Omsendbrief 20/2021

Omsendbrief 20/2021

Administratief
June 10, 2021


OB: 20 / 2021

Geagte ouers
Lief en Leed
  • Ons wens Mnr. Botes geluk en seën toe, hy tree eerskomende Saterdag in die huwelik.
  • Dit is vir ons aangenaam om bekend te maak dat ons onderhoude vir die vakante sportkoördineerders-pos afgehandel is en uit die 86 aansoeke wat ontvang is, verwelkom ons vir Mnr. Johan Schoeman op ons personeel. Hy sal die pos aan die begin van die Derde Kwartaal betrek. Mnr. Johan Schoeman is ‘n oud leerder van Hoërskool Pretoria-Noord, was onderwyser en dosent in LO en het vir baie jare gedien op die bestuur van die Blou Bulle Rugby Unie.
COVID 19

H/S Pretoria-Noord se huidige situasie: ons het tans twee onderwysers en 22 leerders wat positief getoets het. Daar is tans 60 leerders in isolasie wat sekondêre kontak gehad het.

Dit is duidelik dat ons binne die derde vlaag COVID 19 infeksies is. Dit is vir ons uiters kommerwekkend dat die meerderheid infeksies plaasgevind het as gevolg van sosiale aktiwiteite na ure en ons doen weer ‘n beroep op ons ouers om die beweging van hul kinders na ure streng te monitor, want dit is juis by partytjies en samekomste waar hierdie infeksies plaasvind, dit stel nie net u kind bloot nie, maar die hele skool.

Ons vestig weer ons ouers se aandag daarop dat, alhoewel ons dit nie aanbeveel nie, is enige ouer geregtig daarop om by die HOD aansoek te doen vir grendel leer vir sy kind.

Geagte ouers hiermee saam wil ons vir u die versekering gee dat ons alles in ons vermoë doen om u kind veilig te hou binne die skool en solank as wat u kind die COVID 19 protokol by die skool volg is hulle veilig, ondersteun ons deur u kind aan te moedig om dinge reg te doen deur veiligheidsafstande te hou, maskers te dra en te saniteer.

Die skool se bestuur en Beheerliggaam monitor ons situasie daagliks en is daagliks in gesprek met die Departement van Gesondheid en Departement van Onderwys.

Ons kan ons skool en kinders nie met sensasie beskerm nie, maar eerder deur konstant en volgehoue die regte dinge te doen.

U kan ons ook tuis help om ons skool veilig te hou, deur u kind se gesondheid fyn te monitor en u kind ‘n higiëniese leefstyl aan te leer. Van die geidentifiseerde simptome van die siekte is onder andere: lyfseer, droeë hoes, kortasem, verlies van smaak, diareë, naarheid en braking en buitengewone moegheid. Indien u kind hierdie simptome toon met ‘n gepaardgaande hoë koors moet hom / haar asseblief nie skool toe stuur nie en win onmiddellik mediese advies in.

Stel die skool asseblief onmiddellike in kennis as daar kontak was.

Leer u kind om protokol te volg en moenie negatief daaroor wees nie, besef dat u kind u voorbeeld gaan volg.

Monitor asseblief u kind se bewegings en kontak na skoolure, dit is hier waar infeksies plaasvind.

Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die week is: graad 8: 89%, graad 9: 83%, graad 10: 85%, graad 11: 81% en graad 12: 87%.

Waarde gedrewe dissipline

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekwalifiseer het vir waardebalkies:

8A

Judine du Plessis (verantwoordelikheid) Anika Bezuidenhout (verantwoordelikheid)

8D

Mikaela Opperman (verantwoordelikheid) Kelly Jane Lourens (verantwoordelikheid) Xanéthé Mahon (verantwoordelikheid)

Akademie: Aanlyn-onderrig Wolkskool

Ons neem waar dat baie van ons leerders reeds ingeskakel het by die Wolkskool. Neem net weer kennis dat leerders van ons skool gratis by hierdie aanlyn-program kan inskakel, wat vir hulle ‘n magdom leermateriaal, oefentoetse en lesse deur ‘n verskeidenheid onderwysers bied. Onthou dat u asseblief u kind se ID nommer moet gebruik om te registreer.

Strategiese Beplanning: H/S Pretoria-Noord 2021 - 2024

As deel van ons strategiese beplanning is daar tevredenheidsindeks-vraelyste aan ons ouers en leerders uitgestuur, ons versoek dat u en u kind asseblief hierdie skakels sal volg en die vraelyste sal voltooi. Dit is baie eenvoudig en vining. Spertyd vir voltooing is Donderdag 17H00.

Dit kan vir ons ‘n sterk aanduiding gee van waar ons kan verbeter en help om ‘n ordentlike beplanning vir PNHS te doen vir die volgende 3 jaar.

Ouers:

https://forms.office.com/Pages/ResponsePage.aspx?id=rvGVYmKz_kWmywCP8KPMhgs0_EZjOCNDsruv WpENmsJUNzlLSklRMDJFSkhORFVNWFhGV0EwNFBCMi4u

Kinders:

https://forms.office.com/Pages/ResponsePage.aspx?id=rvGVYmKz_kWmywCP8KPMhgs0_EZjOCNDsruv WpENmsJUM1pEQVBXQ01ZQ0NVUUZQTzJONlU2VVI1WC4u

Gasvryheidstudies: “Koek-kompetisie”

9 spanne met 2 leerders gaan deelneem aan die “FBI – Chef school and Pȃtisserie” se koek-kompetisie. Die interne kompetisie gaan die 10de Junie plaasvind en die spanne wat na die semi-finaal deurdring word die 19de Junie deur die “FBI – Chef school and Pȃtisserie” aangekondig.


Program vir die week
Vrydag, 11 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 5.
Saterdag, 12 Junie:
  • Krieket: Senior Proefwedstryd, 09H00, Krieketveld.
Maandag, 14 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 6.
  • Detensie, 14H15 – 16H00.
  • Strategiese Beplanning, 17H00 – 20H00, saal.
Dinsdag, 15 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 1.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H15
  • Strategiese Beplanning, 17H00 – 20H00, saal.
Woensdag, 16 Junie:
  • Vakansiedag: Jeugdag.
Donderdag, 17 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 2.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 2, 14H15 – 15H15
  • Sagtebal: Akademievergadering, 18H00, Personeelkamer.
Vrydag, 18 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 3.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug