Omsendbrief 24/2023
Administratief
July 24, 2023
OB: 24 / 2023
Geagte ouers
Lief en Leed
Baie welkom aan die volgende studente wat by ons aangesluit het vir hul waarnemingstydperk: Mej. C Smith van UNISA by Wiskunde en Mej. L Potgieter van Tukkies by Natuurwetenskap.
Rugby: Blou Bulle Finaal, 22 Julie 2023, Midstream College
Skool | PN | JV | PN | Won | PN | MC | PN | PN | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Rugby | 0/14A | 0/14A | 0/15A | 0/15A | 0/16A | 0/16A | 2de | 2de | 1ste | 1ste |
Seuns | 12 | 12 | 36 | 19 | 5 | 46 | ||||
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 4 | - | 4 | - | 3 | - | 2 | - | 3 | - |
Verloor | 4 | - | 5 | - | 6 | - | 5 | - | 3 | - |
Gelyk | 1 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 1 | - |
JV = John Vorster / Won = Wonderboom / MC = Midstream College
Ons 0/15 A span het nou deurgedring na die eerste rondte uitspele van die Noord-Vaal beker en sal eerskomende Saterdag op Potchefstroom te staan kom teen Luiperds se nommer 1 span: Potchefstroom Gimnasium.
Sagtebal: All Day Rally, 22 Julie 2023, tuis.
D 0/14A v/s Afrikaans Hoër Meisies 0/14A verloor 6 – 10.
D 0/14A v/s Oos Moot verloor 3 – 7.
D 0/15A v/s Oos Moot wen 7 – 4.
D/015A v/s Overkruin verloor 6 – 7.
D 0/15B v/s Afrikaans Hoër Meisies 0/15B verloor 2 – 10.
D 0/15B v/s Afrikaans Hoër Meisies 0/14C wen 12 – 3.
D 0/16A v/s Afrikaans Hoër Meisies 0/16A wen 14 – 6.
D0/16A v/s Gerrit Maritz 2 – 2 gelykop.
D 0/19A v/s Oos Moot verloor 2 – 6.
D 0/19A v/s Centurion wen 7 – 1.
D 0/19B v/s Midstream 0/19B verloor 4 – 9.
D 0/19B v/s Eldoraigne 0/19B verloor 1 – 8.
D 0/19B v/s Midstream 0/19C 6 - 6 gelykop.
S 0/14A v/s Homespun wen 6 – 5.
S 0/14A v/s Akasia wen 15 – 2.
S 0/15A v/s Homespun 0/14A wen 9 – 0.
S 0/15A v/s Homespun 0/15A verloor 3 – 4.
S 0/16A v/s Gerrit Maritz wen 6 – 2.
S 0/16A v/s PNHS 0/19B wen 7 – 3.
S 0/19A v/s Homespun 2 – 2 gelykop.
S 0/19A v/s Gerrit Maritz wen 9 – 2.
S 0/19B v/s PNHS 0/16A verloor 3 – 7.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
- ‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
- ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
- Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
- ‘n Spesiale glans 80 jaar gedenkblad teen R 200-00 per eksemplaar. Leerders kan in hule voogklasse bestel.
Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderlig
Ons Noorderlig hou weer ‘n saai geleentheid gedurende die Leef vir Christus week en produkte vir ons gesinne in nood kan tydens voogklasse ingehandig word:
Graad 8: Koffie, suiker en langlewe melk.
Graad 9: Aanmaak koeldrank en pasta.
Graad 10: Rys, sop en lekkernye.
Graad 11: Broodjiesmeer en ontbytgrane.
Graad 12: Toiletware en lekkernye.
Graad 9 Junior Aanleg Toetse
Graad 9 ouers moet asseblief daarop let dat die Junior Aanleg Toetse verslae hierdie week uitgedeel word. Bestudeer en bewaar asseblief u kind se toetsing om u te help tydens vakkeuses vir graad 10.
Program vir die week
Maandag, 24 Julie:
- Leef vir Christus week met David Grobler (leerders) en Lemuel Weideman (personeel).
- Graad 8 – 12, dag 5.
- PN-Raad verkiesing: nominasies.
- Detensie, 14H15 – 16H15
- Akademie vir Leerder Ondersteuning / Noorderligvergadering, 18H00, restaurant.
- Akademie Voorsittersvergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 25 Julie:
- Leef vir Christus week met Ivor Swartz (leerders) en Nolan van Zyl (personeel).
- Graad 8 – 12, dag 1.
- PN-Raad verkiesing: nominasies.
- Graad 12, Sleutel 2 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
- Graad 11, Sleutel 1 en 6 Addissionele Wiskunde uur, 14H15 – 15H15.
- Gholf liga 1: PNHS 1 v/s Montana en Zwartkop, 14H00, Akasia.
- Finansiële Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
- Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Woensdag, 26 Julie:
- Leef vir Christus week met Lemuel Weideman (leerders) en Ivor Swartz (personeel).
- Graad 8 – 12, dag 6.
- PN-Raad verkiesing: Nominasies sluit om 14H00.
- Akademiese uur graad 8 – 11, 14H15 – 15H00.
- Revue optrede: Kaleidoskoop in staatsteater. Vertrek om 13H00.
- Landloop liga 1, Sutherland, 14H30.
- Sagtebal: 0/19 A seuns v/s Red Scorpions (vriendskaplik), 15H00, tuis.
- Sagtebal: 0/19 A dogters v/s Hawks (vriendskaplik), 15H00, tuis.
- Beheerliggaamvergadering, 17H30, restaurant.
Donderdag, 27 Julie:
- Leef vir Christus week met Nolan van Zyl (leerders) en David Grobler (personeel).
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Rapporte uit.
- Graad 12, Sleutel 3 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15.
- Graad 11, Sleutel 2 en 5 Addissionele Wiskunde uur, 14H15 – 15H15.
- Sagtebal: Eerste Span oorhandigings, 18H00, saal.
- Krieket Akademie vergadering, 18H00, K 66.
Vrydag, 28 Julie:
- Leef vir Christus week met Bernice West (leerders) en Tiaan de Jager (personeel).
- Leef vir Christus week afsluiting: Praise En Worship, Maroelaboom, 18H00 – 20H00.
- Graad 8 – 12, dag 3.
- PN-Raad verkiesing: Vetovergadering.
- PNNK Talentaand oudisies, 14H30 – 18H00, saal.
- Sagtebal: Seuns 0/15, 0/16 en 0/19 v/s Sonitus en PEPS Motaong 14H30, tuis.
- Sagtebal: Dogters 0/14A, 0/15A, 0/16A en 0/19A v/s Oos Moot, 14H30, tuis.
- Sagtebal: Dogters 0/14B, 0/15B, 0/16B en 0/19B v/s Montana, 14H30, tuis.
Saterdag, 29 Julie:
- Noord-Vaal rugby: PNHS 0/15A v/s Potchefstroom Gimnasium, 09H00, Potchefstroom Gimnasium.
- Toneel: Dagkamp 08H00 – 17H00, saal.
- Gasvryheidstudies: koekbak kompetisie 06H30 – 13H00, restaurant.
Maandag, 31 Julie:
- Graad 8 – 12, dag 4.
- PN-Raad verkiesing: Kandidatelys bekend aan skool.
- PN-Raad verkiesing: Appélle na Beheerliggaam voorsitter.
- Detensie, 14H15 – 16H15
- Oueraand, 18H00, saal.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof