Omsendbrief 18/2021

Omsendbrief 18/2021

Administratief
May 28, 2021


OB: 18 / 2021

Geagte ouers
COVID 19

H/S Pretoria-Noord word vanoggend ontwrig deur gerugte oor COVID 19 kontak. Leerders misbruik verder die situasie deur te beweer hulle het kontak gehad met positiewe COVID 19 gevalle sodat hulle huistoe kan gaan.

Besef dat kontak per regulasie beskryf word as:

  1. Sonder ‘n masker
  2. Binne 1,5M
  3. Langer as 15 minute
  4. in ‘n COVID positiewe persoon se geselskap.

Sou beweer word dat hulle kontak onder hierdie omstandighede gehad het, het hulle outomaties nie die COVID 19 protokol van die skool gevolg nie en stel hulself bloot aan dissiplinêre optrede omdat hul, hulself en ander in gevaar gestel het deur protokol te ignoreer, ook verder die skool op hierdie wyse ontwrig het.

Geagte ouer neem verder kennis dat enige leerder wat die skool verlaat oor beweerde kontak moet vir 7 dae in isolasie geplaas word. Sodanige leerder kan slegs voor die 7 dae terugkeer indien ‘n negatiewe COVID 19 toets na 4 dae as bewys ingehandig word.

Enige leerder wat in isolasie was moet eers by Mnr. Venter, ons COVID 19 beampte, rapporteer voordat hulle weer op die skoolterrein mag kom.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug