Omsendbrief 22/2021

Omsendbrief 22/2021

Administratief
June 24, 2021


OB: 22 / 2021

Geagte ouers
COVID 19

H/S Pretoria-Noord se huidige situasie: ons het tans 31 leerders en 2 personeellede wat positief getoets het. Daar is tans 98 leerders en 2 personeellede in isolasie wat sekondêre kontak gehad het.

Dit is duidelik dat ons binne die derde vlaag COVID 19 infeksies is. Dit is vir ons uiters kommerwekkend dat die meerderheid infeksies plaasgevind het as gevolg van sosiale aktiwiteite na ure en ons doen weer ‘n beroep op ons ouers om die beweging van hul kinders na ure streng te monitor, want dit is juis by partytjies en samekomste waar hierdie infeksies plaasvind, dit stel nie net u kind bloot nie, maar die hele skool.

Ons vestig weer ons ouers se aandag daarop dat, alhoewel ons dit nie aanbeveel nie, is enige ouer geregtig daarop om by die HOD aansoek te doen vir grendel leer vir sy kind.

Geagte ouers hiermee saam wil ons vir u die versekering gee dat ons alles in ons vermoë doen om u kind veilig te hou binne die skool en solank as wat u kind die COVID 19 protokol by die skool volg is hulle veilig, ondersteun ons deur u kind aan te moedig om dinge reg te doen deur veiligheidsafstande te hou, maskers te dra en te saniteer.

Die skool se bestuur en Beheerliggaam monitor ons situasie daagliks en is daagliks in gesprek met die Departement van Gesondheid en Departement van Onderwys.

Ons kan ons skool en kinders nie met sensasie beskerm nie, maar eerder deur konstant en volgehoue die regte dinge te doen.

U kan ons ook tuis help om ons skool veilig te hou, deur u kind se gesondheid fyn te monitor en u kind ‘n higiëniese leefstyl aan te leer. Van die geidentifiseerde simptome van die siekte is onder andere: lyfseer, droeë hoes, kortasem, verlies van smaak, diareë, naarheid en braking en buitengewone moegheid. Indien u kind hierdie simptome toon met ‘n gepaardgaande hoë koors moet hom / haar asseblief nie skool toe stuur nie en win onmiddellik mediese advies in.

Stel die skool asseblief onmiddellike in kennis as daar kontak was.

Leer u kind om protokol te volg en moenie negatief daaroor wees nie, besef dat u kind u voorbeeld gaan volg.

Monitor asseblief u kind se bewegings en kontak na skoolure, dit is hier waar infeksies plaasvind.

GEAGTE OUERS NEEM KENNIS DAT DIE SKOOL OP MAANDAG, 28 JUNIE 2021 GESLUIT SAL WEES VIR PERSONEELINENTINGS, SOOS AFGEKONDIG DEUR DIE MINISTER.

Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die week is: graad 8: 79%, graad 9: 81%, graad 10: 80%, graad 11: 80% en graad 12: 85%.

Landloop: 19 Junie 2021

Baie geluk aan:

Dogters 0/15: Cindy de Koker (13de) en Zelda Niemand (15de).

Seuns 0/15: Stephan van Wyk (7de), Schalk Fourie (12de) en Crusharne Links (16de)

Seuns 0/16: Andrew Durdle (9de)

Dogters 0/17: Marcolaine Kirsch (7de)

Junior Seuns: Coenie Kruger (3de)

Junior dames: Kaylee de Kock (4de)

Senior dames: Megan Oosthuizen (3de) en Natasha Sekisi (4de).

Gasvryheidstudies: FBI Chef School & Pȃtisserie Academy Koek-kompetisie

Baie dankie aan die 16 eerders wat aan die interne been van die kompetisie deelgeneem het. Julle het julself oortref!

Ons bedank vir Lilian Barlow en Susan Gerber wat as beoordeellaars opgetree het.

Ook hartlike dank aan die volgende borge wat vir ons die kompetisie moontlik gemaak het: Fine Clothing, Honey Co, Coco Vanilla, Visagé Poultry, Easy Beat Paneelkloppers, Sacramento Spur, Macaroons Faire De La Pȃtisserie en alle individuele borge wat bygedra het deur middel van skenkings, kontant en geskenkbewyse.

Inskrywings word nou ingestuur na die FBI Chef School & Pȃtisserie Academy waar hulle dan teen 17 Junie die semi-finaliste sal aankondig.

Akademie: Aanlyn-onderrig Wolkskool

Ons neem waar dat baie van ons leerders reeds ingeskakel het by die Wolkskool. Neem net weer kennis dat leerders van ons skool gratis by hierdie aanlyn-program kan inskakel, wat vir hulle ‘n magdom leermateriaal, oefentoetse en lesse deur ‘n verskeidenheid onderwysers bied. Onthou dat u asseblief u kind se ID nommer moet gebruik om te registreer.

Bemarking: Vuuraansteker-Fondsinsamelingsprojek 2021

Ons kondig met trots die 2021 – fondsinsamelingsprojek aan in samewerking met SA Braaibroers, Vuur en Vlam Slaghuis en Wildog Accessories.

Wat is dan nou meer sinoniem met ons gemeenskap as ‘n heerlike braaivleisvuur of ‘n knetterende kaggelvuur in die koue wintermaande.

Waar daar ‘n rokie trek, is daar ‘n vuurtjie en waar daar ‘n vuurtjie is, is daar verseker ‘n vuuraansteker.

Elke leerder van die skool gaan geleentheid kry om kaartjies te verkoop teen R20-00 elk.

Elke kaartjie sluit ‘n pakkie vuuraanstekers in. Hierdie kaartjies gaan dan in die gelukkige trekking in waar daar baie groot pryse te wen is. Vir net R20-00 staan u dus ‘n kans om fantastiese pryse te wen en u kry ‘n pakkie vuuraanstekers.

GELUKKIGE TREKKING PRYSE:

Eerste prys: 1/2 bees by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R8000-00
Tweede prys: heel lam by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R2500-00
Derde prys: 1/2 vark by Vuur en Vlam Slahhhghuis, verwerk ter waarde van R1500
Vierde prys: 1/2 vark by Vuur en Vlam Slaghuis, verwerk ter waarde van R1500
Vyfde prys: Wildog vuurkonka, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Sesde prys: 20 x sakke charcoal, 20 x sakke brikette, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Sewende prys: 20 x sakke charcoal, 20 x sakke brikette, 10 x sakke hout, 1 x boks vuuraanstekers.
Agtste prys: 10 x sakke charcoal, 1 x boks vuuraanstekers.

Die leerders gaan binnekort elkeen ‘n kompetisieboekie met 20 kaartjies in en 5 pakkies vuuraanstekers ontvang. Sodra die leerder die eerste 5 kaartjies en vuuraanstekers verkoop het, kan hulle die volgende 5 pakkies by hul voogonderwyser aanvra. Ons doelwit is dat elke leerder 20 kaartjies of meer sal verkoop.

Daar is ook lekker kontantpryse vir die leerders in elke graad en in die skool wat die meeste kaartjies verkoop het.

Bemarking: D6 Skool Kommunikeerder

Dit het met ons tevredenheidsindeks en ook tydens ons Strategiese Beplanning navore gekom dat daar ‘n groot behoefte onder ons ouers aangaande kommunikasie vanaf die skool. Hoërskool Pretoria-Noord gebruik reeds van Januarie 2021 af die D6 Kommunikasieprogram. Tot op datum het daar nog net 51,5% van ons gesinne hierdie toepassing afgelaai en begin gebruik. Ons wil egter ‘n dringende beroep op al die ouers doen om hierdie toepassing so gou as moontlik af te laai en te gebruik aangesien ons al die belangrike inligting hierop deel en u ook al u kind se punte en algemene inligting daarop kan sien. U kan ook u skoolgeld en ander projekte met hierdie toepassing betaal.

Opstelling (teken in of registreer)

  • Laai die d6 Connect toepassing met die swart en wit ikoon af by die Google AppStore. Wanneer u die toepassing oop gemaak het, gaan u versoek word om u selfoon nommer en wagwoord in te sleutel of in te teken as u reeds ‘n geskepte profiel het.

  • Indien u nie alreeds ‘n profiel het nie, dan gaan u as ouer sien daar is ‘n “registreer” knoppie. U kan daarop klik en die nodige inligting verskaf. Hierna gaan u ‘n OTP verifikasiekode ontvang wat u moet insleutel. Indien suksesvol, sal u na die na die boodskap muur geneem word.

Koppel u kind of kinders

  • Klik op die drie strepies links bo om u kind se skool te kies. Klik ook op die “koppel” knoppie om u kind as n leerder aan u profiel te koppel. Kies nou die skool naam “Danie Malan” of leerder naam (verkieslik) en klik daarop. Nou kan u boodskappe ontvang van die skool af.

  • Kies nuus, kalender, bronne of inligting onder. Die inligting opsie gee u ‘n “Leerder inligting” opsie waarop u kan klik. Dit gee u die leerder se punte, huiswerk, dissipline, afwesighede, finansies, leerderinligting, en volgelinge. Hierdie is alles opsies waarop u kan klik om dit te monitor.

  • Die toepassing is streng en verifieer dat slegs kinders wat reeds aan ouers in dieselfde familiekode gekoppel is op die stelsel, aan mekaar op die profiel gekoppel kan word. ID nommers moet dus ook korrek ingelees wees op die stelsel. Dit sluit ouers se korrekte selnommers in wat die ontvang van OTP verifikasie kodes gedurende die inteken en registrasie proses moontlik maak.

Akademie vir Leierskap: 29 Junie 2021
  • Hiermee nooi die Akademie vir Leierskap alle belangstellende ouers na ons vergadering op 29 Junie 2021 om 18H00 in die personeelkamer.
  • Enige ouer van PNHS is welkom om deel te word van die Akademie vir Leierskap.
  • Die doel van die vergadering is om die komende PN-Raadverkiesing te finaliseer.

Program vir die week
Vrydag, 25 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 2
Maandag, 28 Junie:
  • SKOOL GESLUIT VIR PERSONEELINENTINGS.
Dinsdag, 29 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 4.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 5, 14H15 – 15H15
Woensdag, 30 Junie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Graad 8 – 11, akademiese uur, 14H15 – 15H15.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H15, personeelkamer.
  • Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, personeelkamer.
Donderdag, 1 Julie:
  • Graad 8 – 12: dag 6.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 6, 14H15 – 15H15
Vrydag, 2 Julie:
  • Graad 8 – 12: dag 1.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug