Waarna is jy opsoek?
Gewilde soektogte
Omsendbrief 19/2026
Administratief
June 01, 2026
OB: 19 / 2026
Geagte ouers
1. Tennis
28 Mei: PNHS Seuns 0/15 B v/s Silverton 0/15 A. PNHS wen met 58 potte teenoor 9. Geluk aan Neil Botha (11-0), Zander Pieterse (10-1), SJ Labuschagne (8-3) en Callie Eksteen (9-2) wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons negende ligawedstryd, waarvan ons nege wen.
29 Mei: PNHS Seuns 1ste v/s Hartebeespoort 1. PNHS wen met 45 potte teenoor 22. Baie geluk aan JP Thomas (9-2), Raynard Bosman (10-1) en Riaan Roos (9-2) wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons vierde ligawedstryd, waarvan ons 3 wen en 1 verloor.
29 Mei: PNHS Seuns 2de v/s HTS John Vorster 1. PNHS verloor met 4 potte teenoor 63. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons drie verloor.
2. Skaak: Distrik Liga 6: PNHS v/s Elandspoort, 21 Mei 2026, tuis
Baie geluk aan Lex Bowles (0/19) en Santiago Bezuidenhout (0/15) wat in die distrik skaakspan opgeneem is. Hulle neem nou aan die provinsiale rondte deel.
3. Wintersport
3.1 Wintersport: Pretoria Jubilee B: Liga 8: PNHS v/s Pretoria Girls High, 27 Mei 2026, tuis
Netbal Uitslae (A-spanne)
| Span | PN | PHSG | Gewen | Verloor | Gelyk |
|---|---|---|---|---|---|
| 0/14 A | 18 | 11 | 3 | 5 | 0 |
| 0/15 A | 10 | 13 | 1 | 7 | 0 |
| 0/16 A | 23 | 10 | 5 | 3 | 0 |
| 0/17 A | 13 | 8 | 3 | 5 | 0 |
| 1ste | 22 | 18 | 3 | 5 | 0 |
0/14 A eindig 6de · 0/15 A eindig 9de · 0/16 A eindig 4de · 0/17 A eindig 6de · 1ste eindig 5de
Netbal Uitslae (B-spanne)
| Span | PN | PHSG | Gewen | Verloor | Gelyk |
|---|---|---|---|---|---|
| 0/14 B | 18 | 18 | 7 | 0 | 1 |
| 0/15 B | 9 | 12 | 1 | 7 | 0 |
| 0/16 B | 20 | 14 | 4 | 4 | 0 |
| 2de | 15 | 15 | 3 | 4 | 1 |
0/14 B eindig 1ste · 0/15 B eindig 8ste · 0/16 B eindig 4de · 2de eindig 6de
Netbal Uitslae (C-spanne)
| Span | PN | PHSG | Gewen | Verloor | Gelyk |
|---|---|---|---|---|---|
| 0/14 C | 7 | 17 | 2 | 6 | 0 |
| 0/15 C | 5 | 22 | 1 | 7 | 0 |
0/14 C eindig 7de · 0/15 C eindig 9de
Netbal Uitslae (D-spanne)
| Span | PN | PHSG | Gewen | Verloor | Gelyk |
|---|---|---|---|---|---|
| 0/14 D | 4 | 21 | 0 | 2 | 0 |
| 0/15 D | 10 | 5 | 1 | 1 | 0 |
0/14 D eindig 4de · 0/15 D eindig 2de
Baie geluk aan ons netbaldogters wat baie mooi verbeter het in die 2026 seisoen. Ons het opgeskuif van negende na posisie 5 in die Jubilee B reeks:
- Midstream College (183)
- Corwall Hill College (163)
- H/S Wonderboom (99)
- H/S Centurion (86)
- H/S Pretoria-Noord (68)
- Pretoria High School for Girls (66)
- Prestige College (60)
- Sutherland (58)
- Overkruin (57)
3.2 Hokkie: Pretoria Liga 7: PNHS v/s Tyger Valley College, 29 Mei 2026, weg
Hokkie Uitslae (Dogters)
| Span | PN | TVC | Gewen | Verloor | Gelyk |
|---|---|---|---|---|---|
| 0/14 A | 1 | 1 | 2 | 2 | 3 |
| 0/15 A | 0 | 0 | 2 | 3 | 2 |
| 0/16 A | - | - | 7 | 0 | 0 |
| 2de | - | - | 6 | 1 | 0 |
| 1ste | 4 | 0 | 6 | 0 | 1 |
3.3 Hokkie: Pretoria Liga 8: PNHS v/s South Downs, 30 Mei 2026, weg
Hokkie Uitslae (Dogters)
| Span | PN | SD | Gewen | Verloor | Gelyk |
|---|---|---|---|---|---|
| 0/14 A | 0 | 0 | 2 | 2 | 4 |
| 0/15 A | 1 | 1 | 2 | 3 | 3 |
| 0/16 A | 6 | 0 | 8 | 0 | 0 |
| 2de | - | - | 7 | 1 | 0 |
| 1ste | 9 | 0 | 7 | 0 | 1 |
3.4 Wintersport: Blou Bulle Liga 5: PNHS v/s Sutherland, 30 Mei, tuis
Rugby Uitslae (A-spanne)
| Span | PN | Suth | Gewen | Verloor | Gelyk |
|---|---|---|---|---|---|
| 0/14 A | 59 | 7 | 2 | 3 | 0 |
| 0/15 A | 17 | 24 | 4 | 1 | 0 |
| 0/16 A | 53 | 22 | 4 | 1 | 0 |
| 2de | 29 | 0 | 3 | 2 | 0 |
| 1ste | 69 | 7 | 5 | 0 | 0 |
Rugby Uitslae (B-spanne)
| Span | PN | Suth | Gewen | Verloor | Gelyk |
|---|---|---|---|---|---|
| 0/14 B | 35 | 0 | 3 | 2 | 0 |
| 0/15 B | 42 | 22 | 3 | 2 | 0 |
| 0/16 B | 32 | 12 | 3 | 2 | 0 |
| 3de | – | – | 1 | 2 | 1 |
4. Landloop: Eldoraigne Night Race
- D 0/14: Liani Potgieter (27ste)
- S 0/14: Jason du Plessis (47ste)
- D 0/15: Kaylee van Jaarsveld (30ste) en Sandra Viviers (15de)
- D 0/16: Jamila Buff (11de)
- D 0/17: Jazlyn Roux (19de)
- M 0/20: Maurice Munro (20ste)
5. Kultuur: Kunstefees – Pierneefteater Kunstefees & Pretoria Drama Eisteddfod
Baie geluk aan die volgende leerders:
- Anja-Lika Coetzee (2 A-simbole vir stilstaande poësie)
- Lené Bezuidenhout (A+ simbool vir stilstaande poësie)
- Zené Swart (2 A+ simbole vir redenaars en A+ en A++ vir stilstaande poësie)
- Pierre Rynners (A++ vir onvoorbereide mimiek en 2 A-simbole vir voorbereide mimiek)
- Carla de Bruyyn (A+ vir stilstaande poësie)
- Zanmari Kriel (A++ vir stilstaande poësie)
6. Waardebalkies
Baie geluk aan:
- Cara Potgieter (9D) ontvang ‘n waardebalkie vir lojaliteit.
- Lara Basson (9D) ontvang ‘n waardebalkie vir verantwoordelikheid.
- Jeanique Huygen (9D) ontvang ‘n waardebalkie vir verantwoordelikheid.
- Cady Meyer (10B) ontvang ‘n waardebalkie vir lojaliteit.
- Chané Smit (10A) ontvang ‘n waardebalkie vir verantwoordelikheid.
- Jazlyn Roux (10E) ontvang ‘n waardebalkie vir lojaliteit.
7. PNHS Gholfdag: 19 Junie 2026, Seasons Gholfbaan
Ons herinner almal aan ons skool se jaarlikse gholfdag op 19 Junie 2026 by die Seasons Gholfklub. Enkele Vierballe is nog beskikbaar teen R 4 500-00, putjieborge beskikbaar teen R 2 500-00. Belangstellendes kan skakel met Mej. A Prinsloo by 082 734 7669 of [email protected].
8. Program vir die week
Maandag, 1 Junie
- Graad 8–12, Halfjaar eksamen.
- Sagtebalproewe (16:30–18:00).
Dinsdag, 2 Junie
- Graad 8–12, Halfjaar eksamen.
- Atletiek Akademievergadering (18:00, personeelkamer).
Woensdag, 3 Junie
- Graad 8–12, Halfjaar eksamen.
- Koor: Afskeid Franna Olivier (18:00, klubhuis).
- Sagtebalproewe (16:30–18:00).
Donderdag, 4 Junie
- Graad 8–12, Halfjaar eksamen.
Vrydag, 5 Junie
- Graad 8–12, Halfjaar eksamen.
- Tennis: Seuns 1 v/s Oos Moot (14:30, weg).
- Tennis: Seuns 2 v/s Waterkloof (14:30, PN Klub).
Saterdag, 6 Junie
- Rugby: Blou Bulle Liga 6: PNHS v/s Wilgers (09:00, weg).
Maandag, 8 Junie
- Graad 8–12, Halfjaar eksamen.
Vriendelike Groete
CJC Driescher, Hoof
