Omsendbrief 15/2025

Omsendbrief 15/2025


Administratief
May 12, 2025


OB: 15 / 2025

Geagte ouers

Tennis:

7 Mei 2025:

PNHS Dogters 1 v/s Midstream College. PNHS verloor met 27 potte teenoor 40. Geluk aan Kayla Fourie (6-5) wat haar wedstryd wen. Kayla Fourie en Yolanda Pretorius (7-4) wen ook hul dubbels wedstryd. Dit was ons sewende ligawedstryd, waarvan ons vyf wen en twee verloor.

9 Mei 2025:

PNHS Seuns 1 v/s Hatfield Christian School. PNHS wen met 42 potte teenoor 25. Geluk aan: Rohan Louw (7-4), Egin van der Watt (7-4) en Raynard Bosman (10-1) wat hulle wedstryde wen. Egin van der Watt en Raynard Bosman (8-3) wen ook hul dubbels wedstryd. Dit was ons eerste ligawedstryd.

PNHS Seuns 2de v/s Midstream College. PNHS wen met 34 potte teenoor 33. Geluk aan: Riaan Roos (8-3) en Ewan Rynners (9-2) wat hulle wedstryde wen. Riaan Roos en Ewan Rynners (6-5) wen ook hul dubbels wedstryd. Dit was ons eerste ligawedstryd.

Wintersport:

Netbal: Jubilee B-liga: PNHS v/s Pretoria Girls High, 7 Mei 2025, (weg)
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver Jubilee reeks Uitslae tot dusver Seisoen
0/14 A PN 11 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 18
0/14 A PGHS 16    
0/15 A PN 9 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 17
0/15 A PGHS 12    
0/16 A PN 24 Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 0 Gewen: 4, Gelykop: 2, Verloor: 10
0/16 A PGHS 12    
0/17 A PN 23 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 9
0/17 A PGHS 5    
1ste PN 40 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 5, Gelykop: 0, Verloor: 10
1ste PGHS 16    
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver Jubilee reeks Uitslae tot dusver Seisoen
0/14 B PN 12 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 B PGHS 9    
0/15 B PN 16 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 B PGHS 7    
0/16 B PN 8 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 Gewen: 1, Gelykop: 1, Verloor: 2
0/16 B PGHS 24    
2de PN 8 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 4
2de PGHS 15    
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver Jubilee reeks Uitslae tot dusver Seisoen
0/14 C PN 6 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/14 B PGHS 24    
0/15 C PN 1 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 2 Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 4
0/15 C PGHS 15    
Rugby Blou Bulle Liga 2: PNHS v/s Overkruin, 9 Mei (weg)
Span Skool Uitslag Uitslae NWU 16 Uitslae tot dusver Seisoen
0/14 A PN 24 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/14 A Over 5    
0/15 A PN 22 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/15 A Over 12    
0/16 A PN 33 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 Gewen: 4, Gelykop: 0, Verloor: 5
0/16 A Over 0    
2de PN 34 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 Gewen: 3, Gelykop: 1, Verloor: 2
2de Over 10    
1ste PN 17 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 0 Gewen: 3, Gelykop: 2, Verloor: 4
1ste Over 12    
Span Skool Uitslag Uitslae tot dusver Jubilee reeks Uitslae tot dusver Seisoen
0/14 B PN 0 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/14 B Over 24    
0/15 B PN   Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 0 Gewen: 1, Gelykop: 0, Verloor: 2
0/15 B        
0/16 B PN   Gewen: 0, Gelykop: 0, Verloor: 1 Gewen: 2, Gelykop: 0, Verloor: 3
0/16 B        

Afri-Eeufees: 8 Mei 2025

Baie dankie vir almal se ondersteuning om weer ‘n baie aangename aand, wat lank onthou sal word, moontlik te maak.

Projek: MySPAR Ninapark

SPAR Ninapark gee weer aan skole in ons omgewing die geleentheid om fondse in te samel. Daar sal vanaf 24 Februarie 2025 tot 1 Junie 2025 ‘n houer vir elke skool wat deelneem in die winkel geplaas word. Ouers van daardie skool moet dan net na aankope hulle strokies in hulle skool se houer gooi en die skool sal dan 1% van daardie spandering ontvang. Die skool wat die meeste aankope ontvang sal ook ‘n bonus van R 12 000 ontvang, 2de meeste R 8000 en 3de meeste R 5000.Ons vra ons ouers om asb. PNHS te ondersteun deur net u strokie in die PNHS houer te gooi by Ninapark SPAR vanaf 24 Februarie 2025.

Leierskap: Gewysigde PN-Raad Konstitusie en Gedragskode

Geagte ouers en leerders neem asseblief kennis van hierdie baie belangrike inligting. Die Beheerliggaam het op 1 Maart 2025 die Konstitusie en Gedragskode van die PN-Raad hersien en gewysig. Hierdie beleidstuk is beskikbaar op die skool se webwerf vir besigtiging. Dit is van kardinale belang dat alle leerders (graad 8 tot 12) en ook ons ouers hulself vergewis van hierdie wysigings aangesien belangrike veranderings aangebring is rakende skoolbywoning, deelname aan skoolaktiwiteite en dissiplinêre aangeleenthede wat huidige en toekomstige kandidate vir die PN-Raad raak. Ons waardeer u samewerking en ondersteuning om ‘n positiewe aanslag op hierdie veranderinge tot voordeel van ons kinders en ons skool te bewerkstellig.

Uitteken van leerders

Geagte ouers en leerders ons vestig weer u aandag op die uitteken prosedure soos uiteengesit in die huiswekboek op bladsy 30. Wanneer ‘n leerder weet hy/sy gaan afwesig wees weens ‘n afspraak byvoorbeeld moet die ouer die skool reeds die dag voor die tyd daarvan verwittig. Die graadhoof en vakpersoneel sal dan die leerder op grond van hierdie brief reeds die vorige dag die leerder uitteken in sy / haar huiswerkboek. Op die dag van die afspraak sal die leerder dan net sy huiswerboek aan die betrokke personeellid wys waar hy / sy op daardie stadium is en dan beweeg na navrae waar sy ouer hom / haar uitteken.
By onbeplande gebeure soos siekte by die skool gaan die leerder na navrae wat dan die ouer sal skakel en indien nodig sal die ouer die leerder daar uitteken.
Neem kennis dat ons personeel by navrae opdrag ontvang het om slegs binne hierdie prosedure leerders te laat uitteken en geen leerder sal uit ‘n klas geroep word nie.


Program vir die week

Maandag, 12 Mei:
  • Wapadmark 09H00 – 19H00, saal.
  • Graad 8 – 12, dag 4.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Tennis: Dogters 1ste v/s Sutherland, 14H30, weg.
Dinsdag, 13 Mei:
  • Wapadmark 09H00 – 19H00, saal.
  • Toetsdag.
  • Graad 8 – 12, dag 5.
  • Gasvryheidstudies: Restaurantaand graad 12, 18H00, restaurant.
  • Hokkie: Liga 1: PNHS v/s H/S Erasmus, 15H00, TUT.
Woensdag, 14 Mei:
  • Wapadmark 09H00 – 19H00, saal.
  • Graad 8 – 12, dag 6.
  • Graad 8 – 12 Akademiese uur, 14H00 – 15H00.
  • Seuns Hokkie Liga 4: PNHS v/s HTS Tuine, 14H30, weg.
  • Netbal Liga 3: PNHS v/s Wonderboom, 14H30, weg.
Donderdag, 15 Mei:
  • Wapadmark 09H00 – 19H00, saal.
  • Graad 8 – 12, dag 1.
  • Toetsdag.
  • Hokkie: Liga 2: PNHS v/s Tiger Valley College, 15H00, weg.
  • Tennis: Seuns 0/15 A v/s Montana, 14H30, weg.
  • Tennis: Seuns 0/15 B v/s Hatfield Christian School, 14H30, tuis.
  • Gasvryheidstudies: Restaurantaand graad 12, 18H00, restaurant.
Vrydag, 16 Mei:
  • Wapadmark 09H00 – 19H00, saal.
  • Graad 8 – 12, dag 2.
  • Rugby Liga 3: PNHS v/s Tuine, 15H00, tuis.
  • Tennis: PNHS Seuns 1 v/s Centurion, 14H30, weg.
  • Tennis: PNHS Seuns 2 v/s Monument, 14H30, tuis (Pretoria-Noord klub).
Saterdag, 17 Mei:
  • Wapadmark 09H00 – 15H00, saal.
  • Revue: Klankopname, 08H00, mediasentrum.
Maandag, 19 Mei:
  • Graad 8 – 12, dag 3.
  • Detensie 14H15 – 16H15.
  • Graad 12: Addisionele akademiese uur, sleutel 4, 14H15 – 15H00.
  • PNNK Toneeloudisies, 14H15 – 16H00, saal.
  • Gasvryheidstudies: Interne Vasvra, 14H15, restaurant.
  • Sagtebal Akademie vergadering, 18H00, restaurant.


Vriendelike Groete
CJC Driescher Hoof

Aflaai aanhangsel

Terug