Omsendbrief 24/2020

Omsendbrief 24/2020

Administratief
July 24, 2020


Geagte ouers
Aankondiging van sluiting van skole 27 Julie tot 23 Augustus 2020

Na aanleiding van die afkondiging van die president gisteraand en die meegaande mediaverklaring van die Departement van Basiese Onderwys wat sekerlik weereens groot onsekerheid onder die skoolgemeenskap skep net die volgende kommentaar. Ek glo daar is twee hoofpole wat die regering dryf. Eerstens die belangrikheid van skole in terme van die land se ekonomie en tweedens die lewensgevaarlike COVID 19 virus. Die oplossing was om ‘n balans te probeer trek tussen die twee, graad 12’s gereed te kry vir hul komende eksamens en tweedens om getalle binne die skool te verminder ten einde infeksies te verminder. Waar staan ek en my personeel tans? Ouer neem kennis dat ons hier is en die beste vir ons kinders wil gee, ek glo ons aksies sedert 25 Mei onder bitter moeilike omstandighede sal dien as bewys hiervan. Ons personeel is deur die bank tevrede dat ons graad 12 leerders byna gereed is vir hulle groot eksamens wat kom en sal hulle reg hê daarvoor. Graad 8 tot 11 se leerplanne is aangepas en ook daar is ons tevrede dat ons met die hulp van aanlyn-onderrig in meeste grade en vakke ons leerders op datum het. Dit is bitter jammer dat veral graad 8 en 9 se ritme nou weer gebreek word maar ten minste weet hulle nou hoe werk dinge by die skool en kon hulle hergroepeer na al die aanlyn-onderrig. In ‘n neutedop ons is gemaklik dat met al die opofferings van ons ouers, kinders en onderwysers is H/S Pretoria-Noord nog op koers en ‘n punt dat ons, ons kinders ongeskonde deur 2020 sal kry. Hier is volgens my interpretasie van dokumentasie wat gaan gebeur oor die volgende 4 weke, sodat u en ons kinders hulself kan orienteer.

Week Aksie
27 Julie – 31 Julie Skole sluit weer vir graad 8 – 12
  Slegsbestuurspan (hoof adjunkte en departementshoofde by skool)
  Ons gaan geen werk vir graad 12 gee nie, hulle moet rus
  Graad 8 – 11 werk aanlyn volgens hulle aangepaste leerplanne.
3 Augustus – 7 Augustus Slegs graad 12 en hul personeel terug by die skool.
  Graad 12 begin Maandag met rotasie op dag 6 groep A om aan te gaan waar hulle opgehou het.
  Graad 8 tot 11 werk aanlyn volgens hulle aangepaste leerplanne
11 Augustus – 14 Augustus Slegs graad 12 en hul personeel by die skool.
  Graad 8 tot 11 werk aanlyn volgens hulle aangepaste leerplanne
17 Augustus – 21 Augustus Slegs graad 12 en hul personeel by die skool.
  Graad 8 tot 11 werk aanlyn volgens hulle aangepaste leerplanne
24 Augustus Alle grade terug by skool. Volgens rotasiestelsel sal hulle begin met dag 6 groep A.
  Graad 12 rekord eksamen begin.

Ouers neem asseblief kennis dat met die skielike aankondiging besef ons, ons A groep leerders se boeke is nog in hul sluitkassies. Phillip sal weer vanaf Maandag 27 Julie tot Vrydag 31 Julie vanaf 08H00 – 14H00 diens doen by die Berglaanhek en leerders help om hul boeke te ontruim.

Ouers ek wil asseblief’weer ‘n beroep doen op u om die beweging van u kind en kontak met maats te beperk ek weet hulle verstaan nie altyd nie. Hierdie virus bly egter vernietigend en selfs gesonde kinders begin nou die slagoffers word met infeksies wat nou die hoogtes inskiet. Hierdie sluiting is anders as tydens die eerste vlak 5 grendeltydperk omdat baie meer vryheid van beweging op vlak 3 toegelaat word en dit is wat dit soveel gevaarliker maak vir ons kinders. Dit help nie ons sluit ons skole om hulle veilig te hou en dan tel hulle die virus in elke geval daar buite op nie.

Ouers neem ook asseblief kennis dat die geskeduleerde toetse vir Saterdag, 25 Julie, dit is graad 11 Engels 08H00 – 9H15 en graad 10 Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid 09H30 – 10H40 voortgaan omdat die skole eers amptelik vanaf 27 Julie 2020 gesluit verklaar is. Dit sal ons help om ons Tweede kwartaal assesering bykans afgehandel te kry, met slegs ons toetse van 1 Augustus wat in die slag gebly het, hierdie toetse sal geherskeduleer word.

H/S Pretoria-Noord 20 Julie tot 24 Julie 2020

Ons kan terug rapporteer dat ons graad 12 leerders se week 7 en graad 11 se week 4 en graad 10 se week 3, graad 9 se week 2 en graad 8 se week 1 terug by die skool sonder voorval verloop het en daar word fluks gewerk. Dankie vir ons leerders se uitstekende gedrag. Ons skoolbywoning vir hierdie week was 93% vir graad 12, 85% vir graad 11, 86% vir graad 10, 87% vir graad 9 en 85% vir graad 8.

JAT – aanlegtoetse vir graad 9

Neem asseblief kennis dat hierdie toetse afgehandel is, die uitslae sal aan ons graad 9 leerders uitgedeel word sodra hulle weer terug is by die skool. Ouers moet asseblief sorg dat hulle hierdie uitslae kry en dit gebruik om vakkeuses vir graad 10 te maak. Neem asseblief kennis in hierdie verband van Akademia wat ‘n aanlyn vakkeuse-aand vir graad 9’s gaan hou op 29 Julie om 18H00. U kan bespreek by: WWW.AKADEMIA.AC.ZA

Leierskap: PN Raad - verkiesing

Neem asseblief kennis van die bestuursplan vir die verkiesing van ons PN Raad 2021:

Datum Aktiwiteit
29 Julie Sperdatum vir terugvoer op apélle.
30 Julie Opstel van stembriewe
30 Julie – 3 Augustus Kontrole van stembriewe
4 Augustus PN Raad verkiesing Groep A
5 Augustus PN Raad verkiesing Groep B
  Stemme word getel 15H00
6 Augustus Kontrole van stemme
7 Augustus Bekendmaking van PN Raad
12 – 20 Augustus Observasie en Diens
21 – 23 Augustus Gagkamp by H/S Pretoria-Noord
23 Augustus PN Raad verkies hoofleiers
24 Augustus Terugvoer van kamp
  Personeel verkies hoofleiers
26 Augustus PN Raad inhuldiging
  Bekendmaking van hoofleiers
Program vir die week

Saterdag, 25 Jul:

  • Toetsdag: Leerders meld stiptelik om 07H30 aan by Berglaanhek vir in teken. Toets begin 08H00 tot 09H15.
  • Graad 11: Engels.
  • Toetsdag: Leerders meld stiptelik om 09H00 aan by Berglaanhek vir inteken. Toets begin 09H30 tot 10H40.
    Graad 10: Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid.

Maandag, 27 Jul:

  • Graad 8-12 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, BL voorsitter terugvoer op appélle.

Dinsdag, 28 Jul:

  • Graad 8-12 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, BL voorsitter terugvoer op appélle.

Woensdag, 29 Jul:

  • Graad 8-12 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, BL voorsitter terugvoer op appélle.

Donderdag, 30 Jul:

  • Graad 8-12 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, Opstel van stembriewe.

Vrydag, 31 Jul:

  • Graad 8-12 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, kontrole van stembriewe.

Maandag, 3 Aug:

  • Graad 12 skool heropen. Rotasie dag 6 groep A
  • Graad 8-11 skool gesluit
  • PN-Raadverkiesing, kontrole van stembriewe.

Aflaai aanhangsel

Terug