
Omsendbrief 22/2025
Administratief
July 28, 2025
OB: 22 / 2025
Geagte ouers
Aan al ons ouers en leerders baie welkom terug by PNHS vir die Derde Kwartaal. Dit is ons gebed dat dit vir elkeen ‘n seënvervulde kwartaal gevul met vreugde en voorspoed sal wees!
Lief en Leed
- Dit is met leedwese dat ons kennis geneem het van die afsterwe van een van ons ouers, Me. Sonja de Jager. Ons harte gaan uit na haar gesin en ons bid vir vertroosting vir hulle.
- Baie geluk aan Mev. L Venter-Kruger wat ‘n baba seun ryker geword het.
- Baie geluk aan Mev. T Bothma (neé Oberholzer) wat in die huwelik getree het.
- Baie geluk aan Mej. C. Bezuidenhout en Mej. K Breedt wat verloof geraak het.
- Baie welkom aan die volgende studente wat by ons aangesluit het vir waarneming: Mej. S Botha van NWU by RTT, Mnr. K Engelbrecht van NWU by Afrikaans, Mej. M Cockeram van UP by Engels, Mej. T. Modise van AROS by Afrikaans, Mej. K. MacKay van AROS by Engels, Mej. C Dugand van AROS by Engels, Mej. O Potgieter van AROS by Rekeningkunde, Mej. T Thomas van AROS by Besigheidstudies, Mej. L Viljoen van AROS by Lewenswetenskap en Mnr. MC Jooste van AROS by Natuurwetenskap.
Krieket
Krieket Toer PNHS 1ste span, 6 – 11 Julie 2025, H/S Ben Vorster
7 Julie:
PNHS v/s HS Ben Vorster op die Buffel oval in ‘n 50 beurt wedstryd. PNHS wen die loot en boul eerste. Ben Vorster word beperk tot 164 / 10 in 29 beurte. Goeie boulwerk van Ulrich Breytenbach met 4 paaltjies vir 36 lopies in 9 beurte. PNHS volg op met 165 / 6 en wen met 4 paaltjies. Goeie kolfwerk van Charl Otto met 36 lopies van 37 balle en Mark Gorman met 27* van 28 balle.
8 Julie:
PNHS v/s HS Hoogenhout op die Polokwane Cricket Club oval in ‘n 50 beurt wedstryd. Hoogenhout wen die loot en kolf eerste met 139 / 10 in 38 beurte. Goeie boulwerk van Ruan Schoonraad met 3 paaltjies vir 15 lopies in 5 beurte. PNHS volg op met 144 / 3 in 15 beurte en wen met 7 paaltjies. Goeie kolfwerk van Ulrich Breytenbach met 51* van 28 balle en Mark Gorman met 43 van 38 balle.
9 Julie:
PNHS v/s HS Zwartkop op die H/S Merensky oval in ‘n 50 beurt wedstryd. PNHS wen die loot en kolf eerste met 376 / 10 in 38 beurte. Goeie kolfwerk van Rohan Louw met 128 lopies van 97 balle, Michael Flanagan met 106 lopies van 100 balle en Ulrich Breytenbach met 59 lopies van 36 balle. Zwartkop volg op met 158 / 10 en verloor met 218 lopies. Goeie boulwerk van Gute von Steen met 3 paaltjies vir 21 lopies in 4 beurte.
10 Julie:
PNHS v/s HS Nelspruit op die Unicorn oval in ‘n 50 beurt wedstryd. PNHS wen die loot en kolf eerste met 214 / 10 in 40 beurte. Goeie kolfwerk van Ettiene de Bruyn met 53 lopies van 97 balle en Ulrich Breytenbach met 32 lopies van 28 balle. Nelspruit antwoord met 217 / 6 in 41 beurte en wen met 4 paaltjies. Goeie boulwerk van Michael Flanagan met 3 paaltjies vir 34 lopies in 5 beurte.
11 Julie:
PNHS v/s HS Bastion op die Unicorn oval in ‘n T20 wedstryd. Bastion wen die loot en stuur PNHS in om te kolf. PNHS behaal 135 / 10 in 19 beurte. Goeie kolfwerk van Ettiene de Bruyn met 38 lopies van 23 balle, Ulrich Breytenbach met 25 lopies van 22 balle en Charl Otto met 22 lopies van 21 balle. Bastion antwoord met 59 / 10 in 13 beurte en PNHS wen met 76 lopies. Goeie boulwerk van Ulrich Breytenbach met 5 paaltjies vir 7 lopies in 4 beurte.
Krieket: Liga 1: PNHS v/s HS Uitsig, 26 Julie 2025, weg
26 Julie:
PNHS 1 v/s HS Uitsig 1. Uitsig wen die loot en kolf eerste met 118 / 10 in 37 beurte. Goeie boulwerk van Michael Flanagan met 4 paaltjies vir 24 lopies in 7 beurte en Gute von steen met 3 paaltjies vir 24 lopies in 7 beurte. Ruan Schoonraad en JP Thomas neem mooi vangskote in die veld. PNHS volg op met 122 /1 in 14 beurte. Goeie kolfwerk van Ulrich Breytenbach met 46 lopies van 28 balle, Michael Flanagan met 31* van 32 balle en Mark Gorman met 31* van 28 balle. PNHS wen met 9 paaltjies. Dit was ons eerste ligawedstryd.
Rugby Blou Bulle Finales, 26 Julie 2025, Midstream College
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver Blou Bulle Liga | Uitslae tot dusver Seisoen | Posisie Blou Bulle |
---|---|---|---|---|---|
0/14 A | PN | 10 | Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 2 | Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 7 | 6 |
0/14 A | JV | 17 | |||
0/15 A | PN | 15 | Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 1 | Gewen: 9, Gelykop: 0, Verloor: 6 | 3 |
0/15 A | Won | 7 | |||
0/16 A | PN | 24 | Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 2 | Gewen: 7, Gelykop: 0, Verloor: 7 | 7 |
0/16 A | JV | 14 | |||
2de | PN | Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: - | Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 5 | - | |
2de | Won | ||||
1ste | PN | 25 | Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 3 | Gewen: 6, Gelykop: 2, Verloor: 7 | 4 |
1ste | Wag | 45 |
JV = HTS John Vorster / Won = Wonderboom / Wag = Wagpos
- Blou Bulle se top 7 spanne kwalifiseer vir die Noord-Vaal beker, al ons rugbyspanne sal die Blou Bulle verteenwoordig teen die ander provinsies in die Noord-Vaal beker..
- PNHS 0/14 A (Blou Bulle) v/s Ben Viljoen (Limpopo) 08H00, by PNHS.
PNHS 0/15A (Blou Bulle) v/s Ben Viljoen (Limpopo) 09H00 by PNHS.
PNHS 0/16A (Blou Bulle) v/s Hoogenhout (Mapumalanga) 10H00 by PNHS.
PNHS 1 (Blou Bulle) v/s Brandwag (Valke) 11H00 by Brandwag
Sagtebal: All Day Rally, 26 Julie 2025, tuis
Uitslae:
Dogters | Seuns |
---|---|
0/14 A | 0/14 A |
Wen Homespun (10 – 1) | Wen Akasia (12 – 0) |
Verloor Gerrit Maritz (1 – 6) | Wen Homespun (6 – 1) |
0/14 B | 0/14B |
Wen Centurion (7 – 4) | |
Verloor Akasia (1 – 5) | |
0/15 A | 0/15 A |
Verloor Homespun (3 – 11) | Wen Gerrit Maritz (7 – 1) |
Wen Homespun (6 – 0) | Verloor Homespun (3 – 7) |
0/15 B | 0/15 B |
Verloor Akasia (0 – 5) | |
Verloor Midstream (4 – 6) | |
0/16 A | 0/16 A |
Gelykop Homespun 0/19 A (1 – 1) | Verloor Homespun 0/19 A (0 – 6) |
Wen Centurion (8 – 3)V | Gelykop Homespun 0/16 A (6 – 6) |
0/19 A | 0/19 A |
Verloor Centurion (0 – 2) | Wen Homespun 0/16 A (13 – 0) |
Wen Homespun (5 – 1) | Wen Homespun 0/19 A (8 – 4) |
0/19 B | 0/19 B |
Wen Centurion (6 – 3) | Wen Gerrit Maritz 0/16 A (12 – 4) |
Verloor Akasia 0/19 A (10 – 12) |
Gholf
22 Julie: PNHS 1 v/s Montana 1 by Akasia gholfbaan. PNHS verloor met 55 teenoor 41. Dit was ons eerste ligawedstryd.
Kultuur
Sang
Baie geluk aan Marioné Engelbrecht wat in Italië twee 1ste plekke vir “gospel” en “pop” en twee 2de plekke vir “country” en “broadway” ontvang. Sy is ook in beide hierdie afdelings kategoriewenner.
In die nasionale rondte van die Legends of Arts SA verower Marioné een 1ste plek vir “broadway”, drie 2de plekke vir “gospel”, “pop” en “country” en een 3de plek vir “gospel”.
Kunswedstryde
Pierneefteater Kunswedstryd
Baie geluk aan die vgolgende leerders:
- Anje Maritz, Dehan Joubert en Larissa Ellis ontvang elkeen ‘n A++ vir Skryfkuns.
- Beate Haarhoff ontvang ‘n A++ en is kategoriewenner vir Stilstaande Poësie.
- Leandré Koekemoer ontvang twee A++ simbole en twee A+ simbole vir voordrag items. Sy ontvang ook ‘n A++ simbool vir skryfkuns.
- Pierre Rynners ontvang twee A++ simbole vir voordrag items en is ook kategoeriewenner vir sy Saamspraak item.
- Mia Rynners ontvang ses A++ simbole en twee A+ simbole vir verskillende voordrag items. Sy is in sewe van die agt voordrag items ook kategoriewenner.
Pretoria drama Eisteddfod
Baie geluk aan die volgende leerders wat mooi presteer:
- Zené Swart verower ‘n A+ simbool vir Stilstaande Poësie.
- Lara van Schalkwyk ontvang A++, A+ en A simbole vir haar verskillende voordrag items.
- Mia Rynners ontvang vyf A++ en een A simbool vir haar verskillende voordrag items.
- Pierre Rynners ontvang ‘n A+ en A simbole vir sy voordrag items.
- Tristan Booyens ontvang ‘n A++ en A+ simbole vir sy voordrag items.
- Leandré Koekemoer ontvang twee A++ simbole vir haar voordrag items.
- Zanmari Kriel ontvang twee A++ simbole vir haar voordrag items.
Akademie: Brugbou streekskompetisie, 26 Julie 2025, HTS John Vorster
Baie geluk aan:
- Kaleb Snyman, Raygen Christie en Leoné Erasmus wat deelname sertifikate verower.
- Ruan Olwagen, James Ashby, Davie Pieterse tree as wenners uit die stryd met ‘n brug wat 52,9 kilogram kon dra. Hulle verower hiermee die wisseltrofee en kwalifiseer vir die nasionale rondte.
Waardebalkies
Baie geluk aan:
- Jean-Pierre van der Westhuizen (8A) wat kwalifiseer vir ‘n balkie vir Verantwoordelikheid.
- Mickayla Luck (8E) wat kwalifiseer vir ‘n balkie vir Verantwoordelikheid.
Inskrywings Graad 8 vir 2026
Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf Donderdag, 24 Julie 2025 tot Maandag, 29 Augustus 2025 sal wees. Daar sal slegs 1 fase wees.
Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf Donderdag, 24 Julie 2025 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:
- GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
- GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres:
Huiseienaars – Munisipale rekening van nie ouer as 3 maande nie in die naam van die ouer met die volle residensiële adres.
Huurders – moet al die volgende dokumente nie ouer as 3 maande nie voorlê:- Munisipale rekening in die naam van die verhuurder met die volle resedensiële adres.
- Huurkontrak (kan ouer as 3 maande wees) geteken deur huurder en verhuurder met die volle residensiële adres. (Belangrik die huur periode op die huurkontrak moet nog steeds geldig wees op die datum wanneer u aanlyn aansoek doen)
- ‘n Kwitansie vir betaling van huurgeld metvole residensiële adres.
- Staat van enige rekening in die naam van die aansoeker met die volle residensiële adres op.
- GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
- GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente
Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:
1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees.
Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames ook vanaf Maandag, 28 Julie 2025 tot Woensdag 30 Julie 2025 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].
Baie sterkte met die inskrywingsproses.
Noorderlig
Ouers neem asseblief kennis van ons Noorderlig vergadering op 28 Julie 2025 om 18H00 in die restaurant. Almal is welkom.
Kom word deel van ons PNHS omgee-span, u kan kontak met ons voorsitster, Mev. Tanya Breytenbach vir meer besonderhede by 0826016878.
ID dokumente
Ouers neem asseblief kennis dat die Departement van Binnelandse sake ons kennis gegee het dat hulle op 6 Augustus 2025 vanaf 09H00 ‘n eenheid na Hoërskool Pretoria-Noord sal stuur om leerders 16 jaar en ouer behulpsaam te wees met ID dokumente.
Die eenheid sal voor die skool se hek in Eeufeesstraat parkeer. Die volgende word benodig vir ‘n aansoek:
- ‘n Gesertifiseerde geboorte sertifikaat.
- ‘n Gesertifiseerde ID van die ouer.
- Een biologiese ouer moet die leerder vergesel.
Die geskiedenis het ons geleer dat slegs ‘n beperkte hoeveelheid ouers op so ‘n dag gehelp kan word. Ten einde te verhoed dat u ure in ‘n tou moet staan en tyd mors of selfs glad nie gehelp word nie moet u skakel met Mev. S de Wit by 012 546 6590 om ‘n afspraak te maak en ouers sal dan volgens hierdie afspraaklys gehelp word.
ABSA-bank
ABSA-bank het aangebied om op 5 Augustus 2025 vanaf 14H00 – 16H00 in die binneplein van ons skool, ons leerders behulpsaam te wees met die opening van bankrekeninge. Leerders 16 jaar en ouer wat in besit is van ID dokumente sal gehelp kan word.
Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode
Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.
Program vir die week
Maandag, 28 Julie:
- Leef vir Christus week:
Leerders en Personeel op A-veld:
Praise en Worship saam met Ampie du Preez en motivering deur Ds. Stefan Joubert. - “Saai”- week.
- Graad 8 – 12, dag 3.
- PN-Raad nominasies.
- ATKV Tiener toneel, 09H00, UNISA. Groep 1 Mej. Basson vertrek om 10H00 en groep 2 Mej. Williamson vertrek om 13H00.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H00.
- Detensie, 14H15 – 15H15.
- Gholf: PNHS 2 v/s Wonderboom 1, 14H30 Akasia gholfbaan.
- Noorderlig vergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 29 Julie:
- Leef vir Christus week:
Leerders: Pastor Given Chokwe.
Personeel: Pastoor Lean Buys. - “Saai”-week.
- Graad 8 – 12, dag 4.
- PN-Raad nominasies.
- Revue: Kaleidoskoop Kompetisie, staatsteater, vertrek 13H00 vanaf PNHS.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 2, 14H15 – 15H00.
- Tennis: Dogters 0/15 v/s Montana, weg. Vertrek om 13H15.
- Netbal Akademievergadering, 17H30, K22.
Woensdag, 30 Julie:
- Leef vir Christus week:
Leerders: Warior Rick.
Personeel: Riaan van den Berg.
LOBO: Pieter Snijman. - “Saai”-week.
- Graad 8 – 12, dag 6.
- PN-Raad nominasies sluit.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 3, 14H15 – 15H00.
- Landloop: Liga 2 Pretoria Boys high, vertrek 13H30.
- Tennis Seuns: PNHS 1 v/s Oos Moot, 14H30, tuis.
PNHS 2 v/s Deutsche Schule, weg. Vertrek 13H30. - Beheerliggaamvergadering, 17H30, restaurant.
Donderdag, 31 Julie:
- Leef vir Christus week:
Leerders: Herman Jacobs.
Personeel: Theresa Wilson. - “Saai”-week.
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 4, 14H15 – 15H00.
Vrydag, 1 Augustus:
- Leef vir Christus week:
Leerders en Personeel: Riana Nel. - “Saai”-week.
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Seuns Sagtebal Liga 1: PNHS v/s PEPPS, 14H30, tuis.
- PNNK Talentaand oudisies, 14H30, saal.
- Leef vir Christus week afsluiting:
Praise and Worship, 17H30, binneplein.
Saterdag, 2 Augustus:
- Rugby: Noord Vaal rondte 1: 0/14, 0/15 en 0/16, 08H00, PNHS.
PNHS 1, 11H00, Brandwag. - Dogters Sagtebal liga 1: PNHS v/s Homespun, 09H00, tuis.
- Jukskei liga 1, 09H00, Jukskeipark.
- Krieket Liga 2: PNHS 1 v/s Overkruin1, 09H00, weg.
- ATKV Tiener toneel, semi-finaal, 09H00, UNISA.
- PNHS Potjiekos, 13H00, A-rugbyveld.
Maandag, 4 Augustus:
- Graad 8 – 12, dag 2.
- Detensie, 14H15 – 15H15.
- PN Raad vergadering, 14H15, K14.
- Oueraand, 18H00, voogklasse.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof