Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 22/2026
Administratief
June 22, 2026
OB: 22 / 2026
Geagte ouers
1. Wintersport: Hokkie: Pretoria Liga, Promosie Relugasie: PNHS v/s Sutherland, 19 Junie 2026, weg
PNHS wen die liga en speel promosie relugasie teen die verloor skool van die volgende bond, dit is Sutherland Highschool. Gesamentlike wedstryde is gelykop met 2½ elk, waarna doele totaal geweeg is en PNHS dan as wenner kwalifiseer vir promosie na die G2 liga / bond. Baie geluk aan ons hokkie!
Hokkie Uitslae – Dogters
| Span | PN | Suth | Gewen | Verloor | Gelyk |
|---|---|---|---|---|---|
| 0/14 A | 0 | 0 | 2 | 2 | 5 |
| 0/15 A | 0 | 1 | 2 | 4 | 3 |
| 0/16 A | 6 | 0 | 9 | 0 | 0 |
| 2de | 0 | 2 | 7 | 2 | 0 |
| 1ste | 1 | 0 | 8 | 0 | 1 |
Ons 0/16 en 1ste spanne was ligawenners en sal Gauteng-Noord in die Noord-Vaal Kampioenskappe verteenwoordig, wat na die vakansie sal plaasvind.
2. Wintersport: Rugby: Blou Bulle Semi-Finaal, 20 Junie 2026, tuis
Rugby Uitslae
| Span | PN | Teen | Gewen | Verloor | Gelyk | Posisie Liga |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 0/14 A | – | – | 3 | 3 | 1 | Liga 5de |
| 0/15 A | 10 | 5 | 7 | 1 | 0 | Blou Bulle 1/2 |
| 0/16 A | 39 | 7 | 7 | 1 | 0 | Blou Bulle 1/2 |
| 2de | – | – | 5 | 2 | 0 | Liga 1ste |
| 1ste | 49 | 12 | 8 | 0 | 0 | Blou Bulle 1/2 |
- Ons 0/15, 0/16 en 1ste spanne sal op Saterdag 25 Julie 2026 in die Blou Bulle Finaal vir posisie 1 en 2 uitspeel. ‘n Besluit oor waar die Finale sal plaasvind sal deur die Blou Bulle bestuur geneem word.
3. PNHS Gholfdag: 19 Junie 2026, Seasons Gholfbaan
Baie dankie aan almal wat die skool ondersteun het om ‘n baie suksesvolle gholfdag aan te bied.
4. Program vir die week
Maandag, 22 Junie
- Graad 11–12, Halfjaar eksamen.
- Graad 8–10, dag 4.
- Gauteng-Noord Atletiek Algemene Jaarvergadering, 13H30, H/S Waterkloof.
- Senior Jukskei proewe, 14H30, PNHS Jukskeibane.
Dinsdag, 23 Junie
- Graad 8–12, dag 5.
- Graad 10 veldskool vertrek na opening na Warthog Inn.
Woensdag, 24 Junie
- Graad 8–12, dag 6.
- Koor oefening, 16H00 – 19H00, saal.
Donderdag, 25 Junie
- Graad 8–12, dag 1.
Vrydag, 26 Junie
- Skool sluit om 11H00.
- Graad 10 Veldskool terug om 11H00.
- Krieket 0/14 en 0/15 toer vertrek na Sundown Ranch om 13H00 vanaf PNHS.
Saterdag, 27 Junie
- Revue dagkamp, 08H00 – 18H00, Saal.
Maandag, 29 Junie
- Graad 12 Winterskool: 29 Junie – 10 Julie.
- Sagtebal-kursus: 29 Junie – 1 Julie, 07H00 – 16H00.
Sondag, 5 Julie
- Krieket: Senior toer vertrek na Hoërskool Ben Vorster, 5 Julie – 10 Julie.
Vrydag, 17 Julie
- Toneel: dagkamp, 08H00 – 16H00, saal.
Dinsdag, 21 Julie
- Skool heropen.
Vriendelike Groete
CJC Driescher, Hoof
