Omsendbrief 21/2025

Omsendbrief 21/2025


Administratief
June 23, 2025


OB: 21 / 2025

Geagte ouers

Landloop: Inter-Provinsiale Kampioenskappe, 14 Junie 2025, Rustenburg

Baie geluk ook aan Henrico van Tonder van PNHS wat individueel ingeskryf het vir die Inter-Provinsiale Kampioenskappe by Bergsig Akademie in Rustenburg. Hy het 29ste gekom in die 0/20 mans afdeling.

Kultuur: Sang

Baie geluk aan Marioné Engelbrecht wat op 21 Junie 2025 in die Legends of Arts SA finaal as algehele wenner uit die stryd tree met haar opname van: “Evil like me”.

Projek: “My SPAR” Ninapark

Geagte ouers baie dankie vir u ondersteuning tydens hierdie projek. Hoërskool Pretoria-Noord was nou vir die tweede agtereenvolgende keer die “wen” skool en ontvang daarmee R 15 081 vir die 1% terugbetaling op alle strokies ingehandig en ‘n verdere R 12 000 bonus as “wen” skool, met Danie Malan in die tweede plek en Theresapark in die derde plek.

Week: 23 – 27 Junie 2025

Geagte ouers neem asseblief kennis dat die Junie eksamen amptelik eindig op Vrydag 20 Junie 2025, die week 23 tot 27 Junie 2025 is dan weer ‘n gewone skoolweek volgens die amptelike skoolkalender. Hierdie “ongewone kalender” is die resultaat van die Gauteng Departement van Onderwys se verreiste dat alle punte reeds voor die vakansie ingehandig moet word.
Neem kennis dat hierdie week gebruik sal word om vraestelle met leerders deur te gaan en regstellings te doen, hierdie proses sal afgehandel word gedurende hierdie week, sodat daar onmiddellik met die akademiese program begin kan word op 22 Julie 2025 wanneer die skool weer begin.
Vrydag 27 Junie 2025 is ‘n gewone toetsdag met die skool wat om 11H00 sal sluit.
Graad 8: Engels; Graad 9 Wiskunde, Graad 10 Engels, Graad 11 Wiskunde, Graad 12 Wiskunde.

ABSA-bank

ABSA-bank het aangebied om op 5 Augustus 2025 vanaf 14H00 – 16H00 in die binneplein van ons skool, ons leerders behulpsaam te wees met die opening van bankrekeninge. Leerders 16 jaar en ouer wat in besit is van ID dokumente sal gehelp kan word.

Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode

Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.


Program vir die week

Maandag, 23 Junie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
Dinsdag, 24 Junie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 10 veldskool vertrek om 09H00 na Warthog Inn.
Woensdag, 25 Junie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Graad 10 veldskool, Warthog Inn.
Donderdag, 26 Junie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Graad 10 veldskool, Warthog Inn.
Vrydag, 27 Junie:
  • Graad 8 – 12
  • Graad 10 veldskool terug om 11H00.
  • Skool sluiting. Program vir die dag:
    Saal afsluiting: 07H20 – 09H10
  • Pouse: - 09H10 – 09H30
    Toetsperiode Leestyd:- 09H40 – 09H55
    Toets: - 09H55 – 10H55
    Afsluiting: - 10H55 – 11H00
  • Graad 10 veldskool terug om 11H00.
  • Krieket: 0/14 en 0/15 toer vertrek om 11H00 na Jaru Sportskool. Terug 1 Julie om en by 17H00.
  • Graad 11 Fondsinsameling: PNHS Opelug dans, 18H00, binneplein.
Saterdag, 28 Junie:
  • Revue dagkamp, 08H00 – 17H00, saal.
Maandag, 30 Junie – Woensdag, 9 Julie 2025: Graad 12 Winterskool.
Sondag, 6 Julie:
  • Krieket: 1ste span toer vertrek 11h00 na Hoërskool Ben Vorster. Terug op Vrydag 11 Julie om en by 17H00.
Dinsdag, 22 Julie:
  • Skole heropen vir kwartaal 3.
  • Graad 8 – 12, dag 5.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug