Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 23/2026
Administratief
July 21, 2026
OB: 23 / 2026
Geagte ouers
Hartlik welkom terug by die skool, ons wens vir u en u kind ‘n voorspoedige derde kwartaal toe.
1. Lief en leed
Baie welkom aan die volgende studente wat vir waarneming by ons aangesluit het:
Vanaf NWU 21 Julie tot 14 Augustus: Mej. D Smit (Visuele Kuns), Mej. S Botha (RTT) en Mej. B Lombard (Kuns). Vanaf UNISA 21 Julie tot 25 Augustus: Mej. O Seakgoe (Engels).
2. Krieket
Ons 0/15 en 1ste spanne begin hulle seisoen se voorbereiding met onderskeidelik toere na Sundown Ranch en Hoërskool Ben Vorster.
2.1 PNHS 0/15 na Sundown Ranch, 26 – 29 Junie
27 Junie: PNHS 0/15A v/s Hugenote Springs. PNHS 0/15 behaal 151/10 en Hugenote volg op met 43/10. PNHS wen met 108 lopies. Goeie kolfwerk van Phillip Beukes met 63 van 39 balle en Jay Brandon met 23 van 38 balle. Neil Botha neem 5 paaltjies vir 16 lopies in 4 beurte en Jay Brandon 2 paaltjies vir 10 lopies in 10 beurte.
28 Junie: PNHS 0/15A v/s Fochville. Fochville behaal 161/6 en PNHS volg op met 79/10. PNHS verloor met 82 lopies. Goeie kolfwerk van Neil Botha met 13 lopies van 23 balle en Shawn Gorman met 12 lopies van 27 balle. Jay Brandon neem 3 paaltjies vir 13 lopies in 5 beurte en Shawn Gorman 2 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte.
29 Junie: PNHS 0/15A v/s Klerksdorp. PNHS behaal 174/10 en Klerksdorp volg op met 175/9. PNHS verloor met 1 paaltjie. Goeie kolfwerk van Jay Brandon met 35 lopies van 58 balle en Phillip Beukes met 24 lopies van 26 balle. Jay Brandon neem 3 paaltjies vir 35 lopies in 7 beurte en Logan Pretorius neem 2 paaltjies vir 25 lopies in 3 beurte.
2.2 PNHS 1 na H/S Ben Vorster se “Buffel Week”, 6 – 10 Julie
6 Julie: PNHS 1 v/s HTS Witbank. HTS Witbank behaal 294/10. PNHS volg op met 189/10. PNHS verloor met 105 lopies. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 65 lopies van 80 balle en Christopher Runnals met 41 lopies van 32 balle. Charl Otto neem 3 paaltjies vir 24 lopies in 6 beurte en Joseph Ditibane neem 3 paaltjies vir 66 lopies in 6 beurte.
7 Julie: PNHS 1 v/s H/S Bastion. Bastion behaal 306/10. PNHS volg op met 186/10. PNHS verloor met 120 lopies. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 77 lopies van 78 balle. Christopher Runnals neem 4 paaltjies vir 48 lopies in 10 beurte en Charl Otto neem 2 paaltjies vir 45 lopies in 8 beurte.
7 Julie: PNHS 1 v/s Eagles Krieketklub. Eagles Krieketklub behaal 270/10. PNHS volg op met 153/10. PNHS verloor met 117 lopies. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 55 lopies van 52 balle en Divan Botha met 28 lopies van 31 balle. JP Thomas neem 2 paaltjies vir 30 lopies in 7 beurte, Mark Gorman neem 2 paaltjies vir 31 lopies in 6 beurte en Phillip Beukes neem 2 paaltjies vir 35 lopies in 6 beurte.
9 Julie: PNHS 1 v/s H/S Nelspruit. Nelspruit behaal 198/10. PNHS volg op met 200/3. PNHS wen met 7 paaltjies. Goeie kolfwerk van Mark Gorman met 73 lopies van 65 balle en Charl Otto met 68 lopies van 88 balle. Mark Gorman neem 5 paaltjies vir 30 lopies in 8 beurte en Christopher Runnals neem 2 paaltjies vir 34 lopies in 6 beurte.
10 Julie: PNHS 1 v/s H/S Centurion. PNHS behaal 65/10. Centurion volg op met 66/0. PNHS verloor met 10 paaltjies.
2.3 WOHP-reeks: PNHS v/s Hartebeespoort 1, 20 Julie 2026, tuis
PNHS 1 behaal 301/10 en H/S Hartebeespoort volg op met 122/10. PNHS wen met 179 lopies. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 122 lopies van 117 balle, Jayden Schoeman behaal 46 lopies van 21 balle en Mark Gorman 41 van 43 balle. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 5 paaltjies vir 26 lopies in 9 beurte, Jaydon van Wyngaardt met 2 paaltjies vir 20 lopies in 4 beurte en Jayden Schoeman met 2 paaltjies vir 20 lopies in 3 beurte. Mooi vangskote van JP Thomas (2), Charl Otto (2) en Janco Schoonraad (1).
3. Sagtebal
3.1 Suid-Afrikaanse Mans 0/18 Afrika Kwalifiseerder, 8 – 12 Julie 2026
Baie geluk aan Jayden Neethling, Arno Schreuder en Nathan Oosthuizen wat opgeneem is in die Suid-Afrikaanse 0/18 span wat aan hierdie Afrika Kwalifiseerder toernooi deelgeneem het.
3.2 Sagtebal Afrigtingskursus
Baie geluk aan die volgende leerders wat hulle sagtebal afrigtingskursus met sukses voltooi het:
Cady Meyer (Beginner en vlak 1), Wiandri Viviers (Beginner en vlak) en Nathan Oosthuizen (Beginner).
4. Program vir die week
Maandag, 20 Julie
- Skool Vakansie
- Krieket: PNHS 1 v/s Hartebeespoort, 09H00, tuis.
Dinsdag, 21 Julie
- Graad 8 – 12, dag 1.
- PN Raad-verkiesing: Kennisgewing van Nominasies.
- Personeelvergadering, 14H15, saal.
- Redenaars: “Op die Tong af” rondte 1 open.
- Tennis Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
- Manne van die Noord Hoop, 19H00, restaurant.
Woensdag, 22 Julie
- Graad 8 – 12, dag 2.
- PNHS Geheel Skool Evaluering begin:
- 10H00: vergadering met dagbestuur
- 10H30 – 14H00: Leerder Boekkontroles.
- 14H30: Personeelvergadering
- 15H30: Vergadering met Geselekteerde personeel.
- Redenaars: “Kansvatter”: Semi-Finaal, Videos open.
- PNHS Ondersteuners Artikel 21 vergadering, 17H00, konferensiekamer.
- Krieket Akademievergadering, 18H00, konferensie kamer.
- Jukskei Akademievergadering, 18H00, personeelkamer.
Donderdag, 23 Julie
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Wintersport: Fotodag.
- PN Raad-verkiesing: Nominasies open.
- Toneel: “Pronk Podium”, H/S Wilgers. Vertrek om 08H00.
- Debat: “Con-Spirito”, 14H00, H/S Eldoraigne.
- VLR-vergadering, 14H10, K76.
- PN Raad-vergadering, 15H00, K14.
- Sagtebal: Inhuldigingsfunksie, 18H00, saal.
Vrydag, 24 Julie
- Graad 8 – 12, dag 4.
- PN Raad-verkiesing: Nominasies.
- Graad 10 & 11 laaste dag vir vakveranderings.
- Toneel: “Pronk Podium”, H/S Wilgers.
- Landloop Liga 1, 14H30, Prestige College.
- Debat: “Con-Spirito”, 14H30, H/S Eldoraigne.
- Koor: Optrede, 18H30, Kandelaar Kerk.
Saterdag, 25 Julie
- Sagtebal: “PNHS All Day Rally” 08H00 – 16H00, Gerrit Maritz.
- Brugbou: Streekkompetisie, 07H00 – 19H00, saal.
- Debat: “Con-Spirito”, 08H00, H/S Eldoraigne.
- Jukskei: Gauteng-Noord Ontwikkellings kliniek, 08H00, Gauteng-Noord Jukskeibane.
- Rugby: Blou Bulle Finales, 08H00, PNHS.
Maandag, 27 Julie
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Leef vir Christus week.
- PN Raad-verkiesing: Nominasies.
- PNHS Geheel Skool Evaluering 07H00 – 15H00.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Graad 12 Addissionele Akademiese uur, 14H15 – 15H15, sleutel 1.
- Gholf: PNHS 1 v/s Menlopark, 14H30, Akasia gholfklub. PNHS 2 v/s Montana, 14H30, Akasia gholfklub.
- Toneel: ATKV, UNISA kleinteater.
- Netbal Akademievergadering, 17H30, K22.
Vriendelike Groete
CJC Driescher, Hoof
