Omsendbrief 24/2022
Administratief
August 01, 2022
OB: 24 / 2022
Geagte ouers
Rugby: Noord-Vaal Kompetisie rondte 1, 30 Julie 2022
Skool | PN | FM | PN | Bw | PN | HM | PN | PN | Oost | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Rugby | 0/14A | 0/14A | 0/15A | 0/15A | 0/16A | 0/16A | 2de | 2de | 1ste | 1ste |
Seuns | 7 | 10 | 7 | 54 | 11 | 10 | 26 | 38 | ||
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 5 | - | 5 | - | 7 | - | 2 | - | 4 | - |
Verloor | 2 | - | 4 | - | 1 | - | 3 | - | 5 | - |
Gelyk | 2 | - | 0 | - | 1 | - | 1 | - | 0 | - |
FM = H/S Frikkie Meyer (Limpopo 3) / Bw = H/S Brandwag (Valke 1) /
HM = HTS Hans Moore (Valke 1) Oost = H/S Oosterlig (Valke 2)
Baie geluk aan ons 0/16 span wat aan beweeg het na die Kwart-Finaal van die Noord-Vaal beker. Hulle speel eerskomende Vrydag teen H/S Merensky om 15H30 op ons A-veld. Ons moedig ons leerders aan om eerskomende Saterdag hulle span te kom ondersteun in hul Vrydagdrag / skooldrag. Leerlinge in skooldrag betaal nie hekgelde nie.
Sagtebal: Dogters Liga 1: PNHS v/s Centurion, 29 Julie 2022, PNHS
Skool | PN | Cen | PN | Cen | PN | Cen | PN | Cen | ||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Sagtebal | 0/14A | 0/14A | 0/15A | 0/15A | 0/16A | 0/16A | 0/19A | 0/19A | ||
Dogters | 7 | 7 | 14 | 13 | 2 | 5 | ||||
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 0 | - | 0 | - | 1 | - | 0 | - | - | - |
Gelykop | 1 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - | - | - |
Verloor | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - | - | - |
Sagtebal: Seuns Liga 1: PNHS v/s Sonitus, 29 Julie 2022, PNHS
Skool | PN | Son | PN | Son | PN | Son | PN | Son | PN | Son |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Sagtebal | 0/14A | 0/14A | 0/15A | 0/15A | 0/16A | 0/16A | 2de | 2de | 1ste | 1ste |
Seuns | 18 | 4 | 16 | 10 | 20 | 2 | ||||
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 0 | - | 1 | - | 0 | - | 1 | - | 1 | - |
Gelykop | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - |
Verloor | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - |
Interne Vasvra: Derde Kwartaal
Geluk aan die volgende wenners:
Graad 12: wenners
3de - Charl Botha, Janeco Coetzee, Kaitlin van Lille 65%
2de - Zander Seymor 68%
1ste - Paul Kohls 70%
Graad 11 wenners
3de - Shauwron Oliphant 73%
2de - Ludwig Erasmus 78%
1ste - Ulrich Gouws 80%
Graad 10 wenners
3de - Ofentse Selahla 75%
2de - Bea-Mae Lombard78% 78%
1ste - Mitch Bester 80%
Graad 9 wenners
3de - Ledine van Aswegen 68%
2de - Famke du Toit, Beate Haarhoff, Ruan Olwagen 70%
1ste - Carissa Jardim 73%
Graad 8 wenners
3de - Kayla Fourie 65%
2de - Leandré Koekemoer 70%
1ste - Annabelle van Wyk 80%
Algehele wenners
3de - Ofentse Selahla 75%
2de - Ludwig Erasmus, Bea-Mae Lombard 78%
1ste - Mitch Bester, Ulrich Gouws, Annabelle van Wyk 80%
Kultuur: Koor optrede, 30 Julie 2022, H/S Wondrboom Koor Fees
Baie geluk aan ons koor met hul eerste skitterende optrede by H/S Wondrboom in die H/S Wonderboom Koor Fees.
ASAT en JAT uitslae
Geagte ouers neem asseblief kennis dat hierdie uitslae verlede week aan die leerders uitgedeel is.
Graad 8 ouers bewaar asseblief u kind se ASAT uitslae om te help met leerprobleme.
Graad 9 ouers bewaar asseblief u kind se JAT uitslae om u te help met vakkeuses vir graad 10 wat in hierdie kwartaal sal plaasvind. Graad 9 ouers word ook spesiaal uitgenooi na Donderdagaand, 4 Augustus 2022, se Loopbaan skou vir graad 8 – 12 vanaf 17H00 – 20H00. Daar sal ‘n spreker wees wat fokus op die korrekte vakkeuses vir graad 10.
Graad 8 inskrywings 2023
Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf 22 Julie 2022 – 19 Augustus 2022 is. Daar sal slegs 1 fase wees.
Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf 22 Julie 2022 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:
- GESERTIFISEERDE afskrif van geboortesertifikaat van leerder
- GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres (SLEGS water en elektrisiteit rekening of huurkontrak. GEEN selfoonrekeninge of klere rekeninge word aanvaar nie)
- GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
- GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente
Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:
1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames vanaf Maandag, 25 Julie 2022 tot Woensdag 27 Julie 2022 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].
Baie sterkte met die inskrywingsproses.
Leerder Ondersteuning: Noorderlig
Baie dankie aan al ons PNHS ouers wat deurlopend skenkings maak. Sonder julle kan ons nie ons omgee- leerders ondersteun nie. Ons benodig asseblief enige nie-bederfbare produkte. Dit kan in ons ‘drop off’-trollie geplaas word, wat by ons skool se eie Maroelaboom staan.
Program vir die week
Maandag, 1 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 4
- PN-Raad verkiesing: Kandidatelys bekend aan skool.
- PN-Raad verkiesing: Appélle na BL voorsitter.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Oueraand, 18H00 – 20H00, saal.
Dinsdag, 2 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Toetsreeks begin
- PN-Raad verkiesing: Appélle na BL voorsitter.
- Graad 12, sleutel 6 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
- Sagtebal: Seuns Liga 2: PNHS v/s HTS John Vorster 0/14 – 0/19, 14H30, PNHS.
- Sagtebal Dogters: Liga 1: PNHS v/s Centurion 0/15 & 0/19, 14H30, PNHS.
- English Evening, 17H30, Personeelkamer.
- Restaurant Akademie vergadering, 18H00, restaurant.
Woensdag, 3 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- PN-Raad verkiesing: Appélle na BL voorsitter.
- Akademiese uur grad 8 – 11, 14H15 – 15H15.:
- Landloop: Liga 2, 14H30, Eldoraigne.
- Krieket Akademie vergadering, 17H30, K2.
- Akademie vir Leerder Prestasie vergadering, 18H00, Personeelkamer.
Donderdag, 4 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Loopbaanuitstalling graad 8 – 12, 17H00 – 20H00, saal.
- Vakkeusevoorligting en loopbaanadvies graad 9 &11, 18H00, saal.
- Graad 12 Restaurantaand, 18H15, restaurant.
Vrydag, 5 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Kunsuitstappie graad 10 en 11 na Transvaal museum en Universiteit van Pretoria, 08H00 – 14H00.
- Sagtebal Liga 3: Seuns 0/15 en 0/19 v/s Akasia, 14H30, tuis.
- Noord-Vaal Kompetisie Kwart-Finaal: PNHS 0/16 v/s H/S Merensky, 15H30, tuis.
Maandag, 8 Augustus:
- Skoolvakansiedag.
Dinsdag, 9 Augustus:
- Vrouedag.
Woensdag, 10 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 3
- Akademiese periode, 14H15 – 15H15.
- Landloop Liga 3, 14H30, Midstream.
- Hokkie Akademie vergadering, 18H00, Personeelkamer.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof