
Omsendbrief 24/2025
Administratief
August 11, 2025
OB: 24 / 2025
Geagte ouers
Tennis
29 Julie:
PNHS Dogters 0/15 A v/s H/S Montana. PNHS 0/15 A wen met 38 potte teenoor 29. Geluk aan Isabel Vos (6-5) en Miané du Plessis (11-0) wat hul wedstryde wen. Cady Meyer en Isabel Vos wen ook hul dubbelswedstryd (9-3). Dit was ons eerste ligawedstryd.
7 Augustus:
PNHS Dogters 0/15 A v/s H/S Centurion. PNHS 0/15 A verloor met 18 potte teenoor 49. Geluk aan Miané du Plessis (9-2) wat haar wedstryd wen. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan on seen wen en een verloor.
Gholf
5 Augustus:
PNHS 1 v/s Hartebeespoort 1 by Akasia gholfbaan. PNHS verloor 48 teenoor 54. Charl Otto (17 -11) en Jaydon Neethling (17-15) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide verloor.
PNHS 2 v/s Hartebeespoort 2 by Akasia gholfbaan. PNHS speel gelykop met 2 wedstryde elk. Geluk aan Jaydon Neethling en Chris Stols wat hul wedstryde wen. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons een wen en een gelykop speel.
Landloop
Landloop liga 1: Prestige College, 23 Julie 2025
0/14 seuns (125 atlete): Jordan Anderson (51), SJ Labuschagne (59), Dario van Deventer (63) en Logan Pretorius (72).
0/14 dogters (135 atlete): Sandra Viviers (46) en Kaylie van Jaarsveld (57).
0/15 seuns (151 atlete): Henru Smith (43).
0/15 dogters (136 atlete): Jamilla Buff (14), Mienka Pretorius (73) en Jessica Potgieter (72).
0/16 seuns (141 atlete): Matthew Roselt (21).
0/16 dogters (140 atlete): Juhane du Plessis (37), Jazlyn Roux (33) en Rhulani Khoza (42).
0/17 seuns (137 atlete): Mikyle Willemse (30) en Schondré Scheun (10).
0/18 seuns (79 atlete): Junior Bokwa (17), Henrico van Tonder (25), Maurice Munro (33).
0/18 dogters (58 atlete): Ezmarelda Viviers (18).
Landloop liga 2: Pretoria Boys High, 30 Julie 2025
0/14 seuns (125 atlete): Jordan Anderson (46), SJ Labuschagne (71), Dario van Deventer (76) en Logan Pretorius (86).
0/14 dogters (135 atlete): Sandra Viviers (33) en Kaylie van Jaarsveld (55).
0/15 seuns (151 atlete): Heino Schuster (41), Caleb Jooste (43), Henru Smith (46).
0/15 dogters (136 atlete): Jamilla Buff (19), Jessica Potgieter (73). Mienka Pretorius (74) en Danika du Plessis (79).
0/16 seuns (141 atlete): Matthew Roselt (25) en Jaden Roux (92).
0/16 dogters (140 atlete): Juhane du Plessis (37), Jazlyn Roux (39) en Rhulani Khoza (47).
0/17 seuns (137 atlete): Mikyle Willemse (30).
0/17 dogters (110 atlete): Simoné de Koker (1).
0/18 seuns (79 atlete): Junior Bokwa (22), Maurice Munro (28) en Henrico van Tonder (31).
0/18 dogters (58 atlete): Ezmarelda Viviers (23).
Landloop liga 3: Curro Hazeldean, 6 Augustus 2025
0/14 seuns (125 atlete): Jordan Anderson (46), Logan Pretorius (68), Dario van Deventer (70) en SJ Labuschagne (72).
0/14 dogters (135 atlete): Sandra Viviers (34) en Kaylie van Jaarsveld (48).
0/15 seuns (151 atlete): Caleb Jooste (35), Heino Schuster (40) en Henru Smith (42).
0/15 dogters (136 atlete): Jamilla Buff (10), Charney Badenhorst (39), Danika du Plessis (72) en Mienka Pretorius (73).
0/16 seuns (141 atlete): Matthew Roselt (30) en Jaden Roux (95).
0/16 dogters (140 atlete): Juhane du Plessis (42), Jazlyn Roux (35) en Rhulani Khoza (50).
0/17 seuns (137 atlete): Schon-dré Scheun (9) en Mikyle Willemse (24).
0/17 dogters (110 atlete): Simoné de Koker (3).
0/18 seuns (79 atlete): Junior Bokwa (20), Maurice Munro (28) en Henrico van Tonder (32).
0/18 dogters (58 atlete): Ezmarelda Viviers (23).
Sagtebal:
Dogters B Liga 1: PNHS v/s Midstream College, 8 Augustus 2025, tuis
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | PN | 12 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/14 B | Mids | 6 | |
0/15 B | PN | 2 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/15 B | Mids | 12 | |
0/16 B | PN | Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: - | |
0/16 B |
0/14 B:Beste Kolwer: Milan Mὅller
Speler van die Wedstryd: Bontle Masego
0/15 B:Beste Kolwer: Lienka Beytell
Speler van die Wedstryd: Ankia Smal
Seuns Liga 2: PNHS v/s HTS John Vorster, 8 Augustus 2025, weg
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 7 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/14 A | JV | 3 | |
0/15 A | PN | 19 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/15 A | JV | 1 | |
0/16 A | PN | 18 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | JV | 1 | |
0/19 A | PN | 21 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/19 B | JV | ||
0/19 A | PN | 9 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/19 A | JV | 0 |
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 B | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 | ||
0/14 B | |||
0/15 B | PN | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 | |
0/15 B | |||
0/16 B | PN | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 | |
0/16 B | 0 | ||
0/19 B | PN | 6 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/19 A | JV | 12 | |
0/19 B | PN | 10 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
0/19 B | JV | 11 |
0/14 A: Beste kolwer: Janco Schoonraad.
Speler van die wedstryd: Christopher Snyman.
0/15 A: Beste kolwer: Zivan Bezuidenhout.
Speler van die wedstryd: Divan Botha.
0/16 A: Beste kolwer: Edowhan Schwarts.
Speler van die wedstryd: Raynard Bosman.
0/19 B: Beste kolwer: Migael Snyman.
Speler van die wedstryd: Henry Dearlove.
0/19 A: Beste kolwer: Rohan Louw.
Speler van die wedstryd: Jayden Neethling
Rugby Noord-Vaal Kompetisie, 9 Augustus 2025, Leeuenhof
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver Blou Bulle liga | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|---|
0/14 A | PN | Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 3 | Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 8 | |
0/14 A | ||||
0/15 A | PN | Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 2 | Gewen: 9, Gelykop: 0, Verloor: 7 | |
0/15 A | ||||
0/16 A | PN | 0 | Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 3 | Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 8 |
0/16 A | Leeu | 60 | ||
1ste | PN | Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 4 | Gewen: 6, Gelykop: 2, Verloor: 8 | |
1ste |
ATKV Spel Uitklop Kompetisie, Akademia Leriba-Kampus, 5 Augustus2025
Ons leerders het vir ‘n eerste keer met ywer, intelligensie en selfvertroue deelgeneem aan hierdie taalvaardigheidskompetisie wat bekend is vir sy hoë standaarde en uitdagende spelrondtes.
Deelname sertifikate:
Juniors: Helé Lottering, Mia Viljoen, Liani Swanepoel, Ziané Nel, Nicola du Plessis en Zaine Koekemoer.
Seniors: Petreen Mathibela, Jason Fourie, Marique Bam, Larissa Ellis, Liané Schutte en Annabelle van Wyk.
Baie geluk aan:
- Liané Schutte wat die idioom wenner is.
- Petreen Mathibela wat ‘n eerste plek behaal by die seniors.
- Ziané Nel wat ‘n eerste plek by die juniors behaal.
- Jason Fourie behaal ‘n derde plek by die seniors.
- Helé Lottering bahaal ‘n derde plek by die juniors.
Hierdie wenners sal in Oktober in Bloemfontein aan die volgende rondte deelneem.
Akademie
Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis dat die toetsperiode van Donderdag, 28 Augustus 2025 skuif na Vrydag, 29 Augustus 2025, as gevolg van ons Revue-groep wat deurgedring het na die finaal van die Kaleidoskoop Kompetisie op 27 Augustus 2025.
Waardebalkies
Baie geluk aan:
- Caitlyn Paterson (8C) wat kwalifiseer vir ‘n balkie vir Verantwoordelikheid.
Inskrywings Graad 8 vir 2026
Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf Donderdag, 24 Julie 2025 tot Maandag, 29 Augustus 2025 sal wees. Daar sal slegs 1 fase wees.
Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf Donderdag, 24 Julie 2025 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:
- GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
- GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres:
Huiseienaars – Munisipale rekening van nie ouer as 3 maande nie in die naam van die ouer met die volle residensiële adres.
Huurders – moet al die volgende dokumente nie ouer as 3 maande nie voorlê:- Munisipale rekening in die naam van die verhuurder met die volle resedensiële adres.
- Huurkontrak (kan ouer as 3 maande wees) geteken deur huurder en verhuurder met die volle residensiële adres. (Belangrik die huur periode op die huurkontrak moet nog steeds geldig wees op die datum wanneer u aanlyn aansoek doen)
- ‘n Kwitansie vir betaling van huurgeld metvole residensiële adres.
- Staat van enige rekening in die naam van die aansoeker met die volle residensiële adres op.
- GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
- GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente
Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:
1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees.
Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames ook vanaf Maandag, 28 Julie 2025 tot Woensdag 30 Julie 2025 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].
Baie sterkte met die inskrywingsproses.
Noorderlig
- 2025 Matriekafskeid is om die draai. Indien u kan help om ‘n leerder se groot dag spesiaal te maak met naels, hare ens. kontak asseblief vir Tanya Breytenbach by 082 601 6878.
Afri-Forum: “Laat die Son Skyn oor hul Grafte”
Die burgerregte organisasie, Afri-Forum, vra ons gemeenskap se hulp vir ‘n verdienstelike projek by die Heatherdale begrafplaas. Hulle beplan om op Saterdag, 30 Augustus 2025, vanaf 08H00 ‘n skoonmaak-projek by die begrafplaas te loods en versoek:
- Almal wat ‘n geliefde daar begrawe het word gevra om die graf skoon te kom maak.
- Enige persoon wat bereid is om te help om ‘n graf skoon te maak.
- Jongmense wat bereid is om vir sakgeld ‘n graf skoon te kom maak.
Skoolfonds
Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool instaat te stel om kwaliteit onderrig aan te bied en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal. Betaal asseblief u skoolfonds, dit is die regte ding om te doen!
Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode
Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.
Neem ook asseblief kennis dat appélle na die veto-vergadering vanaf Dinsdag, 5 Augustus tot Woensdag, 6 Augustus word hierdie jaar gerig aan die Onder-Voorsitter van ons Beheerliggaam. Dit is Mnr. Corné Botha by [email protected].
Program vir die week
Maandag, 11 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Detensie, 14H15 – 15H15.
- Interne Vasvra: 14H00, K 18 – K 21.
- Seuns Sagtebal Liga: PNHS v/s Hartebeespoort, 14H30, tuis.
- Gholf: PNHS 1 v/s Wagpos 1, 14H30, Akasia. PNHS 2 v/s Wagpos 2, 14H30, Akasia.
- Tennis: Seuns 2 v/s Eduplex 1, 14H30, Pretoria-Noord Klub.
Dinsdag, 12 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Toetsperiode 8 – 12.
- Graad 11: X2Y Loopbaanskou.
- ATKV Toneel Kompetisie. Vertrek om 10H00.
- Tennis: dogters 0/15 v/s Sutherland, 14H30, Pretoria-Noord Klub.
- Krieket: PNHS 0/14 A v/s HTS John Vorster, 14H30, tuis.
- Gasvryheidstudies: Graad 12 Restaurantaand, 18H00, restaurant.
- Akademie vir Leerder Prestasie vergadering, 18H00, personeelkamer. (Ouers welkom)
Woensdag, 13 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Fotodag.
- Addisionele akademiese uur 8 - 11, 14H00 – 15H00.
- Landloop: Liga 4 Midstream, 14H30, weg.
Donderdag, 14 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Toetsperiode graad 8 - 12.
- ATKV Toneel Kompetisie. Vertrek om 10H00.
- PN-Raadverkiesing: Terugvoer op appélle, opstel van stembriewe.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 5, 14H15 – 15H00.
- Krieket: 0/15A v/s Hammanskraal, 14H30, weg. Vertrek 13H00.
- Graad 9 en 11 Loopbaanvoorligtingaand, 18H00, saal.
Vrydag, 15 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Seuns Sagtebal Liga 3: PNHS v/s Gerrit Maritz, 14H30, tuis.
Saterdag, 16 Augustus:
- Wintertee, 10H00, saal.
- Sagtebal: Dogters A & B-spanne v/s Wonderboom, 09H00, weg.
- Krieket: PNHS 1 v/s Overkruin 1, 09H00, tuis.
- Jukskei: Gauteng-Noord liga 2, 09H00, Jukskeipark.
- Landloop: Gauteng-Noord Kampioenskappe, Lavender Kontreimark.
Maandag, 18 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Detensie, 14H15 – 15H15.
- Krieket: PNHS 2 v/s Wagpos 2, 14H30, tuis.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof