Omsendbrief 20/2025

Omsendbrief 20/2025


Administratief
June 17, 2025


OB: 20 / 2025

Geagte ouers

Wintersport:

Rugby Blou Bulle Semi-Finales, 7 Junie 2025, PNHS
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver Blou Bulle Liga Uitslae tot dusver Seisoen
0/14 A PN 19 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 6
0/14 A Over 10    
0/15 A PN 7 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 8, Gelykop: 0, Verloor: 6
0/15 A Mids 16    
0/16 A PN 14 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 2 Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 7
0/16 A Brits 19    
2de PN   Gewen: -, Gelykop: -, Verloor: - Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 5
2de Won      
1ste PN 17 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 2 Gewen: 6, Gelykop: 2, Verloor: 6
1ste Mids 28    
  • Al ons rugbyspanne dring deur na die Blou Bulle Finales toe.
  • Blou Bulle posisie 1 tot 7 dring deur na die Noord-Vaal kompetisie.
  • 0/14 A speel uit in Blou Bulle finaal vir posisie 5-6.
    0/15A speel uit in Blou Bulle finaal vir posisie 3-4
    0/16A speel uit in Blou Bulle finaal vir posisie 7 -8
    1ste speel uit in Blou Bulle finaal vir posisie 3-4

Landloop: Inter-Provinsiale Kampioenskappe, 14 Junie 2025, Rustenburg

Baie geluk aan die volgende atlete wat vir Gauteng-Noord aan die Inter-Provinsiale Kampioenskappe by Bergsig Akademie in Rustenburg deelgeneem het:
0/15 dogters: Jamila Buff (15de)
0/17 dogters: Simoné de Koker (4de)
0/20 vroue: Ezmerelda Vivier (12de)
0/17 seuns: Mikyle Willemse (25ste)
0/20 mans: Maurice Munro (34ste)

PNHS Ondersteuners

Geagte ouers let asseblief daarop dat leerders wat wil ondersteun by amptelike sportdae verplig word om wintersdrag aan te hê. Sodanige leerder sal ook geregtig wees om 5 lojaliteits handtekeninge te kry by enige personeellid. Leerders wat nie korrek geklee is nie, sal toegang tot die skool geweier word op sodanige dae. Ons vra u ondersteuning in hierdie poging om ons skoolgees te bou.

Week: 23 – 27 Junie 2025

Geagte ouers neem asseblief kennis dat die Junie eksamen amptelik eindig op Vrydag 20 Junie 2025, die week 23 tot 27 Junie 2025 is dan weer ‘n gewone skoolweek volgens die amptelike skoolkalender. Hierdie “ongewone kalender” is die resultaat van die Gauteng Departement van Onderwys se verreiste dat alle punte reeds voor die vakansie ingehandig moet word.
Neem kennis dat hierdie week gebruik sal word om vraestelle met leerders deur te gaan en regstellings te doen, hierdie proses sal afgehandel word gedurende hierdie week, sodat daar onmiddellik met die akademiese program begin kan word op 22 Julie 2025 wanneer die skool weer begin.
Vrydag 27 Junie 2025 is ‘n gewone toetsdag met die skool wat om 11H00 sal sluit.
Graad 8: Engels; Graad 9 Wiskunde, Graad 10 Engels, Graad 11 Wiskunde, Graad 12 Wiskunde. Die program vir die dag sal asvolg verloop:
Saal afsluiting: - 07H20 – 09H10
Pouse: - 09H10 – 09H30
Toetsperiode Leestyd: - 09H45 – 09H55
Toets: - 09H55 – 10H55
Afsluiting: - 10H55 – 11H00

ABSA-bank

ABSA-bank het aangebied om op 5 Augustus 2025 vanaf 14H00 – 16H00 in die binneplein van ons skool, ons leerders behulpsaam te wees met die opening van bankrekeninge. Leerders 16 jaar en ouer wat in besit is van ID dokumente sal gehelp kan word.

Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode

Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.


Program vir die week

Maandag, 16 Junie:
  • Skoolvakansiedag: Jeugdag
Dinsdag, 17 Junie:
  • Graad 8 – 12 Halfjaar Eksamen.
Woensdag, 18 Junie:
  • Graad 8 – 12 Halfjaar Eksamen.
Donderdag, 19 Junie:
  • Graad 8 – 12 Halfjaar Eksamen.
Vrydag, 20 Junie:
  • Graad 8 – 12 Halfjaar Eksamen.
  • Sagtebalproewe
Saterdag, 21 Junie:
  • Laerskool Danie Malan Jukskeidag, 08H00, Jukskeibane.
  • Laerskole Krieketdag: Ses aan ‘n kant Toernooi, 08H00, krieketveld.
  • Toneel dagkamp, 08H00 – 15H00, saal.
Maandag, 23 Junie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug