
Omsendbrief 2/2025
Administratief
January 27, 2025
OB: 2 / 2025
Geagte ouers
Atletiek
Interhuis, 17 Januarie 2025
Baie geluk aan die volgende top presteerders wat trofee verower het:
- Veelsydigste Dogtersatleet: Ashlee Jordaan (Totaal: 3490 ASA punte).
- Veelsydigste Seunsatleet: Junior Bokwa (Totaal: 3899 ASA punte)
- Beste Dogters Veldatleet: Lizé Meiring (1401 ASA punte in 2 items)
- Beste Seuns Veldatleet: Divan Botha (1651 ASA punte in 2 items)
- Beste Dogters Baanatleet: Simoné de Koker (1513 ASA punte in 2 items)
- Beste Seuns Baanatleet: Shon-dre Scheun (1503 ASA punte in 2 items)
- Junior Victrix Ludorum: Jeanique Huygen (2203 ASA punte in 3 items)
- Junior Victor Ludorum: Divan Botha (1924 ASA punte in 3 items)
- Senior Victrix Ludorum: Simoné de Koker (2222 ASA punte in 3 items)
- Senior Victor Ludorum: Shon-dre Scheun (2055 ASA punte in 3 items)
Liga 1: Massa Byeenkoms, H/S Wonderboom, 24 Januarie 2025
Ons het ongelukkig nog nie die finale uitslae van Wonderboom ontvang nie. Baie geluk met ons atlete wat mooi presteer het.
38 Eerste plekke is behaal deur:
Jeanique Huygen (100M, 200M, 400M en 90M hekkies), Leana Bezuidenhout (100M), Miané du Plessis (100M,90M hekkies en Vs), Jamila Buff (400M, 800M en 1500M), Shon-dré Scheun (400M,800M en 1500M), Matthew Roselt (800M, 1500M en 3000M), Simoné de Koker (800M, 1500M en 3000M), Ezmarelda Vivier (800M, 1500M en 3000M), Junior Bokwa (800M, 1500M en 3000M), Juané Greyvenstein (400M hekkies), Jaydon van Wyngaardt (Hs), Dané Louw (Hs en Ds), Danté Bosch (Vs), Dean Thomas (Vs), Fortune Magongoa (Vs), Divan Botha (Gs en Ws), Henco van der Merwe (Gs), Dehan Joubert (Ws) en MC Swanepoel (Sg).
26 Tweede plekke is behaal deur:
Rohan Louw (100M en Sg), Leana Bezuidenhout (200M), Liamey Botha (400M en Vs), Charney Badenhorst (400M, 1500M en 3000M), Elisma van Wyk (800M en 1500M), Henrico van Tonder (800M), Anelskha van Dyk (100M hekkies), Chantelee Nel (100M hekkies), Jamila Buff (Hs), Mishca Breytenbach (Hs), Kiara Jonker (Vs), Marinda Fraser (Gs), Donovan Wallendorf (Gs), lizé Meiring (Ws), dogters 0/14 aflos, seuns 0/14 aflos, dogters 0/15 aflos, dogters 0/16 aflos, dogters 0/17 aflos, seuns 0/17 aflos en dogters 0/19 aflos.
26 Derde plekke is behaal deur:
Danté Bosch (100M), Miané du Plessis (100M en Hs), Anelskha van Dyk (100M), Tilana Bezuidenhout (200M), Jordan Anderson (200M), Cheyenne Pieterse (400M), Elisma van Wyk (400M), Kaylie van Jaarsveld (800M), Caleb Jooste (800M en 1500M), Liamay Botha (800M), Henrico van Tonder (1500M), Mikyle Willemse (3000M), Chané de Lange (3000M), Meagan Mylonas (400M hekkies), Jadon Smith (Hs), Abraham Botha (Vs), Diandré van Tonder (Vs), Elmari Fourie (Ws), Jayden Schoeman (Sg), Lizé Meiring (Sg), Ficardo Morgan (Sg), Marinda Fraser (Sg), Seuns 0/14 aflos en Seuns 0/19 aflos.
Swem Liga 1: Trinity House, 23 Januarie 2025
Baie geluk aan ons swemmers wat plekke verower tydens hierdie byeenkoms:
1ste plekke: 0/17:
50M vryslag aflos: Malan Bezuidenhout, Ivander Coetzee, Keegan Trewin en Rohan Louw.
2de plekke: O/15:
50M vryslag: Jean-Ré Pienaar.
0/16: 50M vryslag: Janus Smith.
0/17: 50M vryslag: Rohan Louw.
0/19: 200M wisselslag aflos: Jaco Jansen van Vuuren, Michail Jooste, Wallie Eksteen en Morné Hartman.
0/19: 200M vryslag aflos: Ezmerelda Vivier, Jonéh Swart, Desiree Coetzee en Larissa Ellis.
0/16: 200M vryslag aflos: Janus Smith, Ian van der Zel, Ruan Schoonraad, Jean-Ré Pienaar.
3de plekke: 0/17:
50M vryslag: Marlene Jansen van Rensburg.
0/19: 50M vryslag: Jacques Runnals.
0/17: 50M borslag: René Thessner.
0/17: 50M borslag: Malan Bezuidenhout.
0/17: 200M wisselslag aflos: Keegan Trewin, Ivander Coetzee, Malan Bezuidenhout en Rohan Louw.
0/19: 200M vryslag aflos: Rubin Nele, Jaco Jansen van Vuuren, Michail Jooste en Jacques Runnals.
Krieket: PNHS v/s HTS John Vorster, 25 Januarie 2025, PNHS
HTS John Vorster kolf eerste en behaal 98 / 10 in 19 beurte. Goeie boulwerk van Michael Flanagan met 3 paaltjies vir 22 lopies in 5 beurte (silwer balkie) en Rohan Louw met 3 paaltjies vir 10 lopies in 3 beurte (silwer balkie). Ruan Schoonraad neem ook twee vangskote (brons balkie). PNHS volg op met 102 / 4 in 17 beurte. Mooi kolfwerk van Ulrich Breytenbach met 49 lopies van 67 balle (silwer balkie) en Nathan Oosthuizen met 42 lopies van 19 balle (brons balkie). PNHS Ontwikkelingspan wen met 6 paaltjies.
Sagtebal
PNHS is trots om aan te kondig dat Donovan Wallendorf en Jayden Neethling vir die 0/18 Suid-Afrikaanse bofbal span gespeel het en die Afrika kwalifiseerder gewen het. Met die kwalifiseerders nou afgehandel, fokus die Suid-Afrikaanse 0/18 bofbal span nou op die WBSC 0/18 Wêreldbeker, wat geskeduleer is vir 5 tot 14 September 2025 in Okinawa, Japan. Hul uitsonderlike vertonings by die Afrika Kampioenskap het ‘n sterk grondslag gelê vir hul komende uitdaging op die wêreldverhoog.
Kultuur: Sang
Baie geluk aan Marioné Engelbrecht wat gedurende die “Stars of the Universe” internasionale kompetisie, 3 goue – en 2 silwer sertifikate verower het.
Akademie: Google Classroom kodes
Graad 8 - 5hfzrf7
Graad 9 - r5k7o6c
Graad 10 - g2aypvz
Graad 11 - zxqdv5j
Graad 12 - nbgxfsz
Skoolfonds 2025
Ons skoolfonds vir 2025 beloop R 26 125-00 vir die jaar. U kan dit eenmalig betaal of in elf paaiemente van R 2 375 - 00 per maand vanaf Januarie tot November. U sal R 500-00 korting ontvang indien u volledig betaal het voor of op 28 Februarie 2024.
Let asseblief daarop dat skoolfonds benodig word om kwaliteit onderrig aan ons kinders te lewer. Maak asseblief seker dat u die skoolfondsdokumentasie voltooi, wat u ontvang het en stuur asseblief Bylaag A en B terug aan die skool. Neem kennis dat Bylaag B nie ‘n vrystellingsvorm is nie, vrystellingsvorms is alleenlik beskikbaar by mev Strydom in die Finansiële kantoor, dit moet persoonlik afgehaal word. Dit kan ook per e-pos by [email protected] aangevra word.
Bankbesonderhede
Geagte ouers ons het reeds verlede jaar kennis gegee dat ons bankbesonderhede verander het en versoek dat gelde nie meer by ABSA in betaal moet word nie. Neem asseblief kennis dat ons die ABSA rekening vanaf 31 Januarie 2025 gaan sluit en die rekening der halwe nie meer gaan bestaan nie.
Ons bankbesonderhede is:
FNB
Rekeningnommer: 63096257738
Takkode: 210554
Gedragskode
Gaan asseblief die gedragskode van die skool saam met u kind deur; wat in die huiswerkboekie verskyn. Voltooi dan asseblief die skeurstrokie voor in die huiswerkboek dat u wel kennis geneem het en stuur terug aan u kind se voogonderwyser.
Ons doen ‘n beroep op al ons ouers om die skool te ondersteun in die nakoming van die skool se gedragskode sodat ons ‘n hoë vlak van dissipline kan bly handhaaf by ons skool.
Leerder Ondersteuning: Noorderlig
Alle ouers wat graag deel wil word van ons Leerder Ondersteunings Akademie / “Noorderlig” word vriendelik uitgenooi na ons eerste vergadering op 27 Januarie 2025 om 18H00 in die restaurant. Kom word deel van ons “Omgee-groep” daar is verskeie projekte waar u betrkke kan raak! Kontak Mev. Tanya Breytenbach vir meer besonderhede by 082 601 6878.
Kommunikasie: Ouerinligtingsgroepe per graad
Ten einde kommunikasie te vergemaklik en meer effektief te bestuur, is daar nou inligtingsgroepe vir u as ouers op “WhatsApp”. Volg gerus die skakel(s) of QR kodes van die graad/grade waarin u kind(ers) is hieronder. Slegs administratiewe personeel of graadhoofde sal op hierdie groepe kommunikasie aan ouers deurgee.
GRAAD 8: (Sien aangehegde pdf vir QR kodes)
https://chat.whatsapp.com/CkKzFk8UwBKLlLf4o1oGoZ
GRAAD 9:
https://chat.whatsapp.com/H9Y1PSFSrL4ClMnto3BHDf
GRAAD 10:
https://chat.whatsapp.com/KXMuWwOFdqw4w7Ip8MWy09
GRAAD 11:
https://chat.whatsapp.com/CLHO9W7FoK19JLE7hSXR46
GRAAD 12:
https://chat.whatsapp.com/JoFSYjGQ1pGIUi2IO3nOjd
Program vir die week
Maandag, 27 Januarie:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H00.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Netbal: Kliniek, 14H15 – 18H00, netbalbane.
- Krieket: PNHS Ontwikkeling v/s Oos Moot, 14H30, tuis.
- Mnr. en Mej. PNHS oefening, 17H00 – 18H30, saal.
- Noorderligvergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 28 Januarie:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Verteenwoordigende Leerder Raad bekendmaking.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 2, 14H15 – 15H00.
- Netbal: Kliniek, 14H15 – 18H00, netbalbane.
- Graad 12: Ouer-inligtingsaand, 18H00, saal.
Woensdag, 29 Januarie:
- Graad 8 – 12, dag 2
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 3, 14H15 – 15H00.
- Koor: Graad 8 oudisies, 14H00 – 17H00.
- Akademiese Merietefunksie, 18H30, saal.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 4, 14H15 – 15H00.
Donderdag, 30 Januarie:
- Graad 8 – 12, dag 3
- Swem: Liga 2, 14H30, Maragon Mooikloof.
- Revue: oudisies, 15H30 – 18H00, saal
Vrydag, 31 Januarie:
- Graad 8 – 12, dag 4
- Atletiek Liga 2: Brits, 14H00, H/S Wonderboom.
- Skool sluit om 12H30.
Saterdag, 1 Februarie:
- Wintersport: Netbal en Hokkie proewe, 08H00, PNHS netbalbane en hokkieveld.
- Krieket: PNHS Ontwikkelling v/s Prestige College, 09H00, weg.
Maandag, 3 Februarie:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- PN-Raadvergadering, 14H15, K. 81.
- VLR-vergadering, 14H15, K.76.
- Detensie, 14H15 – 16H15.
- Netbal: Kliniek en proewe, 15H00 – 18H00, netbalbane.
- Netbal: Ouerinligtingsessie en braai, 18H00, netbalbane.
- Mnr. en Mej. PNHS oefening, 17H00 – 18H30, saal.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof