Omsendbrief 19/2021

Omsendbrief 19/2021

Administratief
June 03, 2021


OB: 19 / 2021

Geagte ouers
COVID 19

H/S Pretoria-Noord se huidige situasie: ons het tans een onderwyser en 9 leerders wat positief getoets het. Daar is tans 42 leerders in isolasie wat sekondêre kontak gehad het.

Vanweë die stygende getalle infeksies en ons terug beweeg na vlak 2 inperking toe, het die Minister van Basiese Onderwys nuwe regulasies uitgevaardig. Ons moes der halwe al ons kontaksportoefeninge, asook revue- en kooroefeninge staak.

Nie-kontak sport soos tennis en skaak se wedstryde kan ook nie voortgaan nie, omdat die vervoer van leerders vir wedstryde en kampioenskappe verbied word.

Ons gimnasium moes ook sluit omdat ons nie aan die protokol kan voldoen nie. Leerders wat vooruit betaal het sal krediet kry vir maande wat hulle nie kon oefen nie, wanneer die gymnasium weer open.

Die skool se bestuur en Beheerliggaam monitor ons situasie daagliks.

Ons kan ons skool en kinders nie met sensasie beskerm nie, maar eerder deur konstant en volgehoue die regte dinge te doen.

U kan ons ook tuis help om ons skool veilig te hou, deur u kind se gesondheid fyn te monitor en u kind ‘n higiëniese leefstyl aan te leer. Van die geïdentifiseerde simptome van die siekte is onder andere: lyfseer, droeë hoes, kortasem, verlies van smaak, diareë, naarheid en braking en buitengewone moegheid. Indien u kind hierdie simptome toon met ‘n gepaardgaande hoë koors moet hom / haar asseblief nie skool toe stuur nie en win onmiddellik mediese advies in.

Stel die skool asseblief onmiddellike in kennis as daar kontak was.

Leer u kind om protokol te volg en moenie negatief daaroor wees nie, besef dat u kind u voorbeeld gaan volg.

Monitor asseblief u kind se bewegings en kontak na skoolure, dit is hier waar infeksies plaasvind. Gerugte van graad 12 se sogenaamde “40 dae” begin ook nou oral kop uitsteek. Ouers neem asseblief kennis dat dit nie ‘n skoolaktiwiteit is nie en geensins deur die skool goed gekeur word nie. Gegewe die huidige situasie is so iets in elke geval totaal en al onvanpas. Dit is reeds bewys dat dit op hierdie soort van byeenkomste is waar infeksies opgedoen word en wanneer u hiermee gekonfronteer word moet u en u graad 12 kind eintlik ‘n besluit neem oor hoe belangrik u kind se toekoms vir hom / haar is.

Skoolbywoning

Sedert verlede Donderdag het ons skoolbesoek dramaties verswak. Skoolbywoning vir die week: graad 8: 80%, graad 9: 91%, graad 10: 88%, graad 11: 89% en graad 12: 84%.

Akademie: Kwartaal 1: Top 10

Baie geluk aan die volgende top presteerders in hul onderskeie grade:

Graad 8
  1. Shene Louw (91,18%)
  2. Nieuwoudt Chrishelle (91,10%)
  3. Haarhoff Beate (90,86%)
  4. Louw Elrie (90,57%)
  5. Alexis Mollentze (90,51%)
  6. Juane de Wet (89,59%)
  7. Petreen Mathibela (87,97%)
  8. Erica Haasbroek (87,15%)
  9. Danielle Scholtz (87,03%)
  10. Ettienne Botha (86,96%)
Graad 9
  1. Juane Pretorius (93,94%)
  2. Bea-Mae Lombard (92,04%)
  3. Nika van der Westhuizen (91,09%)
  4. Fiona de Beer (90,17%)
  5. Annadene Berger (89,44%)
  6. Vicky Hurn (89,41%)
  7. Andre Haarhof (89,21%)
  8. Armand Bosman (88,67%)
  9. Meghan Daneel (88,65%)
  10. Dorothy Deetlefs (88,51%)
Graad 10
  1. Marco J v Rensburg (89,37%)
  2. Jemma Els (88,73%)
  3. Istelle Brand (88,41%)
  4. Nantes Niemand (86,91%)
  5. Carel Greyling (85,10%)
  6. Lisa Langley (84,71%)
  7. Devon Esterhuizen (84,32%)
  8. Jade Kuhn (84,07%)
  9. Mathew Kilfoil (83,40%)
  10. Sunele Naudé (83,00%)
Graad 11
  1. Hesmari Scholtz (91,88%)
  2. Nicola van Niekerk (88,58%)
  3. Keana van der walt (85,82%)
  4. Monika Vos (84,37%)
  5. Freddie Strydom (83,62%)
  6. Malory Cronje (83,57%)
  7. Kaitlin van Lille (82,80%)
  8. Zuane van Wyk (82,77%)
  9. Megan Hayes (82,07%)
  10. Marellee Maree (81,00%)
Graad 12
  1. Alisha Wilkens (90,07%)
  2. Lindie Horn (89,09%)
  3. Alexa Farrel (88,53%)
  4. Ester Bothma (86,73%)
  5. Leandi Duursema (83,34%)
  6. Lee-Ann von Stade (83,01%)
  7. Elkan van Wyk (82,25%)
  8. Krizel Langenhoven (82,02%)
  9. Ruben Botha (81,07%)
  10. Anri Louw (80,62%)
Akademie: Aanlyn-onderrig Wolkskool

Ons neem waar dat baie van ons leerders reeds ingeskakel het by die Wolkskool. Neem net weer kennis dat leerders van ons skool gratis by hierdie aanlyn-program kan inskakel, wat vir hulle ‘n magdom leermateriaal, oefentoetse en lesse deur ‘n verskeidenheid onderwysers bied. Onthou dat u asseblief u kind se ID nommer moet gebruik om te registreer.

Leierskap: PN Raad

Na ‘n dissiplinêre verhoor het een van ons leiers posisies op die PN Raad vakkant geraak. In ooreenstemming met die konstitusie is hierdie posisie aangebied aan die volgende kandidaat op die kieslys. Dit is dan vir ons ‘n groot voorreg om bekend te maak dat Richard Davis tot PN Raadslid verkies is. Geluk aan Richard en sy ouers met hierdie besondere onderskeiding en ons wens hom sterkte toe vir sy termyn as leier.

Akademie vir leierskap: Leiersopleidingdag, 5 Junie 2021

Neem asseblief kennis dat die beplande leiersopleidingdag wat op die kwartaalprogram geskeduleer was vir 5 Junie 2021 ongelukkig nie meer sal plaasvind nie as gevolg van die nuutste regulasies wat ontvang is.


Program vir die week
Vrydag, 4 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 6.
Maandag, 7 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 1.
  • Detensie, 14H15 – 16H00.
  • Geboue en Terrein vergadering, 15H00, Konferensiekamer.
  • Finansiele Komitee vergadering, 17H15, personeelkamer.
  • Beheerliggaam UK vergadering, 19H00, Personeelkamer.
Dinsdag, 8 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 2.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 5, 14H15 – 15H15
  • Gasvryheidstudies: restaurantaand graad 11, 14H30 – 21H30, restaurant.
Woensdag, 9 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 3.
  • Graad 8 - 11 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
Donderdag, 10 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 4.
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 6, 14H15 – 15H15
  • Gasvryheidstudies: restaurantaand graad 11, 14H30 – 21H30, restaurant.
Vrydag, 11 Junie:
  • Graad 8 – 12: dag 5.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug