Omsendbrief 20/2022

Omsendbrief 20/2022

Administratief
June 13, 2022


OB: 20 / 2022

Geagte ouers
Lief en Leed

Dit is met groot hartseer wat ons van die volgende sterftes verneem het oor die naweek:

  • Me. Henda Roux, oud-leerkrag vir 43 jaar verbonde aan H/S Pretoria-Noord, is Vrydagoggend na ‘n siekbed oorlede.
  • Een van ons ouers, Mnr. Rhinus Engelbrecht, wat Saterdag in ‘n motorongeluk oorlede is.

Ons dra hul naasbestaandes in gebed op aan ons Hemelse Vader om vertroosting en krag te gee in hierdie baie moeilike tyd.

Landloop: Inter-Provinsiale Kampioenskappe, 4 Junie 2022, Zonderwater

Baie geluk aan die volgende atlete van PNHS wat vir Gauteng-Noord deelgeneem het:

Dogters 0/14: Simoné de KokerDogters (7de) en Ezmerelda Vivier (13de)
Seuns 0/14: Shon-dré Sheun (10de)
Dogters 0/15: Elisma van Wyk (17de) en Ashlee Jordaan (21ste).
Seuns 0/15: Junior Bokwa (8ste) en Henrico van Tonder (33ste)
Seuns 0/17: Marco J v Rensburg (36ste)
Junior Vroue: Carla Ackerman (10de) en Danica Grobler (13de)
Senior Vroue: Natasha Sikisi (4de).

Rugby: Noord-Vaal Liga 5: PNHS v/s Tuine, 10 Junie 2022
Skool PN Tuine PN Tuine PN Tuine PN Tuine PN Tuine
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 19 13 48 0 40 0 14 26 22 31
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 3 - 5 - 1 - 2 -
Verloor 1 - 2 - 0 - 3 - 3 -
Gelyk 1 - 0 - 0 - 1 - 0 -
Seuns hokkie

8 Junie 2022:

PNHS 1 wen 4 – 0 teen H/S Waterkloof. Ons seuns het 8 ligawedstryde gespeel waarvan hulle 6 wen, 1 gelykop speel en 1 verloor.

Inentings

Ons het kennis gekry dat die leerders wat aangedui het dat hulle van die skole-inentingsveldtog wil gebruik maak, op 26 Julie 2022 vanaf 09H00 by die skool ingeent sal word. Slegs leerders wie se ouers skriftelik toestemming gegee het, sal van die geleentheid gebruik mag maak.


Program vir die week
Maandag, 13 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.
Dinsdag, 14 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.
  • Akademie vir Leierskap vergadering, 18H00, personeelkamer.
Woensdag, 15 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.
  • Rugby Liga 5: PNHS v/s H/S Overkruin, 14H00, weg. Busse vertrek om 12H45 vanaf PNHS.
Donderdag, 16 Junie:
  • Publieke vakansiedag: Jeugdag.
Vrydag, 17 Junie:
  • Skoolvakansiedag
Maandag, 20 Junie:
  • Graad 8 – 12 Junie Eksamen.

Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug