Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 24/2026


Administratief
July 27, 2026


OB: 24 / 2026

Geagte ouers

1. Lief en Leed

Baie welkom aan die volgende studente van AAROS wat by ons aangesluit het vir waarneming 27 Julie tot 17 Augustus 2026. Mej. J Schutte (Natuurwetenskap), Mej. A Paulsen (Engels), Mej. K Pretorius (Besigheidstudies & Rek), Mej. C Dugand (Afrikaans), Mej. Z Joubert (Wisk & Lewenswetenskap) en Mej. A Mcintyre (Eng).

2. Rugby: Blou Bulle Finaal, 25 Julie 2026, PNHS

Rugby Uitslae
Span PN Teen Gewen Verloor Gelyk Posisie Liga
0/14 A 3 3 1 Liga 5de
0/15 A 28 26 8 1 0 Blou Bulle 1ste
0/16 A 17 19 7 2 0 Blou Bulle 2de
2de 5 2 0 Liga 1ste
1ste 20 21 8 1 0 Blou Bulle 2de

Geluk aan PNHS met die aanbieding van ‘n uitstekende Blou Bulle Finaal, wat bygewoon is deur om en by 3500 toeskouers. Geluk aan al ons spanne en hul afrigters met uitstekende, naelbyt rugby. Dankie aan al ons leerders, oud leerders en ouers wat kom ondersteun het. Spesiale gelukwensing aan ons 0/15 span wat gekroon is as Blou Bulle Kampioen vir 2026.

Hierdie naweek sal ons spanne onderskeidelik as Blou Bulle 1 en 2 die ander provinsies aanvat weereens op PNHS se velde:

  • 08H00: PNHS 0/15 (Blou Bulle 1) v/s Nylstroom (Limpopo 2).
  • 09H00: PNHS 0/16 (Blou Bulle 2) v/s HTS Witbank (Mapumalanga 2).
  • 10H10: PNHS 1ste (Blou Bulle 2) v/s H/S Lydenburg (Mapumalanga 2).

3. Sport Buite Skoolverband

  • Baie geluk aan Zandile Thwala, Liz-Mari Erasmus en Anca Janse van Vuuren wat opgeneem is in die Gauteng-Noord Ringbal span wat vanaf 13 – 18 Julie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het.
  • Baie geluk aan Xanya van Dyk-Stroebel wat in die Gauteng-Noord ruitersport span opgeneem is. Sy het op 18 Julie, 2 tweede plekke en 1 vierde plek behaal op die Gauteng Kampioenskappe.

4. Kultuur: Kooroptrede, Magaliesberg Kinderkoor Winterkonsert, 24 Julie

Ons koor tree op by die Magaliesberg Kinderkoor se winterkonsert. Die verhoog word onder andere gedeel met die kore van Laerskool Voorpos, Laerskool Stephanus Roos en die Magaliesberg Kinderkoor. Ons koor is besig om vinnig baie te verbeter onder hul twee afrigters Mnr. D Venter en Me. F. Dorfling en is baie positief deur die gehoor ontvang. Die aand is soos oudergewoonte afgesluit met ‘n massakoor van 6 kore begelei deur orrel, klavier en dwarsfluit, waarby selfs die gehoor ook betrek is.

Canta Libre het hul naam gestand gedoen en as ware ambassadeurs van ons skool opgetree.

5. Akademie: SAICE Brugboukompetisie, 25 Julie, PNHS

Daar is 19 spanne betrokke in hierdie provinsiale rondte, onder andere H/S Zwartkop, H/S Centurion, H/S Tuine, Soshanguve Engineering School of Specialisation en Boys High.

Finale uitslag
Plek Span Gewig
3de Mountain Cambridge School 18,68 kg
2de PNHS – Michael de Villiers, Jaden de Villiers, Marx du Plessis 39,8 kg
1ste PNHS – Anina Smit, Nicole Guelpa, Allan Ribeiro 43,89 kg

Hulle wen ook die DOWEL prys vir die mees estetiese brug. Hulle kwalifiseer ook om in die nasionale rondte in Midrand deel te neem.

6. Leierskap

Baie geluk aan Ben Klopper wat aangewys is as die nuwe VLR-lid van graad 8D.

7. Akademie vir Leerder Prestasie

Die volgende boodskap van ons voorsitter van die Akademie vir Leerder Prestasie:

  • Die doel van die Akademie vir Leerderprestasie is om:
    • Saam te gesels en idees uit te ruil met die oogpunt om PNHS se akademie tot hoër hoogtes te neem.
    • Na almal se idees te luister omdat ons by mekaar kan leer wat werk en wat nie.
    • As ouers die onderwysers by te staan om ‘n positiewe leer kultuur by leerders aan te moedig.
  • Die Akademie is nie net vir presterende leerders nie, maar vir almal. Alle ouers en leerders is dus welkom om die vergadering elke kwartaal by te woon en by die WhatsApp groep aan te sluit.

Join my WhatsApp group: https://chat.whatsapp.com/C9j7ye95Gvy24MkavPS37t

8. Inskrywings Graad 8 vir 2027

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf Woensdag, 5 Augustus 2026 tot Vrydag, 4 September 2026 sal wees. Daar sal slegs 1 fase wees.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf Woensdag, 5 Augustus 2026 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ‘n waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nadat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:

  • GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
  • GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres:
    • Huiseienaars – Munisipale rekening van nie ouer as 3 maande nie in die naam van die ouer met die volle residensiële adres.
    • Huurders – moet al die volgende dokumente nie ouer as 3 maande nie voorlê:
      1. Munisipale rekening in die naam van die verhuurder met die volle residensiële adres.
      2. Huurkontrak (kan ouer as 3 maande wees) geteken deur huurder en verhuurder met die volle residensiële adres. (Belangrik: die huur periode op die huurkontrak moet nog steeds geldig wees op die datum wanneer u aanlyn aansoek doen.)
      3. ‘n Kwitansie vir betaling van huurgeld met volle residensiële adres.
      4. Staat van enige rekening in die naam van die aansoeker met die volle residensiële adres op.
  • GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
  • GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:

  1. 1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
  2. 2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
  3. 3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
  4. 4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
  5. 5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres

Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames ook Woensdag, 5 Augustus 2026 en Donderdag, 6 Augustus 2026 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].

Baie sterkte met die inskrywingsproses.


9. Program vir die week

Maandag, 27 Julie
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Leef vir Christus week.
  • Omgee week.
  • PN Raad-verkiesing: Nominasies.
  • PNHS Geheel Skool Evaluering, 07H00 – 15H00.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Graad 12 Addisionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 1.
  • Gholf: PNHS 3 v/s Montana, 14H30, Akasia Gholfklub.
  • Toneel: ATKV, UNISA Kleinteater.
  • Netbal Akademievergadering, 17H30, K22.
Dinsdag, 28 Julie
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Leef vir Christus week.
  • Omgee week.
  • PN Raad-verkiesing: Nominasies.
  • PNHS Geheel Skool Evaluering, 07H00 – 15H00.
  • Graad 12 Addisionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 2.
  • Redenaars: Kansvatter Kompetisie Semi-Finales, video’s sluit.
  • Revue: Gradering, Staatsteater.
  • Tennis: Dogters 0/15 A v/s Montana, 14H30, tuis. Dogters 0/15 B v/s Girls High, 14H30, tuis.
  • Restaurant Akademievergadering, 18H00, K66.
  • Jukskei: Ouerinligtingsaand, 18H00, personeelkamer.
Woensdag, 29 Julie
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Leef vir Christus week.
  • Omgee week.
  • PN Raad-verkiesing: Nominasies sluit 14H00.
  • PNHS Geheel Skool Evaluering, 07H00 – 15H00.
  • Graad 12 Addisionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 3.
  • Seuns Sagtebal: PNHS v/s Hartebeespoort, weg. Vertrek om 14H00.
  • Landloop: Liga 2, 14H30, Lavender Kontrei Mark.
  • Beheerliggaamvergadering, 17H30, restaurant.
Donderdag, 30 Julie
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Leef vir Christus week.
  • Omgee week.
  • PNHS Geheel Skool Evaluering, 07H00 – 15H00.
  • Rapporte uit na ouers.
  • Noord-Vaal Hokkie: PNHS 0/16A v/s Hoërskool Driehoek, 07H30, Springs. Vertrek om 05H00.
  • Noord-Vaal Hokkie: PNHS 0/16A v/s Hoërskool Randburg, 15H00, Springs.
  • Noord-Vaal Hokkie: PNHS 1ste v/s Hoërskool Louis Trichardt, 12H45, Oos Moot.
  • Graad 12 Addisionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 4.
  • Wiskunde Olimpiade Rondte 1, 14H15, K4.
  • Skaak Akademievergadering, 17H30, personeelkamer.
Vrydag, 31 Julie
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Leef vir Christus week.
  • Omgee week.
  • PNHS Geheel Skool Evaluering, 07H00 – 15H00.
  • Noord-Vaal Hokkie: PNHS 0/16A v/s Curro Nelspruit, 14H00, Springs.
  • Noord-Vaal Hokkie: PNHS 1ste v/s Curro Hazeldean, 08H30, Oos Moot.
  • ATKV Toneel, UNISA Kleinteater.
  • PNNK Talentaand Oudisies, 14H30 – 18H00, saal.
  • Seuns Sagtebal: PNHS v/s Atteridgeville, 14H30, tuis.
  • Tennis: Seuns 1ste span v/s Centurion, 14H30, tuis. Seuns 2de span v/s Garsfontein, 14H30, tuis.
Saterdag, 1 Augustus
  • Dogters Sagtebal Liga 1: PNHS v/s Homespun, 08H00, weg.
  • Rugby: Noord-Vaalbeker, 08H00, tuis.
  • Jukskei: Driespel, 08H00, Gauteng-Noord Jukskeibane.
  • ATKV Toneel, Semi-Finales, UNISA Kleinteater.
  • Radikale Redenaars, streekfinaal, L/S Concordia.
  • Krieket: PNHS 1 v/s Wonderboom, 09H00, tuis.
  • Noord-Vaal Hokkie: PNHS 0/16A v/s Wesfalia, 13H45. Vertrek om 10H30.
  • Noord-Vaal Hokkie: PNHS 1 v/s Penderen College, Oos Moot.
Sondag, 2 Augustus
  • Noord-Vaal Hokkie, Semi-Finaal en Finales.
Maandag, 3 Augustus
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • PN Raad-verkiesing: Vetovergadering.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Redenaars: “Podium Pret” Rondte 2.
  • ATKV Uitklopspel, H/S Centurion.
  • Gholf: PNHS 1 v/s Brits, 14H30, weg. PNHS 2 v/s Brits, 14H30, weg.
  • Gasvryheidstudies: Graad 12 Kelneropleiding, 14H15, restaurant.

Vriendelike Groete CJC Driescher, Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug