Omsendbrief 17/2021

Omsendbrief 17/2021

Administratief
May 27, 2021


OB: 17 / 2021

Geagte ouers
COVID 19

H/S Pretoria-Noord se huidige situasie: ons het tans twee leerders wat positief getoets het. Daar is tans 14 leerders in isolasie wat sekondêre kontak gehad het.

Vanweë die stygende getalle infeksies het die Minister van Basiese Onderwys op Woensdag, 19 Mei, in ‘n persverklaring alle skole kontaksport opgehef. Alle hokkie, netbal en rugby ligawedstryde is hiermee tot verdere kennisgewing opgehef. Wintersportoefeninge sal voortgaan en gefokus word op fiksheid en vaardighede, maar geen kontak nie.

Oor die naweek is sirkulêr 2 uitgereik deur Departement Basiese Onderwys, wat ook koor aktiwiteite verbied asook die vervoer van leerders na wedstryde. Ons was der halwe verplig om ons koor en revue aktiwiteite op te skort asook nie-kontak sport wedstryde waar leerders vervoer moet word.

Indien regulasies uitgevaardig word wat die situasie verander sal ons dit met u kommunikeer.

Die skool se bestuur en Beheerliggaam monitor ons situasie daagliks.

Ons kan ons skool en kinders nie met sensasie beskerm nie, maar eerder deur konstant en volgehoue die regte dinge te doen.

U kan ons ook tuis help om ons skool veilig te hou, deur u kind se gesondheid fyn te monitor en u kind ‘n higiëniese leefstyl aan te leer. Van die geidentifiseerde simptome van die siekte is onder andere: lyfseer, droeë hoes, kortasem, verlies van smaak, diareë, naarheid en braking en buitengewone moegheid. Indien u kind hierdie simptome toon met ‘n gepaardgaande hoë koors moet hom / haar asseblief nie skool toe stuur nie en win onmiddellik mediese advies in.

Stel die skool asseblief onmiddellike in kennis as daar kontak was.

Leer u kind om protokol te volg en moenie negatief daaroor wees nie, besef dat u kind u voorbeeld gaan volg.

Monitor asseblief u kind se bewegings en kontak na skoolure, dit is hier waar infeksies plaasvind.

Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die week: graad 8: 94%, graad 9: 93%, graad 10: 92%, graad 11: 94% en graad 12: 90%.

Akademie: Aanlyn-onderrig Wolkskool

Ons neem waar dat baie van ons leerders reeds ingeskakel het by die Wolkskool. Neem net weer kennis dat leerders van ons skool gratis by hierdie aanlyn-program kan inskakel, wat vir hulle ‘n magdom leermateriaal, oefentoetse en lesse deur ‘n verskeidenheid onderwysers bied. Onthou dat u asseblief u kind se ID nommer moet gebruik om te registreer.

Vakante Pos

Een van ons terrein-assistente, Mnr.A Jakopo het bedank. Ons is opsoek na ‘n terrein- assistent wat kan verf, sweis en bouwerk doen. Salaris is ‘n insluitende pakket van R 62 590-00 per jaar. Aansoeke kan gestuur word aan: [email protected] of by ons navraetoonbank ingedien word en sluit Vrydag, 28 Mei 2021 om 14H00.

Akademie vir leierskap: Leiersopleidingdag, 5 Junie 2021

Neem asseblief kennis dat die beplande leiersopleidingdag wat op die kwartaalprogram geskeduleer was vir 5 Junie 2021 ongelukkig nie meer sal plaasvind nie as gevolg van die nuutste regulasies wat ontvang is.


Program vir die week
Vrydag, 28 Mei:
  • ATKV Debat:
    Cathleen Roets & Istelle Brand, 15H45, AHS, Mediasentrum.
    Maruché Smith & Malory Cronjé, 18H30, AHS, Mediasentrum.
    Kayla Roets & Neneve Nel, 19H45, AHS, Personeelkamer.
Saterdag, 29 Mei:
  • ATKV Debat:
    Anri Louw & Elkan van Wyk, 08H45, AHS, Mediasentrum.
    Megan Delport & Jemma Els, 10H00, AHS, Personeelkamer.
Maandag, 31 Mei:
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 2, 14H15 – 15H15.
  • Detensie, 14H15 – 16H00.
Dinsdag, 1 Junie:
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 3, 14H15 – 15H15
  • English Evening, 17H30, saal.
  • Beheerliggaamvergadering, 17H30, restaurant.
Woensdag, 2 Junie:
  • Graad 8 - 11 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
Donderdag, 3 Junie:
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 4, 14H15 – 15H15
  • Gasvryheidstudies: restaurantaand graad 11, 14H30 – 21H30, restaurant.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug