Waarna is jy opsoek?


Omsendbrief 2/2026

Omsendbrief 2/2026


Administratief
January 26, 2026


OB: 2 / 2026

Geagte ouers

Swem: Interhuis, Pretoria-Noord Munisipale Swembad, 19 Januarie 2026

Baie geluk aan die volgende swemmers wat eerste plekke behaal het:

Rugslag:

Marnus Havenga (0/15), Jean-Ré Pienaar (0/16), Allan Robeiro (0/17), Larissa Ellis (0/19) en Keegan Trewin (0/19).

Vryslag:

Ziané britz (0/14), Jason du Plessis (0/14), Janco Schoonraad (0/15), Carlie Pieterse (0/16), Jean-Ré Pienaar (0/16), Janus Smith (0/17), Marlene Janse van Rensburg (0/19) en Rohan Louw (0/19).

Borsslag:

Moya van der Walt (0/14), Jason du Plessis (0/14), Janco Schoonraad (0/15), Helé Lottering (0/16), Marinus Janse van Rensburg (0/16), Ian van der Zel (0/17) en MC Swanepoel (0/19).

Vlinderslag:

Paul-Franco Botha (0/14), Janco Schoonraad (0/15), Christopher Runnals (0/16), Ruan Schoonraad (0/17), Marlene Janse van Rensburg (0/19) en Rohan Louw (0/19).

Ons eerste byeenkoms sal plaasvind op Donderdag, 29 Januarie by Prestige College.

Atletiek: Liga 1: Wonderboom Massabyeenkoms, 23 Januarie 2026

Uitslae:

  1. H/S Wonderboom (2928)
  2. H/S Wagpos (2749)
  3. H/S Overvaal (2592)
  4. H/S Pretoria-Noord (2524)
  5. Rietondale high School (2151)
  6. H/S Gerrit Maritz (1314)

Meeste plekke verower:

  1. Pretoria-Noord (93) - 41 (1ste), 37 (2de), 15 (3de)
  2. Wagpos (87) - 31 (1ste), 28 (2de), 28 (3de)
  3. Overvaal (86) - 33 (1ste), 26 (2de), 27 (3de)
  4. Wonderboom (75) - 20 (1ste), 28 (2de), 27 (3de)
  5. Rietondale (48) - 10 (1ste), 11 (2de), 27 (3de)
  6. Gerrit Maritz (25) - 5 (1ste), 8 (2de), 12 (3de)

Baie geluk aan ons atlete wat eerste plekke verower het:

Luan Bezuidenhout (Hs), Divan Deyzel (Gs), Colten Schoeman (Sg), Michael Schult (Vs), Neil Botha (100M & Vs), Jadon Robbertson (200M & 300M Hekkies), Divan (Sw & Gs), Jayden Schoeman (Sg), Heino Schuster (800M), Matthew Roselt (1500M), Junior Bokwa (400M Hekkies), Dehan Joubert (Sw), Aiden Pofadder (Ds), Shon-dré Scheun (400M & 800M), MC Swanepoel (Gs), Jeanique Huygen (100M & 200M), Jamila Buff (400M & 800M), Miané du Plessis (100M Hekkies), Leana Bezuidenhout (200M & Hs), Juhané du Plessis (800M), Jazlyn Roux (1500M), Rhulani Khoza (800M), Simoné de Koker (1500M & 3000M), Juané Greyvenstein (400M Hekkies), Seuns 0/15 aflos, Seuns 0/16 aflos, Dogters 0/15 aflos (rekord) en Dogters 0/17 aflos.

Baie geluk aan ons atlete wat 2de plekke verower het:

Divan deyzel (Sw), Neil Botha (100M Hekkies), Jadon Robbertson (100M & Vs), Caleb jooste (3000M), Heino Schuster (400M), Eduard du Plessis (100M), Janus Smith (Sg), Jaydon van Wyngaardt (Ds), Junior Bokwa (110M Hekkies & 400M), Maurice Munro (3000M), Nathan oosthuizen (Ds), Herco Prinsloo (Vs), jadon Smith (Hs), MC Swanepoel (Sg), Henrico van Tonder (800M & 1500M), Jeanique Huygen (400M), Kaylie van Jaarsveld (800M & 1500M), Sandra Viviers (1500M), , Charney Badenhorst (1500M & 3000M), Miané du Plessis (100M), Leana Bezuidenhout (100M), Juhané du Plessis (1500M), Fortune Magongoa (Vs & Ds), Jazlyn Roux (800M), Elmarie Fourie (Sw), Marinda Fraser (Sw & Gs) en Dogters 0/14 aflos.

Baie geluk aan ons atlete wat 3de plekke verwower het:

Luan Bezuidenhout (Hs), Divan Deyzel (Gs), Caleb Jooste (800M & 1500M), Henrico van Tonder (400M), Lianie Potgieter (1500M & 3000M), Miané du Plessis (200M), Liamay Botha (vs & Ds), Lizé Meiring (Sg), Anelskha van Dyk (100M & 100M Hekkies) en chantalee Nel (100M hekkies).

Krieket: PNHS v/s Oos Moot, 24 Januarie 2026, tuis

Oos Moot kolf eerste en behaal 135 / 10 in 29 beurte. Goeie boulwerk van Mark Gorman met 4 paaltjies vir 15 lopies in 7 beurte, Ruan Schoonraad met 3 paaltjies vir 10 lopies in 2 beurte en Christopher Runnals met 2 paaltjies vir 32 lopies in 7 beurte. Janco Schoonraad (2), Charl Otto en Jayden Schoeman neem mooi vangskote. PNHS volg op met 78 / 10 in 12 beurte. Goeie kolfwerk van Jayden Schoeman met 21 van 11 balle en Phillip Beukes met 14 van 11 balle. H/S Oos Moot wen met 57 lopies. Dit was ons tweede wedstryd waarvan ons een wen en een verloor.

Skoolfonds 2026

Ons skoolfonds vir 2026 beloop R 28 985-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 635-00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2026.

Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer.

Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u ontvang het en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.

Gedragskode

Gaan asseblief die gedragskode van die skool saam met u kind deur; wat in die huiswerkboekie verskyn. Voltooi dan asseblief die skeurstrokie voor in die huiswerkboek dat u wel kennis geneem het en stuur terug aan u kind se voogonderwyser.

Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om die skool te ondersteun in die nakoming van die skool se gedragskode sodat ons ‘n hoë vlak van dissipline kan bly handhaaf by ons skool.

Beheerliggaam Tussenverkiesing

Geagte ouers neem asseblief kennis van hierdie uiters belangrike afkondiging. Ons het 5 vakante poste op ons Beheerliggaam met ouers wie se kinders afgestudeer het in 2025. Der halwe moet ‘n Beheerliggaam Tussenverkiesing uitgeroep word om hierdie vakatures te vul. Hierdie Beheerliggaam Tussenverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026 en indien ons nie die vereiste kworum op genoemde dag bereik nie sal die opvolgverkiesing plaasvind op 15 April 2026.

‘n Voldagverkiesing word beplan vir 18 Maart 2026. Ons voldagverkiesing sal reeds om 06H15 open met personeel wat in Eeufeestraat en Berglaan diens doen om werkende ouers wat leerders aflaai te help om te stem. U sal ook op die betrokke dag ‘n “drive through” kan doen in by Berglaan en by Emiley Hobhouse uit, met tien stempunte waar u kan stem terwyl u, u kind aflaai. Daar sal deur die dag ook stempunte by die saal beskikbaar wees met toegang deur die Eeufeestraathekkie. Hierdie stempunte sal oop bly tot 19H00, wanneer die voldag-verkiesing sluit.

Nominasies vir die verkiesing sal plaasvind nie meer as 7 dae en nie minder as 3 dae voor die verkiesing nie, dit wil sê nominasies open vanaf Woensdag 11 Maart 2026 om 08H00 en sluit op Vrydag 13 Maart 2026 om 14H00. Ouers kan nominasievorms by ons navraetoonbank afhaal vanaf Woensdag, 11 Maart 2026. Dit word weer ingedien by ons navraetoonbank saam met ‘n geheue stokkie met ‘n video op waarin die nominant hom / haarself voorstel en ‘n kort voorlegging maak oor die bydrae wat hulle tot die skool kan lewer (30sekondes). Hou asb. ons “facebook” – en webblad dop vir ons nominante vanaf 11Maart 2026.


Program vir die week

Maandag, 26 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel (1), 14H15 – 15H15.
  • Krieket Akademie vergadering, 18H00, personeelkamer.
  • Noorderlig vergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 27 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Verteenwoordigende Leerder Raad bekendstelling.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel (2), 14H15 – 15H15.
  • Graad 12 ouer-inligtingsaand, 18H00, saal.
Woensdag, 28 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel (3), 14H15 – 15H15.
  • Akademiese Merietefunksie, 18H00, saal.
Donderdag, 29 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Swem: Liga 1: Prestige College, vertrek om 13H30.
  • Revue oudisies, 15H30 – 18H00, saal.
  • Netbal: Ouer inligtingsaand & braai, 17H30, netbalbane.
Vrydag, 30 Januarie:
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Skool sluit om 12H00, Atletiek vertrek na Brits.
  • Atletiek Liga 2: Brits Seshoekige Byeenkoms, 14H00, Hoërskool Brits.
Saterdag, 31 Januarie:
  • Wintersport proewe:
    Netbal: 07H00, netbalbane.
    Rugby, 08H00, A-rugbyveld.
    Hokkie: 07H00, hokkieveld.
Maandag, 2 Februarie:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Detensie, 14H15 – 16H15.
  • PN-Raadvergadering, 14H15, K14.
  • Krieket: PNHS Ontwikkelling v/s Hartebeespoort, 14H30, tuis.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug