Omsendbrief 22/2022

Omsendbrief 22/2022

Administratief
July 19, 2022


OB: 22 / 2022

Geagte ouers

Baie welkom terug vir die Derde Kwartaal, ons bid vir u en u kind ‘n baie geseënde en voorspoedige kwartaal toe.

Lief en Leed

Baie welkom aan die volgende nuwe personeel by PNHS:

  • Me. D Burger-Snyman, student van Akademia vir waarneming by LO graad 10-12.
  • Me. M Coetzee, aflos-assistant by Gasvryheidstudies in die plek van Mev. A Ströh, wat op kraamverlof is.
  • Mnr. D Moolman, assistent-jeugwerker in die plek van Mnr. H Badenhorst (jnr.) wat beroep is na Bloemfontein.
Rugby: Noord-Vaal: Pretoria stadsbeker semi-finales, 21 Junie 2022, Wonderboom
Skool PN Won PN MC PN JV PN   PN Won
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 22 19 3 13 10 33     20 19
Uitslae tot dusver                    
Gewen 4 - 4 - 5 - 2 - 4 -
Verloor 1 - 3 - 1 - 3 - 3 -
Gelyk 2 - 0 - 1 - 1 - 0 -

JV = John Vorster / MC = Midstream College / Won = Wonderboom

  • Ons 0/14 en 1 ste spanne sal uitspeel vir Blou Bulle 1 en 0/15 en 0/16 vir Blou Bulle 3.
  • Die finales sal plaasvind eerskomende Saterdag, 23 Julie by Midsstream College:

0/14 08H30 John Vorster
0/15 09H30 Wonderboom
0/16 10H30 Midstream College
1ste 12H20 Midstream College

  • Ondersteuners wat belangstel om by te woon in skooldrag kan name opgee by hul voogde, sodat addisionele ondersteuners busse gereël kan word.
Netbal

Baie geluk aan Thuto Modise en Nelmari Driescher wat opgeneem is in die 0/21 Royal Bafokeng netbalspan, wat vanaf 7 – 13 Augustus aan die Suid-Afrikaanse 0/21 en Senior Netbal Kampioenskappe gaan deelneem op Potchefstroom.

Sport buite skoolverband

Baie geluk aan die volgende leerders wat mooi prestasies behaal op die Gauteng-Noord Karate kampioenskappe: Catleen Roets (1ste en 3de plek), Kayla Roets (2de, 3de en 2 X 4de plekke), Dehan Joubert (4de plek) en Erné Malan (5de plek)

Kultuur

Baie geluk aan die volgende leerders met mooi prestasies:

Teotri Arti kompetisie:

  • Maruché Smith behaal 10 sertifikate vir 90%+, sy wen nege items en onderskei haarself ook ses keer as kategorie wenner.
  • Kayla Roets behaal 13 sertifikate vir 90%+ en 1 sertifikaat vir 88%+, sy wen ses items en onderskei haar ook as ‘n kategorie wenner.
  • Cathleen Roets behaal 11 sertifikate vir 90%+ en 1 sertifikaat vir 89%.

Pretoria Eisteddfod:

  • Cathleen Roets behaal vier A+ en twee A sertifikate.
  • Kayla Roets behaal vier A+, twee A en een B+ sertifikate.
  • Maruché Smith behaal drie A++ en een A+ sertifikate.
  • Anouk Janse van Rensburg een A++ sertifikaat.
Inentings

Ons het kennis gekry dat die leerders wat aangedui het dat hulle van die skole-inentingsveldtog wil gebruik maak, op 26 Julie 2022 vanaf 09H00 by die skool ingeent sal word. Slegs leerders wie se ouers skriftelik toestemming gegee het, sal van die geleentheid gebruik mag maak.

Graad 8 inskrywings 2023

Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf 22 Julie 2022 – 19 Augustus 2022 is. Daar sal slegs 1 fase wees.

Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf 22 Julie 2022 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:

  • GESERTIFISEERDE afskrif van geboortesertifikaat van leerder
  • GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres (SLEGS water en elektrisiteit rekening of huurkontrak. GEEN selfoonrekeninge of klere rekeninge word aanvaar nie)
  • GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
  • GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente

Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:

1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres

Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames vanaf Maandag, 25 Julie 2022 tot Woensdag 27 Julie 2022 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].

Baie sterkte met die inskrywingsproses.

Leerder Ondersteuning: Noorderlig

Baie dankie aan al ons PNHS ouers wat deurlopend skenkings maak. Sonder julle kan ons nie ons omgee- leerders ondersteun nie. Ons benodig asseblief enige nie-bederfbare produkte. Dit kan in ons ‘drop off’- trollie geplaas word, wat by ons skool se eie Maroelaboom staan.

U word ook hartlik uitgenooi na ons kwartaal 3 vergadering op Maandag, 25 Julie 2022, om 18:00 in die restaurant. Saam kan ons ‘n groot verskil maak!


Program vir die week
Dinsdag, 19 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Mnr. Mej. PNHS klere pas, vetrek 08H30 vanaf PNHS, terug om en by 13H00.
  • Kennisgewing van PN-Raad verkiesing.
Woensdag, 20 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • PN-Raad verkiesing: nominasie kennisgewing.
  • PN-Raad vergadering, 14H15, K 81.
Donderdag, 21 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • PN-Raad verkiesing: nominasies open
  • Graad 12, sleutel 1 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • VLR vergadering, 14H15, K1.
Vrydag, 22 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • PN-Raad verkiesing: nominasies.
Saterdag, 23 Julie:
  • Rugby: Pretoria Stadsbeker finaal, 08H30, Midstream College. Busse vertrek om 06H30 vanaf PNHS.
  • Sagtebal: “All day Rally”, 08h00, PNHS.
Maandag, 25 Julie:
  • Graad 8 – 12, dag 5
  • Leef vir Christus week: Leerders: Ricardo Gressel “Warior Ric” Personeel: Antoinette Steyn
  • PN-Raad verkiesing: Nominasies.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • Graad 12, sleutel 2 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Rugby Akademie vergadering, 17H00, Konferensiekamer.
  • Akademie vir leerder Ondersteuning / Noorderlig vergadering, 18H00, restaurant.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug