
Omsendbrief 23/2025
Administratief
August 04, 2025
OB: 23 / 2025
Lief en Leed
Baie geluk aan Mev. A Smith, wat na onderhoude amptelik aangestel is as Departementshoof Wetenskappe in die plek van Mev. C Agenbag wat afgetree het.
Tennis
25 Julie:
PNHS Seuns 1 v/s H/S Garsfontein. Garsfontein gee punte. Dit was ons vyfde ligawedstryd waarvan ons vier wen en een verloor.
PNHS Seuns 2de v/s Gerrit Maritz. PNHS wen met 46 potte teenoor 22. Geluk aan: Jayden de Villiers (10-2), Riaan Roos (11-0) wat hulle wedstryde wen. Jayden de Villiers en Dawid Briel en Riaan Roos en Ewan Rynners wen ook hulle dubbels wedstryde. Dit was ons derde ligawedstryd, waarvan ons twee wen en een verloor.
Gholf
28 Julie:
PNHS 2 v/s Wonderboom 1 by Akasia gholfbaan. PNHS wen met 4 wedstryde teenoor 0. Geluk aan Ewan Rynners, Ruan Schoonraad, Ewald Thorpe en Juandré Du Raan wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.
Sagtebal:
Seuns Liga 1: PNHS v/s PEPPS Motheong, 1 Augustus 2025, tuis
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 | |
0/14 A | |||
0/15 A | PN | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 | |
0/15 A | |||
0/16 A | PN | 15 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | PEPS | 0 | |
0/19 B | PN | 9 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/19 A | PEPS | 10 | |
0/19 A | PN | 13 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/19 A | PEPS | 0 |
0/16 A: Beste kolwer: Michael de Villiers
Speler van die wedstryd: Raynard Bosman
0/19 B: Beste kolwer: Henry Dearlove
Speler van die wedstryd: Jacques Runnals
0/19 A: Beste kolwer: Arno Schreuder
Speler van die wedstryd: Jayden Neethling
Dogters Liga 1: PNHS v/s Homespun, 2 Augustus 2025, tuis
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/14 A | PN | 1 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0 |
0/14 A | Hs | 14 | |
0/15 A | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0 |
0/15 A | Hs | 8 | |
0/16 A | PN | 4 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/19 A | Hs | 0 | |
0/19 A | PN | 5 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/19 A | Hs | 1 |
0/14 A: Beste Kolwer: Amorey Nel
Speler van wedstryd: Zanté Marx
0/15 A: Beste kolwer: Juhané Heyneke
Speler van die wedstryd: Ruché Mollentze
0/16 A: Beste kolwer: Anelska van Dyk
Speler van die wedstryd: Amorey Wallendorf
0/19 A: Beste kolwer: Chanté Zeelie
Speler van die wedstryd: Marianne Lottering
Krieket
2 Augustus:
PNHS 1 v/s HS Overkruin 1. PNHS wen die loot en kolf eerste met 398 / 6 in 50 beurte. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 93 lopies van 85 balle, Ulrich Breytenbach met 89 lopies van 73 balle, Mark Gorman met 70 lopies van 73 balle en Rohan Louw met 58 lopies van 38 balle. Overkruin antwoord met 265 / 10 in 41 beurte. Goeie boulwerk van Michael Flanagan met 3 paaltjies vir 59 lopies in 10 beurte, Mark Gorman met 2 paaltjies vir 18 lopies in 3 beurte en Jacques Runnals met 2 paaltjies vir 14 lopies in 2 beurte. Ulrich Breytenbach, Christopher Runnals, Rohan Louw en JP Thomas neem mooi vangskote in die veld. PNHS wen met 133 lopies. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide wen.
Rugby Noord-Vaal Kompetisie, 2 Augustus 2025, PNHS en Brandwag
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver Blou Bulle Liga | Uitslae tot dusver Seisoen |
---|---|---|---|---|
0/14 A | PN | 5 | Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 3 | Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 8 |
0/14 A | BV | 33 | ||
0/15 A | PN | 10 | Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 2 | Gewen: 9, Gelykop: 0, Verloor: 7 |
0/15 A | BV | 20 | ||
0/16 A | PN | 21 | Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 2 | Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 7 |
0/16 A | Hh | 15 | ||
Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: - | Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: - | |||
1ste | PN | 14 | Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 4 | Gewen: 6, Gelykop: 2, Verloor: 8 |
1ste | Bw | 24 |
BV = Ben Viljoen / Hh = Hoogenhout / Bw = Brandwag
Jukskei: Liga 1: Jukskeipark, 2 Augustus 2025
Seuns
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/16 A | PN | 8 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | Zwar | 7 | |
0/16 A | PN | 10.5 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | Won | 4.5 | |
0/16 A | PN | 10 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | JV | 5 | |
0/16 A | PN | 7 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/16 A | AHS | 8 | |
0/16 | Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: - | ||
0/16 |
Zwar=Zwartkop / Won = Wonderboom / JV = HTS John Vorster / AHS =Afrikaans Hoër Seuns
Dogters
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/16 A | PN | 8 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | Hpt | 7 | |
0/16 A | PN | 8 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | Won | 7 | |
0/16 A | PN | 10.5 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | Cen | 4.5 | |
0/16 A | PN | 7.5 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 1 |
0/16 A | Zwar | 7.5 | |
0/16 A | PN | 7 | Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 1 |
0/16 A | Gars | 8 |
Hpt = Hartebeespoort / Won = Wonderboom / Cen = Centurion / Zwar = Zwartkop / Gars = Garsfontein
Seuns
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver |
---|---|---|---|
0/16 A | PN | 15 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | JVs | 0 | |
0/16 A | PN | 9.5 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | AHS | 5.5 | |
0/16 A | PN | 10.5 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | Cen | 4.5 | |
0/16 A | PN | 8 | Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 A | GM | 7 | |
0/16 | PN | 8 | Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 0 |
0/16 | Gars | 7 |
JV = HTS John Vorster / AHS = Afrikaans Hoër Seuns / Cen = Centurion / GM = Gerrit Maritz / Gars = Garsfontein
Inskrywings Graad 8 vir 2026
Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf Donderdag, 24 Julie 2025 tot Maandag, 29 Augustus 2025 sal wees. Daar sal slegs 1 fase wees.
Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf Donderdag, 24 Julie 2025 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:
- GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
- GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres:
Huiseienaars – Munisipale rekening van nie ouer as 3 maande nie in die naam van die ouer met die volle residensiële adres.
Huurders – moet al die volgende dokumente nie ouer as 3 maande nie voorlê:- Munisipale rekening in die naam van die verhuurder met die volle resedensiële adres.
- Huurkontrak (kan ouer as 3 maande wees) geteken deur huurder en verhuurder met die volle residensiële adres. (Belangrik die huur periode op die huurkontrak moet nog steeds geldig wees op die datum wanneer u aanlyn aansoek doen)
- ‘n Kwitansie vir betaling van huurgeld metvole residensiële adres.
- Staat van enige rekening in die naam van die aansoeker met die volle residensiële adres op.
- GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
- GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente
Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:
1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees.
Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames ook vanaf Maandag, 28 Julie 2025 tot Woensdag 30 Julie 2025 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].
Baie sterkte met die inskrywingsproses.
Noorderlig
- Baie dankie vir die bydrae van nie-bederfbare produkte tydens ons “saaiweek”. Niebederfbare produkte is altyd welkom.
- 2025 Matriekafskeid is om die draai. Indien u kan help om ‘n leerder se groot dag spesiaal te maak met naels, hare ens. kontak asseblief vir Tanya Breytenbach.
- Vir meer besonderhede om deel te word van ons omgee-span kontak gerus vir Tanya Breytenbach by 082 601 6878.
- Almal is welkom.
ID dokumente
Ouers neem asseblief kennis dat die Departement van Binnelandse sake ons kennis gegee het dat hulle op 6 Augustus 2025 vanaf 09H00 ‘n eenheid na Hoërskool Pretoria-Noord sal stuur om leerders 16 jaar en ouer behulpsaam te wees met ID dokumente.
Die eenheid sal voor die skool se hek in Eeufeesstraat parkeer. Die volgende word benodig vir ‘n aansoek:
- ‘n Gesertifiseerde geboorte sertifikaat.
- ‘n Gesertifiseerde ID van die ouer.
- Een biologiese ouer moet die leerder vergesel.
Die geskiedenis het ons geleer dat slegs ‘n beperkte hoeveelheid ouers op so ‘n dag gehelp kan word. Ten einde te verhoed dat u ure in ‘n tou moet staan en tyd mors of selfs glad nie gehelp word nie moet u skakel met Mev. S de Wit by 012 546 6590 om ‘n afspraak te maak en ouers sal dan volgens hierdie afspraaklys gehelp word.
ABSA-bank
ABSA-bank het aangebied om op 5 Augustus 2025 vanaf 14H00 – 16H00 in die binneplein van ons skool, ons leerders behulpsaam te wees met die opening van bankrekeninge. Leerders 16 jaar en ouer wat in besit is van ID dokumente sal gehelp kan word.
Skoolfonds
Geagte ouers dit het onder ons aandag gekom dat die wanpersepsie bestaan dat die staat ruim bydrae tot skole en ook skoolfonds betaal vir alle leerders wat vrystelling ontvang. Die waarheid is egter dat die staat se bydrae tot ons skool so beperk is dat ons nie eens ons diensterekening vir 8 maande daarmee sal kan betaal nie. Die staat se vergoeding vir verpligte vrystellings beloop maar sowat 5% van die werklike verlies vir die skool. Om die skool instaat te stel om kwaliteit onderrig aan te bied en geleenthede vir u kind te bied nodig ons dat ons ouers getrou skoolfonds sal betaal. Betaal asseblief u skoolfonds, dit is die regte ding om te doen!
Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode
Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.
Program vir die week
Maandag, 4 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- PN-Raad-verkiesing: Vetovergadering, 1ste pouse, personeelkamer.
- Detensie, 14H15 – 15H15.
- Oueraand, 18H00, voogklasse.
Dinsdag, 5 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Toetsperiode 8 – 12.
- PN-Raad-verkiesing: Bekendstelling van Kandidate.
- PN-Raad-verkiesing: Appélle na Onder-Voorsitter van Beheerliggaam ([email protected]).
- ABSA bank hulp aan leerders (16 en ouer) wat rekeninge wil open, 14H00, binneplein.
- Gholf: PNHS 1 v/s Hartebeespoort 1, 14H30, Sandy Lane.
- Gholf: PNHS 2 v/s Hartebeespoort 2, 14H30, Sandy Lane.
- Tennis: Dogters 0/15 v/s Centurion, 14H30, weg.
- Revue: Kaleidoskoop Kompetisie rondte 2, staatsteater.
- Restaurantaand: Graad 12, restaurant, 18H00.
Woensdag, 6 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 4.
- PN-Raad-verkiesing: Appélle na Onder-Voorsitter van Beheerliggaam ([email protected]) sluit om 24H00.
- Binnelandse Sake: Hulp met ID’s, 09H00 – 16H00, PNHS.
- Debat: Conspirito, 09H00, H/S Garsfontein.
- Graad 8 – 11 Addisionele akademiese uur, 14H00 – 15H00.
- Landloop: Liga 3 Curro Hazeldean, 14H30, weg.
- Sagtebal Seuns: Tshwane proewe, 14H30, tuis.
- Krieket Akademie vergadering, 18H00, personeelkamer.
- Finansiële Komitee vergadering, 17H00, Konferensiekamer.
- Beheerliggaam UK vergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 7 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Toetsperiode graad 8 - 12.
- Debat: Conspirito, 09H00 en 16H45, H/S Garsfontein.
- VLR-vergadering, 14H00, K76.
- Restaurantaand: Graad 12, restaurant, 18H00.
- Hokkie Akademie vergadering, 18H00, K15.
- Koor: Optrede, 18H00, Gerrit Maritz.
Vrydag, 8 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Debat: Conspirito, 09H00 en 10H45, H/S Garsfontein.
- Seuns Sagtebal Liga 2: PNHS v/s HTS John Vorster, 14H30, weg.
- Sagtebal: Dogters B-spanne v/s Midstream, 14H30, tuis.
- Krieket: 1ste span inhuldiging, 18H00, restaurant.
Saterdag, 9 Augustus:
- Rugby: Noord Vaal rondte 2: PNHS 0/16 v/s Leeuwenhof, 11H00, weg.
- ATKV Tiener Toneel, 13H00 – 17H30, saal.
Maandag, 11 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Detensie, 14H15 – 15H15.
- Interne Vasvra: 14H00, K 18 – K 21.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof