Omsendbrief 24/2022

Omsendbrief 24/2022

Administratief
August 01, 2022


OB: 24 / 2022

Geagte ouers
Rugby: Noord-Vaal Kompetisie rondte 1, 30 Julie 2022
Skool PN FM PN Bw PN HM PN   PN Oost
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 7 10 7 54 11 10     26 38
Uitslae tot dusver                    
Gewen 5 - 5 - 7 - 2 - 4 -
Verloor 2 - 4 - 1 - 3 - 5 -
Gelyk 2 - 0 - 1 - 1 - 0 -

FM = H/S Frikkie Meyer (Limpopo 3) / Bw = H/S Brandwag (Valke 1) /
HM = HTS Hans Moore (Valke 1) Oost = H/S Oosterlig (Valke 2)

Baie geluk aan ons 0/16 span wat aan beweeg het na die Kwart-Finaal van die Noord-Vaal beker. Hulle speel eerskomende Vrydag teen H/S Merensky om 15H30 op ons A-veld. Ons moedig ons leerders aan om eerskomende Saterdag hulle span te kom ondersteun in hul Vrydagdrag / skooldrag. Leerlinge in skooldrag betaal nie hekgelde nie.

Sagtebal: Dogters Liga 1: PNHS v/s Centurion, 29 Julie 2022, PNHS
Skool PN Cen PN Cen PN Cen PN Cen    
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A    
Dogters 7 7     14 13 2 5    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 0 - 1 - 0 - - -
Gelykop 1 - 0 - 0 - 0 - - -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 - - -
Sagtebal: Seuns Liga 1: PNHS v/s Sonitus, 29 Julie 2022, PNHS
Skool PN Son PN Son PN Son PN Son PN Son
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns     18 4     16 10 20 2
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 1 - 0 - 1 - 1 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Interne Vasvra: Derde Kwartaal

Geluk aan die volgende wenners:

Graad 12: wenners

3de - Charl Botha, Janeco Coetzee, Kaitlin van Lille 65%
2de - Zander Seymor 68%
1ste - Paul Kohls 70%

Graad 11 wenners

3de - Shauwron Oliphant 73%
2de - Ludwig Erasmus 78%
1ste - Ulrich Gouws 80%

Graad 10 wenners

3de - Ofentse Selahla 75%
2de - Bea-Mae Lombard78% 78%
1ste - Mitch Bester 80%

Graad 9 wenners

3de - Ledine van Aswegen 68%
2de - Famke du Toit, Beate Haarhoff, Ruan Olwagen 70%
1ste - Carissa Jardim 73%

Graad 8 wenners

3de - Kayla Fourie 65%
2de - Leandré Koekemoer 70%
1ste - Annabelle van Wyk 80%

Algehele wenners

3de - Ofentse Selahla 75%
2de - Ludwig Erasmus, Bea-Mae Lombard 78%
1ste - Mitch Bester, Ulrich Gouws, Annabelle van Wyk 80%

Kultuur: Koor optrede, 30 Julie 2022, H/S Wondrboom Koor Fees

Baie geluk aan ons koor met hul eerste skitterende optrede by H/S Wondrboom in die H/S Wonderboom Koor Fees.

ASAT en JAT uitslae

Geagte ouers neem asseblief kennis dat hierdie uitslae verlede week aan die leerders uitgedeel is.

Graad 8 ouers bewaar asseblief u kind se ASAT uitslae om te help met leerprobleme.

Graad 9 ouers bewaar asseblief u kind se JAT uitslae om u te help met vakkeuses vir graad 10 wat in hierdie kwartaal sal plaasvind. Graad 9 ouers word ook spesiaal uitgenooi na Donderdagaand, 4 Augustus 2022, se Loopbaan skou vir graad 8 – 12 vanaf 17H00 – 20H00. Daar sal ‘n spreker wees wat fokus op die korrekte vakkeuses vir graad 10.

Graad 8 inskrywings 2023

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf 22 Julie 2022 – 19 Augustus 2022 is. Daar sal slegs 1 fase wees.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf 22 Julie 2022 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:

  • GESERTIFISEERDE afskrif van geboortesertifikaat van leerder
  • GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres (SLEGS water en elektrisiteit rekening of huurkontrak. GEEN selfoonrekeninge of klere rekeninge word aanvaar nie)
  • GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
  • GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:

1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres

Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames vanaf Maandag, 25 Julie 2022 tot Woensdag 27 Julie 2022 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Leerder Ondersteuning: Noorderlig

Baie dankie aan al ons PNHS ouers wat deurlopend skenkings maak. Sonder julle kan ons nie ons omgee- leerders ondersteun nie. Ons benodig asseblief enige nie-bederfbare produkte. Dit kan in ons ‘drop off’-trollie geplaas word, wat by ons skool se eie Maroelaboom staan.


Program vir die week
Maandag, 1 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • PN-Raad verkiesing: Kandidatelys bekend aan skool.
  • PN-Raad verkiesing: Appélle na BL voorsitter.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Oueraand, 18H00 – 20H00, saal.
Dinsdag, 2 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Toetsreeks begin
  • PN-Raad verkiesing: Appélle na BL voorsitter.
  • Graad 12, sleutel 6 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Sagtebal: Seuns Liga 2: PNHS v/s HTS John Vorster 0/14 – 0/19, 14H30, PNHS.
  • Sagtebal Dogters: Liga 1: PNHS v/s Centurion 0/15 & 0/19, 14H30, PNHS.
  • English Evening, 17H30, Personeelkamer.
  • Restaurant Akademie vergadering, 18H00, restaurant.
Woensdag, 3 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • PN-Raad verkiesing: Appélle na BL voorsitter.
  • Akademiese uur grad 8 – 11, 14H15 – 15H15.:
  • Landloop: Liga 2, 14H30, Eldoraigne.
  • Krieket Akademie vergadering, 17H30, K2.
  • Akademie vir Leerder Prestasie vergadering, 18H00, Personeelkamer.
Donderdag, 4 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Loopbaanuitstalling graad 8 – 12, 17H00 – 20H00, saal.
  • Vakkeusevoorligting en loopbaanadvies graad 9 &11, 18H00, saal.
  • Graad 12 Restaurantaand, 18H15, restaurant.
Vrydag, 5 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Kunsuitstappie graad 10 en 11 na Transvaal museum en Universiteit van Pretoria, 08H00 – 14H00.
  • Sagtebal Liga 3: Seuns 0/15 en 0/19 v/s Akasia, 14H30, tuis.
  • Noord-Vaal Kompetisie Kwart-Finaal: PNHS 0/16 v/s H/S Merensky, 15H30, tuis.
Maandag, 8 Augustus:
  • Skoolvakansiedag.
Dinsdag, 9 Augustus:
  • Vrouedag.
Woensdag, 10 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 3
  • Akademiese periode, 14H15 – 15H15.
  • Landloop Liga 3, 14H30, Midstream.
  • Hokkie Akademie vergadering, 18H00, Personeelkamer.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug