Omsendbrief 23/2022

Omsendbrief 23/2022

Administratief
July 25, 2022


OB: 23 / 2022

Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met groot hartseer dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons oud- matrikulante, Zaivier Stone. Ons dra sy ouers en gesin op aan ons Hemelse Vader.

Rugby: Noord-Vaal Kompetisie: Pretoria Stadsbeker finales, 23 Julie 2022
Skool PN JV PN Won PN MC PN   PN MCn
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 7 5 13 12 17 10     17 26
Uitslae tot dusver                    
Gewen 5 - 5 - 6 - 2 - 4 -
Verloor 1 - 3 - 1 - 3 - 4 -
Gelyk 2 - 0 - 1 - 1 - 0 -
Blou Bulle posisie 1 - 3 - 3 - - - 2 -

JV = John Vorster / MC = Midstream College / Won = Wonderboom

  • Al ons spanne verteenwoordig eerskomende Saterdag die Blou Bulle in die inter-provinsiale Noord-Vaal beker.
  • Die wedstryde sal plaasvind eerskomende Saterdag, 30 Julie by PNHS:

0/14 Frikkie Meyer Limpopo 3
0/15 Brandwag Valke 1
0/16 Hans Moore Valke 1
1ste Oosterlig Valke 2

  • Ons moedig ons leerders aan om eerskomende Saterdag hulle spanne te kom ondersteun in hul skooldrag. Leerlinge in skooldrag betaal nie hekgelde nie.
Sagtebal: “All Day Rally”, 23 Julie 2022, PNHS
Skool PN OM PN Cen PN Cen PN OM    
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A    
Dogters 9 3 1 10 9 4 2 5    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 1 - 0 - - -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - - -
Verloor 0 - 1 - 0 - 1 - - -

OM = Oos Moot / Cen = Centurion

Skool PN Ak PN OM PN OM PN Cen    
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 0/19A 0/19A    
Dogters 15 0 0 13 7 4 4 7    
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 0 - 2 - 0 - - -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - - -
Verloor 0 - 2 - 0 - 2 - - -

Ak =Akasia / OM = Oos Moot / Cen = Centurion

Skool PN   PN Ak PN   PN Ak 1 PN GM
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns     11 0     6 5 11 0
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 1 - 0 - 1 - 1 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 -   - 0 - 0 - 0 -

Ak = Akasia / GM = Gerrit Maritz

Skool PN   PN HS PN   PN GM 1 PN HS
Sagtebal 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns     2 7     6 3 3 4
Uitslae tot dusver                    
Gewen 0 - 1 - 0 - 2 - 1 -
Gelykop 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 0 - 1 - 0 - 0 - 1 -
Krieket: Brits Wintertoernooi, 13 - 15 Junie

13 Junie:

T20 v/s Die Anker. Die Anker kolf eerste en behaal 123 / 7 in hul 20 beurte. Goeie boulwerk van Wian Rynners met 3 paaltjies vir 24 lopies in 4 beurte (brons balkie). PNHS volg op met 112 / 4 in 20 beurte. Goeie kolfwerlk van Ulrich Breytenbach met 33 lopies van 44 balle (brons balkie). Die Anker wen met 11 lopies.

14 Junie:

Een-dag-wedstryd v/s Brits. Brits kolf eerste en behaal 287 / 6 in hul 50 beurte. Goeie boulwerk van JJ du Raan met 3 paaltjies vir 35 lopies in 8 beurte (brons balkie) en Jean Swart met 3 paaltjies vir 53 lopies in 10 beurte (brons balkie). PNHS volg op met 135 / 10 in 30 beurte. Goeie kolfwerlk van Ulrich Breytenbach met 55 lopies van 71 balle (silwer balkie) en Dean du Toit met 28 van 54 balle. Brits wen met 152 lopies.

15 Junie:

Een-dag-wedstryd v/s Die Anker. PNHS kolf eerste en behaal 106 / 10 in 33 beurte. Goeie kolfwerk van JJ du Raan met 23 lopies nie uit nie van 43 balle. Die Anker volg op met 107 / 8 in 28 beurte. Die Anker wen met 8 paaltjies

Inentings

Ons het kennis gekry dat die leerders wat aangedui het dat hulle van die skole-inentingsveldtog wil gebruik maak, op 26 Julie 2022 vanaf 09H00 by die skool ingeent sal word. Slegs leerders wie se ouers skriftelik toestemming gegee het, sal van die geleentheid gebruik mag maak.

Leerder Ondersteuning: Noorderlig

Baie dankie aan al ons PNHS ouers wat deurlopend skenkings maak. Sonder julle kan ons nie ons omgee- leerders ondersteun nie. Ons benodig asseblief enige nie-bederfbare produkte. Dit kan in ons ‘drop off’-trollie geplaas word, wat by ons skool se eie Maroelaboom staan.

Graad 8 inskrywings 2023

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf 22 Julie 2022 – 19 Augustus 2022 is. Daar sal slegs 1 fase wees.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf 22 Julie 2022 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:

  • GESERTIFISEERDE afskrif van geboortesertifikaat van leerder
  • GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres (SLEGS water en elektrisiteit rekening of huurkontrak. GEEN selfoonrekeninge of klere rekeninge word aanvaar nie)
  • GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
  • GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:

1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres

Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames vanaf Maandag, 25 Julie 2022 tot Woensdag 27 Julie 2022 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].

Baie sterkte met die inskrywingsproses.


Program vir die week
Maandag, 25 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 5
  • Leef vir Christus week:
    Leerders: Ricardo Gressel “Warior Ric”
    Personeel: Antoinette Steyn
  • PN-Raad verkiesing: Nominasies.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Graad 12, sleutel 2 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Rugby Akademie vergadering, 17H00, Konferensiekamer.
  • Akademie vir leerder Ondersteuning / Noorderlig vergadering, 18H00, restarant.
Dinsdag, 26 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Leef vir Christus week:
    Leerders: Antoinette Steyn
    Personeel: LeRoux du Toit
  • PN-Raad verkiesing: Nominasies.
  • Inentings, 09H00, Konferensiekamer.
  • Graad 12, sleutel 3 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
Woensdag, 27 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Leef vir Christus week:
    Leerders: LeRoux du Toit
    Personeel: Higgs Venter
  • PN-Raad verkiesing: nominasies sluit 14H00.
  • Interne Vasvra, 14H15 – 15H15, K 18 – K 24.
  • Graad 12, sleutel 4 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Landloop: Liga 1, 14H30, Prestige College.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 28 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Leef vir Christus week:
    Leerders: Pickard Henn
    Personeel: Hein Knoetze
  • Graad 12, sleutel 5 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Beheerliggaam vergadering, 17H30, restaurant.
Vrydag, 29 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Leef vir Christus week:
    “Be That Guy / Girl” Breakfast, 06H00 – 07H00, Gymnasium.
    Leerders: Jo Black
    Personeel: Johan Smit
    “Worship” 18H00 – 20H00, Maroelaboom.
  • PN-Raad verkiesing: vetovergadering.
  • Rapporte graad 8 - 12.
  • Sagtebal Liga 1:
    Seuns 0/15 en 0/19 v/s Sonitus, 14H30, tuis.
    Dogters 0/14 – 0/16 v/s Sonitus, 14H30, tuis.
Saterdag, 30 Julie:
  • Rugby: Noord-Vaal Kompetisie rondte 1, 09H00, PNHS.
  • Koor optrede, 18H30, H/S Wonderboom.
Maandag, 1 Augustus:
  • Graad 8 – 12, dag 4
  • PN-Raad verkiesing: Kandidatelys bekend aan skool.
  • PN-Raad verkiesing: Appélle na BL voorsitter.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Oueraand, 18H00 – 20H00, saal.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug