Omsendbrief 26/2024

Omsendbrief 26/2024


Administratief
August 26, 2024


OB: 26 / 2024

Geagte ouers

Lief en Leed

  • Ons groet Mnr. R Steyn, een van ons onderwysassistente, wat ‘n onderwyspos by Hoërskool OosMoot aanvaar het.
  • Dit is met leedwese dat ons kennis gekry het van die afsterwe van een van ons ouers, Mnr. F.W. Coetzee. Ons bid vir vertroosting en dra sy gesin op aan ons Hemelse Vader.

Landloop (Voorseisoen)

Baie geluk aan die volgende atlete wat opgeneem is in die Gauteng-Noord span: Ezmerelda Vivier, Heino Schuster en Shon-dré Scheun.

Ezmerelda Vivier (15de) en Heino Schuster (23ste) het op 20 Julie 2024 aan die Inter-Provinsiale Landloop Kampioenskappe in Middelburg vir Gauteng-Noord deelgeneem

Gholf: Liga 4, 30 Julie 2024, Akasia Gholfklub

PNHS 1 v/s Menlopark 3:

Menlopark 3 wen met 51 teenoor 42, Geluk aan Regardt du Preez (19-16), wat sy wedstryd wen. Dit was ons derde ligawedstryd, waarvan ons twee wen en een verloor.

PNHS 2 v/s Montana 2:

PNHS 2 verloor met 0 wedstryd teenoor 4. Dit was ons derde ligabepaling waarvan ons drie verloor

Krieket

21 & 22 Augustus:

PNHS 0/15 A v/s Laudium High School 0/15 A. Laudium High School kolf eerste en behaal 285 / 5. Goeie boulwerk van Aiden Gerber wat 3 paaltjies vir 49 lopies neem in 8 beurte (silwer balkie) in die veld neem Charl Otto 2 pragtige vangskote (brons balkie). PNHS volg op met 240/10. Goeie kolfwerk van Keagan Joubert met 57 lopies van 105 balle (silwer balkie) en Ruan Schoonraad met 46 lopies van 57 balle (brons balkie). Laudium High School wen met 45 lopies. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons beide verloor.

24 Augustus:

PNHS 1 v/s Laudium High School 1. PNHS 1 kolf eerste en behaal 82 / 10. Goeie kolfwerk van Michael Flannagan met 24 lopies van 39 balle en Ruan Schoonraad met 20 lopies van 37 balle. Laudium High School volg op met 84/3. Goeie boulwerk van Michael Flannagan met 1 paaltjie vir 10 lopies in 4 beurte, Nathan Oosthuizen met 1 paaltjie vir 22 lopies in 4 beurte en Christopher Runnals met 1 paaltjie vir 25 lopies in 4 beurte. PNHS 1 verloor met 7 paaltjies. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide verloor

Jukskei: Liga 2: Jukskeipark, 24 Augustus 2024

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/19 A PN 7 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/19 A Gm 5  
0/19 A PN 5 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/19 A Wnb 10  
0/19 A PN 7 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 A JV 9  
0/19 A     Gewen: , Gelykop: , Verloor:
0/19 A      

GM = Gerrit Maritz / Wnb = Wonderboom / JV = John Vorster

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/19 A PN 7 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/19 A Zwp 8  
0/19 A PN 7 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/19 A Ak 8  
0/19 A PN 7 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/19 A Hpt 8  
0/19 A     Gewen: , Gelykop: , Verloor:
0/19 A      

Zwp = Zwartkop / Ak = Akasia / Hpt = Hartebeespoort

Dogters Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/19 B PN 7 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 B Zwp 8  
0/19 B PN 9 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 B Ak 5  
0/19 B PN 14 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/19 B Hpt 8  
0/19 B     Gewen: , Gelykop: , Verloor:
0/19 B      

Rugby: Wilgers / Sutherland Sewes

0/15 Toernooi, Wilgers, 24 Augustus 2024

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/15 A PN 0 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Zwp 48  
0/15 A PN 24 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Eras 7  
0/15 A PN 22 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Lin 0  
0/15 A PN 15 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/15 A Won 10  
0/15 A PN 17 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 A Brg 12  

Zwp = Zwartkop/Eras = Erasmus/Lin = Linden/Won = Wonderboom/Brg = Brandwag

0/17 Toernooi, Sutherland, 24 Augustus 2024

Seuns Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/17 A PN 10 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/17 A Zwp 45  
0/17 A PN 21 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1
0/17 A Ambd 12  
0/17 A PN 7 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/17 A PBH 19  
0/17 A PN 28 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/17 A Tal 45 19  
0/17 A PN   Gewen: , Gelykop: , Verloor:
0/17 A      

Zwp = Zwartkop/Eras = Erasmus/Lin = Linden/Won = Wonderboom/Brg = Brandwag

Sport buite skoolverband

  • Baie geluk aan MC Swanepoel wat opgeneem is in die AVS Presidentspan vir rugbywat van 21 September 2024 – 1 Oktober 2024 na Romenië toer.
  • Baie geluk aan Danika Misselhorn wat opgeneem is in die AVS Noord Transvaal 0/17 wes-span vir hokkie, wat gedurende die September skoolvakansie aan die Bokkie week gaan deelneem.

Kultuur

Pretoria Drama Eisteddfod, 25 Julie 2024

Baie geluk aan:

  • Luhan O’ Callaghan A+ vir Rock lied en A vir Populêre lied, Gewyde lied en Afrikaanse lied.
  • Lara van Schalkwyk A+ voorbereide poësie en onvoorbereide lees, A++ vir voorbereide lees.
  • Beate Haarhoff A++ vir voorbereide poësie.
  • André Haarhoff A++ vir voorbereide poësie.

Afrikaanse Kunsvereniging, 1 Augustus 2024:

Baie geluk aan:

  • Luhan O’ Callaghan A-simbool vir Afrikaanse lied en Gewyde lied en A+ vir Populêre lied.
  • Mia Rynners A++ vir Redenaars, Gedramatiseerde Poësie en Karakteruitbeelding. Sy verower ook ‘n A++ vir onvoorbereide lees, en voorbereide poësie en is by elkeen as die item wenner aangewys.

Noorderkruin Kunstefees, 22 Augustus 2024

Baie geluk aan:

  • Luhan O’Callaghan wat silwer wen vir Engelse Populêre lied asook Engelse Gewyde Lied en goud wen vir Country lied en Afrikaanse lied.
  • Beate Haarhoff A++ vir voorbereide poësie.
  • André Haarhoff A++ vir voorbereide poësie.

Finansiële Sake

Geagte ouers neem asseblief kennis dat die skool se bankbesonderhede gaan verander omdat dit vir die skool verskeie voordele sal inhou. Ons nuwe rekening skuif na FNB: takkode: 210554 en nuwe rekeningnommer 63096257738.

Projek: SPAR Ninapark

SPAR Ninapark gee aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 1 September tot 30 November 2024 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000.Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 1 September 2024


Program vir die week

Maandag, 26 Augustus:
  • Graad 8 – 11, dag 3.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • PN-Raad: Hoofleierverkiesing.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Krieket Liga 2: PNHS 2 v/s Overkruin 2, 14H30, tuis.
Dinsdag, 27 Augustus:
  • Graad 8 – 11, dag 4.
  • Graad 8 – 11 Toetsdag.
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • PN-Raad: Inhuldiging, 18H00, binneplein.
Woensdag, 28 Augustus:
  • Graad 8 – 11, dag 5.
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • Akademiese periode 8-11, 14H15 – 15H15.
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s Wonderboom 0/15 , dag 1, 14H30, tuis.
  • Sagtebal: Dogters Gauteng-Noord proewe, 14H30:
    0/14 en 0/15 Centurion.
    0/16 en 0/19 Montana
Donderdag, 29 Augustus:
  • Graad 8 – 11, dag 6.
  • Graad 8 – 11, Toetsdag.
  • Graad 12 Rekordeksamen
  • VLR vergadering, 14H00, K 76
  • Krieket: PNHS 0/15 A v/s Wonderboom 0/15A, dag 2, 14H30, tuis.
Vrydag, 30 Augustus:
  • Graad 8 – 11, dag 1
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Lentedag, Gewone kleredrag R 10-00.
  • Rugby:0/15 Sewe’s Toernooi, 14H30, Eldoraigne.
    0/17 Sewe’s Toernooi, 14H30, Eldoraigne.
  • Sagtebal Seuns: PNHS v/s Gerrit Maritz, 14H30, weg.
  • Sagtebal Dogters: PNHS v/s Eldoraigne 0/14 en 0/19, 14H30, weg.
Saterdag, 31 Augustus:
  • Gasvryheidstudies: Graad 11 “High Tea” 06H30 – 14H00.
  • Rugby:0/15 Sewe’s Toernooi, 09H00, Eldoraigne.
    0/17 Sewe’s Toernooi, 09H00, Eldoraigne.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Wonderboom, 09H00, weg.
  • Krieket PNHS 0/14 A v/s Eldoraigne 0/14A, 09H00, weg.
  • Jukskei liga 3, 09H00, Jukskeipark.
  • Sagtebal Dogters: PNHS v/s Wonderboom, 09H00, tuis.
Maandag, 2 September:
  • Graad 8 – 11, dag 2.
  • Graad 12 Rekordeksamen.
  • Detensie, 14H15 – 16H15
  • Krieket Liga 3: PNHS 2 v/s Sutherland 2, 14H30, weg.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug