Omsendbrief 20/2023
Administratief
June 05, 2023
OB: 20 / 2023
Geagte ouers
Tennis
1 Junie:
Dogters 0/15 v/s Cornwall Hill 0/15 A. PNHS verloor met 27 potte teenoor 39. Geluk aan Jessica Serwa (7-4) wat haar wedstryd wen. Dit was ons vierde ligawedstryd waarvan ons drie wen en een verloor.
Netbal
Liga 8: PNHS v/s Overkruin (uitgereënde wedstryde), 31 Mei 2023, tuis
Skool | PN | Ov | PN | Ov | PN | Ov | PN | Corn | PN | Corn |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Netbal | 0/14A | 0/14A | 0/15A | 0/15A | 0/16A | 0/16A | 0/17A | 0/17A | 1ste | 1ste |
Dogters | 20 | 23 | ||||||||
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 2 | - | 2 | - | 4 | - | 4 | - | 2 | - |
Verloor | 6 | - | 6 | - | 2 | - | 2 | - | 6 | - |
Gelyk | 0 | - | 0 | - | 2 | - | 2 | - | 0 | - |
Skool | PN | Ov | PN | Ov | PN | Ov | PN | PN | Ov | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Netbal | 0/14B | 0/14B | 0/15B | 0/15B | 0/16B | 0/16B | 2de | 2de | ||
Dogters | 1 | 30 | 8 | 32 | ||||||
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 3 | - | 0 | - | 0 | - | - | - | 0 | - |
Verloor | 5 | - | 8 | - | 8 | - | - | - | 8 | - |
Gelyk | 0 | - | 0 | - | 0 | - | - | - | 0 | - |
Skool | PN | Ov | PN | PN | PN | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Netbal | 0/14C | 0/14C | 0/15C | 0/15C | ||||||
Dogters | 2 | 10 | ||||||||
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 0 | - | 0 | - | - | - | - | - | - | - |
Verloor | 7 | - | 1 | - | - | - | - | - | - | - |
Gelyk | 0 | - | 0 | - | - | - | - | - | - | - |
Rugby: Pretoria Stadsbeker vir groot skole, Liga 5: PNHS v/s Midstream College (weg), 3 Junie 2023
Skool | PN | Mc | PN | Mc | PN | Mc | PN | Mc | PN | Mc |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Rugby | 0/14A | 0/14A | 0/15A | 0/15A | 0/16A | 0/16A | 2de | 2de | 1ste | 1ste |
Seuns | 0 | 34 | 7 | 28 | 17 | 30 | 10 | 13 | 10 | 61 |
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 3 | - | 3 | - | 3 | - | 2 | - | 3 | - |
Verloor | 3 | - | 3 | - | 3 | - | 4 | - | 2 | - |
Gelyk | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 0 | - | 1 | - |
Hokkie: Liga 4: PNHS v/s Sutherland, 2 Junie, weg
Skool | PN | Suth | PN | Suth | PN | Suth | PN | Suth | PN | Suth |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Hokkie | 0/14A | 0/14A | 0/15A | 0/15A | 0/16A | 0/16A | 2de | 2de | 1ste | 1ste |
1 | 2 | 3 | 2 | 2 | 4 | 2 | 2 | |||
Uitslae tot dusver | ||||||||||
Gewen | 1 | - | 2 | - | 2 | - | 0 | - | 1 | - |
Verloor | 2 | - | 0 | - | 2 | - | 2 | - | 2 | - |
Gelyk | 1 | - | 2 | - | 0 | - | 1 | - | 1 | - |
Gauteng- Noord Brugbou, 3 Junie 2023, St Albans
Uitslae:
1ste: PNHS met 90,93%
2de: HS Garsfontein met 81,63%
3de: HS Menlopark met 80,93%
Baie geluk aan Ulrich Gouws, Matthew Kilfoil en Carel Greyling wat 21 spanne in die provinsiale rondte uitstof. Hulle brug van 122 gram kon 35,15 kg gedra het.
Graad 8 inskrywings 2023
Neem asseblief kennis dat die Gauteng Departement van Onderwys aangekondig het dat die aanlyn aansoek proses vanaf 15 Junie 2023 – 14 Julie 2023 is. Daar sal slegs 1 fase wees.
Sedert 2017 word slegs aanlynaansoeke aanvaar. U kan vanaf 15 Junie 2023 om 08:00 aansoek doen by www.gdeadmissions.gov.za en u sal ʼn waglys- / verwysingsnommer ontvang, bewaar dit asseblief. Om u aansoek te verifieer het u 7 dae, nádat aanlyn aansoek gedoen is, om die volgende dokumentasie by die skool in te dien, of u kan dit tydens die aanlyn aansoek elektronies aanheg:
- GESERTIFISEERDE geboortesertifikaat van leerder
- GESERTIFISEERDE bewys van u fisiese woonadres (SLEGS water en elektrisiteit rekening of huurkontrak. GEEN selfoonrekeninge of klere rekeninge word aanvaar nie)
- GESERTIFISEERDE laerskoolrapport (nuutste) van u kind
- GESERTIFISEERDE afskrifte van ouers/voogde se ID-dokumente
Neem asseblief kennis dat die volgende voorkeur orde gebruik word deur die Departement van Onderwys vir plasing:
1ste voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf fisiese woonadres (naaste na verste)
2de voorkeur: Broer of suster tans in H/S Pretoria-Noord
3de voorkeur: Skool is binne die voedingsarea vanaf ouer se werksadres
4de voorkeur: Skool is binne ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
5de voorkeur: Skool is buite ‘n radius van 30km vanaf die fisiese woonadres
Ons administratiewe dames is elke dag tydens skoolure 07H00 – 14H00 beskikbaar om u behulpsaam te wees. Om werkende ouers te akkommodeer sal ons administratiewe dames vanaf Maandag, 19 Junie 2023 tot Donderdag 22 Junie 2023 tot 19:00 by die skool se ontvangs wees om enige navrae te hanteer. Enige navrae kan ook gerig word by 012 546 6950 of by [email protected].
Baie sterkte met die inskrywingsproses.
H/S Pretoria-Noord 1943 - 2023: Tagtigjarige Bestaansvieringe:
- ‘‘n Spesiale das om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R150-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie das by hul wintersdrag dra.
- ‘n lapelknopie om ons Tagtigjarige Bestaansjaar te vier is beskikbaar teen R 50-00 by ons finansiële kantoor. Leerders mag ook hierdie knopie by hul skooldrag dra.
- Die volgende PNHS gedenkwyne is beskikbaar by ons Finansiële kantoor gedurende skoolure, teen R 120-00 per bottel (slegs te koop aan persone ouer as 18 / geen leerders): PNHS Wapad Merlot / PNHS Noord Sauvignon Blanc en die PNHS Fakkel Rosé.
Program vir die week
Maandag, 5 Junie:
- Graad 10-12 Junie eksamen.
- Graad 8 – 9, dag 1.
- Senior krieketproewe, 14H30.
- Kansvatter Redenaars – aanlyn.
Dinsdag, 6 Junie:
- Graad 10-12 Junie eksamen.
- Graad 8 – 12, dag 2
- Hokkie liga 5: PNHS v/s Centurion, 14H30, weg.
- Kansvatter Redenaars – aanlyn.
Woensdag, 7 Junie:
- Graad 10-12 Junie eksamen.
- Graad 8 – 12, dag 3
- Krieketproewe 0/14 en 0/15, 14H30.
- Kansvatter Redenaars – aanlyn.
Donderdag, 8 Junie:
- Graad 8-12 Junie eksamen.
- Gasvryheidstudies, Graad 10 restaurantoggend, 11H00.
- Kansvatter Redenaars – aanlyn.
- Sagtebal Akademie vergadering, 18H00, restaurant.
Vrydag, 9 Junie:
- Graad 8-12 Junie eksamen.
Saterdag, 10 Junie:
- Rugby liga 6: PNHS v/s John Vorster, 9H00, weg.
Maandag, 12 Junie:
- Graad 8-12 Junie eksamen.
- Senior krieketproewe, 14H30.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof