Omsendbrief 16/2021

Omsendbrief 16/2021

Administratief
May 20, 2021


OB: 16 / 2021

Geagte ouers
COVID 19

H/S Pretoria-Noord se huidige situasie, ons het tans twee leerders en een onderwyser wat positief getoets het, al die gevalle het die virus tuis opgetel by gesinslede, daar was geen direkte kontak met enige persoon by die skool nie. Daar is tans 14 leerders in isolasie wat sekondêre kontak gehad het.

Vanweë die stygende getalle infeksies het die Minister van Basiese Onderwys op Woensdag, 19 Mei, in ‘n persverklaring alle skole kontaksport opgehef. Alle hokkie, netbal en rugby ligawedstryde is hiermee tot verdere kennisgewing opgehef. Nie-kontaksporte soos tennis sal wel voortgaan. Wintersportoefeninge sal voortgaan en gefokus word op fiksheid en vaardighede, maar geen kontak nie. Ons kultuur aktiwiteite sal ook voortgesit word. Indien regulasies uitgevaardig word wat die situasie verander sal ons dit met u kommunikeer.

Die skool se bestuur en Beheerliggaam monitor ons situasie daagliks.

Ons kan ons skool en kinders nie met sensasie beskerm nie, maar eerder deur konstant en volgehoue die regte dinge te doen.

U kan ons ook tuis help om ons skool veilig te hou, deur u kind se gesondheid fyn te monitor en u kind ‘n higiëniese leefstyl aan te leer. Van die geidentifiseerde simptome van die siekte is onder andere: lyfseer, droeë hoes, kortasem, verlies van smaak, diareë, naarheid en braking en buitengewone moegheid. Indien u kind hierdie simptome toon met ‘n gepaardgaande hoë koors moet hom / haar asseblief nie skool toe stuur nie en win onmiddellik mediese advies in.

Stel die skool asseblief onmiddellike in kennis as daar kontak was.

Leer u kind om protokol te volg en moenie negatief daaroor wees nie, besef dat u kind u voorbeeld gaan volg.

Monitor asseblief u kind se bewegings en kontak na skoolure, dit is hier waar infeksies plaasvind.

Skoolbywoning

Skoolbywoning vir die week: graad 8: 93%, graad 9: 94%, graad 10: 91%, graad 11: 93% en graad 12: 91%.

Tweede Kwartaal: Interne Vasvra

Baie geluk aan die volgende wenners:

Graad 8: Ruan Olwagen (3de), Tristan Tingtinger (2de) en Erica Haasbroek (1ste).

Graad 9: Armand Bosman (3de), Dorothy Deetlefs (2de) en André Haarhof (1ste).

Graad 10: Leonard McGeer en PJ Smith (3de), Ludwig Erasmus (2de) en Ulrich Gouws (1ste).

Graad 11: Danica Grobler en Hesmari Scholtz (3de), Simoné van Rooyen en Janeco Coetzee (2de) en Paul Kohls (1ste).

Graad 12: Krizél Langenhoven (3de), Dejuan Erasmus, Anri Louw en Carla Taljaard (2de) en Caylyn Nienaber (1ste).

Algehele wenners:

3de: Erica Haasbroek, Dorothy Deetlefs, Ludwig Erasmus, Simoné van Rooyen, Janeco Coetzee, Carla Taljaard, Anri Louw en Dejuan Erasmus.

2de: André Haarhoff en Paul Kohls.

1ste: Ulrich Gouws en Caylyn Nienaber.

Rugby: Virseker Beker: Groot Skole Liga 2: PNHS v/s Wonderboom, 14 Mei, tuis/weg
Skool PN Won PN Won PN Won PN Won PN Won
Rugby 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Seuns 22 0 22 0 24 0 31 10 7 34
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 2 - 1 - 2 - 0 -
Verloor 1 - 0 - 1 - 0 - 2 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN Won PN Won PN Won        
Rugby 0/14B 0/14B 0/15B 0/15B 0/16B 0/16B        
Seuns 5 14                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 1 - 0 -        
Verloor 1 - 0 - 0 -        
Gelyk 0 - 0 - 0 -        
Wintersport: Hokkie Pretoria Stadsbeker vir Groot Skole: Liga 2: PNHS v/s Hatfield Christian School, 14 Mei, weg
Skool PN HCS PN HCS PN HCS PN HCS PN HCS
Hokkie 0/14A 0/14A 0/15A 0/15A 0/16A 0/16A 2de 2de 1ste 1ste
Dogters 0 5 0 6   Ontrek   Ontrek   Ontrek
Uitslae tot dusver                    
Gewen 1 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Verloor 1 - 2 - 1 - 1 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Netbal: Jubalee B Liga: Liga 3: PNHS v/s Sutherland, 12 Mei, weg
Skool PN Won                
Netbal 0/14A 0/14A                
Dogters 31 7                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 3 - 2 - 3 - 1 - 2 -
Verloor 0 - 1 - 0 - 2 - 1 -
Gelyk 0 - 0 - 0 - 0 - 0 -
Skool PN Won                
Netbal 0/14B 0/14B                
Dogters 9 11                
Uitslae tot dusver                    
Gewen 2 - 1 - 1 - 1 - - -
Verloor 1 - 2 - 0 - 1 - - -
Gelyk 0 - 0 - 2 - 0 - - -
Sport buite skoolverband
  • Baie geluk aan die volgende leerders wat deelgeneem het aan die South African Body of Dance se World Trial Circuit Qualifying Event van 12 – 16 Mei: Jemma Els, Mignon de Klerk, Sunel Naudé, Carindie Venter en Anusca Paulson.
  • Baie geluk aan Pieter en Nico Bos wat deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse 0/19 Onderwaterhokkie Kampioenskappe
Waardebalkies

Geluk aan die volgende leerders wat gekwalifiseer het vir waardebalkies:

Antoinette Steenkamp (8A) - Verantwoordelikheid

Vicky Schoeman (8A) - Verantwoordelikheid

Juané de Wet (8A) - Verantwoordelikheid

Valdine Botha (8A) - Verantwoordelikheid

Chanté Stander (9B) - Lojaliteit

Akademie: Aanlyn-onderrig Wolkskool

Ons neem waar dat baie van ons leerders reeds ingeskakel het by die Wolkskool. Neem net weer kennis dat leerders van ons skool gratis by hierdie aanlyn-program kan inskakel, wat vir hulle ‘n magdom leermateriaal, oefentoetse en lesse deur ‘n verskeidenheid onderwysers bied. Onthou dat u asseblief u kind se ID nommer moet gebruik om te registreer.

Vakante Pos

Een van ons terrein-assistente, Mnr.A Jakopo het bedank. Ons is opsoek na ‘n terrein- assistent wat kan verf, sweis en bouwerk doen. Salaris is ‘n insluitende pakket van R 62 590-00 per jaar. Aansoeke kan gestuur word aan: [email protected] of by ons navraetoonbank ingedien word en sluit Vrydag, 28 Mei 2021 om 14H00.


Program vir die week
Vrydag, 21 Mei:
  • Tennis: Seuns 1ste span v/s Maragon Mooikloof, 14H30, weg.
Saterdag, 22 Mei:
  • Graad 12: IGO PAT, 08H00 – 15H00, saal.
  • Revue dagkamp, 08H00 – 13H00.
  • Skaak: Kliniek deur Paulo Damo Origa, 09H00 – 11H00, K83
Maandag, 24 Mei:
  • Graad 12 akademiese uur, sleutel 1, 14H15 – 15H15.
  • Detensie, 14H15 – 16H00.
Dinsdag, 25 Mei:
  • Gasvryheidstudies: restaurantaand graad 12, 14H30 – 21H30.
Woensdag, 26 Mei:
  • Revue: Klankopname, 09H00 – 12H00. Nolte produksies.
  • Graad 8 - 11 akademiese uur, 14H15 – 15H15.
Donderdag, 27 Mei:
  • Gasvryheidstudies: restaurantaand graad 12, 14H30 – 21H30, restaurant.
Vrydag, 28 Mei:
  • ATKV Debat: Uitdun-rondte, Afrikaans Hoër Seuns skool.
  • Tennis: Seuns 1ste span v/s H/S Rietondale, 14H30, weg.
Saterdag, 29 Mei:
  • ATKV Debat: Uitdun-rondte, Afrikaans Hoër Seuns skool.

Vriendelike Groete

CJC DriescherHoof

Aflaai aanhangsel

Terug