Omsendbrief 21/2022

Omsendbrief 21/2022

Administratief
June 20, 2022


OB: 21 / 2022

Geagte ouers
Rugby: Noord-Vaal Liga 6: PNHS v/s H/S Overkruin, 15 Junie 2022
Skool PN Over PN Over PN Over PN Over PN Over
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 7 7 15 12 19 19 24 0 32 27
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 4 - 5 - 2 - 3 -
Verloor 1 - 2 - 0 - 3 - 3 -
Gelyk 2 - 0 - 1 - 1 - 0 -

Baie geluk aan ons rugby, al ons spanne het deurgedring na die uitspeelwedstryde vir die Pretoria Stadsbeker wat eerskomende Donderdag plaasvind.

Netbal: 0/15 Kay Motsepe toernooi, 16 Junie, L/S Concordia:

Die twee top spanne uit elke distrik in Gauteng neem hier deel. Baie geluk aan PNHS wat onder die top 16 spanne in Gauteng eindig:

  Rondte 1 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 4 Rondte 5 Rondte 5
Skool PN St M PN Boit PN Menlo PN SSS PN HMK
Netbal 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A 0/15A
Dogters 12 8 19 4 8 22 28 2 5 27
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 2 - 2 - 3 - 3 -
Verloor 0 - 0 - 1 - 1 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -

StM = St Mary’s Jhb / Boit = Boitumelong / Menlo = Menlopark /
SSS = Straus Secondary School Bronkhorstspruit / HMK = Helpmekaar Kollege

Inentings

Ons het kennis gekry dat die leerders wat aangedui het dat hulle van die skole-inentingsveldtog wil gebruik maak, op 26 Julie 2022 vanaf 09H00 by die skool ingeent sal word. Slegs leerders wie se ouers skriftelik toestemming gegee het, sal van die geleentheid gebruik mag maak.

Sport buite skoolverband

Baie geluk aan:

  • Marnique Breytenbach wat op 28 Mei aan die Noord-Wes akrobaatdistriks Kampioenskappe deelgeneem het.Sy ontvang ‘n 1ste plek in Elite Advance met die hoogste punt vir die dag. Sy ontvang ook die Trofee vir die Top Elite Advance danser vir alle ouderdomme. Sy word hiermee in die Noord-Wes span opgeneem wat in Julie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem.
  • Annemé Bezuidenhout is opgeneem in die Suid-Afrikaanse President Skopboks-span wat aan die Afrika Kampioenskappe gaan deelneem.
Graad 10 Veldskool

Ons graad 10 leerders vertrek op Dinsdag, 21 Junie om 11H30, na hulle LO vraestel na Warthog Inn vir hulle veldskool. Leerders kan in gewone klere (veldskooldrag) kom skryf. Bagasie kan reeds vanaf 06H30 in K 84 gelaat word. Middagete word by Warthog Inn bedien.

Hulle sal op Vrydag, 24 Junie ongeveer 10H00 terug wees by die skool.


Program vir die week
Maandag, 20 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.
Dinsdag, 21 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.
  • Graad 10 veldskool na Warthog in, vertrek om 11H30 vanaf PNHS.
Woensdag, 22 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.
  • Graad 10 veldskool, Warthog in.
  • Finansiële Komitee vergadering, 17H15, Konferensiekamer.
  • Uitvoerende Komitee vergadering, 19H00, Konferensiekamer.
Donderdag, 23 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.
  • Graad 10 veldskool, Warthog in.
  • Pretoria Stadsbeker Uitspele by H/S Wonderboom.
Vrydag, 24 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.
  • Skool sluit om 11H00.
Dinsdag, 19 Julie:
  • Skool heropen
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Personeelvergadering, 14H15, saal.
  • Kennisgewing vir PN Raad nominasies uit.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug