Waarna is jy opsoek?




Omsendbrief 18/2026


Administratief
May 25, 2026


OB: 18 / 2026

Geagte ouers

1. Tennis

21 Mei: PNHS Seuns 0/15 A v/s Hatfield Christian School 0/15 A. PNHS 0/15 A wen met 46 potte teenoor 21. Baie geluk aan Phillip Beukes (9-2), Dario van Deventer (7-4) en Cilliers Janse van Rensburg (10-1) wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons sewende ligawedstryd, waarvan ons 7 wen.

21 Mei: PNHS Seuns 0/15 B v/s Rietondale 0/15 A. PNHS wen met 49 potte teenoor 18. Geluk aan Neil Botha (8-3), Zander Pieterse (9-2), SJ Labuschagne (7-4) en Callie Eksteen (9-2) wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons agtste ligawedstryd, waarvan ons agt wen.

22 Mei: PNHS Seuns 1ste v/s Garsfontein 3. PNHS wen met 46 potte teenoor 21. Baie geluk aan JP Thomas (9-2), Jayden de Villiers (11-0) en Riaan Roos (7-4) wat almal hul wedstryde wen. Dit was ons derde ligawedstryd, waarvan ons 2 wen en 1 verloor.

2. Skaak: Distrik Liga 6: PNHS v/s Elandspoort, 21 Mei 2026, tuis

PNHS 1 verloor met 2 spelle teenoor 4. Geluk aan Duncan Nelson en Michael de Villiers, wat hulle wedstryde wen. Dit was ons sesde ligabepaling waarvan ons 2 wen, 1 gelykop speel en 3 verloor.

PNHS 0/15 A: verloor met 2 spelle teenoor 4. Baie geluk aan Chayce Barlow en Paul-Franco Botha wat hulle wedstryde wen. Dit was ons sesde ligabepaling waarvan ons 4 wen, 1 verloor en 1 gelykop speel.

3. Wintersport

3.1 Wintersport: Pretoria Jubilee B: Liga 6: PNHS v/s Midstream College, 20 Mei 2026, weg
Netbal Uitslae (A-spanne)
Span PN MC Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 12 19 1 5 0
0/15 A 2 44 0 6 0
0/16 A 10 31 3 3 0
0/17 A 9 24 2 4 0
1ste 19 32 1 5 0
Netbal Uitslae (B-spanne)
Span PN MC Gewen Verloor Gelyk
0/14 B 18 16 6 0 0
0/15 B 3 34 1 5 0
0/16 B 9 21 2 4 0
2de 14 30 2 4 0
Netbal Uitslae (C-spanne)
Span PN MC Gewen Verloor Gelyk
0/14 C 12 28 2 4 0
0/15 C 1 45 1 5 0
Netbal Uitslae (D-spanne)
Span PN MC Gewen Verloor Gelyk
0/14 D 4 30 0 1 0
0/15 D 4 23 0 1 0
3.2 Wintersport: Pretoria Jubilee B: Liga 7: PNHS v/s Overkruin, 22 Mei 2026, weg
Netbal Uitslae (A-spanne)
Span PN Ov Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 15 12 2 5 0
0/15 A 18 15 1 6 0
0/16 A 16 9 4 3 0
0/17 A 8 15 2 5 0
1ste 21 19 2 5 0
Netbal Uitslae (B-spanne)
Span PN Ov Gewen Verloor Gelyk
0/14 B 22 10 7 0 0
0/15 B 11 13 1 6 0
0/16 B 16 15 3 4 0
2de 20 11 3 4 0
Netbal Uitslae (C-spanne)
Span PN Ov Gewen Verloor Gelyk
0/14 C 9 20 2 5 0
0/15 C 6 11 1 6 0
3.3 Hokkie: Pretoria Liga 5: PNHS v/s Erasmus, 14 Mei 2026, Erasmus
Hokkie Uitslae (Dogters)
Span PN Eras Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 1 0 2 1 1
0/15 A 2 0 2 1 1
0/16 A 6 0 4 0 0
2de 1 0 2 1 0
1ste 2 1 3 0 1
3.4 Hokkie: Pretoria Liga 5: PNHS v/s Centurion, 23 Mei 2026, TUT
Hokkie Uitslae (Dogters)
Span PN Cen Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 0 4 2 2 2
0/15 A 0 3 2 3 1
0/16 A 5 0 6 0 0
2de - - 3 1 0
1ste 3 0 5 0 1
3.5 Wintersport: Blou Bulle Liga 4: PNHS v/s Wonderboom, 23 Mei, tuis
Rugby Uitslae (A-spanne)
Span PN Won Gewen Verloor Gelyk
0/14 A 0 53 1 3 0
0/15 A 26 22 4 0 0
0/16 A 13 17 3 1 0
2de 17 24 2 2 0
1ste 31 19 4 0 0
Rugby Uitslae (B-spanne)
Span PN Won Gewen Verloor Gelyk
0/14 B 5 26 2 2 0
0/15 B 24 19 2 2 0
0/16 B 5 19 2 2 0
3de 24 24 1 2 1

4. Sagtebal

Baie geluk aan Jayden Neethling wat opgeneem is in die Suid-Afrikaanse Senior Mans span wat later vanjaar in die Afrika-Kwalifiseerder gaan speel, in 2028 aan die Olimpiese Spele en in 2029 aan die Wêreld Beker gaan deelneem.

5. Kultuur: Redenaars

Baie geluk aan Mia Rynners wat deurdring na die Semi-Finaal van die ATKV redenaars.

6. Leierskap: VLR

Baie geluk aan Luan Bezuidenhout wat verkies is tot nuwe VLR-lid vir graad 8F.


7. Program vir die week

Maandag, 25 Mei
  • Graad 10–12, Halfjaar eksamen.
  • Graad 8–9, dag 2.
  • Detensie (14:15–16:15).
Dinsdag, 26 Mei
  • Graad 10–12, Halfjaar eksamen.
  • Graad 8–9, dag 3.
Woensdag, 27 Mei
  • Graad 10–12, Halfjaar eksamen.
  • Graad 8 en 9, dag 4.
  • Netbal Liga 8: PNHS v/s Pretoria Girls High, tuis.
Donderdag, 28 Mei
  • Graad 10–12, Halfjaar eksamen.
  • Graad 8–9, dag 5.
  • Tennis: 0/15 B Seuns v/s Silverton (14:30, weg).
  • Kultuur Akademievergadering (18:00, restaurant).
Vrydag, 29 Mei
  • Graad 8–12, Halfjaar eksamen.
  • Tennis: Seuns 1 v/s Hartebeespoort 1 (14:30, PN Klub).
  • Tennis: Seuns 2 v/s HTS John Vorster 2 (14:30, weg).
  • Hokkie Liga 7: PNHS v/s Tyger Valley College (14:30, weg).
Saterdag, 30 Mei
  • Rugby: Blou Bulle Liga 5: PNHS v/s Sutherland (09:00, tuis).
  • Hokkie Liga 8: PNHS v/s South Downs College (09:00, weg).
  • Skaak: Distrik-Finale proewe (09:00, Acudeo College).
Maandag, 1 Junie
  • Graad 8–12, Halfjaar eksamen.

Vriendelike Groete
CJC Driescher, Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug