Omsendbrief 19/2024

Omsendbrief 19/2024


Administratief
June 10, 2024


OB: 19 / 2024

Geagte ouers

Lief en Leed

Ons groet die volgende personeel van PNHS aan die einde van hierdie kwartaal:

  • Mev. C Sammons (7 Junie) wat vir ons tydelik ingestaan het in die plek van Mev. S de Wit wat ‘n operasie ondergaan het.
  • Mnr. R Portheine oorplasing na Pretoria Skool.
  • Mnr. H Jacobs bedank om ‘n loopbaan in Teologie by Doxa Deo te volg.
  • Mev. N de Lange bedank om ‘n loopbaan in die privaat praktyk te volg.
  • Mej. E van der Linde bedank, verhuis na Bloemfontein.

Wintersport

Blou Bulle Liga 7: PNHS v/s Midstream College, 8 Junie 2024, tuis

Rugby Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN 6 Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 A MC 11  
0/15 A PN 6 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/15 A MC 22  
0/16 A PN 24 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/16 A MC 29  
2de PN 17 Gewen: 0, Gelykop: 2, Verloor: 5
2de MC 17  
1ste PN 18 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 5
1ste MC 28  
Rugby Skool Uitslag Uitslae tot dusver
0/14 A PN   Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/14 B      
0/15 B PN 7 Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 3
0/15 B MC 19  
0/16 B PN   Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0
0/16 B      

Baie geluk aan ons 0/14 en 0/15 spanne wat kwalifiseer vir die Noord-Vaal Kompetisie hulle sal na die vakansie voortgaan met hulle seisoen.

Aktiwiteite buite skoolverband

Baie geluk aan Marioné Engelbrecht wat weer deurdring na die nasionale rondte van die Pacisa sang kampioenskappe. Sy kry 100% vir haar Jazz optrede en 90 % vir “Country”.

Finansiële Sake

  • Geagte ouers neem asseblief kennis dat die skool se bankbesonderhede gaan verander omdat dit vir die skool verskeie voordele sal inhou. Ons nuwe rekening skuif na FNB: takkode: 210554 en nuwe rekeningnommer 63096257738.
  • Geagte ouers neem ook kennis dat die skool teen einde Junie heeltemal kontantloos gaan word. Die koste verbonde aan en gevaar aan hantering van kontantgeld noodsaak hierdie stap. Dit maak u registrasie op D6 noodsaaklik en ons versoek dat u so vinnig as moontlik op die applikasie sal registreer.

Program vir die week

Maandag, 10 Junie:
  • Graad 8 – 12, Junie-Eksamen.
Dinsdag, 11 Junie:
  • Graad 8 – 12, Junie Eksamen.
  • Graad 10 veldskool vertrek om 11H00. (Mag in Vrydagdrag eksamen skryf)
Woensdag, 12 Junie:
  • Graad 8 – 12, Junie Eksamen.
Donderdag, 13 Junie:
  • Graad 8 – 12, Junie Eksamen.
Vrydag, 14 Junie:
  • Graad 8 – 12, Junie Eksamen.
  • Graad 10 veldskool terug by PNHS om 11H00.
  • Skool sluit om 11H00.
Maandag, 17 Junie:
  • Krieket 0/14 en 0/15 vertrek na Rustenburg (Sundown Lodge) om 14H00.
  • Graad 12 Winterskool vanaf 17 Junie – 28 Junie.
Dinsdag, 18 Junie:
  • Toerisme: Griekeland toer vertrek om 18H00.
Vrydig, 21 Junie:
  • Krieket: 1ste span toer vertrek om 14H00 na Rustenburg (Sundown Lodge)


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug