Omsendbrief 17/2025

Omsendbrief 17/2025


Administratief
May 26, 2025


OB: 17 / 2025

Geagte ouers

Tennis:

22 Mei 2025:

PNHS Seuns 0/15 A v/s Afrikaans Hoër Seuns. PNHS verloor met 19 potte teenoor 48. Geluk aan Dario van Deventer en Zander Pieterse (6-5) wat hulle dubbels wedstryd wen. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide verloor.

22 Mei 2025:

PNHS Seuns 1 v/s Montana. PNHS verloor met 33 potte teenoor 34. Geluk aan: Rohan Louw (8-3) en Egin van der Watt (6-5) wat hulle wedstryde wen. Egin van der Watt en Raynard Bosman (6-5) en Rohan Louw en Davie Pieterse (8-4) wen ook hul dubbelswedstryde. Dit was ons derde ligawedstryd waarvan ons twee wen en een verloor.

Skaak: Liga 2 PNHS v/s H/S Akasia

0/19: PNHS wen met 8⅟₂ teenoor 4⅟₂ spelle. Baie geluk aan Duncan Nelson, Patrick van Staden en Ivander Coetzee wat hulle wedstryde wen. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide wen.

0/16: PNHS speel gelykop met 6 teenoor 6 spelle. Geluk aan Chayce Barlow en Alexander Cloete wat hul wedstryde wen. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan on seen wen en een gelykop speel.

Wintersport:

Hokkie: Pretoria Liga 3: PNHS v/s H/S Centurion, 20 Mei 2025, Weg

Sien pdf vir uitslae.

Hokkie Seuns liga 4

21 Mei: PNHS 1 v/s Gerrit Maritz 1. PNHS wen met 1 - 0. Geluk aan Donovan Wallendorf wat ons doel aanteken. Dit was ons vierde ligawedstryd, waarvan ons drie wen en een gelykop speel.

Netbal: Jubilee B-liga: PNHS v/s Midstream College, 21 Mei 2025, (tuis)

Sien pdf vir uitslae.

Hokkie: Pretoria Liga 4: PNHS v/s Tuine, 22 Mei 2025, tuis

Sien pdf vir uitslae.

Netbal: Jubilee B-liga: PNHS v/s H/S Centurion, 23 Mei 2025, (weg)

Sien pdf vir uitslae.

Rugby Blou Bulle Liga 4: PNHS v/s Hartebeespoort, 23 Mei (weg)

Sien pdf vir uitslae.

Hokkie: Pretoria Liga 5: PNHS v/s Akasia, 24 Mei 2025, TUT

Sien pdf vir uitslae.

Waardebalkies

Baie geluk aan:

  • Michael de Villiers (10E) wat kwalifiseer vir ‘n balkie vir Verantwoordelikheid.
  • Jessica Watt (10D) wat kwalifiseer vir ‘n balkie vir Lojaliteit.

Projek: MySPAR Ninapark

SPAR Ninapark gee weer aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 24 Februarie 2025 tot 1 Junie 2025 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000.Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 24 Februarie 2025.

Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode

Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.


Program vir die week

Maandag, 26 Mei:
  • Graad 8 – 9, dag 2.
  • Graad 10 – 12 Halfjaar Eksamen.
  • Netbal Liga 6: PNHS v/s Cornwall Hill, 14H30, weg. 0/14 – 0/16 vertrek om 13H15.
Dinsdag, 27 Mei:
  • Graad 8 – 9, dag 3.
  • Graad 10 – 12 Halfjaar Eksamen.
Woensdag, 28 Mei:
  • Graad 8 – 9, dag 4.
  • Graad 10 – 12 Halfjaar Eksamen.
  • Seuns Hokkie Liga 5: PNHS v/s Langenhoven, 14H30, weg.
  • Netbal Liga 7: PNHS v/s H/S Sutherland, 14H30, weg.
Donderdag, 29 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Graad 10 – 12 Halfjaar Eksamen.
  • Hemelvaart.
Vrydag, 30 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 10 – 12 Halfjaar Eksamen.
  • Rugby Liga 5: PNHS v/s H/S Erasmus, 15H00, tuis.
  • Seuns Hokkie liga 6: PNHS v/s H/S Erasmus, 14H30, tuis.
  • Tennis: PNHS Seuns 1 v/s Wilgers, 14H30, weg (Pretoria-Noord klub).
  • Tennis: PNHS Seuns 2 v/s Waterkloof, 14H30, tuis (Pretoria-Noord klub).
  • Netbal: Liga 8: PNHS v/s Prestige College, 14H30, weg.
Saterdag, 31 Mei:
  • Hokkie: Liga 6: PNHS v/s H/S Wilgers, 08H00, TUT.
Maandag, 2 Junie:
  • Graad 8 – 12 Halfjaar Eksamen.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug