
Omsendbrief 16/2025
Administratief
May 19, 2025
OB: 16 / 2025
Geagte ouers
Tennis:
12 Mei 2025:
PNHS Dogters 1 v/s Sutherland. PNHS wen met 34 potte teenoor 33. Geluk aan Kayla Fourie (7-4) en Didi Molelekwa (8-3) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons agtste ligawedstryd, waarvan ons ses wen en twee verloor.
15 Mei 2025:
PNHS Seuns 0/15 A v/s Montana. PNHS verloor met 31 potte teenoor 36. Geluk aan JP Thomas (7-4) en Dario van Deventer (6-5) wat hulle wedstryde wen. Dit was ons eerste ligawedstryd.
PNHS Seuns 0/15 B v/s Hatfield Christian School. PNHS verloor met 31potte teenoor 36. Geluk aan Callie Eksteen (9-2) wat sy wedstryd wen. SJ Labuschagne en Callie Eksteen (7-3) wen ook hul dubbelswedstryd. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan on seen wen en een verloor.
16 Mei 2025:
PNHS Seuns 1 v/s Centurion. PNHS wen met 59 potte teenoor 8. Geluk aan: Rohan Louw (10-1), Egin van der Watt (7-4), Rynard Bosman (11-0) en Davie Pieterse (9-2) wat hulle wedstryde wen. Egin van der Watt en Rynard Bosman (11-0) en Rohan Louw en Davie Pieterse (11-1) wen ook hul dubbelswedstryde. Dit was ons tweede ligawedstryd waarvan ons beide wen.
PNHS Seuns 2de v/s H/S Monument. PNHS verloor met 22 potte teenoor 45. Geluk aan: Jayden de Villiers (10-1) wat sy wedstryd wen. Jayden de Villiers en Michael de Villiers (7-4) wen ook hul dubbels wedstryd. Dit was ons tweede ligawedstryd, waarvan ons beide wen.
Wintersport:
Netbal: Jubilee B-liga: PNHS v/s H/S Wonderboom, 14 Mei 2025, (weg)
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver Jubilee reeks | Uitslae tot dusver Seisoen |
---|---|---|---|---|
0/14 A | PN | 7 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 19 |
0/14 A | Won | 31 | ||
0/15 A | PN | 4 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 18 |
0/15 A | Won | 25 | ||
0/16 A | PN | 8 | Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 1 | Gewen: 4, Gelykop: 2, Verloor: 11 |
0/16 A | Won | 28 | ||
0/17 A | PN | 9 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2 | Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 10 |
0/17 A | Won | 11 | ||
1ste | PN | 27 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1 | Gewen: 6, Gelykop: 0, Verloor: 10 |
1ste | Won | 17 |
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver Jubilee reeks | Uitslae tot dusver Seisoen |
---|---|---|---|---|
0/14 B | PN | 3 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4 |
0/14 B | Won | 29 | ||
0/15 B | PN | 8 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
0/15 B | Won | 23 | ||
0/16 B | PN | 5 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3 | Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 3 |
0/16 B | Won | 29 | ||
2de | PN | 7 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 5 |
2de | Won | 29 |
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver Jubilee reeks | Uitslae tot dusver Seisoen |
---|---|---|---|---|
0/14 C | PN | 4 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 5 |
0/14 B | Won | 14 | ||
0/15 C | PN | 2 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 3 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 5 |
0/15 C | Won | 15 |
Hokkie: Pretoria Liga 1: PNHS v/s H/S Erasmus, 13 Mei 2025, TUT
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver Pretoria Liga | Uitslae tot dusver Seisoen |
---|---|---|---|---|
0/14 A | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 | Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 4 |
0/14 A | Eras | 5 | ||
0/15 A | PN | 4 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 | Gewen: 8, Gelykop: 3, Verloor: 1 |
0/15 A | Eras | 0 | ||
0/16 A | PN | 1 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 | Gewen: 3, Gelykop: 5, Verloor: 4 |
0/16 A | Eras | 0 | ||
2de | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 0 | Gewen: 0, Gelykop: 2, Verloor: 4 |
2de | Eras | 0 | ||
1ste | PN | 3 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 | Gewen: 4, Gelykop: 4, Verloor: 3 |
1ste | Eras | 2 |
Hokkie: Pretoria Liga 2: PNHS v/s Tygervalley College, 15 Mei 2025, Weg
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver Pretoria Liga | Uitslae tot dusver Seisoen |
---|---|---|---|---|
0/14 A | PN | 1 | Gewen: 0, Gelykop: 1, Verloor: 1 | Gewen: 1, Gelykop: 2, Verloor: 4 |
0/14 A | TvC | 1 | ||
0/15 A | PN | 8 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 | Gewen: 9, Gelykop: 3, Verloor: 1 |
0/15 A | TvC | 1 | ||
0/16 A | PN | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 | Gewen: 3, Gelykop: 5, Verloor: 4 | |
0/16 A | TvC | |||
2de | PN | 0 | Gewen: 0, Gelykop: 2, Verloor: 0 | Gewen: 0, Gelykop: 3, Verloor: 4 |
2de | TvC | 0 | ||
1ste | PN | 0 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 | Gewen: 4, Gelykop: 4, Verloor: 4 |
1ste | TvC | 4 |
Hokkie Seuns liga 3
14 Mei:
PNHS 1 v/s HTS Tuine 1. PNHS speel gelykop met 2 - 2. Dit was ons derde ligawedstryd, waarvan ons twee wen en een gelykop speel.
Rugby Blou Bulle Liga 3: PNHS v/s H/S Tuine, 16 Mei (tuis)
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver Blou Bulle Liga | Uitslae tot dusver Seisoen |
---|---|---|---|---|
0/14 A | PN | 36 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0 | Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 5 |
0/14 A | Tuin | 10 | ||
0/15 A | PN | 39 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0 | Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 5 |
0/15 A | Tuin | 7 | ||
0/16 A | PN | 22 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0 | Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 5 |
0/16 A | Tuin | 21 | ||
2de | PN | 19 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1 | Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 3 |
2de | Tuin | 29 | ||
1ste | PN | 17 | Gewen: 3, Gelykop: 0, Verloor: 0 | Gewen: 4, Gelykop: 2, Verloor: 4 |
1ste | Tuin | 12 |
Span | Skool | Uitslag | Uitslae tot dusver Blou Bulle Liga | Uitslae tot dusver Seisoen |
---|---|---|---|---|
0/14 B | PN | 27 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 1 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3 |
0/14 B | Tuin | 0 | ||
0/15 B | PN | 54 | Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 0 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 2 |
0/15 B | Tuin | 0 | ||
0/16 B | PN | 7 | Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 | Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 4 |
0/16 B | Tuin | 14 |
Aktiwiteite buite skoolverband
Baie geluk aan Ghia Louw wat twee A++ sertifikate ontvang vir Open Solo en Jazz Solo by die ”Legends of Arts” Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gehou op 10 Mei 2025.
Waardebalkies
Baie geluk aan:
- Zanté Marx (8C) wat kwalifiseer vir ‘n balkie vir Verantwoordelikheid.
Projek: MySPAR Ninapark
SPAR Ninapark gee weer aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 24 Februarie 2025 tot 1 Junie 2025 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000.Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 24 Februarie 2025.
Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode
Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.
Uitteken van leerders
Geagte ouers en leerders ons vestig weer u aandag op die uitteken prosedure soos uiteengesit in die huiswekboek op bladsy 30. Wanneer ‘n leerder weet hy/sy gaan afwesig wees weens ‘n afspraak byvoorbeeld moet die ouer die skool reeds die dag voor die tyd daarvan verwittig. Die graadhoof en vakpersoneel sal dan die leerder op grond van hierdie brief reeds die vorige dag die leerder uitteken in sy / haar huiswerkboek. Op die dag van die afspraak sal die leerder dan net sy huiswerboek aan die betrokke personeellid wys waar hy / sy op daardie stadium is en dan beweeg na navrae waar sy ouer hom / haar uitteken.
By onbeplande gebeure soos siekte by die skool gaan die leerder na navrae wat dan die ouer sal skakel en indien nodig sal die ouer die leerder daar uitteken.
Neem kennis dat ons personeel by navrae opdrag ontvang het om slegs binne hierdie prosedure leerders te laat uitteken en geen leerder sal uit ‘n klas geroep word nie.
Program vir die week
Maandag, 19 Mei:
- Graad 8 – 12, dag 3.
- Detensie 14H15 – 16H15.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 4, 14H15 – 15H00.
- PNNK Toneeloudisies, 14H15 – 16H00, mediasentrum.
- Gasvryheidstudies: Interne Vasvra, 14H15, restaurant.
- Sagtebal Akademie vergadering, 18H00, restaurant.
Dinsdag, 20 Mei:
- Graad 8 – 12, dag 4.
- Graad 9 A, B, C Junior Aanleg Toetse, 08H00, saal.
- Gasvryheidstudies: Restaurantaand graad 12, 18H00, restaurant.
- Sluiting inskrywings Junior Afrikaanse Olimpiade.
- Hokkie: Liga 3: PNHS v/s H/S Centurion, 15H00, weg.
Woensdag, 21 Mei:
- Graad 8 – 12, dag 5.
- Graad 9 D. E, F Junior Aanleg Toetse, 08H00, saal.
- Graad 8 – 11 Akademiese uur, 14H00 – 15H00.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 5, 14H15 – 15H00.
- PNNK Toneeloudisies, 14H15 – 16H00, mediasentrum.
- Seuns Hokkie Liga 5: PNHS v/s Gerrit Maritz, 14H30, weg.
- Netbal Liga 4: PNHS v/s Midstream College, 14H30, tuis.
Donderdag, 22 Mei:
- Graad 8 – 12, dag 6.
- Graad 12 RTT Eksamen.
- Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 6,14H15 – 15H00.
- Tennis: Seuns 0/15 A v/s AHS, 14H30, tuis (Pretoria-Noord Klub).
- Tennis: Seuns 0/15 B v/s AHS, 14H30, tuis (Pretoria-Noord klub).
- English Evening, 17H30, personeelkamer.
Vrydag, 23 Mei:
- Graad 8 – 12, dag 1.
- Rugby Liga 4: PNHS v/s Hartebeespoort, 15H00, weg.
- Tennis: PNHS Seuns 1 v/s Montana, 14H30, tuis (Pretoria-Noord klub).
- Tennis: PNHS Seuns 2 v/s Eduplex, 14H30, tuis (Pretoria-Noord klub).
Saterdag, 24 Mei:
- Hokkie: Liga 4: PNHS v/s H/S Akasia, 09H00, TUT.
- Jukskei Afrigters Kliniek, 08H00 – 13H00, tuis.
Maandag, 26 Mei:
- Graad 8 – 9, dag 2.
- Graad 10 – 12 Halfjaar Eksamen.
- Sagtebalproewe 14H15.
- Gasvryheidstudies: Interne Vasvra, 14H15, restaurant.
- Netbal Liga 5: PNHS v/s Cornwall Hill, 14H30, weg.
Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof