 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:
- GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
- GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres:
Huiseienaars – Munisipale rekening van nie ouer as 3 maande nie in die naam van die ouer met die volle residensiële adres.
Huurders – moet al die volgende dokumente nie ouer as 3 maande nie voorlê:- Munisipale rekening in die naam van die verhuurder met die volle resedensiële adres.
- Huurkontrak (kan ouer as 3 maande wees) geteken deur huurder en verhuurder met die volle residensiële adres. (Belangrik die huur periode op die huurkontrak moet nog steeds geldig wees op die datum wanneer u aanlyn aansoek doen)
- ‘n Kwitansie vir betaling van huurgeld metvole residensiële adres.
- Staat van enige rekening in die naam van die aansoeker met die volle residensiële adres op.
- GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
- GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente
Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:
1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees.
Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames ook vanaf Maandag, 28 Julie 2025 tot Woensdag 30 Julie 2025 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].
Baie sterkte met die inskrywingsproses.
Afri-Forum: “Laat die Son Skyn oor hul Grafte”
Die burgerregte organisasie, Afri-Forum, vra ons gemeenskap se hulp vir ‘n verdienstelike projek by die Heatherdale begrafplaas. Hulle beplan om op Saterdag, 30 Augustus 2025, vanaf 08H00 ‘n skoonmaak-projek by die begrafplaas te loods en versoek:
- Almal wat ‘n geliefde daar begrawe het word gevra om die graf skoon te kom maak.
- Enige persoon wat bereid is om te help om ‘n graf skoon te maak.
- Jongmense wat bereid is om vir sakgeld ‘n graf skoon te kom maak.
Skoolfonds
Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool instaat te stel om kwaliteit onderrig aan te bied en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal. Betaal asseblief u skoolfonds, dit is die regte ding om te doen!
Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode
Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.
Neem ook asseblief kennis dat appélle na die veto-vergadering vanaf Dinsdag, 5 Augustus tot Woensdag, 6 Augustus word hierdie jaar gerig aan die Onder-Voorsitter van ons Beheerliggaam. Dit is Mnr. Corné Botha by [email protected].
Program vir die week
Maandag, 25 Augustus:
- Graad 8 – 11, dag 5.
- Graad 12 Rekordeksamen.
- Detensie, 14H15 – 15H15.
- PN-Raad opleiding: 14H00 – 16H00, K14.
Dinsdag, 26 Augustus:
- Graad 8 – 11, dag 6.
- Toetsperiode 8 – 11.
- Graad 12 Rekordeksamen.
- PN-Raad opleiding: 14H00 – 16H00, K14.
- Tennis: dogters 0/15 v/s Wilgers, 14H30, tuis.
- Krieket: PNHS 0/14 A v/s Afrikaans Hoër Seuns, 14H30, weg.
- English Evening, 17H30, personeelkamer.
Woensdag, 27 Augustus:
- Graad 8 – 11, dag 1.
- Graad 12 Rekordeksamen.
- Addisionele akademiese uur 8 - 12, 14H00 – 15H00.
- Sagtebal: Dogters Tshwane proewe 0/16 & 0/19, 14H30, Oos Moot.
- Revue: Kaleidoskoop finaal, staatsteater.
- Leier Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
Donderdag, 28 Augustus:
- Graad 8 – 11, dag 2.
- Graad 12 Rekordeksamen.
- PNNK: Grafiti Kompetisie, 14H00 – 16H00, binneplein.
- Krieket: 0/15A v/s Sutherland, 14H30, tuis.
Vrydag, 29 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Toetsperiode 8 – 11.
- Graad 12 Rekordeksamen.
- Dogters sagtebal B-liga: PNHS v/s Garsfontein, 14H30, tuis.
- Netbal: Fast Five, 14H30, Montana.
Saterdag, 30 Augustus:
- Sagtebal: Dogters Sagtebal: A-spanne asook 0/14B & 0/19B v/s Centurion, 09H00, weg.
- PN-Raad: Uitreik Heatherdale Begrafplaas, 08H00.
- Krieket: PNHS 1 v/s Sutherland 1, 09H00, tuis.
Maandag, 1 September:
- Graad 8 – 11, dag 4.
- Graad 12 Rekordeksamen.
- Detensie, 14H15 – 15H15.
- Krieket: PNHS 2 v/s Afrikaans Hoër Seunskool, 14H30, tuis.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof