Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 25/2026


Administratief
August 03, 2026


OB: 25 / 2026

Geagte ouers

1. Lief en Leed

  • Baie welkom aan die volgende studente wat by ons aangesluit het vir waarneming 3 Augustus tot 18 Augustus 2026. Mej. C Snyman (Engels) en Me. A Louw (Wiskunde).
  • Ons groet Mev. C Roos (Wiskunde) wat bedank het met ingang van 31 Julie 2026.
  • Ons verwelkom Mnr. W. van Heerden wat by ons aansluit in die plek van Mev. C. Roos.

2. Tennis

24 Julie: PNHS Seuns 1ste v/s Centurion 1. PNHS wen met 51 potte teenoor 16. Baie geluk aan: JP Thomas (8-3), Jayden de Villiers (7-4), Raynard Bosman (8-3) en Riaan Roos (10-1) wat hul wedstryde wen. Dit was ons sewende ligawedstryd, waarvan ons 6 wen en 1 verloor.

3. Landloop

3.1 Liga 1, Prestige College, 24 Julie 2026
  • Dogters 0/14: Liani Potgieter (45), Momo Sepotolole (49) en Miandri Ysel (60).
  • Seuns 0/14: Franco van Pletzen (45) en Aiden Helberg (66).
  • Dogters 0/15: Sandra Viviers (36) en Kaylie van Jaarsveld (52).
  • Seuns 0/15: SJ Labuschagne (82)
  • Dogters 0/16: Jamila Buff (17), Charney Badenhorst (45), Jessica Potgieter (56), Danika du Plessis (67) en Dané Greeff (68).
  • Dogters 0/17: Jazlyn Roux (36) en Ruhlani Kohza (45).
  • Dogters 0/20: Simoné de Koker (15).
  • Seuns 0/20: Mikyle Willemse (25), Maurice Munro (29) en Allan Rebeiro (70).
3.2 Liga 1, Lavender Kontrei mark, 29 Julie 2026
  • Dogters 0/14: Liani Potgieter (42) en Miandri Ysel (67).
  • Seuns 0/14: Franco van Pletzen (45) en Aiden Helberg (69).
  • Dogters 0/15: Sandra Viviers (46).
  • Dogters 0/16: Jamila Buff (16), Charney Badenhorst (57), Jessica Potgieter (58), Danika du Plessis (78) en Dané Greeff (79).
  • Dogters 0/17: Jazlyn Roux (40) en Ruhlani Kohza (52).
  • Seuns 0/17: Matthew Roselt (43), Allan Rebeiro (86) en Jayden Roux (102)
  • Dogters 0/20: Simoné de Koker (13).
  • Seuns 0/20: Mikyle Willemse (27), Junior Bokwa (37) en Maurice Munro (49).

4. Gholf

27 Julie: PNHS 3 v/s Montana 4. PNHS verloor met 1-3. Geluk aan LJ Janse van Vuuren wat sy wedstryd wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.

5. Hokkie: Noord-Vaal Kompetisie, 30 Julie – 2 Augustus 2026, H/S Oos Moot & Springs

Ons 0/16 span speel in Springs:

Wedstryd Teenstander Uitslag
1 H/S Driehoek Gelykop 2-2
2 H/S Randburg Gelykop 2-2
3 Curro Nelspruit Wen 1-0
4 H/S Edenvale Verloor 1-3
5 H/S Fochvolle Wen 2-1
6 Wagpos Verloor 0-1

Ons 0/16 span eindig 6de in die Noord-Vaal Kompetisie.

Ons 1ste span speel by H/S Oos Moot:

Wedstryd Teenstander Uitslag
1 H/S Louis Trichardt Wen 2-0
2 Curro Vanderbijlpark Wen 3-0
3 Penryn College Verloor 0-3
4 Brescia House College Verloor 0-4
5 Wagpos Verloor 0-2
6 Hoërskool Krugersdorp Verloor 1-3

Ons 1ste span eindig 8ste in die Noord-Vaal Kompetisie.

6. Rugby: Noord-Vaal Beker: Rondte 1, Augustus 2026, PNHS

Uitslae tot dusver
  0/14A 0/14A 0/15A 0/15A Nyl 0/16A 0/16A Wit 2de 2de 1ste 1ste Lyd
Punte     17 13 20 14     31 26
Gewen 3   9   8   5   9  
Verloor 3   1   2   2   1  
Gelyk 1   0   0   0   0  

Hierdie naweek sal ons spanne onderskeidelik as Blou Bulle 1 en 2 die ander provinsies aanvat in die Kwart-Finaal van die Noord-Vaal beker, weereens op PNHS se velde:

  • 09H00: PNHS 0/15 (Blou Bulle 1) v/s Wagpos Landbou (Luiperds 1).
  • 09H00: PNHS 0/16 (Blou Bulle 2) v/s H/S Randburg (Valke 3).
  • 10H10: PNHS 1ste (Blou Bulle 2) v/s Wagpos Landbou (Luiperds 1).

7. Sagtebal

7.1 Seuns Sagtebal: Liga 1: PNHS v/s Hartebeespoort, 27 Julie 2026, weg
Span 0/14A 0/15A 0/16A 0/19A
PN 1 7 14 9
Hartebeespoort 3 8 11 0

Uitslae tot dusver: Gewen 0/0/1/1, Gelykop 0/0/0/0, Verloor 1/1/0/0

7.2 Dogters Sagtebal Liga 1: PNHS v/s Homespun, 1 Augustus 2026, weg
Span 0/14A 0/15A 0/16A 0/19A
PN 3 1 3 9
Homespun 13 8 3 1

Uitslae tot dusver: Gewen 0/0/0/1, Gelykop 0/0/1/0, Verloor 1/1/0/0

8. Krieket

1 Augustus: PNHS 1 v/s Wonderboom 1. Wonderboom kolf eerste en behaal 74/10. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 4 paaltjies vir 8 lopies in 3 beurte, JP Thomas met 2 paaltjies vir 7 lopies in 3 beurte en Jaydon van Wyngaardt met 2 paaltjies vir 16 lopies in 4 beurte. PNHS volg op met 75/1. Goeie kolfwerk van Mark Gorman met 36 lopies van 33 balle en Charl Otto met 22* van 30 balle. PNHS wen met 9 paaltjies. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide wen.

9. Sport Buite Skoolverband

Baie geluk aan Paul Benadé (graad 12) en Aiden de Klerk (graad 8) wat gekies is vir die Gauteng-Noord Junior rolbalspan wat 8-9 Augustus aan die Presidents beker by Windgate klub deelneem.

10. Kultuur: Debat

Baie geluk aan Luzaan Nortjé en Juane Broodryk, Mia Smit en Jolizna Steyn, Aiden Gerber en Luané Paterson, Angelique Jonker en Jessicah Plaatjies wat PNHS by die Conspirito debats kompetisie by H/S Eldoraigne verteenwoordig het. Angelique Jonker en Jessicah Plaatjies was ook die wenners van hulle debatsgesprek.

11. Inskrywings Graad 8 vir 2027

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf Woensdag, 5 Augustus 2026 tot Vrydag, 4 September 2026 sal wees. Daar sal slegs 1 fase wees.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf Woensdag, 5 Augustus 2026 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ‘n waglys-/verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:

  • GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
  • GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres:
    • Huiseienaars – Munisipale rekening van nie ouer as 3 maande nie in die naam van die ouer met die volle residensiële adres.
    • Huurders – moet al die volgende dokumente nie ouer as 3 maande nie voorlê:
      1. Munisipale rekening in die naam van die verhuurder met die volle residensiële adres.
      2. Huurkontrak (kan ouer as 3 maande wees) geteken deur huurder en verhuurder met die volle residensiële adres. (Belangrik: die huur periode op die huurkontrak moet nog steeds geldig wees op die datum wanneer u aanlyn aansoek doen.)
      3. ‘n Kwitansie vir betaling van huurgeld met volle residensiële adres.
      4. Staat van enige rekening in die naam van die aansoeker met die volle residensiële adres op.
  • GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
  • GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:

  1. Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
  2. Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
  3. Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
  4. Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
  5. Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres

Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames ook Woensdag, 5 Augustus 2026 en Donderdag, 6 Augustus 2026 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].

Baie sterkte met die inskrywingsproses.


12. Program vir die week

Maandag, 3 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • PN Raad-verkiesing: Vetovergadering.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Redenaars: “Podium Pret” Rondte 2.
  • ATKV Uitklopspel, H/S Centurion.
  • Gholf: PNHS 1 v/s Brits, 14H30, weg.
  • Gholf: PNHS 2 v/s Brits, 14H30, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 Kelneropleiding, 14H15, restaurant.
  • Oueraand, 18H00 – 20H00, klasse.
Dinsdag, 4 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Toetsperiode.
  • PN Raad-verkiesing: Bekendmaking van kandidatelys.
  • PN Raad-verkiesing: Appélle na Beheerliggaam Voorsitter.
  • Graad 12 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 5.
  • Lewenswetenskap Olimpiade, 14H15, K76.
  • Natuurwetenskap Olimpiade, 14H15, K14.
  • Gholf: PNHS 1 v/s Menlopark 7, 14H30, Akasia gholfbaan.
  • Tennis: Dogters 0/15 A v/s Woodhill, 14H30, weg.
  • Akademie vir Leerder Prestasie vergadering, 18H00, personeelkamer.
Woensdag, 5 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • PN Raad-verkiesing: Nominasies sluit 14H00.
  • Addissionele Akademiese uur graad 8-12, 14H15 – 15H15.
  • Dogters Sagtebal: PNHS 0/14 B en 0/15 A v/s Montana, weg.
  • Landloop: Liga 3, 14H30, TUKS.
  • Tennis: Seuns 1ste v/s Waterkloof 5, 14H30, tuis.
  • Tennis: Seuns 2 v/s Waterkloof 6, 14H30, tuis.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H00, Konferensiekamer.
  • Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 6 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Toetsperiode.
  • Toerisme: Graad 10 – 11 Eksamen PAT, saal.
  • Revue: Semi-Finaal Kaleidoskoop, staatsteater. Vertrek 2de pouse.
  • VLR-vergadering, 14H00, K76.
  • Fisiese Wetenskap Olimpiade, 14H15, K76.
  • Sagtebal: Dogters 0/14 A en 0/15 B v/s Montana, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 Restaurantaand, 18H00, restaurant.
Vrydag, 7 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Toerisme: Graad 10 – 11 Eksamen PAT, saal.
  • Sagtebal: Seuns v/s HTS John Vorster, 14H30, tuis.
  • Redenaars: “Op die Tong Af”, rondte 1 oproepe sluit.
Saterdag, 8 Augustus
  • Dogters Sagtebal Liga 2: PNHS 0/16 A, 0/19A en B v/s Montana, 08H00, tuis.
  • Rugby: Noord-Vaalbeker Kwart-Finaal, 09H00, tuis.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Overkruin 1, 10H00, tuis.
Maandag, 10 Augustus
  • Publieke Vakansiedag.
Dinsdag, 11 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Interne Vasvra, 14H00, K18 – K24.
  • Krieket: 0/14A v/s Wonderboom, 14h30, tuis.
  • Gholf: PNHS 2 v/s Wagpos, 14H30, weg.
  • Gholf: PNHS 3 v/s Wagpos ,14H30, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 Restaurantaand, 14H15, restaurant.
  • Atletiek & Landloop Akademie vergadering,18H00 personeelkamer.
  • Akademie vir Leerder Ondersteuning “Noorderlig” vergadering, 18H00, K66.

Vriendelike Groete CJC Driescher, Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug